LEER PREDIKING: NGB artikel 27 – Die algemene Christelike kerk (deel 1 en 2)

LEERPREDIKING: NGB artikel 27

DIE ALGEMENE CHRISTELIKE KERK

DEEL 1
Lees: Matteus 16:13-23 en Johannes 17:9, 13-21

NGB artikel 27: Die Algemene Christelike Kerk

Teksverse: “En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.” (MAtt. 16:18)

Tema: Die algemene Christelike Kerk (deel 1)

(Preekopname: GK Carletonville, 2021-11-14, nota: let wel, die inhoud van die preek en teksnotas hier onder stem nie altyd ooreen nie, die notas is nie volledig nie, die audio preek is die volledige preek).

Aflaai (regs kliek): NGB art. 27 preek deel 1 (Matt. 16:18)

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

As daar nou een leerstuk is wat baie misverstaan word deur gelowiges, is dit die bybelse leer oor die kerk.

Aan die eenkant, heeltemal ‘n onderwaardering:

Die kerk is nie belangrik nie …

Ek kan maar aan enige kerk behoort … solank my naam met op ‘n lidmaatskapboek iewers is, is alles reg …

Al wat belangrik is, is dat ek aan Jesus behoort … vandag veral = ek behoort aan geen kerk nie.

Die oorwaardering:

As jy nie aan hierdie of daardie spesifieke kerk behoort of daar gedoop is nie, dan is jy verlore …

As ek nie my hele lewe net aan kerklike  aktiwiteite spandeer nie, is ek nie werklik met Hom besig nie.

Sien die Rooms kerk en baie sektes as voorbeelde van beide.

Maar ons wil nie hierdie weg van uiterstes gaan nie.

Ons wil luister wat die Koning van die Kerk, wat spreek deur sy Gees en Woord ons leer oor die kerk.

In ons belydenis, vanaf art.27 tot 35 gaan ons leer wat die kerk is, en moet wees, behoort te wees.

LET WEL: die Koning van die Kerk bepaal wat kerk is en behoort te wees, nie wat ek wil, kerkraad, mense, tydsgees of politiek nie.

OOK as enige mens, kerk, kerkraad die besondere ampte of kerkwees misbruik, hef dit nie die regte plek gebruik taak en funksie van die kerk op nie.

So maklik maak baie misbuik van die misbruiking en misbruikers… om hulself te regverdig waarom hul nie meer aan ‘n kerk plaaslik behoort nie.

En deel van die krisis is ‘n totale verkeerde verstaan van wat kerk is en behoort te wees.

ONS LEER DRIE SAKE UIT ONS BELYDENIS VANDAG:

1) Wat is die kerk, wie is die kerk, aan wie behoort die kerk

2) Die toestand en toekoms van die kerk deur die geskiedenis

3) Die algemeenheid van die kerk

1) Heel eerste, en seker belangrikste vraag: wat is die kerk, aan wie behoort die kerk?

Is dit ‘n vereniging van mense wat saam lekker kan kuier

Of is dit ‘n groep mense wat dieselfde taal praat

Is dit ‘n welsynsorganisasie

Is dit ‘n welwillenheidsbeweging?

Is dit ‘n politieke beweging?

Bloot ‘n tradisie?

Nee, dit kan van hierdie aspekte behels natuurlik, as dit reg verstaan word.

Maar die kerk van Christus, is wat ons bely in die eerste sin van art. 27:

Ons glo en bely ‘n enige katolieke of algemene kerk, ‘n heilige vergadering van almal wat waarlik in Christus glo

Daar is dit wat die kerk is:

‘n heilige (afgesonder dus) vergadering van almal wat waarlik in Christus glo.

Ons kry nie die naam ‘kerk’ direk in die Skrif nie, maar wel ‘gemeente’.

In Matt.16:16 het ons gelees waar Jesus sê:

En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou…

Gemeente = ecclesia (Grieks), wat eenvoudig beteken ‘uitgeroeptes’ of ‘saamgeroeptes’ of ‘hulle wat saamkom’

In die OT kry ons die gedagte deurgaans, ook in die Psalms wat ons ook gesing het:

qahal en edah = vergadering, vergaderdes, saamgeroeptes, bv.

En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering (qahal) van die gemeente (edah) van Israel moet dit slag teen die aand. (Ex. 12:6)

Dus, die kerk is die uitgeroeptes, hulle wat afgesonder is deur die Vader in hierdie wêreld.

(Nota: verskillende gebruike van die woord gemeente en dus kerk …sien ook NGB art. 28-35)

MAAR, daar is baie mense wat saamkom, vergader, bymekaarkom, selfs in Ps. 2 lees ons van baie mense en volke wat ‘bymekaarkom’ teen die Here en sy Gesalfde, maar nie die Here se ‘saamgeroeptes’ is nie.

Wat maak die Here se kerk, vergadering, of gemeente so uniek?

Hulle word gekenmerk daarin dat hul in Jesus glo

Nie bloot ‘kennes neem’ van Hom nie, maar in Hom glo, in Hom lewe!

Dit is hulle, klein en groot, mans en vrouens, volwassenes en kinders, van alle volke, stamme en tale en nasies, alle tye en plekke,

wat saam met Petrus van ons teks die woorde van Matt. 16:16 van harte met alles in hulle glo en bely:

En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God.” (Mt 16:16)

En wat beteken dit om in Jesus te glo, wat beteken dit om te bely Jesus is die Christus, die Seun van die lewende God?

Ons belydenis sê kerk is:

… wat almal hulle volle saligheid in Jesus Christus verwag en in sy bloed gewas is, geheilig en verseël deur die Heilige Gees.

Petrus wat hier die kerk bely, stel dit later in sy eerste brief so:

“… omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ’n lam sonder gebrek en vlekkeloos, wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil,” (1 Pe 1:18–20)

Die gemeente, die kerk is die uitverkore kinders van God (NGB art. 16), op grond van God se genadewerk in Christus, toegepas deur die Heilige Gees (sien NGB artikels 16-26).

Die kerk is dus nie die kergebou nie, hoe kosbaar die gebou ookal is as ‘vergaderplek’.

Die kerk is nie bloot almal wat gedoop is, hoe belangrik dit ook al is, want God bevel dit op grond van sy Belofte (GEN. 17:7; Hand. 2:39)

Dit is nie almal wat bloot op die lidmaatregisters vir 1000e jare is nie, nie hulle wat so nou en dan met belydenisaflegging, troue, doop, sakramente, begrafnis kom gesig wys in die kerkgebou nie, basaar kan hou … deesdae konserte en opvoerings nie …

Nee, dit is hulle wat waarlik in Christus glo wat hul redding in Jesus vind hulle is gewas en geheilig en verseël.

En ons noem die kerk ook hier ‘algemeen’ of ‘katoliek’, d.w.s. algemeen, dit beteken orals versprei oor die wêreld deur alle tye.

Ons is katolieke, nie rooms katolieke nie, maar bybels gereformeerde katolieke!

Ons is deel van die ‘katolieke’, dus algemene christelike kerk deur alle eeue en tye.

Daarom TWEEDENS, bely ons hier: Die toestand en toekoms van die kerk is ‘n werklikheid om altyd in ag te neem in ons kerkwees.

Die groot troos wat ons het, NGB art. 27,

Hierdie kerk was daar van die begin van die wêreld af en sal tot die einde daar wees, want Christus is ‘n ewige Koning, wat nooit sonder onderdane kan wees nie.

Jesus leer dit vir ons daar, in Matt. 16:18,

En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.” (Mt 16:18)

Christus is die Hoof van die kerk, Ef.1:22,23,

en solank Hy daar is, Ps. 110 … Hy regeer van die regterhand van God….

sal daar ‘n kerk wees, want Hy is ewig en sy kerk sal tot in ewigheid bestaan.

Dit beteken Hy sal sorg, deur sy Gees en Woord, dat daar onderdane sal wees.

En hierdie heilige kerk word deur God teen die woede van die hele wêreld bewaar, alhoewel dit soms ‘n tyd lank baie klein is en dit in die oë van die mense lyk asof dit tot niet gegaan het – soos die Here vir Hom gedurende die gevaarlike tyd onder Agab sewe duisend mense bewaar het wat die voor Baäl gekniel het nie.

Dit is die troos: niks kan die kerk vernietig nie.

Elke kind van God sal gered word, niks kan dit keer nie.

Ons gaan by art. 28, 29 en verder meer leer oor wat die Skrif leer oor die onsigbare en sigbare aspekte van kerk,

Maar hier net noem: ja, die sigbare plek en tye van plaaslike kerke kan kom en gaan, dink aan Op. 2 en 3,

deur die geskiedenis hoe baie sigbare kerke kom en gaan

Die sigbare kerk onder ‘n land, in ‘n dorp kaan tot einde loop, vir redes buite ons hande, maar selfs waar ons skuldig is,

maar God se kerkvergaderende werk nooit! (sien HK v/a 54).

Ons belydenis sê ook vir ons die kerk is nie ‘n demokrasie nie.

Politieke idees wat soos ‘n politieke party toemaak as niemand vir jou stem nie.

Die kerk kan by tye klein wees …

Maar die Here bewaar sy kerk

Al is daar net 7000 oor soms … of baie minder!

Noag: 8 mense!

Net Abraham en sy nageslag, maar dan weer meer in Egipte, maar minder in woestyn …

Min in Jesus se tyd, groei deur die eeue, meer in ons land se verlede, word nou weer min…

BELANGRIKSTE, hul word gekenmerk dat hul nie voor Baal gekniel het nie,

Hulle buig voor Jesus alleen, Op. 12:17.

God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Elía sê nie?—hoe hy by God optree teen Israel en sê: Here, hulle het u profete gedood en u altare het hulle afgebreek, en ek het alleen oorgebly, en hulle soek my lewe! Maar wat sê die Godspraak aan hom? Ek het vir Myself seweduisend manne laat oorbly wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie. Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd ’n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade.” (Ro 11:1–5)

NETSO geliefdes, is daar vandag in die 21ste eeu, in SA, ons land sy 7000 oor.

En sal hul daar wees tot die laaste dag, die wederkoms.

Met hierdie woorde in ons belydenis, wil die belydenis ook weergee wat die Skrif leer,

die ware kerk, die kerk hier op aarde sal ‘n strydende kerk wees,

strydend teen die eie sonde, teen wêreldsheid, teen die Satan.

Ons TEKS wys daarop in verse 21-23,

Van toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word. Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie! Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ’n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.” (Mt 16:21–23)

Ja, die valse profete, valse kerk, die valste staat deur al die eeue staan teen die Here en sy Gesalfde,

en daarom ook teen sy kerk, teen sy oorblyfsel,

misleiding van binne, valse leer en lewe; dreiging en gevaar van buite, die staat, aansien, ens.

SIEN u hoe belangrik is dit dat u hele lewe, geloof, u kerkbeskouing bepaal word nie deur getalle, mense, tydsgees, politieke bedelings nie, maar die Woord alleen.

Natuurlik soek ons vol banke, dat die kerk groei, maar dan sien NGB art. 28, 29 alles volgens sy WOORD.

En, daarom DERDENDS ook, besef dan om nie net kerk raak te sien in terme van ons eie kerk, eie kerkverband, eie tye nie, maar sien dit deur die geloof orals en in alle tye raak,

soos ons daar bely laastens in NGB art. 27,

Die kerk kan nie en mag nie beperk word tot een plek, tyd of volk nie:

Verder is hierdie heilige kerk nie geleë in, gebonde aan of bepaal tot ‘n sekere plek of sekere persone nie, maar dit is oor die hele wêreld versprei en verstrooi.

In Joh. 17 bid die Here dat sy kerkie, die dissipels, die vroeë kerk, die oorblyfsel, OM staande sal bly, vers 9 Hy bid vir hulle, dat hulle in die waarheid sal bly, nie uit die wereld verwyder sal word nie maar midde alle tye en plekke kerk van Christus sal bly, en dan hierdie woorde:

Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glodat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het. Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.” (Jn 17:20–24)

SO, aan die eenkant leer ons dat my eie gemeente/kerk is belangrik en kosbaar,

maar die Here het ook gelowiges en ander ware kerke orals,

daarom is kerkverband en ander broers en kerke ook belangrik.

Hier is dit waar ons juis gewaarsku word deur sektes, soos bv.

– Brits Israelvisie (valse eenheid in vlees soek, nie gees nie)

– sekere sektes wat meen jy moet aan hul hoort/gedoop word,

– Roomse Kerk, ens.

MAAR, ons waarsku ook teen valse struktuele ekumene, valse eenheid wat mense, kerke sogenaamd moet bewerkstellig.

WANT, die eenheid van die kerk is geleë in die ware geloof, saamgevoeg deur een Gees vir altyd

Tog is dit met hart en wil en deur die krag van die geloof in een en dieselfde Gees saamgevoeg en verenig.

Ons eenheid lê nie in strukture, kerkverbande, klassise, ens. nie maar in Christus, in die waarheid

Daarom Joh. 17:15-18,

Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar. Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid. Soos U My gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.” (Jn 17:15–18)

ALLE WARE GELOWIGES DEUR ALLE EEUE, PLEKKE, UIT ALLE VOLKE IS REEDS EEN!

Ef. 4:3-6  3 en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.  4 Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping;  5 een Here, een geloof een doop,  6 een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.

Die Gees het en bewerk die eenheid

‘n liggaam wat geroep is, geroeptes

ons eenheid le in God, in waarheid, in GEES EN WAARHEID, albei.

So, geliefdes, die kerk van die Skrif, soos saamgevat in NGB art. 27,

die heilige algemene Christelike kerk, al die gelowiges, moet nie nog een word nie,

ons is reeds, vanuit God se reddingsplan in Christus, EEN.

Wat ons dan wel soek, is sigbare eenheid sover moontlik op grond van leer, diens en tug.

Ons soek kerkverband op grond van die Waarheid, Joh. 17

ONTHOU dus geliefdes, die kerk van Christus is ’n saak van geloof, Paulus skryf in 2 Tim. 2:19,

Ewenwel, die fondament van God staan vas met hierdie seël: Die Here ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.” (2 Ti 2:19)

Ons gaan verder daarvan leer in NGB art. 28-34,

maar vir nou, die troos en wete van Jesus se woorde aan Petrus, vir sy kerk deur al die eeue, maar ook vir elkeen persoonlik, elke gelowige

Onthou, hoe ons belydenis eindig in antw 54 van die HK … en dat ek daarvan ’n lewende lid is en ewig sal bly.

So al is ons klein, al dreig al die gevare deur misleiding en vervolging, die Here sal sy oorblyfsel bewaar.

Sy kerk sal versamel word onder alle volke en tye.

Dit waarsku ons ook, dat die kerk nie ’n saak is wat mense skep nie, want soos Jesus ook sê op ’n ander plek, Hy kan kinders van Abraham, uit die klippe maak, met ander wie Hy wil, wanneer Hy wil.

Tog is dit met hart en wil en deur die krag van die geloof in een en dieselfde Gees saamgevoeg en verenig

Ja, inderdaad, al is daar stryd en vervolging,

niks sal die kerk van Christus kan vernietig nie.

Daarom moet ons voortgaan om die evangelie uit te dra,

kerk van Christus te wees na binne en buite.

En daarvan gaan ons nou verder leer in NGB art. 27 deel 2 en NGB artikels 28-35

AMEN.
_________________________________________

DEEL 2
Lees: 1 Kor. 1:1,2 en 1 Kor. 3:9-23

NGB artikel 27: Die Algemene Christelike Kerk

Teksverse: “Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.” (1 Kor. 3:9)

Tema: Die algemene Christelike Kerk (deel 2)

(Preekopname: GK Carletonville, 2021-11-21, nota: let wel, die inhoud van die preek en teksnotas hier onder stem nie altyd ooreen nie, die notas is nie volledig nie, die audio preek is die volledige preek).

Aflaai (regs kliek): NGB art. 27 preek deel 2 (1 Kor. 3:9)

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

Ons het vorige keer geleer, wie en wat die kerk is,

Dit is almal wat in Jesus Christus glo,

en ons het begin leer dat die kerk, al is ons volmaak gewas in Christus, daar tot die laaste dag nog stryd in worsteling sal wees.

Die heilige gewasde kerk is tot die einde ‘n strydende kerk.

Ons het geleer van die twee belangrike woorde wat gebruik word vir kerk,

Eerstens, die sentrale woord is ‘gemeente’, wat beteken hul wat saam vergader, wat saamgeroep is, wat saamkom.

En dan is daar die woord woord ‘kerk’, wat nie so direk in die Skrif kom nie, maar die hele saak is daar.

Dit beteken ‘van die Here’, of ‘eiendom van die Here’, behoort aan die Here, in een woord, dit wat ons lees in 2 Tim. 2:19,

“Die Here ken die wat Syne is” = ons is Syne.

In 1 Kor. 3 het ons dan ook gehoor, nog ‘n term of frase waarmee die kerk beskryf is,

is dat ons die gebou van God is, 1 Kor. 3:9,

WANT ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.” (1 Kor.3:9)

As ons nou leer van kerkwees in NGB art. 27-35 soos dit saamvat wat die Skrif leer,

gaan ons in art. 28-35 sien die fokus is,

dat hulle wat almal in Christus glo, moet sigbaar word, hulle moet regoor die wêreld vergader, kerkhou, preek, ampte, gemeenskap van die heiliges beoefen.

Maar in NGB art. 27 word die fondamente eers gelê,

waarby ons tans stilstaan, naamlik om mooi te verstaan wat kerk is, die toestand van die kerk, en belangrik dat die kerk van die begin daar is, en orals oor die aarde versprei is.

Daarom dat ons bely dat die plaaslike kerk deel is van, die eerste sin in NGB art. 27,

‘enige algemene katolieke kerk’

en daarom wil ons vanoggend nog stilstaan by hierdie sake,

‘n paar belangrike eienskappe van die kerk wat ek moet ken uit die Skrif,

want soos ons reeds gehoor het, as ek verkeerdelik verstaan wat die kerk is,

wat die kerk se toestand is in hierdie lewe, gaan ek  gefrustreerd word om van die kerk iets te verwag wat die Here nie bepaal of geleer het nie.

1 Ons moet heeltyd vashou aan wat ons gelees het daar in 2 Tim. 2:19Die Here ken wie Syne is

In God se oë ken Hy al die uitverkorenes deur alle eeue en tye, die kerk soos dit voor Hom bestaan, die onsigbare aspek van die kerk.

En dan is daar die kerk soos dit deur die geskiedenis orals sigbaar word, vermeng met ongelowiges, mense wat nog nie tot geloof gekom het nie, maar wat opgeroep word om heilig te wees, om te glo, bekeer, vrugte te dra.

TOEPASSING: Dit is nie die sigbare aspek van die kerk, soos by Rome wat die onsigbare aspek skep nie, nee, God skep die kerk deur sy reddende werk in Christus, en dan volg die sigbare aspek van kerkwees.

Daarom dat ons lees in 1 Kor. 3,

WANT ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle. Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ’n bekwame boumeester die fondament gelê, en ’n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou. Want niemand kan ’n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.” (1 Kor 3:9–11)

DIT wat ons vorige keer geleer het uit Matt. 16:18….

2 En daarom is tweedens, ‘n eienskap van kerk wees, om ‘n heilige kerk te wees,

soos ons dit daar bely in NGB art. 27.

As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.” (1 Kor. 3:17)

Gelowiges is heilig, afsonderlik en saam as kerk, as gemeente.

In 1 Pe. 1:16 lees ons van die individuele gelowige, maar ook van die gelowiges wat dan saam vergader,

omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.” (1 Pe 1:16)

Die kerk is geheilig deur God se uitverkiesende genade, deur die bloed van Christus:

1 Kor. 1:30, Hy is ons regverdigmaking en heiligmaking,

en daarom wees heilig, groei in heiligmaking.

Hoor u, die reeds maar nog nie, die dit is vas en seker in Christus, maar tog groei daarin, ondersoek julself, is ek waarlik kerk, heilig en afgesonder vir Hom.

Nou uit ons teksgedeelte, Paulus skryf aan sy probleemgemeente,

as u dit lees, was daar groot stryd en worsteling vir die heiligmaking.

1:10-16, onderlinge verdeeldheid in die gemeente, elkeen het sy gunsteling ds gehad

5: sedeloosheid, iemand wat rondslaap by sy vader se vrou, hoerery

7: onwettige egskeiding

8: kwessie van afgodery in die eet van vleis

en ander sake, en tog lees ons hoe Paulus hul aanspreek:

PAULUS, ’n geroepe apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en die broeder Sósthenes, aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiligdes, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Here:” (1 Kor. 1:1–2)

Geheiligdes, die Korinthe gemeente, saam met al die geheiligdes in elke plek,

die heilige algemene kerk orals

MAAR baie belangrik, nou roep Paulus deur die Gees en Woord hul op tot bekering,

Hy preek die waarheid, pas die tug toe deur Woord, en roep op tot tug, 1 Kor. 5

En, so sal reeds in die geskiedenis getoon word, wie dan werklik deel is, en was van die ware kerk in Christus, hulle wat hul bekeer en aanhou bekeer.

BAIE belangrike toepassing dus in ons kerksiening: die ware kerk word nie gekenmerk dat hul sondeloos reeds is nie, maar wat hul met sonde doen … akkomodeer hul dit, of spreek hul dit aan?

Ja, ons bely dat ons ‘n heilige gemeente is, en juis daarom, die woorde van 2 Tim. 2:19,

1 Kor. 3:12-15 beskryf hierdie heiligmaking waarin die gelowige en die kerk groei,

En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels — elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

Prof. Willie Snyman, (Nuwe en Ou Dinge),

Die heiligheid kom nie tot stand deur ‘n uiterlike afsondering van die wêreld nie (Kol. 1:20-23), maar is deel van die gelowiges in Christus, wat hulle gewas en gereinig het deur sy bloed, en ook in beginsel, deur die inwoning van die Heilige Gees. Ons het hier te doen met ‘n geestelike werklikheid wat nie gesien nie en juis daarom geglo moet word.

Tog bly die heiligheid van die kerk nie in die onsigbare terug nie, maar word sigbaar, hoewel onvolmaak, in die bekering van die gelowige en sy vlug vir die bose.

3 Die kerk se eienskap dat dit algemeen (katoliek) is, een is en Christelik is

Dit is wat ons bely daar aan die einde van NGB art. 27

Verder is hierdie heilige kerk nie geleë in, gebonde aan of bepaal tot ‘n sekere plek of sekere persone nie, maar dit is oor die hele wêreld versprei en verstrooi.

Elke plaaslike kerk oor die ganse wêreld, is volledig genoegsaam kerk van Christus.

Maar ons is nie alleen kerk nie, soos Rome en baie kultusse beweer.

Ons maak onderskei tussen ware en valse kerk, NGB art. 29 gaan ons daaroor leer.

WCF praat van meer en minder suiwer kerke.

Maar ons glo van harte dat ons kerk deel is van die algemene christelike kerk, deur alle eeue, plekke en tye, ook vandag nog.

Ons het dit gehoor daar in 1 Kor. 1:1,2

PAULUS, ’n geroepe apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en die broeder Sósthenes, aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiligdes, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Here:” (1 Kor. 1:1–2)

Maar as iemand meen om twisgierig te wees, ons het nie so ’n gewoonte nie, en ook die gemeentes van God nie.” (1 Kor 11:16)

want God is nie ’n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.” (1 Kor 14:33)

en al die broeders wat by my is—aan die gemeentes van Galásië:” (Ga 1:2)

DAAROM het ons ook iets soos ‘kerkverband’

Daarom die bydrae vanoggend by die deure…. ekumenisiteit.

EN SOOS BAIE ANDER SAKE: misbruik hef nie die regte gebruik op nie, valse ekumene, valse eenheid hef nie die soeke op vir ware eenheidsbelewing nie.

En let wel, ons skep nie ware eenheid nie, alle ware gelowiges deur die geskiedenis, op alle plekke en tye, is reeds een deur geloof in een God een waarheid, Ef. 4

Maar omdat ons een is, soek ons na eenheid in leer diens en tug…

Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glodat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. Joh. 17:20,21

SO, aan die eenkant leer ons dat my eie gemeente/kerk is belangrik en kosbaar,

maar die Here het ook gelowiges en ander ware kerke orals,

daarom is kerkverband en ander broers en kerke ook belangrik.

Hier is dit waar ons juis gewaarsku word deur sektes MAAR, ons waarsku ook teen ‘n valse struktuele ekumene, valse eenheid wat mense, kerke sogenaamd moet bewerkstellig.

WANT, die eenheid van die kerk is geleë in die ware geloof, saamgevoeg deur een Gees vir altyd

Tog is dit met hart en wil en deur die krag van die geloof in een en dieselfde Gees saamgevoeg en verenig.

Ons eenheid lê nie in strukture, kerkverbande, klassise, ens. nie

Maar in Christus, in die waarheid

Want niemand kan ’n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.” (1 Co 3:11)

Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar. Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid. Soos U My gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.” (Jn 17:15–18)

ALLE WARE GELOWIGES DEUR ALLE EEUE, PLEKKE, UIT ALLE VOLKE IS REEDS EEN!

Ef. 4:3-6  3 en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.  4 Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping;  5 een Here, een geloof een doop,  6 een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.

Die Gees het en bewerk die eenheid

‘n liggaam wat geroep is, geroeptes

ons eenheid le in God, in waarheid, in GEES EN WAARHEID, albei.

En met die enigste fondament soek ons dan bande met mekaar …

Laastens, geliefdes, ‘n paar toepassings vir ons as plaaslike gemeente, veral oppad na die Here se tafel:

Ons is oppad na die Here se tafel, om te gedenk wat ons hoor daar in 1 Kor. 3:11,

Want niemand kan ’n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.

En dit behels dat ek sal weet dat ek persoonlik, maar ook saam ander gelowiges,

die kosbare gebou is van God, die Gees in my en ander woon,

Weet julle nie dat julle ’n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.” (1 Co 3:16–17)

Dit beteken ons moet mekaar behandel soos die Woord en Gees ons leer,

ons moenie die tempel van God, die kerk van die Here skade aandoen, misbruik,

deur sondige optrede of valse leringe nie.

Daarom is die nagmaal ook, behalwe versterking,

ook oproep ons ook om aan te hou groei in heiligmaking, in bekering

Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ’n bekwame boumeester die fondament gelê, en ’n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.” (1 Kor. 3:10)

Die waarskuwinge van verse 12-15, lewenslank.

Ten einde, moet nie  op mense, op jouself of ander roem nie

Die kerk se Hoof, Troos en Hoop is nie mense nie, ons bedien, help, wys…

maar die FONDAMENT EN WESE VAN KERKWEES,

van my persoonlike lewe, gesin, gemeente, alles, is die woorde van verse 21-23,

Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle; of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge—alles behoort aan julle; maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.

Mag die Here ons help in ons selfondersoek,

oppad na sy tafel, om versterk te word, bemoedig word, maar ook vermaan te word

Om as gebou van God, aan te hou bou deur die geloof, tot sy eer en heil van sy gemeente.

AMEN.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: