HY SAL BRUL SOOS ‘N LEEU (Hosea 11:10): VERKONDIG DIE TWEESNYDENDE EVANGELIE MET DIE OOG OP DIE HERE SE BELOFTES

HY SAL BRUL SOOS ‘N LEEU (Hosea 11:10)

VERKONDIG DIE TWEESNYDENDE EVANGELIE

MET DIE OOG OP DIE HERE SE BELOFTES

“Ek sal my toorngloed nie laat geld nie, Ek sal Efraim nie weer 27)te gronde rig nie; want Ek is 28)God en nie ’n mens nie, die 29)Heilige in jou midde. En Ek sal nie kom in 30)grimmigheid nie. Hulle sal agter die 31)HERE aan trek; Hy sal 32)brul soos ’n leeu. Want Hy sal brul, en die 33)kinders sal met siddering van die 34)seekant aankom. Hulle sal sidderende aankom soos ’n 35)voëltjie uit 36)Egipte en soos ’n 37)duif uit die land Assur; en Ek sal hulle laat 38)woon in hulle huise, spreek die HERE.” – Hosea 11:9-11

Hier is die kanttekeninge van die Statenvertaling by hierdie verse (my eie vertaling), dit bemoedig ons om as kerk van die Here, sy Evangelie, sy Woord aan te hou verkondig (sien veral kanttekening 32), tydig en ontydig (2 Tim. 4:1-5), ons oog gerig en gefokus op sy beloftes, sy trou, sy genade, nie ons kragte, magte, getalle, vermoeëns of al die geestelike en fisiese vyande om ons nie, soos ons in navolging van die Skrif bely in HK v/a 54, “Dat die Seun van God uit die hele menslike geslag vir Hom ‘n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is, deur sy Gees en Woord in die eenheid van die ware geloof van die begin van die wêreld af tot die einde toe  vergader, beskerm en onderhou, en dat ek daarvan ‘n lewende lid is en ewig sal bly”:

27)

Dit is, Ek sal nie nou weer so aan Efraim doen, dat Ek hom heeltemal sou verniel nie, soos Ek eenmaal aan die voorgenoemde stede (Sodom en Gomorra, sien kanttekening 23 – slc) gedoen het nie. Vgl. Jes. 12:6; 54:5. Esg. 16:53 met die kanttekeninge daar.

28)

Waaragtig en onveranderlik in My beloftes, Num. 23:19. Mal. 3:6.

29)

Sien Ps. 71:22 se kanttekening, en daarvolgens sal Ek vir My nog ‘n volk onder julle bewaar, en hulle heilig om My te dien, ens. Vgl. Esg. 16:60.

30)

Anders: Ek sal in die stad nie kom nie, dit is, soos ‘n vyand wat ‘n stad inval en alles daarin verwoes; of soos Ek eertyds in die stad Sodom gekom het om dit te verwoes, sien vers 8, wat ooreenstem met die voorafgaande woorde: Ek sal nie terugkeer of weer kom nie, ens. Sien die kanttekening. Anders: Ek sal nie in die stad kom nie, dit is, in geen meer fisiese plekke meer woon nie, maar in jul harte. Vgl. Joh. 4:21.

31)

Jesus Christusdie Messias, hul Hoof en Koning. Vgl. Hos. 3:5.

32)

Deur die openbare, duidelike en heldere verkondiging van die Evangelie, waardeur Hy sy uitverkorenes (soos ‘n leeu sy jonges) byeen sal roep, soos in wat volg. Vgl. Jes. 27:13. Amos 3:8. Soortgelyk, waardeur Hy nie alleen aan die wat Syne is sy genadewerk sal verkondig nie, maar ook aan sy en sy kerk se vyande wraak en oorwinning sal verkondig, vernaamlik aan alle geestelike vyande wat Hy, as die ware Leeu van Juda, sal oorwin en in triomf sal lei. Sien Gen. 49:9 se kanttekening. Kol. 2:15. Openb. 5:5, en vgl. verder Jes. 31:4, 5. Joël 3:16. Amos 1:2.

33)

Dit is, uitverkorenes wat aan Hom deur die Vader gegee is, Joh. 17:6. Hebr. 2:13.

34)

Hebr. sal sidder of bewe van die see (of die westeaf, dit is, sidderende aankom tot Hom en sy kerke se gemeenskap. Vgl. Jes. 24:14; 49:12. Hos. 3:5, en sien die aantekeninge. So ook in die opvolgende vers. Vgl. 1 Sam. 13:7; 16;4, aangaande die manier van spreek, siddering of bewing vir sidderende gaankom, ens.

35)

Dit is vinnig vlieg na sy kos of nes, of van die strik ontsnap.

36)

Dit is, in alle pleke waar hul verstrooid is, sal hulle hul met ywer begeef tot Hom wat hul verlos uit geestelike Egipte en Assirië, dit is, die slawerny van die duiwels en die sonde. Vgl. Jes. 27:13. Sag. 10:10.

37)

Sien Jes. 60:8.

38)

Dit is, (volgens die styl van die profete), Ek sal hul plant in My kerk, en deur Christus rus en vrede gee in hul gewete, en na hierdie lewe, in hul plek in die hemelse woonplekke. Sien Hos. 2:13, 17, met die kanttekeninge; 12:10.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: