LEER PREDIKING: NGB artikel 33 – Die sakramente (Joh. 1:32-34)

LEER PREDIKING: NGB artikel 33 – Die sakramente

Lees: Joh. 1:29-34; 20:26-32

NGB artikel 33: Die sakramente

Teksverse: ““En Johannes het getuig en gesê: Ek het die Gees soos ’n duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly. En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop. En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van God is.” (Joh. 1:32–34)

Tema: Die sakramente getuig en roep uit: Daar is die Lam van God!

(Preekopname: GK Carletonville, 2022-04-10, nota: let wel, die inhoud van die preek en teksnotas hier onder stem nie altyd ooreen nie, die notas is nie volledig nie, die audio preek is die volledige preek).

Aflaai (regs kliek): NGB art. 33 (Joh. 1:32-34)

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

Aas ons nou kom by NGB art. 33-35, dan gaan dit oor die sakramente van die heilige doop en nagmaal, uiterlike sigbare tekens en seëls (water, wyn, brood) van die innerlike/onsigbare werklikheid: redding deur die geloof in Christus.

Ons lees regdeur die Skrif dat die Here allerlei uiterlike tekens gee, om geestelike waarheid of saak by ons tuis te bring, dink aan die reënboog, en dan Gen. 17:11 as die OT teken van die verbond, die besnydenis, in die NT word ook in Rom. 4:11 gelees van Abraham het die ‘teken van die besnydenis ontvang.”

Ons het ook gelees in Joh. 20:30, “Nog baie ander tekens het Jesus voor sy dissipels gedoen wat in hierdie boek nie beskrywe is nie

1 HOEKOM gee die Here vir ons tekens?, in die NT dan die doop en die nagmaal?

Ons bely in NGB artikel 33:

Ons glo dat ons goeie God, omdat hy met ons stompsinnigheid en swakheid rekening hou, die sakramente vir ons ingestel het om sy beloftes aan ons te beseël, om tekens van sy goedheid en genade teenoor ons te wees en om ons geloof te voed en in stand te hou.

Die GOEIE God …. gee vir ons tekens van sy GOEDHEID en genade om ons geloof te voed en in stand te hou … om ons te versterk.

Dit wat die Here deur sy Woord laat verkondig, die evangelie, sy beloftes is die geskrewe of verkondigde Woord …. die sakramente is die visuele woord, wat ons kan sien.

Een en dieselfde boodskap, maar op verskillende maniere.

In Joh. 20, Thomas twyfel, sy geloof moet versterk word, die Here wys vir hom, ja, letterlik tekens, littekens van die Here se reddingswerk aan die kruis … om hom te versterk, sy geloof weer opnuut op te wek, die apostels was moedeloos, moeg, verward ….

Die mense wat geglo het en na Johannes gekom het in die weg van geloof en bekering om gedoop te word … het bemoediging nodig gehad … daarom die doop wat Johannes ook gedoen het, wat in wese beteken het wat ons lees daar in vers 29,

DAAR is die Lam van God wat die sondes van die wêreld wegneem!

DAAR … is die redding, nie die bedienaar van die teken nie, nie Johannes nie,

nie die water wat hy mee doop nie, maar DAAR is die Lam van God, Christus, …. dit is wat  sakramente is, en op wys.

2 In die TWEEDE  plek, in die tweede sin, wat is sakramente in wese (sien ook HK Sondag 25 vir meer detail):

Hy het dit by die Woord van die evangelie gevoeg om vir ons uitwendige sintuie des te beter voor te stel wat Hy aan ons deur sy Woord te kenne gee en wat Hy inwendig in ons hart doen. So bekragtig Hy in ons die heil wat Hy aan ons meedeel. Dit is immers sigbare tekens en seëls van ‘n inwendige en onsigbare saak en deur middel daarvan werk God in ons deur die krag van die Heilige Gees.

3 DERDENS, wat is dan die wesentlike betekenis, heenwysing van die sakramente?

Ons het dit gelees, daar in Joh. 1:29,

Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Joh 1:29)

God se reddingswerk:

En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.” (Jn 1:33)

Die Heilge Gees pas die reddings werk toe, v. 29, sien die Drie-enige God in die reddingswerk raak,

dit is NGB art. 16-23 wat ons geleer het as INHOUD.

ONTHOU geliefdes, wat ons daar in So 25, HK leer, v/a 65:

Vraag: Terwyl ons slegs deur die geloof deel aan Christus en al sy weldade kry, waar kom so ‘n geloof dan vandaan? Antwoord: Die Heilige Gees werk dit in ons harte deur die verkondiging van die heilige evangelie en versterk dit deur die gebruik van die sakramente

DIE SAKRAMENTE RED NIE, GEE NIE GELOOF NIE, GOD SELF SKENK DIT UIT GENADE, VIR KLEIN EN GROOT, VIR AL SY KINDERS.

Daarom dat ons ook bely daar in NGB art. 34 en 35 oor albei sakramente,

Die bedienaars gee ons van hulle kant dus met die sakrament wat sigbaar is, maar die Here gee wat met die sakramente aangedui word, naamlik die onsigbare genadegawes: Hy was ons siel, suiwer en reinig dit van alle vuilheid en ongeregtigheid; Hy maak ons hart nuut en vul dit met alle vertroosting; Hy gee ons egte sekerheid van sy Vaderlike goedheid; Hy beklee ons met die nuwe mens en ontklee ons van die ou mens en al sy werke.

Die SLEUTEL van die sakramente, is nie die bedienaar, kerk of enige mens, of Pous, of bygeloof nie, maar CHRISTUS as die INHOUD, daarom:

Die tekens is dus nie sonder sin en sonder inhoud om ons te bedrieg of te mislei nie; hulle waarheid is juis geleë in Jesus Christus, sonder wie hulle geheel en al betekenisloos sou wees.

Geliefdes, wat is die sleutel van die evangelie?

Christus alleen… solus Christus!

Hy is die sleutel om die Woord deur sy Gees te verstaan, Christus alleen

Om gered te word, na die Vader te gaan, Joh. 14:6, Christus alleen.

Wie en wat is die sleutel van die sakramente?

Die Vader wat in sy Seun, Christus, sy kidners red, deur die krag van die Heilige Gees.

DAAROM die belangrike woorde van Joh. 1:29, wat op ‘n ander manier gestel word in Matt. 3:11,

Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.” (Mt 3:11)

HOEVEEL TEKENS VAN DIE GENADE IS DAAR NOU?

Ons bely:

Verder is ons tevrede met die aantal sakramente wat Christus, ons Meester, vir ons ingestel het en wat slegs twee is, naamlik die sakrament van die doop en van die heilige nagmaal van Jesus Christus. Matt. 26 en 28.

Belangrike toepassing: ons is tevrede daarmee, ons soek nie nog ander tekens en wonders nie, sy Woord, sy Gees, sy redding, sy sakramente is genoeg vir die kerk van Christus, vir gelowiges.

TOEPASSINGS

– pasop vir oorwaardering van die sakramente (asof die bediening van die teken die inhoud self is, sonder geloof), maar ook onderwaardering (dit pla my nie as ek die nagmaal dienste mis nie…)

Onthou, God beveel dit, dit is vir ons ten goede!

Ons gebruik dit deur die geloof, nie magies nie.

Om die sakramente te gebruik is noe om die geloof te bewerk nie, nee, dit versterk geloof.

Dit word vir ons gegee om ons te troos

SO, elke doop, elke Nagmaal, moet dit ons geloofsoë verhef, om herinner te word aan wie ons behoort, wat Christus vir ons kom doen het,

DAAR is die Lam van God!

 AMEN.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: