Preek: Titus 1:1-4 (deel 2) Ons verlossing deur Christus is vanuit die ewigheid beloof deur die Vader

ONS VERLOSSING DEUR CHRISTUS IS VANUIT DIE EWIGHEID BELOOF DEUR DIE VADER (Deel 2)

Lees: Titus 1:1-5 en 2 Tim. 2:19

Teksvers: “Paulus, ‘n dienskneg van God en ‘n apostel van Jesus Christus, volgens die geloof van die uitverkorenes van God en die kennis van die waarheid wat na die godsaligheid is, in die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het en op die regte tyd sy woord bekend gemaak het deur die prediking wat aan my toevertrou is, ooreenkomstig die gebod van God, ons Verlosser—aan Titus, my ware kind volgens die gemeenskaplike geloof …” – Titus 1:1-3

Preekopname (GK Carletonville, 2017-04-30):

Aflaai: Titus 1:1-4 (deel 2) – regs kliek en dan ‘save as’


Preeknotas (let wel, dit is net notas, die volledige preek is die opname hierbo):

Geliefdes in ons Here Jesus Christus, In ons eerste preek (deel 1) uit Titus, oor die eerste paar verse,

het ons nou reeds die volgende geleer:

1) Oor die skrywer, Paulus

Hy wys op drie sake daar in verse 1:

  • Hy is ’n dienskneg van God, hy behoort aan die Here, nie aan homself of iemand anders nie.
  • ’n Slaaf van God, totaal toegewy aan sy Meester om sy roeping te volbring.
  • dat hy ’n apostel is van Jesus Christus.

Apostel wys op een wat geroep is, en gestuur word om sy Meester,

Christus se wil bekend te maak, ’n verteenwoordiger van Christus.

Geroep het met ’n unieke eenmalige gesag om God se wil aan ons te openbaar.

En nou, heel konkreet, as Paulus die brief so begin,

dan sê hy vir Titus, maar dus ook die ouderlinge en hele gemeentes

in Kreta, maar dus ook deur die hele kerkgeskiedenis,

met watter gesag hierdie brief en sy inhoud na hulle toe kom.

Dit is die woorde van die Here deur sy apostel,

dit kom met die Here se gesag, en moet so aanvaar word.

2) Paulus wys dan in v.1 , die doel van sy diensknegskap aan die Here, en sy apostelskap van Christus, en dit lees ons in die tweede deel van vers 1:

Die doel van Paulus se hele roeping en bediening, is “ter wille van” (volgens) die geloof van die uitverkorenes, en die kennis van die waarheid “wat lei” tot godsaligheid.

Paulus is instrument van God, om die uitverkorenes van die Here tot geloof te bring onder al die volke.

En dan as vrug en gevolg van hierdie redding in Christus, volg dan ’n lewe volgens die waarheid, waarin die Evangelie wesentlike sentraal is, wat as vrug het ’n godsalige lewe, ’n lewe wat – en dit is waarop die woord godsalige duidie uitverkorenes nou weer in eerbied en ontsag vir die Here lewe.

Dus Paulus se taak is die regverdiging en heiligmaking van die Here se kinders.

3) Wat ons genoem het ons verder gaan voortgaan, is dat ons redding in die ewigheid vaslê volgens God se belofte, ook genoem sy vredeverbond of vrederaad of verbons van verlossing wat in die ewigheid vaslê.

Die oorsprong van die uitverkorenes wat gered sal word, reg deur die geskiedenis soos die Here bepaal op elkeen se tyd, en dan godsalig lewe hoe langer hoe meer, dit hoor ons daar in vers 2 (lees).

Die hoop van die ewige lewe, vir nou as ek tot geloof kom, en wanneer die ewige geluksaligheid volkome aanbreek met Christus se wederkoms (Tit.2:13) is danksy God alleen. 

Dit is in die vredeverbond wat die Drie-enige God in Homself gesluit het.

Ons het dit vorige keer geleer in verse soos Ps. 2:6,7; Ps. 110:4; Ef. 1:4, en dan ook 2 Tim.1:9 wat ons gelees het vandag:

9 wat ons gered en geroep het met ‘n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is, – 2 Tim.1

Op grond van hierdie en ander verse,

het die kerk van Christus bely wat ons noem die ‘vrederaad’ van God,

of verbond van verlossing wat gemaak is tussen die Persone van die Drie-eenheid

in die besonder die Vader en die Seun van God,

voor die grondlegging van die wêreld, om ’n volk deur die geskiedenis

te red deur die Seun van God, en die Heilige Gees wat daardie redding in die geskiedenis sal bewerkstellig.  (HK Sondag 8 en v/a 54)

En Paulus wil Titus, en elke gelowige, en elke prediker en evangelis

en ons vandag bemoedig en versterk ook met hierdie woorde.

Dat ons ook sal besef die kerk is die Here se plan,

dit sal nie misluk nie, want Hy kan nie lieg nie.

Hy sal red en sal heilig wie Hy van ewigheid verorden het as sy kinders.

Hetsy volwassenes soos Paulus en Titus en die Kretene wat nou sy Woord gehoor het, of kinders soos Timoteus wat van kleins af die Skrifte ken, vir Christus ken, 2 Tim.3:15 (die Griekse woord wat daar spesifiek gebruik word, is brephos wat wys op ongebore babas of klein babas en kindertjies).

MAAR BELANGRIK, DAT ONS OOK SAL BESEF AL DIE EER GAAN AAN DIE HERE

HY IS DIE ALLEROORHEERSENDE BEPALER VAN ONS REDDING,

NIKS WAT ONS DOEN NIE, DIT IS SY BELOFTE VAN VOOR DIE

GRONDLEGGING VAN DIE WERELD WAT ELKEEN VAN SY

KINDERS SE REDDING BEPAAL IN DIE GESKIEDENIS

= DAAROM GAAN DIT SENTRAAL OOR WAT HY DOEN, NIE ONS DOEN NIE.

Maar nou , hierdie reddingsplan, hierdie vredesraad en vredeverbond,

moet nou vervul word deur Christus en toegepas word deur die Gees,

deur die hele geskiedenis, en dit vind plaas deur die Here se Gees en Woord.

Hoor hoe pragtig in navolging van die Skrif se leer,

bely ons dit daar in HK v/a 54, (lees)

En dit is wat Paulus dan ook daar op wys in verse 3,

… en op die regte tyd sy woord bekend gemaak het …

Wat is bekend gemaak op die regte tyd ?

Die belofte is deur die genadeverbond bekendgemaak (sien v/a 19, HK).

Die genadeverbond is die realisering van hierdie vredesverbond van v. 2,

in die geskiedenis deur al die bedelings.

Die Evangelie het nie in die eerste eeu begin nie,

maar in die geskiedenis is dit bekendgemaak daar na die sondeval,

in Gen.3:15 toe die Belofte (van die genadeverbond), Christus, belowe is wat die Satan se

werke kom vernietig, en sy kinders te red!

Ons hoor van hierdie Belofte aan Abraham en sy kinders,

in Gen.12:1-3, en in die besonder Gen.17:7,

En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ’n ewige verbond, om vir jou ’n God te wees en vir jou nageslag ná jou. (Gen. 17:7)

Ons hoor van hierdie Belofte (dit word ‘bedien’, Rom. 9:4,5) van die genadeverbond regdeur die offers en seremonies van die wet, die bedeling van Moses, ons hoor daarvan deur die konings en profete, by veral Dawid.

En uiteindelik is dit vervul in die NT in Christus, die Hoof en Middelaar

van die genadeverbond, om ´n Vader vir ons en ons kinders te wees.

Hand. 2:39, in en deur Christus ons Hoof en Middelaar.

Hierdie Belofte (Christus) kom julle en julle kinders toe.

In die woorde van Tit. 1:2, die Hoop van die ewige lewe,

wat God wat nie kan lieg nie, van ewigheid beloof het,

sal o.g.v. van die verdienste van Christus,

aan elkeen van sy uitverkorenes,

of dit man of vrou is,

Jood of nie-Jood

baba of volwassene geskenk en gegee word

deur die wonder van die wedergeboorte en die geloof,

alles deur die kragvolle toepassing van Christus se weldade vir elkeen van sy kinders.

Prys die Here vir sy wonderbaarlike reddingsplan, van ons en ons kinders, elkeen, volgens vers 1.

wat sy uitverkorenes is!

So geliefdes, Paulus wil hier vir Titus,

en die ouderlinge en gemeentes wat vorm aanneem in Kreta,

en ons ook verwonderd laat, dat die kerk van Christus

deur die eeue die uitwerking is van sy vredesraad en besluit in die ewigheid

wat vervul is deur Christus,

en nou deur die geskiedenis deur die Gees en Woord toegepas word,

tot die laaste uitverkorene sal inkom.

Ons moet dus beide vashou: die Here wat in sy vredesverbond alles bepaal het, en die genadeverbond soos dit in die geskiedenis uitgewerk het, en nog sal uitwerk tot die laaste dag.

Dit is wat Paulus ook dan wys in verse 2 en 3 wat met mekaar verbind is:

Die Here se Woord, sy beloftes, sy genadeverbond is bekendgemaak, in beide die OT en NT bedeling, in terme van beloftes en vervullling.

Prof A Duvenhage, ’n ou Gereformeerde teoloog van ons kerkverband vat dit as volg saam:

  1. God het die genadeverbond opgerig met Christus as Hoof van die nuwe mensheid en in Hom met die uitverkorenes. Die uitverkiesing openbaar hom in die weg van die genadeverbond. Ook die kinders behoort by die verbond. (Vgl. Gen. 7:17; Hand. 2:39: “Want die belofte is vir julle en vir julle kinders . . . “)
  2. Die genadeverbond het twee bedelings (bedienings of aanbiedings’ deur die geskiedenis -slc):
    • Die Ou-Testamentiese bedeling of die verbond met Israel deur Abraham (Gen. 17:2). Dis die verbond van die skaduwees (Hebr. 8:5-13).
    • Die Nieu-Testamentiese bedeling of die bedeling van die vervulling. Dit het met die koms van Christus begin (Hebr. 9:15).  (Bron: B Duvenhage, Geloofsleer, p.  48.)

En dit is hierdie vervulling van die genadeverbond, die Evangelie, wat nou orals verkondig moet word, ‘bedien’ moet word met ‘n oproep tot geloof en bekering, aan almal, aan alle soorte mense (Tit. 2), soos Paulus inderdaad gedoen het, volgens vers 3: so het daar dan ook kerke, gelowiges ontstaan in Kreta.

En nou moet Titus, vers 5 orals ouderlinge aanstel, om die kerk van Christus te dien, soos vers 1 dit stel ‘ter wille van die uitverkorenes … wat lei tot godsaligheid’

Dus die regverdigmaking én heiligmaking van sy kinders.

Die wese en inhoud van wat Paulus verkondig,

word ook saamgevat in die saligspreking en seënbede daar in vers 4,

Genade – God se gesindheid en goedheid teenoor sy kinders, kragtens sy genadige vrye welbehae en uitverkiesing!

Barmhartigheid – vergifinis van sonde deur die bloed van Christus, die Belofte van die genadeverbond!

Vrede – daar is geen meer veroordeling en ewige straf nie, die kragtige onweerstaanbare toepassing van die weldade van Christus deur die Gees, vir elke uitverkorene, klein en groot!

= alles in en deur “die Here Jesus Christus, ons Verlosser”

So geliefdes,

Hierdie is verskriklik belangrik dat ons dit raaksien,

hierdie eerste 4 verse, wat die kerkregering en ampte voorafgaan, v. 6-16

wat die heiligmakingslewe van 2:1-10 voorafgaan

hoe ons moet lewe in hierdie wêreld, 3:1,2.

Ons moet duidelike die onderskeid maak tussen die kerk soos God dit volmaak sien as sy uitverkorenes in ewigheid, wat Hy bepaal het,

ONS LEES DAARVAN IN 2 TIM 2:19a,

Ewenwel, die fondament van God staan vas met hierdie seël: Die Here ken die wat syne is….” 

en die sigbare kerk soos dit gestalte kry in en deur die geskiedenis,

waar daar dwalinge, ongehoorsaamheid, stryd, worsteling, ens, is,,

waar die sigbare kerk of sigbare kant van die kerk vermeng is, daar nog nie–uitverkorenes is,

of ander wat nog tot geloof moet kom deur die bediening/aaanbeiding van die evangelie,

waaraan ‘elkeen’ die tweesnydende swaard van die evangelie EN sakramente bedien word (sien HK Sondag 31 (oor die sleutels van die koninkryk).

en daarom OOK 2 Tim.2:19b se ‘bediening’ wat moet plaasvind deur die hele geskiedenis, orals aan almal wat die Here beveel:

Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.

Maar middel die stryd en worstelinge, die aanslae,

het ons die wonderlikge genadige troos van vers 2,

die Here lieg nie, Hy sal sy reddingsplan uit die ewigheid volbring

vir elkeen van sy uitverkorenes

In die adminstrasie en bediening van die Belofte, van die genadeverbond

sal baie kom en gaan,

maar in die genadeverbond self met elkeen van sy kinders, klein en groot,

sal elkeen die Hoop van die ewige lewe ontvang en nooit verlore gaan nie.

Halleluja! Prys sy wonderlike Naam!

ONS EINDIG MET JESUS SE EIE WOORDE,

WAAR HY VERWYS NA DIT WAT ONS HIER GELEER HET IN V. 2 EN 3

28En Ek gee  hulle (Joh. 6:37) die ewige lewe (vredeverbond – genadeverbond wat Hy vervul het, Matt. 26:28), en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie (Joh. 6:44), en niemand sal hulle uit my hand ruk nie (want Ek is julle God, julle my kinders – Gen. 17:7; Hand. 2:39). 29My vader wat hulle aan My gegee het (vredesverbond), is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie. 30Ek en die Vader is een. (Joh. 10:28-30)

Amen.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: