Preek: 1 Konings 19:15-18, Die uitvoering van God se roeping en opdrag in kerk, koninkryk en wȇreld maak ons relevant in hierdie tyd

Die uitvoering van God se roeping en opdrag in kerk, koninkryk en wȇreld maak ons relevant in hierdie tyd

deur ds. Peet (P.A.) Coetzee* 

[Nota: Ek plaas hierdie preek van ds. Peet, wat uiters relevant vir ons tye is, dit bemoedig en vermaan ons as gelowiges, die kerk van Christus, ook ons wat in GKSA verband is, ook die sinode wat tans aan die gang is.

Hiermee beveel ek ook die preekbundel aan van ds. Peet Coetzee, wat onlangs verskyn het: Die HERE is God – Hy alleen: deel 1 (Preke uit die Ou Testament), preke vir alle gelowiges, ook vir ouderlinge om hul te help met preekleesU kan dit by Pro Regno Boeke bestel [proregno@gmail.com of 082 770 2669], of direk by Admin Buro])
______________________________
Skriflesing : 1 Konings 19
Teks: 1 Konings 19: 15 – 18

Inleiding
Geliefde Broers en susters,
Daar word baie gepraat oor die relevansie van die kerk in die moderne samelewing. In die ou dae het ons gepraat van die stem van Potchefstroom wat die rigting moes aantoon waarheen sake moet beweeg.

Dit het nie net gehandel oor kerklike sake nie, maar daar was standpunte oor politieke en sosiale/maatskaplike sake. Dit was sake waar ons vandag kan terugkyk en aantoon dat ons leiers op daardie gebied was om die Woord suiwer op alle terreine van die samelewing te laat hoor. Die stem van Potch was relevant.

Hoe moet ons vandag relevant wees? Moet ons musiek aanpas by die tyd sodat die liedjies wat ons sing in lyn is met die ritme van die tyd, met musiekbegeleiding en orkeste? As ons dan al die psalms by die agterdeur uitgooi en die Woordverkondiging rediseer tot die lees van ‘n paar verse uit die Bybel en die res musiekbediening is waarin enige gospelliedjie gesing word, is die vraag – Het die kerk relevant geword?

Die woord relevant beteken volgens die woordeboek : “wat op die voorgrond tree” of “gewigtig” of “van betekenis” of “ter sake”. Wanneer gaan die kerk so wees?

Kom ons soek ons antwoord in die Woord self. Op watter wyse was die kerk relevant in die tyd van Elia?

1. Wyse waarop die kerk relevant was
“Die kerk is aktueel as die kerk mense tot belydenis bring. Belydenis van hulle sonde, belydenis van hulle verlossing in Christus alleen, belydenis van hulle dankbaarheid.”

2. Gevolg van die kerk se relevansie
“Dit is waar – die HERE alleen kan deur sy Gees weer jou krag gee. In eie krag kan jy nie die stryd teen die Satan aanpak nie. Ons moet dus bedag wees op die gevolge as die kerk van die HERE relevant is. Die Satan sal op alle wyse, deur persoonlike aanvalle, deur vervolging, deur moord, deur verleiding die kerk van die HERE probeer neutraliseeer. ‘n Relevante kerk is ‘n groot gevaar vir die Satan.”

3. Uiteinde dat die kerk relevant is in wȇreld, koninkryk en kerk.
“Dit is die HERE wat sy sy kerk beskerm, vermeerder en bewaar, al dink ons dat die voortbestaan van die kerk in die hande van mense is. En die bewys, nie net Elisa het oorgebly nie, maar die HERE het 7 000 in Israel laat oorbly wat nie voor Baäl gebuig het nie.”

Lees die volledige preek hier: 1 Konings 19:15-18

___________________________
* Emeritus-predikant, laaste gemeente was GK Potchefstroom, tans hulp-predikant by GK Stilbaai.

One thought on “Preek: 1 Konings 19:15-18, Die uitvoering van God se roeping en opdrag in kerk, koninkryk en wȇreld maak ons relevant in hierdie tyd

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: