Nuwe onderwys wetgewing beoog staatsinmenging in tuisonderwys: wat kan daaraan gedoen kan word?
Ek plaas met die nodige toestemming, ‘n skrywe hier van Karin van Oostrum, uitvoerende beampte van die Pestalozzi Trust, oor nuwe wetgewing wat deur die Staat beoog word, wat die vryheid van tuisonderwys kan bedreig:
Die Trust het Woensdag ‘n brief aan die DBO gestuur om te uitstel te vra vir die afsnydatum vir kommentaar op die BELA Bill. Dit is die eerste stap in die geveg. Soveel versoeke as moontlik moet Advokaat Rudman bereik. Voorstelle vir ‘n brief verskyn op die webblad van die Trust by dieselfde skakel.
Alhoewel die meeste van ons al lank geweet het dat nuwe voorgestelde wetgewing op pad is, was dit steeds ‘n skok toe dit vir kommentaar gepubliseer is op die 13de Oktober. Vrees gryp die hart aan: Wat moet ek doen? Sal my kinders veilig wees? Sal die DBO my uitsnuffel en in die tronk gooi?
Jy het twee opsies:
(1) Kruip weg en ignoreer dit. Wat dan sal gebeur, is die volgende: die Wetsontwerp sal aanvaar word, en sal aggressief toegepas word. Registrasie onder die nuwe wet sal staatsinmenging in jou tuisonderwys toelaat, tot so ‘n mate dat jy nie toegelaat sal word om jou kind volgens sy beste belange, volgens wat hy eintlik nodig het, te onderrig nie. Nie-registrasie sal 6 jaar tronkstraf beteken.
(2) OF JY KAN SAAM VEG: Weerstaan die BELA Bill en tree in die bresse vir jou gesin. Jy sal eendag vir jou kinders kan vertel dat jy IETS gedoen het in die geveg om hulle regte te beskerm. Die eerste stap in hierdie geveg is die volgende: Skryf ‘n brief wat uitstel vra. Lig jouself in – stel vas wat die wetsontwerp sê, doen moeite om dit te lees, en te vergelyk met die wet wat dit wysig (ons sal ‘n feiteblad oor die BELA Bill verskaf); doen dan ‘n voorlegging (ons sal later riglyne verskaf).
Dis nou die tyd om op jou regte te staan: Jy het ‘n REG om jou kind op te voed (volgens talle internasionale regsinstrumente, wat deel uitmaak van SA se reg); verder het jy ‘n PLIG om in alle opsigte vir jou te kind te SORG, insluitend sy onderwys. Hou in gedagte: Jou heel beste verweer, in ALLE omstandighede, is as jy kan bewys dat dit wat jy doen in die beste belang van jou kind is – jy as ouer weet die beste, en is die HEEL BESTE gekwalifiseer om daardie besluit te neem. Wees stil, en vertrou die Here; Hy beskerm ons en hou ons in Sy hand.
* Lede van die Trust: Voor iemand jou kan opsluit, moet hy eers verby die Trust kom. As jy ‘n lid is, gebruik jou noodnommer, en bel ons dadelik as die DBO of welsyn jou lastig val. Verder mag jy enigiemand toegang tot jou huis weier.
* Anonimiteit: Baie dankie aan almal wat hul uitstelbrief met ons gedeel het! Die briewe stroom in! Tog is baie mense baie huiwerig om hulle besonderhede aan die DBO bekend te maak. Die Trust se regspan en professionele adviseurs werk aan ‘n oplossing daarvoor, en ons sal julle op hoogte hou. Intussen sal dit baie help as julle asseblief Adv Rudman kan bel (skakel net jou “caller ID” af) en net noem dat jy asseblief uitstel vra, maar dat jy bang is om jou besonderhede te gee, en graag anoniem kommentaar wil lewer op die BELA Bill.
* Onthou: Dit is ‘n spesiale tyd hierdie, waarna jy en almal saam met wie jy nou veg, eendag sal terugkyk in die dae wat kom, en dan sal jy vir jou kinders en kleinkinders daarvan vertel. Moet dit nie misloop nie!
Groete
Karin van Oostrum
(Uitvoerende Beampte/Executive Officer: Pestalozzi Trust) | |
Pestalozzi Trust (IT6377/98) Support the Trust: us on facebook!
die regsfonds vir tuisonderwys the legal defence fund for home en burgerlike onderwys and civil education |
|
Posbus/ PO Box 12332 Queenswood Pretoria 0121 Tel: (012) 330 1337 Faks/ Fax: (011) 5075997
E-pos/ E-mail: defensor@pestalozzi.org Web: http://www.pestalozzi.org
Bank: Pestalozzi Trust ABSA 4048112677 Hatfield 335545
__._,_.___
Nuwe beoogde wetgewing: BELA Bill
Leave a Reply