Pro Regno Radio (PRR): Episode 7
Roeping en Toekoms (deel 2)
PR Radio episode 6: Roeping en Toekoms deel 1
PRR episode lys: PR Radio
Lees vir PRR episode 7: Deut. 6:1-9
Inhoud van Episode 7: Voorlees en bespreking van Totius (dr. JD Du Toit) se artikel, Roeping en Toekoms, deel 2
- Sake wat aangeraak word: roeping van kerke en kerkrade, die huisgesin, skole en die politiek.
- Ek bespreek ook aan die einde, in die lig van Deut. 6, die plig en noodsaak van gereformeerde oueronderwys in tuis-of privaat ouerskole, in die lig van die feit dat daar onlangs nog ‘n gereformeerde ouerskool toegemaak het.
Die opname kan hier geluister word:
Aflaai: PR Radio Episode 7
Aanhalings uit die artikel:
Ja, die Gereformeerde belydenis is nie gebore en te sterf en te verdwyn nie. Dit moet nog daar wees as Jesus Christus op die wolke kom … Ons roeping strek, ook vanuit die gesigspunt van die kerk gesien, veel verder uit. En dit is juis ter wille van die kerk wat ons nou op ander lewens-terreine oorgaan om kortliks aan te wys dat ons ook hier ons roeping moet ken en betrag, as die kerk in staat wil wees om sy roeping as kerk te vervul.”
” Ons beste katkisante kry ons uit die huise waar vader en moeder in staat is om hulle kinders ‘n Gereformeerde opvoeding te gee. Ja, selfs die aanwesigheid van ‘n nie so slegte staatskool kan in hierdie opsig die gebrek van die ouers nie aanvul nie. Die getroues word egter min. Baie ouers gee die aan hulle deur God toevertroude taak heeltemal aan die onderwysers oor, so selfs dat hulle nie eens meer die moeite doen om te vra wat daar in die skool geleer word nie. … Die geskiedenis bewys dat as die huisgesin gesond is, beide kerk en staat bloei. Die huisgesin is die bron van die menslike samelewing. Gee ons dus Gereformeerde huisgesinne, en die Gereformeerde Kerk sal bloei. Anders gaan ons gewis ‘n donker toekoms tegemoet. Nou kom ons by die skoolkwessie. ”
“As die Gereformeerde belyer naas sy Kerk nie ‘n Gereformeerde skool kan stel nie, dan is dit met die waarlik Gereformeerde Kerk ook spoedig klaar. Waar bly wat Groen van Prinsterer gesê het: “Geen onderwys buite die skoolure (ook nie die katkisasie nie) kan aanvul wat by die publieke skool ontbreek, of verbeter wat dit betref nie ?“ (Studiën en schetsen, bl.85).”
“Ons is dan ook heilig daarvan oortuig dat as dit by ons nie tot die vorming van ‘n Gereformeerde politieke party kom nie, ons uiteindelik nie een van ons lewensroepings kan volbring nie. Die lewe is een, en die roeping is een. Om op Sondag uit een beginsel te lewe en op Maandag uit ‘n ander een, is onmoontlik. … Eers met die vorming van politieke partye met duidelike politieke geloofsbelydenisse sal die lug gesuiwer word. En soos in Holland drie afsonderlike Christelike partye saamwerk in een Christelike ministerie, altyd met behoud van die onderlinge verskilpunte — so sou ook hier ‘n Gereformeerde party in die groot, nasionale kwessies met die ander Afrikaanse partye kan saamwerk en tog sy Gereformeerde belydenis kan handhaaf. So alleen sal ons ons groot roeping heeltemal vervul, en vir die Gereformeerde beginsel sal daar in Suid-Afrika ‘n toekoms wees.”
____________________________________
Bron: ‘Roeping en Toekoms‘, oorgeneem uit Totius se Versamelde Werke, deel II: Die Kerk (Kaapstad: Nasionale Pers, 1977), p.363-376. Oorspronklik verskyn in die Gedenkboek der Gereformeerde Kerk van Zuid-Afrika, 1909, en daaruit in Afrikaans oorgesit.
Sien nog artikels van of oor Totius hier.
Leave a Reply