Liefdevolle skerp prediking & God se wet en die grondwet

1. LIEFDEVOLLE SKERP PREDIKING, prof. dr. EE van Rooyen*

(Bron: Die Tien Gebooie- populêr en prakties-stigtelike verklaring aan die hand van die Heidelbergse Kategismus, Bloemfontein: Sondagskool Depot, 1947: p. 153-155. Beklemtonings bygevoeg)

JESUS ROEP ONS OP TOT SKERPE LIEFDEVOLLE WETSPREDIKING

Vr.  114 Maar kan diegene wat tot God bekeer is, hierdie gebooie ten volle onderhou?

Antw.  Nee, maar ook die allerheiligstes het maar ‘n klein beginsel van hierdie gehoorsaamheid solank as hulle in hierdie lewe is;  maar só, dat hulle met ‘n ernstige voorneme nie alleen na sommige nie, maar na al die gebooie van God begin lewe. 

Die Bybelvertalers besoek die Potchefstroomse Universiteitskollege in 1933. Prof. Stoker staan agter vierde van links. Voor: (van links) prof. Jacobus du Plessis, prof. Bennie Keet, E.E. VAN ROOYEN, onbekend, ds. J.D. Kestell, Totius, onbekend, onbekend, ds. Willem Johannes de Klerk, prof. Casparus de Wet. Agter: (tweede van links) Wicus du Plessis.

“Hierdie vraag (115) is seker ’n gewettigde. Dit vloei regstreeks voort uit die antwoord op Vraag 114. Daarin word geleer, soos ons gesien het, dat geen bekeerde mens in hierdie lewe die wet van die Tien Gebooie ten volle kan onderhou nie.

Dan rys as vanself Vraag 115 van die Kategismus op: “Waarom laat God die Tien Gebooie dan so skerp vir ons verkondig as tog niemand dit in hierdie lewe kan onderhou nie?”

Dit lyk so onnodig. Tog dit is nie die geval nie. Let op die kloeke antwoord wat hier gegee word:

“Eerstelik, dat ons ons lewe lank ons sondige aard hoe langer hoe meer sal leer ken en des te begeriger mag wees om die vergewing van die sondes en die geregtigheid in Christus te soek. Dan ook, dat ons sonder ophou ons sal beywer en God sal bid om die genade van die Heilige Gees, sodat ons hoe langer hoe meer na die ewebeeld van God vernuut mag word, totdat ons hierdie volkomenheid wat ons voorgehou word, na hierdie lewe bereik.”

Na aanleiding van hierdie veelseggende vraag en antwoord wys ons op die volgende punte:

(1) Die betekenis van ’n skerpe wetsprediking

Met ’n skerpe wetsprediking word bedoel ’n prediking van die Tien Gebooie soos die Kategismus dit aan ons blootlê. Dit is skerp soos ’n skrywer tereg sê, ‘… nie alleen omdat daardeur vele sondes en vele deugde (met allerlei bedreiginge en beloftes) opgesom word nie, maar veral omdat so ’n wetsprediking deurdring tot die wortels van wat kwaad en goed is.’ Sulke skerpe wetspredikers was nie alleen die profete van ou-Israel en die apostels van die Nuwe Bedeling nie, maar ook ons Here Jesus Christus. Op treffende wyse laat ’n kundige en godvrugtige Nederlandse godgeleerde hom in hierdie verband oor die Heiland uit. Hy skryf as volg:

“Jezus predikte de Wet buitengemeen scherp. Wie ooit aandachtig de Bergrede gelezen heeft, heeft het kunnen bespeuren. Tegenover de uitwendige opvatting der Schriftgeleerden verkondigt Hij de Wet in haar hartdoorzoekende en de nieren oordeelende kracht.”

Tot sover die woorde van die skrywer. Hy het niks te veel gesê nie. Die Heiland het sy wetsprediking natuurlik nie op aanstootlike wyse gedoen nie, maar op sy eie diep treffende, rake manier. Hy het by uitnemendheid die kuns verstaan en beoefen om ook die Wet so te hanteer dat dit “lewendig en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard” is, sodat “dit kan deurdring tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, om te wees ’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.” (Hebr. 4:12)

(2) Die blywende nut van ’n skerpe wetsprediking

Dit word op aangrypende wyse in die lig gestel in die antwoord op Vraag 115. Dit kan goedskiks as volg saamgevat word:

 – Voortgaande verdieping van die sondebesef. ’n Skerpe wetsprediking het immers tot gevolg: “dat ons ons lewe lank ons sondige aard hoe langer hoe meer sal leer ken.” So ’n verdieping van die sondebesef het groot waarde. Dit vereis ’n hele lewe om met die soeklig van die Wet al die bose kieme in die sondenatuur aan te wys.

– Dit dryf wit tot Christus. ’n Skerpe en sieldeursoekende wetsprediking laat die mens al meer aan homself wanhoop. Dit prikkel hom ook om reikhalsend uit te sien “na die vergewing van sondes en die geregtigheid van Christus.”

– Dit is behulpsaam om voortgaande heiligmaking te bevorder. Hierdie heilryke uitwerking van ’n skerpe wetsprediking lê opgesluit in die volgende veelomvattende volsin van die Kategismus: “Dat ons sonder ophou ons sal beywer en God sal bid om die genade van die Heilige Gees, sodat ons hoe langer hoe meer na die ewebeeld van God vernuut mag word.” Sulke wetsprediking laat die onreineid van die eie sielstoestand sien, en open verder die sielsoog vir die vleklose heiligheid van God. En dan ontstaan daar ’n al sterker wordende drang na deelgenootkap aan daardie heiligheid.

Dit open ’n verruklike ewigheidsvergesig. ’n Skerpe wetsprediking ontken nie die waarheidselement wat daar in die leer van die volmaakbaarheid of perfeksionisme skuil nie: dit is om ten volle rein en vry te wees van alle besoedeling en mag van die sonde. Dit kom uit in die volsin: “…totdat ons hierdie volkomenheid wat ons voorgehou word, nà hierdie lewe bereik.’’ Die mistasting van die perfeksionis is dat hy die volmaaktheid beskou as ’n goed wat reeds in hierdie lewe bereikbaar is. Dit is heeltemal verkeerd. Pas nà hierdie lewe word die heiligheidsideaal ten volle verwesenlik. In die sterwensuur word uit die binneste van die waaragtig bekeerde siel met een magsdaad van die Heilige Gees alle oorblyfsels van die ou suurdeeg van die sonde weggeruim.

En dan nà hierdie lewe sal in ganse ewigheid in die kind van God die plant van volmaaktheid, van sondelose heiligheid in sy volle krag en skoonheid kom te pryk. Al die trekke van Gods beeld in hom sal dan weer in hul volle glans en glorie uitskitter. Dit sal dan wees ’n volmaak regverdige siel in ’n volmaakte omgewing. Die omgewing sal wees “die stad met fondamente waarvan God self die kunstenaar en oprigter is.”(Hebr. 11:10)

Volheerlike vooruitsig!

Genoeg om te laat sien hoe leerryk die terugblik is wat die Kategismus ons op die hele wet van die Tien Gebooie gee.

Slotopmerking

Die Tien Gebooie kom in die derde afdeling van die Kategismus ter sprake. Dit wil sê in dié onderdeel wat handel oor die dankbaarheid wat die waaragtige Christenmens steeds vir sy verlossing moet betuig. As daar dan onder die Nuwe Bedeling nog op ’n skerpe wetsprediking aangedring word, dan is die bedoeling glad nie om daardeur self die saligheid te verwerf nie.

Dit is onmoontlik.

Dit kan alleen deur die soenverdienste van Christus verkry word. Maar vir die Christen dien die wetsprediking hoofsaaklik om hom ’n suiwere rigsnoer of leidraad vir sy lewe van dankbaarheid te gee.”
______________________________

* Die kort verklaring van die Tien Gebooie in hierdie werkie vervat, het oorspronklik as ‘n vervolgreeks artikels in die maandblad Die Gereformeerde Vaandel verskyn. Kleine toevoeginge en redaksionele veranderinge hier en daar uitgesonder, sien die artikels tans weer in boekvorm die lig soos hulle voorheen in genoemde blad geplaas was. Die toeleg was om net die teks van die Gebooie met die Kategismus se verklaring daarvan wat nader toe te lig. Ons lewe in ’n tydsgewrig wat gekenmerk word deur ’n voorbeeldlose ontwrigting en ontaarding op sedelike gebied. Juis in so ’n tyd is die benadrukking ook van die diepyrypende en wydstrekkende beginsels en grondgedagtes van die aloue, maar tog van aktuele betekenis blywende, ‘Tien Gebooie broodnodig. Hernude en voortdurende inskerping en verbreiding daarvan kan en sal help om ’n sterk wal op te werp teen die swart en skuimende stroom van onsedelikheid wat met toenemende krag en snelheid deur die hele wêreld heen bruisend vloei. Dat hierdie werkie onder Gods voorsienige bestel en seën iets mag bydra tot die opwerping van so ’n wal — ook in ons land — is die bede van die skrywer.

Stellenbosch, Januarie 1947.

________________________________

2. GOD SE WET EN DIE GRONDWET, P. Jongeling

(Bron: Het Vlammende Schrift: momentopnamen uit de strijd der geesten, Groningen: De Vuurbraak, 1971: p. 88-90.  Beklemtonings en opskrifte bygevoeg)

GEEN NEUTRALITEIT NIE, ALLE REGEERDERS WORD OPGEROEP OM CHRISTUS OP HUL TERREIN TE DIEN VOLGENS SY WET

“Wij wezen er op, dat in de Nederlandse grondwet de erkenning van Gods oppergezag en van de roeping van overheid en natie om Hem te dienen pijnlijk wordt gemist. Ter vergelijking geven wij hier nog eens weer, wat de grondwet van de Republiek van Zuid-Afrika op dit punt uitspreekt. Artikel 1 van deze grondwet begint met de woorden:

“In nederige erkentlikheid teenoor die Almagtige God, Beskikker oor die lotgevalle van nasies en die geskiedenis van volkere; Wat ons voorgeslagte uit baie lande byeengebring en hulle hier in hul eie gevestig het: Wat hul weë deur geslagte bepaal het; Wat hulle so wonderbaarlik deur gevare gelei het…”

Niet minder duidelijk is de uitspraak in artikel 2 van de grondwet:

“Die volk van die Republiek van Suid-Afrika erken die oppergesag en lei ding van die Almagtige God”.

Niemand mene, dat het hier slechts om een formaliteit gaat. Heel de Schrift roept telkens weer volken en overheden op om Gods lof te zingen, Hem openlijk te eren en te dienen, Hem grootheid te geven als de Koning der koningen.

De Zuidafrikaanse grondwet doet dit uitdrukkelijk. De Ne derlandse niet.

Van Engels sprekende zijde heeft men getracht, deze duidelijke en heerlijke uitspraken uit de grondwet verwijderd te krijgen. De regering en de meerderheid van de volksvertegenwoordiging hebben die aandrang met grote kracht en beslistheid afgewezen.

“Dan zou Zuid-Afrika niet meer Zuid-Afrika zijn!” verklaarde indertijd premier Verwoerd.

Ook in Zuid-Afrika zijn velen die zich niet meer aan de goddelijke norm houden. Maar die norm zelf is toch in de grondwet gesteld en als bindend erkend, en de overheid heeft, als mond der natie, daarin Gode de eer gegeven. Daar moet men waarlijk niet gering over denken.

Natuurlijk is het niet zó, dat men door grondwetswijziging het volksleven radicaal kan reformeren. Maar erkenning van dit feit kan nooit dienen als een argument om het neutralisme van onze grondwet onaangetast te laten. Het gaat hier eenvoudig om de vraag, hoe God wil dat staten en overheden zich tegenover Zijn Woord en Wet zullen opstellen. En dan kan het antwoord niet twijfelachtig zijn. Heel de Schrift zou tegen ons opstaan, wanneer wij stelden dat staten, natiën en overheden neutrale dingen zijn, die tegenover God geen partij hebben te kiezen.

“Gij koninkrijken, zingt Gods lof!” dat is het thema van de Schrift. Volken, staten en natiën, Vorsten en overheden worden telkens weer opgeroepen Hem te dienen en openlijk Zijn naam te belijden.

Het is waarlijk niet zo, dat deze eis alléén maar gesteld wordt aan christelijke staten en christelijke overheden. Voor allen geldt dezélfde norm, ook voor volken en natiën die op ijdelheid zinnen (wij zinspelen hier op het begin van Psalm 2) en voor koningen die zich tegen de HEERE en Zijn Gezalfde verzetten:

“Wees dan nou verstandig, o konings;

laat julle waarsku, o regters van die aarde!

Dien die HERE met vrees, en juig met bewing.

Kus die Seun, dat Hy nie toornig word

en julle op die weg vergaan nie;

want gou kan sy toorn ontvlam.

Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil”

(Psalm 2:10–12)

In die Ou Testament tye ….

De heidense koning Nebukadnezar werd opgeroepen om te erkennen dat de Allerhoogste macht heeft over het koningschap der mensen en dat geeft aan wie Hij wil. De profeet Daniël vermaande hem, zijn zonden teniet te doen door rechtvaardigheid en zijn ongerechtigheden door erbarming jegens ellendigen, opdat er verlenging van zijn rust mocht wezen. En toen de koning dit woord niet ter harte nam, verviel hij door Gods straffende hand tot razernij, zodat hij uit de gemeenschap der mensen werd verstoten en vertoefde bij het gedierte des velds.

Wat er gebeurde toen Gods straffende hand van hem afliet en zijn verstand in hem terugkeerde, beschrijft koning Nebukadnezar zelf:

En ná verloop van tyd het ek, Nebukadnésar, my oë na die hemel opgeslaan, en my verstand het in my teruggekeer, en ek het die Allerhoogste geloof en Hom wat ewig lewe, geprys en geëer, wie se heerskappy ’n ewige mag en wie se koningskap van geslag tot geslag is. En al die aardbewoners word as niks geag nie, en na sy wil handel Hy met die leër van die hemel en die bewoners van die aarde, en daar is niemand wat sy hand kan afslaan en vir Hom kan sê: Wat doen U nie? In dié tyd het my verstand in my teruggekeer; en wat die eer van my koningskap betref—my majesteit en my glans het in my teruggekeer, en my raadsmanne en my maghebbers het my opgesoek; en ek is in my koningskap herstel, en buitengewone grootheid is my toegevoeg. Nou prys ek, Nebukadnésar, en ek roem en eer die Koning van die hemel: al sy werke is waarheid en sy paaie is reg, en Hy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel.” (Dan. 4:34–37)

Aldus deze heidense koning in een officieël staatsdocument, gericht “aan alle volken, natiën en talen die op de gehele aarde wonen”.

In die Nuwe Testamente tye…

Niet anders is het in de nieuwe bedeling. We lezen in Handelingen 12 dat koning Herodes, de kerkvervolger, zichzelf door het volk liet vereren en toejuichen alsof hij een god was. En dan volgt:

En onmiddellik het ’n engel van die Here hom getref, omdat hy die eer nie aan God gegee het nie; en hy is deur wurms verteer en het gesterwe.” (Hand. 12:23)

Onze Here Jezus Christus wordt in Openbaring 1: 5b genoemd de Overste van de koningen der aarde. In Efeze 1:21, 22 lezen we dat Christus gezet is ter rechterhand Gods “bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige. En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

Artikel 36 NGB leert dan ook, geheel naar de Schrift, dat de overheden geroepen zijn het Koninkrijk van Jezus Christus te doen vorderen.

Van dit schriftuurlijk belijden vinden wij in onze grondwet niets. Dit heeft er toe meegewerkt dat ook vele Nederlandse christenen, ondanks de duidelijke taal van Schrift en belijdenis, vertrouwd zijn geraakt met de gedachte dat de staat zélf eigenlijk een neutraal ding is, een soort van ‘algemene’ omraming, een zelf niet partij kiezende kampplaats tussen christenen en niet-christenen, tussen degenen die Gods Wet verwerpen en die haar aanvaarden.

De partij die er in slaagt “het regeringskasteel te bestormen en te veroveren”, (uitdrukking van dr. A. Kuyper), kan het regeringsbeleid stempelen en in de door haar gewenste richting ombuigen, en zo is er binnen dat neutrale raam soms nog wel heel wat te bereiken, maar de staat zelf blijft toch volgens deze zienswijze een neutralistisch ding.

Dr. A. Kuyper heeft met zijn beschouwingen over het “natuurlijke licht”, later door hem omgebouwd en uitgewerkt tot de leer der ,,gemene gratie” deze opvattingen in de hand gewerkt, hoezeer sommigen van zijn latere volgelingen daarin verder gingen dan hijzelf wilde.

Gods Woord spreekt anders, en dat is de enige norm.

Wijziging van onze grondwet in christelijke zin moet dan ook worden nagestreefd door allen die zich aan dit Woord gehoorzaam willen onderwerpen.”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: