WAAROM NEEM KERKE EN KERKVERBANDE
ONBYBELSE BESLUITE?
Daar kan baie redes wees, maar een van hulle is:
“Die vrees vir die mens span ’n strik; maar hy wat op die HERE vertrou, sal beskut word.” (Spr. 29:25)
Ja, vrees vir mense, en geen vertroue en vrees vir God nie.
Die NGK sien dat die wêreld al meer vyandig raak teenoor enige instansie wat nie die heersende tydsgees volg nie, en ons weet baie duidelik dat daardie heersende paganistiese tydsgees is veral die lgbtq+ agenda met al sy implikasies vir die hele samelewing.
Daarom, neem die antitese tussen lig en duisternis weg, die leer van die Bybel, die Evangelie, God se wet en wil, ens., dan dink die vreesagtiges die wêreld gaan gepaai wees en ons uitlos.
Maar die Skrif, en die geskiedenis leer duidelik dat die kerk van Christus se vyande soek nie middelgrond of vrede nie, hulle soek die totale vernietiging van God se eer, die onderwerping van die Seun aan die Satan, en daarom die vernietiging van die kerk self, hetsy deur kettery en dwaling van binne, of deur vervolging van ‘buite’.
Wat besig is om af te speel in die geskiedenis, en natuurlik ook in ons tye, lees ons daar in Op. 12:17,
“En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.”
Die valse kerk en valse staat haat die wet van God (God se wil vir die mens, veral in ons tye vir die huwelik, man en vrou, ens.), en haat nog meer die Evangelie wat mense kan red van die draak se boosheid en misleiding deur die lgbtq agenda.
En niks is beter as om die sigbare kerk self al die misleidingswerk te laat doen van ‘binne’ in die (valse) naam van ‘liefde’ nie.
Ja, die draak kan ons hier op aarde in die hakskeen byt, seer ook, ons kan self ons vryheid en lewens verloor, maar die draak se dae is getel, selfs al dink hy en sy trawante hier op die aarde hulle is besig om te ‘oorwin’ deur die torings van Babel wat hul hier op aarde probeer voortbou.
Want, kyk wat staan daar ook in Op. 12: 9,10, van die oorwinning wat klaar behaal is:
“En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. Toe hoor ek ’n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.”
Christus het die draak reeds oorwin, hy is besig met stuiptrekkings, bloei hom dood, hier op aarde.
Die ware kerk, die ware gelowiges moet vashou aan die opdrag en belofte, ook vir ons tye, soos verwoord in Op. 12:11:
“En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.”
Paulus skryf ook oor die ‘laaste dae’ (dit is die tyd tussen die eerste en tweede koms van Christus): “mense sal liefhebbers van hulself wees …. sonder natuurlike liefde … bandeloos…” en dit bring oor die (ware) kerk:
“…vervolginge, lyding, soos my te beurt geval het in Antiochíë, in Ikónium, in Listre. Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal verlos. En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.” (2 Tim. 3)
So, as die gelowiges en kerk ‘ongodvrugtig’ gemaak kan word, soos die NGK nou doen, dan dink die vreesagtiges hul gaan nie meer vervolg word nie…. al moet Christus verloor word, tragies.
Ja, ons is in onsself maar ook swak en skrikkerig, vervolging en swaarkry is nie aangenaam nie, maar mag die Here ons help deur sy Gees en Woord om Hom werklik meer te vrees as mense en bose magte.
Laat ons Hom meer vrees wat in ons is, as die Antichris wat in die wêreld is, om Hom meer te vrees wat siel en liggaam in die hel kan verderf, as hy wat net ons liggaam kan verderf:
“En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.” (Matt. 10:28)
“Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God; en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld. Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is. Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle.” (1 Joh. 4.1-5)
En laat ons ook almal die belofte maar ook die waarskuwing onthou, waarmee die Bybel eindig, Op. 21:7,8:
“7 Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.
Leave a Reply