Leerprediking: Nederlandse Geloofsbelydenis artikels 10&11 Die Godheid van Jesus Christus en die Heilige Gees (Joh. 1:1-3; 14:16,17)

Leerprediking: Nederlandse Geloofsbelydenis artikels 10&11

Die Godheid van Jesus Christus en die Heilige Gees

Lees: Joh. 1:1-18 & 14:1-17

Tema: NGB artikel 10&11: Christus en die Heilige Gees is albei ook “ware, ewige God, die Almagtige, wat ons aanroep, aanbid en dien”

Preekopname (GK Carletonville, 2021-01-24, nota: let wel, die inhoud van die preek en teksnotas hier onder stem nie altyd ooreen nie, die notas is nie volledig nie, die audio preek is die volledige preek):

Nota 2: hierdie preek het plaasgevind in die buitelug, verskoon asb die klank kwaliteit.)

Aflaai: NGB artikels 10&11

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

Volgens die Skrif, bely ons die volgende wesentlike bybelse waarhede,

as fondament van ons ongetwyfelde christelike geloof,

soos saamgevat en bely in NGB art. 1 – 9:

“Daar is ’n enige en enkelvoudige Wese wat ons God noem” – artikel 1, en

Hy het gespreek, of geopenbaar, deur die skepping, natuur, onderhouding en regering van alles, maar in die besonder deur sy goddelike Woord – artikel 2

= God is, en Hy het gespreek, geopenbaar

Dit is die wese waaruit alles volg, in die res van die NGB,

soos Sondag 1 van die HK die fondament is, so is art. 1 en 2 dit vir die hele NGB, en so ook ons hele geloof, dit vat dit saam.

NGB art. 3, 4, 6 bely ons dan, die inhoud, die waar, en hoe van goddelike Woord, dit is oorgelewer, bewaar, geskrywe, ons noem dit die heilige Goddelike Skrif. En wat dit nie is nie, art. 4 …

En, art. 5 en 7 leer dat die Skrif die finale onfeilbare genoegsame gesag en bron is vir leer en lewe, alles wat ons glo en doen, en daarmee is ons tevrede.

Vanaf art. 8 tot 37 word dat basiese inhoud soos gevind in die hele Skrif,

vir ons opgesom, saamgevat.

Ons leer oor God, die mens en die sondeval, God se verlossingsplan in Christus, sy kerk, die sakramente, die burgerlike owerheid en die laaste oordeel.

Ons het vorige keer geleer dat die enige wese wat ons God noem, een wese is, in drie persone:

– God die Vader, God die Seun, en God die Heilige Gees, sien ook HK So. 8

Vandag, leer on verder uit die Skrif nog twee wesentike openbaringswaarhede:

Ons bely in NGB art.10 en 11 die Godheid van Christus en die Gees.

Hoekom net hulle?

Want, deur die eeue, veral in die eerste eeue, is die Godheid van die Vader, die Skepper nie ontken nie, ook vandag deur baie kultusse soos bv. die Jehova getuies, en valse godsdienste soos Islam en Judaisme,

Maar wel die godheid van Christus en die Gees.

Ons gaan vandag leer, vanuit die Skrif, soos saamgevat in die belydenis:

  1. Wat glo ons, wat bely ons, wat weet ons van Christus en die Gees se Godheid? (logos)
  2. hoekom is dit so belangrik om art.10 en 11 OOK vas te hou (patos), ook vir ons!

Ons fokus op die Johannes evangelie op ons te onderrig

1 Die leer van die Godheid van Jesus en die Gees

Reg in die begin, hoekom glo ons in stryd met soveel valse godsdienste,

en kultusse, dat die Jesus God is … dat die Heilige Gees God is?

….. vir dieselfde rede, waarom ons glo God is Drie-enig?

Onthou So. 8 v/a 25 “Omdat God Hom so in sy Woord geopenbaar het …”

Art. 8, 9 Die getuienisse van die Heilige Skrif wat ons leer om in hierdie heilige Drie- eenheid te glo, staan op baie plekke … OT en NT..

Artikel 10 Oor Jesus se Godheid: “Mosês sê … Johannes sê … Die apostel sê … die profeet Miga sê …

Art. 11 oor die Godheid van die Heilige Gees … soos die Heilige Skrif ons leer…

SO BELANGRIK: die leer van die Drie-eenheid, en die leer van die Godheid van Christus en die Gees, is nie die produk van die mens, die kerk, of vergadering nie, nee, dit is openbaring van God, ja, ons, die kerk, formuleer en vat saam, maar ‘omdat God Homself so geopenbaar het.

Ons glo dat die Jesus is eerstens, na sy Goddelike natuur:

– die eniggebore Seun, soos ons gelees het daar in Joh. 1:18 (lees)

– eniggebore beteken nie dat hy soos ons mense gebore is, en dan begin bestaan nie.

Hy is nie ‘n ‘enigste of unieke Seun’ soos baie swak vertalings, ook die BDV dit het nie!  Nee, soos die belydenis sê: “Hy is van ewigheid af gebore; Hy is nie gemaak nie en nie geskep nie, want dan sou Hy ‘n skepsel wees; Hy is van altyd en ewigheid, die Seun van God, nie net van toe hy ook as mens gebore is nie.

‘Eniggebore’ wil beklemtoon net Hy, en niks en niemand anders is in ‘n besondere verhouding met die Vader nie, ook selfs God

Ons het gelees in Joh.1:1-3,

John 1:1-2  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God2 Hy was in die begin by God.

– en die belydenis sê, dit verwys na Gen.1:1-3

John 1:14  14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid.

Dus, – Hy, die eniggebore Seun was daar, reeds, saam met God.  Hy is wat Hy is, nie geword nie. Toe God Drie-enig reeds teenwoordig was en alles geskape het, EN DUS IS die Seun self ook God, soos Hy hier genoem word

Christus God self, bely ons “Hy is een wese met die Vader, ewig saam met Hom, die ewebeeld van die Persoon van die Vader, ewig saam met Hom, die heerlikheid (Heb 1:3) en in alles aan Hom gelyk (Phi 2:6). “

v.18: John 1:18   18 Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar = .

Ons belydenis wys op die noue verband, tussen Vader en Seun, deur Hom geskape:

Moses sê dat God die wêreld geskep het en die heilige Johannes sê dat alle dinge ontstaan het deur die Woord, wat hy God noem (Gen 1:1 en Joh 1:3). Die apostel sê dat God die wêreld deur sy Seun gemaak het en ook dat God alle dinge deur Jesus Christus geskep het (Heb 1:2 en Col 1:16). So moet Hy wat God, die Woord, die Seun en Jesus Christus genoem word, dus reeds bestaan het toe alles deur Hom geskep is. En daarom sê die profeet Miga: “Sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid” (Mic 5:2 [Ou Vert. Vers 1]) en sê die apostel: “Hy is sonder begin van dae of lewenseinde” (Heb 7:3).

Christus se godheid bevestig deur die volgende uitsprake in die evangelie van Johannes:  56 Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly.  57 Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien?  58 Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek.  59 Hulle het toe klippe opgetel om Hom te stenig; maar Jesus het stilletjies uit die tempel gegaan en tussen hulle deurgeloop; en so het Hy vertrek. – Joh. 8

28 En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.   29 My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.  30 Ek en die Vader is een. – Joh.10

8 Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.   9 Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?  10 Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.  – Joh.14

27 Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig.  28 En Thomas antwoord en sê vir Hom: My Here en my God!  29 Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.  – Joh.20

Die belydenis som alles op as volg:

Hy is dus ware, ewige God, die Almagtige, wat ons aanroep, aanbid en dien.”

Ontkenning van Jesus as God:  Ons lees reeds in Joh.1:5,11

Joh 1:5-11   5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie …. 11 Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.

eie volk, – deur die eeue Arius: Christus net ‘n verhewe engel, nie God nie.

Islam en Judaisme Jehova Getuies en Mormone ontken die Godheid van Christus.

Vandag, Jesus Seminar, die Nuwe Hervorming beweging van die 2000’s = liberale vrysinnige teoloë

Sakkie Spangenberg … Ben du Toit … Andries van Aarde….

En wat skryf dieselfde Johannes later daaroor in een van sy briewe:

GELIEFDES, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan. 2 Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God; 3 en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld. – 1 Joh. 4

MAAR ONS BELY OOK DAT DIE GEES GOD IS, NGB ART. 11

Sommige wil die Gees bloot as ‘n krag afmaak, ‘n onpersoonlike mag, minder waardig as die Vader, en sommige, die Seun.

Ons bely wel in NGB art. 9, reeds van die HG:

Die Heilige Gees is die ewige Krag en Mag wat van die Vader en die Seun uitgaan.

Die feit dat hy ‘n krag is, maak Hom egter nie onpersoonlik nie.

Hy is nie ‘n dit nie, maar ‘n Persoon, en orals in die Skrif word Hy persoonlik en gelyk met die ander 2 Persone aangespreek.

Dink maar aan die doopsformule: en doop hul in die Naam van V, S. HG ….

Eerstens bely ons:

“Ons glo en bely ook dat die Heilige Gees van ewigheid van die Vader en die Seun uitgaan; dat Hy nie gemaak of geskep of gebore is nie maar van albei slegs uitgaan”

Daarvan het ons gelees in Joh.14

16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:  17 die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.  .. ….25 Dit het Ek tot julle gespreek terwyl Ek by julle bly;  26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

(Sien ook Hand. 5:3,4  … waarom vir die Heilige Gees, vir God gelieg)

Ons belydenis wys ook daarop, dat “Hy in orde die derde Persoon van die Drie-eenheid is”

Dit beteken in taak en werksaamheid ‘laaste’, nie in waarde en wese nie.

Hy is ook: “van een en dieselfde wese, majesteit en heerlikheid as die Vader en die Seun is; dat Hy inderdaad ware en ewige God is, soos die Heilige Skrif ons leer.”

BAIE MEEN ONS GEREFORMEERDES GEE NIE GENOEG AANDAG AAN DIE WERK VAN DIE GEES NIE …. MAAR

Dit is hoekom ons die Heilige Gees eer, deur Hom te ken, te laat wees en bely volgens die orde wat God daarstel, en in die Skrif geopenbaar word.

In Joh.16:13 word gewys op sy taak, en daarmee moet ons ook tevrede wees:

13 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.  14 Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.  15 Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.

In die HK bely ons die taak van die Gees:

Vraag 53: Wat glo jy van die Heilige Gees?

Antwoord: Ten eerste is Hy saam met die Vader en die Seun ware en ewige God (a). Ten tweede is Hy ook aan my gegee (b) sodat Hy my deur ‘n ware geloof deel laat kry aan Christus en al sy weldade, (c) my troos (d) en ewig by my bly (e).

2 HOEKOM IS DIE GODHEID VAN CHRISTUS EN DIE GEES SO BELANGRIK?

– As Jesus nie God is nie, dan aanbid ons ‘n mens, oortreding van die eerste gebod.

– As Hy bloot net ‘n mens was, dan kon Hy nie vir ons sondes sterf nie. Is ons vasgevang in die hel! God nie ge-eer word nie!  So bely ons:

HK Sondag 5

Vraag 15: Hoe ‘n middelaar en verlosser moet ons dan soek?

Antwoord: So een wat ‘n ware (a) en regverdige (b) mens is, maar nogtans ook sterker as alle skepsels is, dit wil sê wat terselfdertyd ware God is (c).

 Sondag 6

Vraag 16: Waarom moet hy ‘n ware en regverdige mens wees?

Antwoord: Omdat die geregtigheid van God eis dat die menslike natuur wat gesondig het, vir die sonde moet betaal (a). Maar die mens wat self sondaar is, kan nie vir ander betaal nie (b).

Vraag 17: Waarom moet hy terselfdertyd ware God wees?

Antwoord: Om deur die krag van sy Godheid (a) die las van die toorn van God (b) aan sy mensheid te kon dra (c) en vir ons die geregtigheid en die lewe te kan verwerf en teruggee (d).

Vraag 18: Wie is hierdie Middelaar wat terselfdertyd ware God (a) en ware (b) regverdige mens is (c)?

Antwoord: Ons Here Jesus Christus (d), wat God vir ons tot wysheid, geregtigheid, heiligmaking en volkome verlossing gegee het (e).

Dan kan Joh. 1:4,5,9; 14:6 nie waar wees nie, want Jesus is bloot net nog ‘n mens!

Wie bewerk die redding in die geskiedenis, dit wat ons lees in 1:13?

DIE GEES deur die WOORD.

En, as dit nie die Gees van God, God self is wat geskape het, Jesus opgewek het, hoe kan Hy ons wederbaar?

As Hy net ‘nog ‘n gees’ was = geen onweerstaanbare Goddelike Geesvervulde genade nie!

En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het. Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring.” (Joh 17:3–4)

Dat hul U ken = gered word, Joh. 1

Ek het U verheerlik op die aarde … God se eer

As Jesus nie God is om die Vader se werk te kon volbring nie,

as die Gees nie God is, om almagtig soewerein die reddingswerk

van Christus deur die geskiedenis toe te pas vir en in sy uitverkorenes nie,

dan is ons verlore… en die Vader word nie ge-eer nie!

MAAR DANK God, vir die waarheid wat geopenbaar is vanuit die Skrif oor Jesus en die Gees, wat geld vir albei:

“Hy is dus ware, ewige God, die Almagtige, wat ons aanroep, aanbid en dien”

Hoekom?

“WANT die Heilige Skrif leer ons so”, en dit is goed so en ons is daarmee tevrede en dankbaar.

AMEN!
_________________

NGB leerprediking reeks

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: