HERVORMINGSDAG 2018

HERVORMINGSDAG 2018 

Datum: Sondag, 28 Oktober 2018

Plek: Gereformeerde Kerk Carletonville

Tyd: 09h00 (erediens)

10h30: DVD Reformasie vertoning

Op 31 Oktober 1517, het Maarten Luther sy 95 stellings teen die Roomse Kerk se misbruike, teen die kerkdeur van Wittenburg vasgespyker. Dit, en ander sake, het tot die kerkreformasie van die 15de en 16de eeu gelei, waaruit ons kerke ook later gevolg het, wat die christelike gereformeerde geloof bely volgens die Skrif, soos saamgevat in die Drie Formuliere van Eenheid.  Om dit te gedenk, gaan ons op die Sondag naaste aan die 31ste Oktober, nl. Sondag, 28 Oktober, die volgende program volg na die gebruiklike erediens (met ‘n reformasie tema):

  1. Koffie/tee in die saal na die erediens
  2. Ons kyk saam per DVD, na die aangryplike opvoering oor die Reformasie, UIT DIEP VAN DONKER NAGTE 
  3. Gesamentlike ete en kuier in die kerksaal.

Almal word uitgenooi, bring asb. vriende, familie, bure saam, ens.

Meer inligting oor die DVD opvoering:

Uit Diep van Donker Nagte – Resensies
“Met hierdie aangrypende produksie is ons weer teruggevoer na een van die donkerste tye in die geskiedenis van die kerk … maar ons het ook gesien hoe die Here in sy genade deur die bloed van die martelare sy kerk teruggebring het na sy Woord en vasgeanker het in sy Waarheid.” – Jorrie Jordaan, Emeritus professor en Rektor, Teologiese Skool, Potchefstroom

“’n Credo de force … ‘n cum laude triomfproduksie met meesterlike regie en woordinhoud … ‘n weergalose verrykende ervaring.”– Eddie Davey, musikus/orrelis

“Baie besonders en diep aangrypend. Nie net ‘n baie goeie historiese perspektief met besondere relevansie vir die hede en ook vir ons in Suid-Afrika nie, maar as sodanig ‘n uitnemende geloofservaring. Mag dit groot vrug dra terwille van die Koninkryk van die hemele!” – Hoffie Hofmeyr, Emeritus professor in Kerkgeskiedenis, Universiteit van Pretoria

“Musiek-ensemble en instrumentaliste puik … elke tussenspel treffend … uitstekende verwerkings … sang besonder oortuigend … soliste hartroerend mooi … groots en uit die hart!” – Babs Brouwer, Koorleidster, Potchefstroomse Mannekoor

“Ontstellend, ontroerend, insiggewend, opbouend. Dit bied opnuut waardering vir die stryd om die Waarheid en die krag van God se genade in dié wat Hom opreg vertrou. Ons het ‘n kosbare erfenis!” – Jan Buitendag

Navrae: ds. Slabbert Le Cornu 082 770 2669, of gkcarletonville@gmail.com

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: