Bronne oor die reg van verset, want ons moet God meer gehoorsaam wees as die mense (Hand. 4:19; 5:29) … ook wat die burgerlike owerheid betref

Bronne oor die reg van verset, want ons moet God meer gehoorsaam wees as aan die mense (Hand. 4:19; 5:29) … ook wat die burgerlike owerheid betref

Daar is heelwat vrae wat opkom in ons ‘corona-virus’ tye van streng wetgewings en beperkings. Ja, die gebeure dwing gelowiges, die kerk, om opnuut te dink en te besin oor ons gehoorsaamheid aan die burgerlike owerheid wat die Here oor ons aangestel het in sy voorsienigheid (Rom. 13:1-7). Die totale onvoorwaardelikheid waarmee baie al die regering se inperkings aanvaar en daarby berus, sonder om twee keer daaroor te dink, maak mens bekommerd.

Ja, almal sal saamstem daar is ‘n virus gevaar wat medies en polities hanteer moet word, maar hoe dit presies hanteer word, veral deur die burgerlike owerhede regoor die wêreld, maak mens besorgd, veral die feit dat een van die ‘essensiële dienste’, die belangrikste wat mens eintlik nodig het, in die tyd van die virus-krisis ook totaal ingeperk word, nl die kerke se dienswerk, in die besonder die eredienste op die rusdag.  Gelukkig is daar ook al meer stemme wêreldwyd wat oproep tot die herstel van die publieke eredienste, spesifiek die 3de Mei.

Vir ‘n goeie oorsigtiglike sosio-politiese scenario beoordeling van ons eie burgerlike regering se (mags)ingrype, sien hierdie artikel: Vyf scenario’s vir Covid-19 in Suid-Afrika.

As gereformeerde gelowiges wil ons beide ongelowige rewolusie (die totale omverwerping van die bestaande ‘orde’) én goddelose staatisme (onvoorwaardelike onderwerping en aanvaarding van alles wat die staat doen) verwerp.  In ons belydenis glo en bely ons volgens die Skrif dat die Here gesag oor ons aanstel, en dat ons daardie gesag terwille van die Here gehoorsaam:

Heidelbergse Kategismus

Sondag: 39 – VRAAG EN ANTWOORD: 104

Vraag: Wat eis God in die vyfde gebod?

Antwoord: Ek moet my vader en moeder en almal wat oor my gestel is, alle eer, liefde en trou bewys. Aan hulle goeie leer en tug moet ek my met die verskuldigde gehoorsaamheid onderwerp1. Ook moet ek met hulle gebreke geduld hê2, omdat God ons deur hulle wil regeer3.

Skriffundering: 1) Eksodus 21:17; Spreuke 1:8; Spreuke 4:1; Spreuke 15:20; Spreuke 20:20; Romeine 13:1; Efesiërs 5:22; Efesiërs 6:1-2; Efesiërs 6:5; Kolossense 3:18; Kolossense 3:20; Kolossense 3:22 2) Spreuke 23:22; 1 Petrus 2:18 3) Matteus 22:21; Romeine 13:2-3; Efesiërs 6:4; Efesiërs 6:9; Kolossense 3:20

Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 36: Die burgerlike owerheid

“…. Verder is elkeen verplig, van watter hoedanigheid, rang of stand hy ook al mag wees, om hom aan die owerhede te onderwerp, belasting te betaal, aan hulle eer en onderdanigheid te bewys, hulle te gehoorsaam in alles wat nie met die Woord van God in stryd is nie en vir hulle voorbidding te doen dat die Here hulle in al hulle handelinge mag bestuur, sodat ons in alle godsvrug en eerbaarheid ‘n rustige en stil lewe kan lei. …” (sien die vollledige artikel hier.)

Uit hierdie twee belydenisstukke, is die gereformeerde gelowige se standpunt nog altyd, terwille van die Here se opdrag en sy wil gehoorsaam ons gesag en owerhede wat oor ons aangestel is, maar belangrik ‘in alles wat nie met die Woord van God in stryd is nie“.

Daar is en behoort nie so iets soos ‘n absolute onvoorwaardelike onderwerping te wees aan enige gesag op aarde nie, maar alleen aan die Here. Aan die eenkant, is die saak eenvoudig en duidelik:

– ons onderwerp ons aan mekaar se gesag ‘in die Here’ (Ef. 5:21)

– kinders onderwerp hul aan hul ouers se gesag ‘in die Here’ (Ef. 6:1-3)

– vrouens onderwerp hul aan hul mans se gesag ‘in die Here’ (Ef. 5:22)

– lidmate onderwerp hul aan die kerkrade se gesag ‘in die Here’ (Hebr. 13:17)

– as werknemers onderwerp hul aan die werkgewers se gesag ‘in die Here’ (Ef. 6:5-9)

En, – burgers onderwerp hul aan die burgerlike gesag en owerhede ‘in die Here’ (Rom. 13:1-7)

Dus, ons onderwerping is nie absoluut nie, nie onvoorwaardelik nie, maar in en volgens God se Woord. Daarom as my ouers of kerkraad of burgerlike regering van my iets verwag in stryd met die Here se duidelike Woord (bv. ek moet gaan moor en steel), kan ek nie daarmee saamgaan nie, en met respek en eerbied moet ek dan so geval hanteer in die lig van Hand. 4:19; 5:29 om aan die Here meer gehoorsaam te wees as aan mense.

Tog wil dit voorkom asof in die praktyk, die ‘in die Here’ veral vergeet word wat betref die burgerlike regering van die land. Dit is verbasend hoe baie onvoorwaardelik alle maatreëls van die regering sal nakom tot die letter toe …. maar die Here se gebooie kan maar gekompromeer word in ons lewens, dit is nie ‘essensiële diens(te)’ of ‘noodsaaklik’ nie (veral die 4de en 7de gebod?), soos die feit dat die publieke eredienste vinnig afgestel is, daar is oor die algemeen nie eers gepoog om eers onder die nodige covid 19 maatreëls voort te gaan nie, of daarvoor te beding nie.

Ek wil nie alles herhaal wat ek reeds geskryf het in my vorige artikel nie, maar wil dit tog aanbeveel om dit eers te lees (Teen die Revolusie, die Evangelie van Christus! – Die kerk se roeping teen die revolusionêre tydsgees belig vanuit Romeine 12 en 13) voordat u hier verder lees, sodat u asb. sal hoor wat ek van albei kante wil sê.  Slegs een aanhaling uit die artikel om saam te vat:

“Deur die eeue was daar vergrype na beide kante:

a) Gelowiges wat hul nie onderwerp aan burgerlike owerhede nie, ons is nou vry in Christus, ons lewe nou onder ’n nuwe wet en geen mens sal oor my gesag uitoefen nie, wat vloei uit ‘n verkeerde revolusionêre mensbeskouing wat meen gelowiges is perfek in hierdie lewe, en het nie gesaginstellings nodig om die sonde te onderdruk nie (sien NGB art. 36 se eerste sin)

b) Die ander uitsterste is weer hulle wat meen, die owerhede is deur God aangestel, en ons moet hul absoluut gehoorsaam wees in alles, hulle is goddelik, ‘n blanko tjek benadering. Die dwaling van die “absolute goddelike reg van konings”, wat lei na messiaanse staatisme, die staat kan niks verkeerd doen nie, hulle sal ons red hier op aarde, vir ons in alles sorg. Ons moet net bid, hul seën.

Nee, as ons mooi en aandagtig luister na God se Woord hier (Rom. 12 en 13), en in en ander plekke, is dit baie duidelik dat hier word geleer, beide:

– die gelowige, kerk, se taak en roeping ten opsigte van hoe om gesag oor hul te aanvaar, spesifiek die burgerlike owerhede se gesag, én

– dat die burgerlike owerheid ook moet besef Wie hul aangestel het, en wat hul taak behoort te wees teenoor die Here en die burgers van ‘n land.

Die fokus is hoe die gelowige teenoor die burgerlike owerhede moet staan,

maar Paulus se skrywe behels ook, wat behoort die burgerlike owerheid te doen, dus albei sake.

En dit is wat die kerk moet verkondig, preek, leer teen en in ons revolusionêre tye, teenoor daardie marxistiese en humanistiese sienings van die burgerlike owerhede.

… Die burgerlike owerheid se taak is nie om die kerk se taak oor te neem nie, of onderwys, ekonomie, welsyn, gesondheid, ens. te bepaal nie.

Nee, hul taak is wet en orde en alles wat daarmee gepaardgaan.

Die gelowiges en kerk moet getuig teen die messiaanse staatsidee wat god en redder op aarde probeer wees, die burgerlike owerheid het ’n beperkte taak volgens God se Woord.

Die burgerlike owerhede moet nie aanbid word nie, moet ook nie revolusionêr verwerp word nie, maar gereformeer word deur sy Woord.”

Ja, die kerk moet leer dat beide die burgers elkeen afsonderlik saam gehoorsaam moet wees terwille van God (Rom. 13:5), maar daar moet óók geleer word wat die owerhede se roeping en take en pligte is onder God.

Volgens LM Du Plessis skryf Calvyn in sy Institusies (Deel 4, hfst. 20, wat handel oor die burgerlike owerheid), aan die eenkant:

“Daar is diegene wat van hulle sinne beroof is en die staat as goddelike ordinansie wil omverwerp.” (sien die laaste paragraaf van NGB art. 36 – slc)

Maar, dan ook aan die anderkant:

“Vleiers van vorste gaan só ver in hulle magsvertoon, dat hulle hulself ook teenoor die heerskappy van God wil stel.”

En dat Romeine 13 nie net die burger nie, maar ook die owerheid aanspreek:

“Romeine 13 skryf egter, aldus Calvyn, ook vir die gesagsdraers voor hoedat hulle hulleself jeens die onderdane moet gedra. Die owerheid bestaan nie terwille van sigself nie maar terwille van die algemene nuttigheid, en daarom beskik die owerheid ook nie oor onbeperkte gesag nie.” (Calvyn oor die staat en die reg, Potchefstroom, PU vir CHO, 1977, p. 101, 109)

Goed, noudat u daardie artikel gelees het, is my mening dit wat ek reeds geskryf het, dat dalk ons grootste gevaar van ons tyd is dat ons in ons goeie strewe om goeie getroue wetsgehoorsame Romeine 13 burgers van die land te wees, heeltemal, (ten minste in praktyk?) oorgeval het na die anderkant, soos veral gesien kan word in die onvoorwaardelike onderwerping en aanvaarding van die owerheid se virus wetgewing en planne, wat niks anders is as Staatisme  nie (en hierdie sonde is reeds ‘n sonde van die vorige bedeling, nie net met die ANC owerheid nie, dat ons op owerhede vertrou, nie die Here alleen nie, Ps. 146:2, berymd).  Ek het dit al reeds geskryf, maar ek wil dit weer hier weer plaas:

Staatisme
In die woorde van Rushdoony, een van ons grootste afgode in ons tyd is juis die ‘messiaanse Staatisme’.

Dit is verbasend hoe wetgewing en planne van die Staat tot die letter toe onvoorwaardelik aanvaar word deur baie, sonder om enige alternatief oor die hantering van die virus voor te stel, daar word bloot maar net gedweë aanvaar dat dieselfde Staat wat al vir dekades nie wet en orde handhaaf nie, wat aborsie-moord en misdaad nie effektief aanspreek nie, wat omgekeerde rassisme beoefen, wat ons ekonomie en al ons mense, wit en swart, benadeel met hul ideologiese demokratiese-sosialisme … nou skielik ons redders gaan wees?

Sien hierdie artikel wat ek reeds geplaas het wat ons as kerke aanspreek dat ons so maklik net toegee aan die Staat se onbillike eise, en nie baie meer groot moeite gedoen het om die ‘eredienste in stand te hou nie’, maar vinnig internet dienste toe hardloop ‘want die Staat sê so’:

Coronavirus and the Church: complaint of uncreative?

Baie vrees mense/die staat baie meer as vir die Here en sy Woord en wette:

“Die vrees vir die mens span ‘n strik; maar hy wat op die HERE vertrou, sal beskut word.” (Spr. 29:25)

Sien hier die kenmerke van Staatisme:  The Ten Fundamentals of Modern Statism

En waarom dit met die Woord, reformatories, nie revolusionêr nie, gekonfronteer moet word:

Why we Confront Statism

Bronne oor burgerlike verset

Deur baie afvalligheid en verslawing aan die Staat, het ons ons vryheid verloor. Alleen deur ‘n terugkeer na die Evangelie, en gevolglik die Woord van die Here vir die hele lewe, kan ons dit, as die Here wil, terugwen, soos ek in bogenoemde artikel geskryf het.

Ons moet egter opnuut verootmoedigend bid en besin, en studeer oor hierdie belangrike onderwerp.  Daarom sien die volgende bronne om te studeer, sodat ons die Here sal eer, en dit tot heil van sy kerk is dat ons reformeer, weg van die slawerny van enige sonde, maar ook die slawerny aan Staatisme.

Die reg van verset teen burgerlike owerhede volgens Calvyn

“Deur al die dade voltrek die Here sy werk. Hy verbreek die bloedige septers van konings en maak ‘n end aan hulle ondraaglike dwingelandy. Laat die vorste dit hoor en skrik. Intussen moet ons oppas dat ons nie die gesag van die owerheid verag of skend nie, al word dit ook deur onwaardige persone uitgeoefen. God het hulle met majesteit beklee. Daarom moet ons nie dadelik dink dat dit ons roeping is om die wraak van die Here oor die dwingeland te bring nie.

Ek spreek van partikuliere persone. Want as daar volksmagistrate aangestel is om die willekeur van die konings te bedwing, is dit hulle plig om die ongebondenheid van die konings te weerstaan. Hulle sal troueloos wees as hulle die gewelddadige optrede van die konings deur die vingers sien. Daardeur sal hulle die vryheid van die volk verraai, wat hulle kragtens die bevel van die Here behoort te beskerm.

Ons is dus gehoorsaamheid aan die owerhede verskuldig. Egter altyd met hierdie bepaling daarby dat die gehoorsaamheid ons nie ongehoorsaam moet maak aan Hom, aan wie se wil al die begeertes van die konings onderworpe moet wees, vir wie se besluite hulle bevel moet wyk en voor wie se majesteit hulle almal moet buig nie. Hoe verkeerd sal dit nie wees om Hom te beledig ten einde mense tevrede te stel nie. Hy is die Koning van die konings. As Hy spreek, moet voor alles en bo almal na Hom geluister word.”

Esra Verslag: Reformatoriese Verset

Verset en die Skrif, ds. Gustav Opperman

Die Reformatoriese standpunt oor Verset, prof. Andries Raath

Kerkregtelike verset, ds. Hennie Momberg

Verset en die Gesin, Bouwe van der Eems

Verset en Medisyne, dr. Michiel Durand

Calvyn oor Verset.

Zwingli and his legacy of resistance to tyranny

“The ground-breaking contribution by Huldrych Zwingli to Reformed political theory has not been met with the necessary exposure that it deserves. Zurich and Genevan Reformed thought during the sixteenth century owes much of its political insight to Zwingli’s expositions pertaining to the functions of the offices of magistracy and ministry, as well as on resistance theory. Zwingli also heralded the idea of the Christian community, where church and society are not to be viewed as two separate entities -the Christian nation was both church and political community under the rule of God. Not only was this inheritance of Zwingli’s thought limited to the continent but also manifested itself in the English and Scottish Reformational worlds. Consequently, this article serves as a reminder that the more familiar proponents of early Reformational thought (in the context of Reformed political expositions) such as Heinrich Bullinger, and to a lesser degree John Calvin, were preceded and influenced by the legacy of Huldrych Zwingli’s Reformed political theology.”

The Doctrine of the Lesser Magistrate in the 21st Century West

“(The doctrine of the lesser magistrate) is a unique Christian theory of resistance to authority which was first detailed in Magdeburg Confession of 1550. This doctrine teaches that when a ruler has become an incorrigible tyrant (within a very limited set of criteria), he has abdicated his claim to legitimacy. Consequently, those magistrates with lesser authority under him may defy and resist the illegitimate magistrate (and his unjust laws) for the sake of protecting others. For the embattled Protestant Reformation, the Magdeburg Confession became the embodiment of a theology of resistance allowing not only for a right to resist in certain circumstances, but a duty.”

Quotes on Resistance to Tyranny 

Ulrich Zwingli  †1531
Martin Luther  †1546
Martin Bucer  †1551
John Calvin  †1564
Anthony Gilby  †1585
Christopher Goodman  †1603
David Paraeus  †1622

Historic Treatises on Resistance to Tyranny

(Magdeburg Konfessie; John Knox, Beza, Junius Brutus, Rutherford, ens.)

Resistance to Tyranny

De jure magistratuum(On the Rights of Magistrates), Theodore Beza

To Kings and Princes the Counsel of David: Psalm 2: Serve the Lord with fear, and rejoice with trembling. Kiss the Son lest he be angry, and you perish in the way, for His wrath will soon be kindled.

To the Subjects: I Peter 2:13: Be subjects to every ordinance of man for the Lord’s sake.

Contents:

Question 1. Must Magistrates Always Be Obeyed As Unconditionally As God?

Question 2. Is A Magistrate Held Responsible To Render Account Of All His Laws To His Subjects? And How Far Are They To Presume Such Laws To Be Just?

Question 3. How Far Must Obedience Be Rendered Or Refused To Unjust Or Impious Commands?

Question 4. How Can One Who Has Suffered Wrong At The Hands Of A Ruler Defend Himself Against Him?

Chapter 5. Whether Manifest Tyrants Can Lawfully Be Checked By Armed Force.

Question 6. What is the duty of subjects towards their superiors who have fallen into tyranny?

Question 7. What must be done when the Orders or Estates cannot be summoned to impede or to check tyranny?

Question 8. What may be done against unjust oppressors?

Question 9. Whether subjects can contract with their rulers?

Question 10. Whether those who suffer persecution for the sake of their religion can defend themselves against tyrants without hurt to their consciences.

Endnotes

Vindiciae contra Tyrannos: A Defence of Liberty against Tyrants, OR, Of the Lawful Power of the Prince over the People and of the People over the Prince. 

  1. Question One: Whether subjects are bound to obey princes…
    1. The Covenant between God and Kings
  2. Question Two: Whether it is lawful to resist a prince who infringes the law of God.
    1. Whether private men may resist by arms.
    1. Whether it be lawful to take arms for religion.
  3. Question Three: Whether it is lawful to resist a prince who oppresses or ruins a public state.
    1. Kings are made by the people.
    1. The whole body of the people is above the king.
    1. The assembly of the three estates.
    1. Whether prescription of time can take away the right of the people.
    1. Why kings are created.
    1. Kings receive laws from the people.
    1. If the prince may make new laws.
    1. Whether the prince have the power of life and death over his subjects.
    1. If the king may pardon those whom the law condemns.
    1. Subjects are the king’s brethren, and not his slaves.
    1. Whether the goods of the people belong to the king.
    1. Whether the king be the proper owner of the kingdom.
    1. Whether the king be the usufructer of the kingdom.
  4. Question Four: Whether neighbor princes may, or are bound by law to aid the subjects of other princes.

Sien ook hier: A Defense of Liberty Against Tyrants

Lex Rex (or the Law and the Prince), Samuel Rutherford

“Rutherford was chosen as one of the four main Scottish Commissioners to the Westminster Assembly of Divines in London taking part in formulating the Westminster Confession of Faith completed in 1647. Rutherford’s political book Lex, Rex, or The Law and the Prince (1644) was written in response to John Maxwell’s Sacro-Sanctum Regus Majestas and presented a theory of limited government and constitutionalism. It raised Rutherford to eminence as a philosophical thinker. After the Restoration, the authorities burned Lex, Rex and cited Rutherford for high treason, but his death intervened before the charge could be tried.  It is considered one of the greatest books on political philosophy ever written.

Samuel Rutherford’s teaching, taken from Scripture, argued against the doctrine of the “divine right of  kings, while promoting equality under law, (including kings), inalienable rights, government by consent, separation of powers and the right to resist and revolt againt lawful authority.  He argued that Scripture was the standard by which to judge the actions, beliefs and constitutions of civil government. a charter of liberty against all forms of civil tyranny — vindicating the Scriptural duty to resist tyrants as an act of loyalty to God.

Subtitled: “A dispute for the just prerogative of King and people: containing the reason and causes of the most necessary defensive wars of the kingdom of Scotland, and  their expedition for the aid and help of their dear brethren of England; in which their innocency is asserted, and a full answer is given to a seditious pamphlet, entitled, … The Sacred and Royal Prerogative of Christian Kings…” Murray, in his Life of Samuel Rutherford (1827) notes,

“The work caused great sensation on its appearance. Bishop Guthrie mentions, that every member of the Westminster assembly ‘had in his hand that book lately  published by Mr. Samuel Rutherford, which is so idolized, that whereas Buchanan’s treatise (de jure Regni apud Scotos) was looked upon as an oracle, this coming forth, it was slighted as not anti-monarchical enough, and Rutherford’s Lex Rex only thought authentic…'”

Burgerlike verset en die Bybel

Defy Tyrants: Teaching the Doctrine of the Lesser Magistrates

The Lesser Magistrate Doctrine teaches that when the superior or higher ranking civil authority makes immoral/unjust laws or policies, the lower or lesser ranking civil authority has both a right and duty to refuse obedience to that superior authority. If necessary, the lesser authorities may even actively resist the higher authority.

God has established four realms of government to which He delegates authority. They are: (1) self-government; (2) family government; (3) church government; and (4) civil government. Each has its own role, function, and jurisdiction. The authority an individual possesses in any one of these four realms of government is delegated authority. In other words, they derive their authority from God. Their authority is not autonomous or unconditional. Their authority is God-given, and thus, they have a duty to govern in accordance with His rule. When someone in authority makes laws or decrees contrary to God’s law, they are in rebellion to God’s rule. Those under their authority are NOT to obey them when they do this. They may have to even actively resist them.”

The Doctrine of Active Resistance in the Sixteenth Century

“One can conclude that the theory of lesser magistrates was pronounced prior to the Smalcald War in conversations between the Wittenberg theologians and the Saxon jurists and was passed on by Beza to the monarchomachs, when these radical Huguenot theorists were looking for the theoretical justification of tyrannicide after the St. Bartholomew massacre. And the city of Magdeburg and its confession are thought to be the transmitter of the theory from Wittenberg to Geneva.134) Beza cited the Magdeburg example in his polemic against Sebastian Castellio in a passage which was the first public statement of his resistance theory. Beza quoted the same example in his 1574 pamphlet, De jure magistratuum, after the St. Bartholomew’s massacre. This pamphlet, presented to French Huguenots, provided them with the justification for their continued resistance against the tyrannical overlord.”

The Basis for Civil Resistance

“Reformation is desperately needed in our languishing nations. In the past, not only did biblical reformation sweep the church in doctrine, worship, and government, but also reformation of biblical Christianity was promoted and accelerated by Christian magistrates who wholeheartedly supported and defended the ministry of the reformed churches. Reformation is never easy. The truth is no more fashionable today than it was at the time of our reformed and covenanted forefathers. If we would see reformation we must return to the old paths of our God and of our forefathers.

What is presented in the following pages is not a novel view of civil magistracy, but one which is believed to be both biblical and representative of our reformed and presbyterian forefathers from the covenanted reformation at the time of the Westminster Assembly. Civil magistracy is a blessed ordinance of the living God, given to the human family in order that it might reflect the order in which God so much delights (“For God is not the author of confusion, but of peace” 1 Cor. 14:33). This ordinance should be so cherished by God’s people that when the ruling civil magistrate cannot be owned as “the ordinance of God” within a nation, the hearts of God’s people both sadly bemoan that fact and earnestly pray that God would in His mercy remove His righteous anger from the land and grant nursing fathers to the church. May God be pleased to open the eyes of His people to the need for reformation in the divine ordinance of civil magistracy.”

One thought on “Bronne oor die reg van verset, want ons moet God meer gehoorsaam wees as die mense (Hand. 4:19; 5:29) … ook wat die burgerlike owerheid betref

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: