ONS WARE PROFEET IS NIE ISRAELVISIE VALSE PROFETE NIE, MAAR JESUS CHRISTUS ALLEEN AS DIE FINALE VOLKOME PROFEET

ONS WARE PROFEET IS NIE ISRAELVISIE VALSE PROFETE NIE, MAAR JESUS CHRISTUS ALLEEN AS DIE FINALE VOLKOME PROFEET, WAT ONS BEVEEL:

“Gaan dan heen, maak dissipel van al die nasies …” (Matt. 28:18-20)

En daarom verwerp alle ware kerke, alle ware geloofsgenote, en ja, ware Afrikaner volksgenote, saam met die Sinode van Dordt, in navolging van die Skrif (DL 1VD: paragraaf 9):

“Die Sinode verwerp die DWALING VAN HULLE WAT LEER: ‘Dit is nie enkel en alleen die welbehae van God wat die oorsaak is waarom Hy die evangelie eerder na die een as na die ander volk stuur nie. Dit gebeur omdat die een volk beter en waardiger is as die ander aan wie die evangelie nie meegedeel word nie.”

Die Sinode leer (in navolging van die Skrif): Dit ontken Moses as hy die Israelitiese volk soos volg toespreek: ‘Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is. Maar net aan jou vaders het die HERE ‘n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is’ (Deut. 10:14,15).

En Christus het gesê: ‘Wee jou, Gorasin, wee jou, Betsaida! want as in Tirus en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle hul lankal in sak en as bekeer het’ (Matt. 11:21).’”

Ware gelowiges en kerke moet BEIDE die marxistiese nuwe wêreldorde pogings van vernietiging van volke, tale en kulture ASOOK die Israelvisie verabsolutering en verafgoding van volke, tale en kulture verwerp, en bid en saamwerk met alle gelowiges onder alle volke vir sending en evangelisasie na alle volke, soos ons Profeet ons beveel het (Matt. 28:18-20), sodat ons ook in ons tye mag hoor:

“…Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopotámië, Judéa en Kappadócië, Pontus en Asië, Frígië en Pamfílië, Egipte en die streke van Líbië by Ciréne, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote, Kretense en Arabiere—ons hoor hulle IN ONS EIE TAAL oor die groot dade van God spreek.” (Hand. 2:9–11)

“Toe sing hulle ’n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop UIT ELKE STAM EN TAAL EN VOLK EN NASIES, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.” (Op. 5:9–10)

Dit is waarvoor Jan van Riebeeck gebid het in 1652/54, dit is wat die Voortrekkers geglo het, die Boererepublieke, pres. Paul Kruger, ja, ook die cavinistiese ‘apartheidsdenkers’, en alle ware gereformeerde Afrikaners vandag nog wat dit in ons swakheid en kleinheid wil navolg.

Calvinisme – nié Israelvisie nié, nié die nuwe wêreldorde individualistiese liberalisme wat volke haat en wil vernietig nié – is die wortel van ons volksbestaan en roeping, vandag nog.

Sien prof. dr. HG Stoker se artikel daaroor hier:  Calvinisme as wortel van ons volksbestaan

Sien ook hierdie artikel oor verhouding kerk en volk: Kerk en volk

Sien ook hierdie video wat die afgode van ons volk aanspreek, ook die dwaling van Israelvisie:

Boerevolk, wie is ons Profeet: Ken jy ons Profeet?

Geskrywe artikel: Die Boerevolk en Siener van Rensburg: wie is ons ware profeet?

2 thoughts on “ONS WARE PROFEET IS NIE ISRAELVISIE VALSE PROFETE NIE, MAAR JESUS CHRISTUS ALLEEN AS DIE FINALE VOLKOME PROFEET

Add yours

  1. Ons moet ook verklaar met Paulus dat ons identiteit nie in ons volk en taal lê nie maar in Christus.

    Ons volkseie kultuur en erfenis word nie vernietig as ons deel word van die Godsvolk (Efesiërs 2) of erfgename van Abraham (Galasiërs 3) word nie, maar dit is nie wie ons is nie.

    Ons is primêr erfgename van Abraham en slegs sekondêr toevallig ook Jood, Griek, vryman, slaaf, man, vrou, wit of swart. Of Afrikaner.

    Sodra dit wat sekondêr behoort te wees primêr word, word dit afgodery.

    1. Ja, en ek glo dit is hoe gereformeerde gelowiges dit deur die eeue nog altyd gesien het.

      Taal, kultuur, afkoms, ens. is ‘n gegewene wat geheilig moet word in die waarheid (Joh. 17:17), nie verag of vernietig moet word nie.

      Netsoos ‘n man of vrou tot geloof kom, nie nou nie meer man of vrou is nie, maar Christelike mans of vrouens, so vernietig die genade nie my taal/kultuur nie, dit suiwer en heilig dit in sy diens, ek word bv. Christen Zoeloe, Christen Afrikaner, Christen Japanees, ens., met natuurlik ons wesentlike eenheid ons geloof in Christus, daarom dat ‘Christen’… voorop staan.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: