BYBEL LEESPROGRAMME EN BEREA-BYBELSKOOL 2018
1 Bybel leesplanne
Hier kan u verskillende Bybel leesplanne kry vir die jaar 2018: Bible Reading Plans
“Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit U wet.” – Ps.119:18.
2) Berea Bybelskool
Ons is besig met ‘n e-pos Bybellees en oordenkings. Dit behels:
- Die geskiedenis van die OT
- Die geskiedenis van die NT
- Geloofsleer: HK oordenkings
Ons gaan deur die geskiedenis van die Bybel om te leer wat daar staan (OT en NT), en dan saam met dit gaan ons kyk wat glo ons daardie geskiedenis vir ons leer aangaande wat ons moet glo en doen (sien bv. 2 Tim.3:15-17, dat die Heilige Skrif leer ons wat ons moet glo en doen).
Ons noem dit ook “Openbaringsgeskiedenis”, dus wat openbaar die Here vir ons, wat moet ons glo en doen volgens die OT en NT geskiedenis = die heilige Goddelike Skrif wat ons leer en lewe bepaal. Maar ons moet die Bybel self, die geskiedenis ken, om die openbaring van God en sy wil daardeur te ken.
Die bronne wat ons gaan gebruik is:
- Handboek Bybelse Geskiedenis: Die Ou Testament, dr. JH Kroeze [afkorting: HBGOT]
- Handboek Bybelse Geskiedenis: Die Nuwe Testament, dr. EP Groenewald [afkorting HBGNT]
- Die Vaste Fondament: Dagboek uit die Heidelbergse Kategismus, dr. SJ van der Walt [afkorting: VF]
Lees asb die daaglikse ‘oordenkings/verklarings’ met ‘n oop Bybel (sien Hand.17:11) en biddend (Ps.119:18). U is welkom om enige vrae of verskille wat u het aan my te rig vir verdere besinning en bespreking. Daarom die belangrikheid van Hand.17:11 vir enigiets wat ons lees en bestudeer, sien ook wat ons bely in NGB artikel 7.
In prof. Kroeze se ‘Woord vooraf’ stel hy dit self as volg:
“Die Bybel is as die Woord van God die enigste boek wat die betroubare bron is vir ons lewens- en wêreldbeskouing en rigsnoer vir ons lewensgedrag. Daarom wil ek hierby ook sê dat hierdie boek die Bybel nie moet vervang nie. Dit moet die leser juis daartoe bring om die Bybel self ter hand te neem. Die behandelde Skrifgedeeltes word met “vers en kapittel” aangedui en dikwels word na ander Skrifuitsprake verwys. Origens is die boek ook so geskryf dat dit die leser sal prikkel om die Skrif op te slaan en te kyk: Wat staan daar? Lees die Bybel self!”
Werksmetode: die drie bronne gaan elke dag deur die week afgewissel word, bv. dag 1: OT; dag 2: NT: dag 3: Geloofsleer. Elke week dus x2 van elke afdeling, geen op Sondae nie.
Ek hoop u sal hierdie oordenkings/bybelstudie elke dag opbouend vind vir u geloof en u roeping in hierdie lewe tot eer van God (1 Kor.10:31; 2 Tim.3:15-17).
Indien u ook wil deel wees van hierdie reeks, stuur ‘n leë e-pos na:
berea-oordenkings-subscribe@yahoogroups.com
of gaan teken in by Berea-oordenkings se webadres:
https://groups.yahoo.com/neo/groups/berea-oordenkings/info
Stuur gerus ook hierdie inligting aan as u dink daar is ander mense wat ook graag hierdie e-pos bybelskool wil doen (die reeks sal later uitgebrei word na ander vakke, bv. Kerkgeskiedenis, Calvyn se Instituties, Totius se Versamelde Werke, ens.).
NB: ons het reeds laasjaar begin, maar u is welkom om enige tyd in te val om saam ons te lees en leer.
Leave a Reply