WOORD OORDENKING
WETTELOOSHEID EN GEVRIESDE LIEFDE
deur prof. V.E. d’Assonville (snr.)
(Nota: ‘n Aanhaling uit ‘n preek oor Matteus 24:12, 13, wat in vandag se tye nog net so aktueel is)
‘En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.’
“Paulus beskryf dit dat aan ons in Romeine 1. Dan word dit so erg dat die natuurlike wat God aan die mens gegee het, die seks, die liggaamlike drifte, omskep word in die teennatuurlike, bv. homoseksualisme. Dit staan in Romeine 1:26, 27. Mans bedryf seks met mans, en vroue met vroue!
Kom, laat ons ‘n slag ons koerante en tydskrifte lees deur die bril van die Bybel. Laat ons ons televisie – programme bekyk onder die vergrootglas van Jesus Christus se profetiese rede in Matteus 24, en dan skrik ons! Dan kom ons agter dat dit reeds in ons tyd so ‘n nood is dat die ware, egte liefde van God, plek gemaak het vir ‘n ydele, wêreldse uitlewing wat ons almal op die end buite in die yskoue lug laat staan.
Deur die wetteloosheid het die liefde verkoel, sê Jesus!
Die vraag is nou: Hoe gaan die kerk en die gelowiges oorleef in so n yskoue wêreld van wetteloosheid en gevriesde liefde?
Jesus gee die antwoord: “Maar wie tot die einde volhard , sal gered word” [vers 13].
Volharding is ‘n wonderlike woord in die Bybel. In die Griekse taal is dit ‘n militêre term. Dit vertel van ‘n soldaat se dapperheid, sy manlikheid, sy durf om sy vyand aan te pak. Om te volhard beteken nie om passief te verdra nie, maar om aktief te veg. So ‘n soldaat weier om toe te gee aan die vyand. Toegepas op kerkmense beteken dit om konsekwent met die evangeIie in die wêreld jou man te staan, om in die uitlewing van jou geloof nooit lafhartig te wees nie.
Hierdie uitdrukking “wie volhard tot die einde toe, sal gered word” is ‘n geliefkoosde gesegde van Jesus. Ons vind dit ook in Matt. 10:22 en Markus 13:13. In Lukas 21:19 se Hy dit selfs op ‘n heel besondere manier: “Deur julle volharding moet julle julleself red”. Die ou Afrikaanse vertaling se dat julle deur volharding julle lewe in besit kry.
Hierdie woord kom skerp op ons christene af.
Is julle nog bereid om frontsoldate van Christus te wees?
Is jy bereid om soos ‘n infantriesoldaat onverskrokke op die vyand af te stap?
Sien jy nie meer kans om jou pad vir die saak van Christus oop te veg nie?
Met die swaard van die Gees, dit is die woord van God [Efesiërs 6] moet jy eenvoudlg staande bly teen die wetteloosheld wat die kerk in ons tyd bedreig. Die Here roep weer manne en vroue wat die durf sal hê om “nee” te sê vir die wêreldgees en vas te staan!
Maar dit is nie al nie: Jesus gebruik hierdie woord volharding, die soldateterm juis in die gelykenis van die saaier [Luk. 8: 15]. Juis waar dit gaan om die prediking van die Woord is dit ‘n saak van
volharding. Daar waar die saad [die evangelie] in goeie grond val “dui op die wat die woord met ‘n goeie en opregte hart hoor en dit bewaar en deur volharding vrug dra.”
Bybellees, huisgodsdiens, katkisasie vir die kinders, kerkbesoek, uitkom vir jou christelike beginsels in die samelewing en op aIle terreine… is ‘n saak van volharding!
Die vraag is heel eenvoudig:
Wat maak jy met Christus se Woord in jou lewe?”
Bron: 25 Preke, Marnix: Potchefstroom, 1989: bl. 62, 63.
___________________________________
Om by te voeg by prof. d’Assonville, se woorde, laat ons die sesde bede vir ons en ons huwelike, gesinne en gemeentes afbid, soos ons dit volgens die Skrif bely in HK, Sondag 52, v/a 127:
Vraag: Wat is die sesde bede?
Antwoord: En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Dit is: Ons is in onsself so swak dat ons nie een oomblik staande kan bly nie. 1) Daarby hou ons doodsvyande, die duiwel, 2) die wêreld 3) en ons eie sondige natuur, 4) nie op om ons aan te val nie. Wil U ons tog deur die krag van u Heilige Gees staande hou en versterk, sodat ons teen hulle sterk teenstand kan bied en in hierdie geestelik stryd nie beswyk 5) nie, totdat ons eindelik die oorwinning volkome behaal 6).
Skriffundering:
- Psalm 103:14-16; Johannes 15:5
- Efesiërs 6:12; 1 Petrus 5:8
- Johannes 15:19
- Romeine 7:23; Galasiërs 5:17
- Matteus 26:41; Markus 13:33; 1 Korintiërs 10:12-13
- 1 Tessalonisense 3:13; 1 Tessalonisense 5:23
Leave a Reply