JESUS LEER DIE DUIDELIKE ONDERSKEIDING TUSSEN KERK EN STAAT EN DAAROM KAN DIE STAAT NIE INMENG IN DIE EREDIENS NIE

JESUS LEER DIE DUIDELIKE ONDERSKEIDING TUSSEN KERK EN STAAT EN DAAROM KAN DIE STAAT NIE INMENG IN DIE EREDIENS NIE

– CALVYN SE VERKLARING BY MATTEUS 22:20,21 –

En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit? Hulle antwoord Hom: Die keiser s’n. Daarop sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.” (Matt 22:20–21)

‘n Deel van Calvyn se verklaring by hierdie verse (beklemtonings bygevoeg):

“Maar Christus, wat sy woorde aanpas vir gewone mense, reken dit genoegsaam om ‘n onderskeiding te maak tussen die geestelike koninkryk van God enersyds, en die politieke orde en die toestand van die huidige lewe, andersyds.

Ons moet dus aandag gee aan hierdie onderskeid, dat terwyl die Here begeer om die enigste Wetgewer te wil wees wat siele regeer, die reëls van om Hom te aanbid, nie van enige ander bron as uit sy eie woord verkry mag word nie, en, dat ons ons moet hou by die enigste en suiwer aanbidding wat daaraan verbind is. Die mag van die swaard, die wette en die besluite van tribunale verhinder nie dat die aanbidding van God geheel en al onder ons (die kerk, en dus nie die staat nie – slc) moet bly nie.

Maar hierdie leer strek nog verder, dat elkeen volgens sy roeping die plig moet verrig wat hy aan die mense verskuldig is:

– dat kinders gewilliglik hulself aan hul ouers onderwerp

– en dienaars aan hul meesters;

– dat hulle welwillend en onderworpe aan mekaar sal wees,

– met dien verstande dat God altyd die hoogste gesag behou, waaraan alles wat aan mense verskuldig is, soos ons sal sê, ondergeskik moet wees.

Die omvang daarvan is dus dat diegene wat politieke orde wil vernietig, opstandig teen God is, en daarom is gehoorsaamheid aan vorste en magistrate altyd verbind tot die aanbidding en vrees vir God.  Maar dan ook aan die ander kant, as vorste aanspraak maak op enige deel van die gesag van God, dan moet ons hul nie verder gehoorsaam as wat gedoen kan word sonder om God te beledig nie.”

Bron: Calvin’s Commentaties: Matthew 22

‘n Paar eie opmerkings:

In navolging van die Skrif, soos Jesus dit hier leer, wys Calvyn op die volgende punte, wat ook relevant is vir ons tye:

1. die bybelse onderskeid tussen ‘kerk en staat’. Sien ds. Cobus Rossouw se artikel daaroor hier:

Die Staat se wette vir Jesus se Kerk in Covid-19 tye Hoe moet ons daaroor dink?

2. dat die staat nie mag inmeng in die aanbidding van die Here nie, nie die erediens se liturgie, dus bv. die sang in die erediens, mag bepaal of verbied nie.

3. dat die gesagbeginsel tussen staat en onderdaan, op die dieselfde beginsel gebaseer is as bv tussen ouers en kinders, werkgewers en werknemers, ens (sien Ef. 6:1-9; Kol. 3:18-4:1; sien ook HK Sondag 39), en vir alle gesagsinstellings geld dat ons hul alleen ‘in die Here’ gehoorsaam, dus daar waar dit nie in stryd met God se gebooie is nie (Hand. 4:19; 5;29).

4. verwerp beide anabaptistiese rewolusionêre omverwerping van die burgerlike owerheid se gesag; asook die messiaanse staatisme, oftewel staatsabsolutisme, wat veral vandag woed (sien NGB artikel 36, asook hierdie skrywe).

5. dat God nie beledig moet word deur nie ook aan Hom te gee wat Hom toekom nie, d.w.s. die lof, aanbidding en die eer, wat vanselfsprekend die eerste tafel van die wet gaan insluit (en dan veral in ons tye), die vierde gebod, waar die Here ook in die onderlinge byeenkomste/samekomste oftewel publieke eredienste geloof en geprys moet word, soos Hy beveel (sien NGB artikels 27-35; HK Sondag 38).

Oproep dat ons ‘vrye (gereformeerde) kerke’ sal wees en bly
Met die herstigting van die gereformeerde kerke in 1859 en daarna, is ons kerke gekenmerk aan wat die 15 herstigters genoem het, om te  bestaan as ‘n “vrye Gereformeerde Kerk, ooreenkomstig die leer, diens en tug van die vaders” (B. Spoelstra, Beknopte Kerkgeskiedenis, 80).

Kerk en staat moet langs mekaar regeer, nie oor mekaar nie, in hul onderskeie verbande, elkeen volgens God se Woord op sy onderskeie terrein, tot eer van God en in diens van die naaste (sien NGB art. 36).

2 thoughts on “JESUS LEER DIE DUIDELIKE ONDERSKEIDING TUSSEN KERK EN STAAT EN DAAROM KAN DIE STAAT NIE INMENG IN DIE EREDIENS NIE

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: