DIE MAG VAN DIE BURGERS/VOLK EN BURGERLIKE OWERHEDE IS BEIDE BEPERK DEUR DIE SOEWEREINITEIT VAN GOD:
VERWERP BEIDE LIBERALISME/NAZISME EN STAATISME/MARXISME

deur Totius*
1. Die volk is nie soewerein nie
“Die gronddwaling van die rewolusies van 1789 en 1848 is dat die soewereiniteit of gesagshoogheid van nature by die volk en by die volk alléén berus. Bo die volk is daar niks nie. Soos die vorige keer uiteengesit is, kom die rewolusionêre gesag deur ‘n onderlinge verdrag of kontrak tot stand. In dié verdrag of kontrak is dit die mens alleen wat die beskikking het.
Dit noem ons ‘n staatkundige leuen, want die Skrif leer ons duidelik dat alle mag van God uitgaan en dat geen skepsel hom sonder God kan beweeg of roer nie. Ook staatkundig lewe die mens nie vir homself nie maar vir God, terwyl die rewolusie dit daarop toelê dat die gesag van God neergewerp en die Almagtige uit die ganse menslike samelewing uitgeskakel word. Wanneer dan ook die volk deur God gebruik word om ‘n gesaghebber aan te wys, dan word die volk alleen as orgaan gebruik. Die diens van die mens is dus enkel instrumenteel of ministerieel, d.w.s. die mens moet as instrument of as dienaar optree om die werk van God te doen.
… Dit is dan ook ‘n onbybelse, teen alle skeppingsordinansie ingaande stelling wat deur die rewolusie opgewerp word dat die mens, as volg verenig, vrymagtig kan beskik oor sy wel en wee, sonder om God of meester in erkentenis te hou. Daarom proklameer die Calvinis dat God soewerein is bo alles en almal. Daarom is hy antirewolusionêr. En dit geld nie net verkiesing of bestendiging van owerhede nie maar moet in die ganse staatsbeweging, ook in die wetgewing, die deurslag gee.
…. Vir die Calvinisme lyk die toekoms duister. Van ‘n regering by die grasie van God en wetgewing op grond van die Woord van God word al minder gewag gemaak. Nietemin is dit nóu juis die tyd om te getuig. Ons is hier nie om die wereld te oorwin nie maar om te getuig tot die einde toe. Mag ons daarin getrou bevind word!” (Die Kerkblad, no. 1082, 23 April 1948.)
2. Die staat is ook nie soewerein nie
“Ons kom nou tot twee ander punte wat verband hou met die voorafgaande, naamlik die soewereiniteit van God enersyds en die totalitêre staat andersyds, dit wil sê die staat wat in sy seggenskap al die funksies van die volkslewe saamsnoer. … die gevolgtrekking kom dat die skrywer ‘n neiging openbaar in die rigting van staatsosialisme. Die letterlike woorde van dr. Temple is dan dat hy bepleit ‘n „kontrole oor private ondernemings soos vasgestel vir oorlogsdoeleindes” (bl. 56) en dat hy ‘n voorstander is van ,,’n groot uitbreiding van publieke kontrole oor private ondernemings” (bl. 104). In verband met hierdie uitsprake wil ons alleen dit vasstel.
Vir die Calvinis geld alleen die omskrywing van soewereiniteit wat die Skrif aan ons openbaar: „Na sy wil handel Hy (nl. God) met die leër van die hemel en die bewoners van die aarde, en daar is niemand wat sy hand kan afslaan en vir Hom kan sê nie: Wat doen U? (Dan.
4:35). Die Here is God en niemand anders nie. Ons stem saam met prof. Kuiper as hy skrywe: „Die regering van God alleen is totaliter”.
3. ‘Soewereiniteit in eie kring’** onderhewig aan die soewereine God
“Maar die Here het ook, benewens die vryheid van gewete vir die enkeling, aan sekere kringe in die samelewing ‘n selfstandigheid verleen wat deur die staats-arm nie onderdruk mag word nie.
Bekende voorbeelde is die huisgesin, die kerk en die staat self.
Ons stem ook saam as prof. Kuiper bepaaldelik ten opsigte van die staatsmag sê dat ‘n noukeurige studie van die Skrif nodig is om duidelik die grense van die staatswerksaamheid te bepaal. Dit mis hy in die boek waar ons oor handel.
Hier lê die moeilikheid.
Sal die hoop van ‘n nuwe wêreld op die onverganklike beginsels van die Woord van God gebou word?
Sal dienvolgens deur die wêreldregeerders die verhouding van kring tot kring nagespeur word?
En sal dienvolgens die verhouding van volk tot volk vasgelê word?
Waar ons hart na hunker, is nie net sosiale en politieke geregtigheid nie maar ook internasionale geregtigheid.
Ons vrees egter dat die wêreld in sy vaart geen tyd sal hê om Skriftuurlike beginsels na te speur nie of dit nie die moeite werd sal ag nie.
En dan? … Ja, dan sal die Skrifte vervul moet word en sal dit van oordeel tot oordeel gaan. …
Soos prof. Kuiper opmerk, word dit al gewoonte om te sê dat die Christendom geen leer is nie maar ‘n lewe. Ook onder ons word hierdie klank menigvuldig gehoor. Dr. Temple meen egter dat hierdie bewering geen oorweging meer verdien nie. „Ek onderstel nie,” sê hy, „dat enigiemand weer sal sê: Dit kom nie daarop aan wat iemand glo nie” (bl. 27). Hierdie uitspraak, soos dit daar staan, is vir ons, Calviniste, goud werd.”
4. Geen neutrale onderwys en opvoeding moontlik nie
“Op die vraag: Wat is daar dan verkeerd met die ou wêreld? word deur dr. Temple geantwoord dat ons God en sy gebooie veronagsaam het. Prof. Kuiper meen met reg dat ‘n duideliker antwoord moeilik gegee kan word. Besonder belangrik is die omskrywing wat gegee word van „die paradoks (wonderspreuk) van die moderne Engelse kuituur”. Hierdie kuituur word bestempel as „grootliks Christelik in kwaliteit,” en tog, sê dr. Temple, word „die geloof in God ‘n toegeeflikheid genoem waarsonder ons kan klaarkom”. Hy gaan voort: „Dit bereik sy toppunt in ons opvoedkundige stelsel. Ons het veronderstel dat dit moontlik is om ‘n onderwys te verskaf wat godsdienstig neutraal is, waarby dan godsdiens in meer of minder mate gevoeg kan word. Maar onderwys wat nie godsdienstig is nie, is inderdaad ateïsties. Daar is geen middeweg nie” (bl. 12).
Dit is juis wat die Calviniste altyd beweer het, en dit is noodsaaklik dat in ons land van hierdie stellige uitspraak kennis geneem word.
Verder word gesê: „Dit spreek vanself dat veronagsaming van God moes lei tot skending van sy wet.” (Die Kerkblad, no. 975, 20 Augustus 1943).
5. Calvinisme beywer hul vir godsdienstige en politieke vryheid
“Aangaande die vryheidsbewegings in die algemeen het ons reeds kortliks ons gevoele noem.
Maar ons kom daarop terug om misverstand te voorkom. Die mens is nie geskape om slaaf te wees nie. Net die sonde voer tot slawerny. Die geregtigheid daarenteen verhoog en maak vry.
Geen gelowige mag dus die pleidooi vir knegskap en dwinglandy voer nie.
Die Calviniste het dan ook gedurig geywer vir godsdienstige en burgerlike vryheid. Calvyn het geywer vir ‘n republiek; en deur die besieling wat van sy volgelinge uitgegaan het, het republieke in Nederland en Noord-Amerika ontstaan. Verder het die Calviniste geywer vir koninkryke met welomskrewe konstitusies.
Dis dan ook opmerklik dat moorddadige revolusies, soos die Franse en Russiese, nie voorgekom het in lande waar die Calvinisme hom kon laat geld nie. Holland, Engeland en Noord-Amerika het daarvan taamlik goed verskoon gebly.
Maar wat wraak ons dan in die vryheidsbeweging van ons tyd?
Dit: op grond van die Heilige Skrif staan by die Calvinis nommer een, die soewereiniteit van God.”
6. Beide individu en owerhede moet hul onderwerp aan God se wil
“Aan God moet alle skepsele onderdanig wees. Nou regeer God die wêreld rniddellik, d.w.s. deur die hand van rnense wat Hy as sy instrumente gebruik. Aan dié mense is ons dan, om God ontwil, gehoorsaamheid en onderwerping verskuldig. Aan ons vader en moeder en almal wat oor ons gestel is, moet ons onderdanig wees, “aangesien dit God behaag om ons deur hulle hand te regeer” (Heid. Kat., vr. 104).
Aan die ander kant is die owerhede verplig om volgens die wil van God te regeer, waarvoor nodig is dat hulle sal soek om die wil van God te ken soos dit geopenbaar word in sy Woord en ook in die gewete van die mens. Reg en geregtigheid moet dus gehandhaaf word deur wedersydse onderwerping aan die gesag en wil van God.
Só het die Calvinis vir hom, op grond van die Woord van God, die saak ingedink, en op hierdie grondslag het hy sy staatsleer ontwikkel.”
7. Calvinisme ondersteun geen onderdrukkers-bewegings nie
“Niemand het dus die reg om ons te beskuldig dat ons die vrye ontwikkeling van nasies aan bande wil lê en dat ons pleitbesorgers van die onderdrukkersbeginsels is nie. Wie so redeneer, ken nog die leer nog die praktyk en geskiedenis van die beweging wat soos geen ander een nie die juiste verhouding van gesag en vryheid gereël het.
Wat ons wil vashou in verband met Openbaring 9, is die Skriftuurlike beginsel dat konings, presidente of watter gesaghebbers ook al deur God regeer (Spr. 8:15) en dat hulle anders geen mag oor hulle medemens het nie.”
Bron: Totius, Versamelde Werke, 1960-uitgawe, ‘Put van die Afgrond’ artikel.
___________________________________
* Beklemtonings bygevoeg en opskrifte bygevoeg.
** “Die oordeel oor die openbare belang is dus subjektiewe mensewerk. Dit vestig by my die oortuiging dat ‘n mens staatsabsolutisme per slot van sake nie met ‘n teoretiese formule kan uitwis nie. Die beginsel van soewereiniteit in eie kring kan wel ons verset teen staatsabsolutisme teoreties verantwoord, maar die verwerkliking van ‘n daadwerklike christelike staat kan alleen gegrondves word in die herbore hart in Christus Jesus van ons regeerders.” (Bron)
Prof Jorrie Jordaan oor ‘soewereiniteit in eie kring‘: “Soewereiniteit in eie kring is een van die grondslae van die Calvinistiese samelewingsleer. Dit leer dat elke mens met sy medemens in verskillende samelewingsverbande saamleef. Dit kan ook gesien word as die sosiale “kante” van die mens se bestaan. So is daar die gesin, die huwelik, die kerk, die arbeidskring, die staat, moontlik ‘n sportklub en nog ‘n verskeidenheid ander strukture waaraan ‘n mens verbonde kan wees. Hierdie verskeidenheid van samelewingsverbande verleen ‘n ryke gevarieerdheid aan mense se saamleef hier op aarde.”
Verdere Totius artikels hier.
Sien ook: RJ Rushdoony, Sovereignty
“The word sovereignty means one who is above all. It is the supreme and highest power. The Christian defines the Sovereign Lord as unlimited, independent, with original authority.
For fallen man, sovereignty belongs to the state because the state is the source of law. Since the Christian can have no other gods (Ex. 20:3), history is defined appropriately by Augustine as a conflict between the City of Man and the City of God. As in all conflicts, we must choose this day whom we will serve.
Calvinists often limit the doctrine of sovereignty to a systematic theological definition of God. Much more work is needed in developing the implications of sovereignty for the Kingdom of God and its application in terms of the law-word of God.
In this posthumously published volume, R. J. Rushdoony examines the comprehensive implications of God’s sovereignty with a clear eye to critiquing the various places where man posits sovereignty-especially the sovereign state. This is a must-read for anyone seeking to understand the crises of our times.”
Hi Slabbie, this wonderful. Can you translate his things on the state and law of God, and limiting the state in this section and also the whole section on the application of the judicial law of God that you cited in previous editions into English. I think that may be Pactum Institute could publish it for a wider audience. What do you think?
Also, how are you and your family handling the rolling blackouts? We’ve heard about it here and I’ve also heard from Francois.
Mark Kreitzer
Thanks Mark, good to hear from you. My time is limited, unfortunately cannot do translations now, maybe someone at PI can do it for a broader english audience?
Greetings brother, Slabbert.
TEENOOR VANDAG SE VERKIESINGSREWOLUSIE, HANDHAAF ONS DIE CHRISTOKRASIE
Die staatkundige leuen van die humanistiese demokrasie (die mens/volk regeer) wat die Bybelse Christokrasie (Christus regeer) verag en verwerp
Demokrasie as blote orgaan, manier of middel om leiers te verkies, is bybels verantwoordbaar. Demokrasie, soos dit vandag in die wêreld, as produk van o.a. die Franse Rewolusie se humanisme, in beide kerk en staat funksioneer – nl. dat die volk (massas, meerderheid) soewerein is (en nie God alleen deur sy Woord nie), waar mense dan verkies word wat geen vrees het vir God en sy gebod nie, sodat hulle kan bepaal wat is reg en verkeerd is, om as aardse messiasse op te tree, om soos God probeer wees deur die ganse lewe te reguleer (staatisme) – is in wese onbybels, humanisties en verwerplik, en waarvan gelowiges en kerke wat daarin vasgevang is, hul moet bekeer.
Totius skryf profeties daaroor ‘n eeu gelede:
“Wie sal regeer: die Woord van Christus of die woord van die mens? Die Gees van Christus of die gees van die anti-Chris? Is dit nie ‘n skriklike toestand dat Christennasies hulle dek met die naam van Christus, terwyl hulle intussen weier om die wet van Christus te gehoorsaam? Ons kan alleen gerus wees as ons buig voor Christus as ons Koning en ons onderwerp aan sy wil. Maar wat sê ons werklike lewe — die staatswette van die nasies, die staatskool van die volke, die maatskappy wat al wilder word? ….
(Totius haal dan vir dr. DCS du Preez) aan met goedkeuring): ‘Die humanisme voer die pleit vir daardie oorblyfsel van die Christelike waardes wat hulle enigermate in ons menslike samelewing kon handhaaf . . . Maar dieselfde humanisme vergeet dat hierdie geestesbeweging juis meegehelp het om daardie Christelike waardes te devalueer, eerstens . . . deur sy vrymaking van die menslike persoonlikheid uit die religieuse afhanklikheid van God die van die Openbaring; en tweedens verloor dit uit die oog dat dit meegehelp het om die mensheid te ontkersten.’ Maar, merk die skrywer ten slotte op, die breë massa neem al afskeid van die liberale Humanisme. Hulle verwag hiervan geen besieling meer nie. Dit gaan nou die weg op van die Kommunisme (vandag die woke neo-marxisme – slc).
Vir ons is daar ten slotte net een lewenswaarde, en dit is: Christus beveel. … Sy heerskappy sal die einde wees. Dan kom Hy op sy wit perd, en sy naam is: Die Koning van die konings en die Here van die here. Geen hulpelose kindjie vereer ons nie, maar God Almagtig geopenbaar in die vlees. (Bron: Die Kerkblad, no. 1098, 17 Desember 1948.) … ‘Geen gevoele’, se Da Costa, ‘is bedriegliker, gevaarliker, afskuweliker … as dié van die Oppermag van die volk (volksoewereiniteit) en van die oorspronklike ondergeskiktheid van alle vorste en owerhede aan dié Oppermag … Die rigsnoer van die vors is nie meer die waaragtige belang van sy onderdane nie maar wel die geliefkoosde gevoelens van ‘n wufte menigte’. Dan stel Da Costa daarnaas ‘die gevoele van die Vadere’, nl. van ‘n regeerder of regering by die grasie van God. Verder kan ons nie aanhaal nie. Duidelik moet dit wees dat Da Costa hier die fondament ontbloot waarop die Franse en ander dergelike Rewolusies gebou is. Dit beteken dat bo die hoogte van die mense se koppe daar geen hoogte ‘meer is nie! Die mens beskik rewolusionêr en selfstandig oor sy aard se lot; ‘n ewige is daar nie. Daar is ook ‘geen God en geen Meester nie’
… Die gronddwaling van die rewolusies van 1789 en 1848 is dat die soewereiniteit of gesagshoogheid van nature by die volk en by die volk alléén berus. Bo die volk is daar niks nie (Is dit nie hoe ook baie vandag al meer glo en lewe nie, daar is ook ‘n ‘praktiese ateïsme’ by baie, en weer by ‘n ander klomp ‘n dwaling dat Jesus net Koning is van my persoonlike en dalk gesin en gemeente lewe, maar nie van die ganse lewe, elke lewensterrein, ook die hele maatskappy insluitende die burgerlike owerheid nie? – slc). Soos die vorige keer uiteengesit is, kom die rewolusionêre gesag deur ‘n onderlinge verdrag of kontrak tot stand. In dié verdrag of kontrak is dit die mens alleen wat die beskikking het.
Dit noem ons ‘n staatkundige leuen, want die Skrif leer ons duidelik dat alle mag van God uitgaan en dat geen skepsel hom sonder God kan beweeg of roer nie. Ook staatkundig lewe die mens nie vir homself nie maar vir God, terwyl die rewolusie dit daarop toelê dat die gesag van God neergewerp en die Almagtige uit die ganse menslike samelewing uitgeskakel word. Wanneer dan ook die volk deur God gebruik word om ‘n gesaghebber aan te wys, dan word die volk alleen as orgaan gebruik. Die diens van die mens is dus enkel instrumenteel of ministerieel, d.w.s. die mens moet as instrument of as dienaar optree om die werk van God te doen…. So moet ons ook oor staatsake dink. Dit is dan ook ‘n onbybelse, teen alle skeppingsordinansie ingaande stelling wat deur die rewolusie opgewerp word dat die mens, as volg verenig, vrymagtig kan beskik oor sy wel en weë, sonder om God of meester in erkentenis te hou.
Daarom proklameer die Calvinis dat God soewerein is bo alles en almal. Daarom is hy antirewolusionêr. En dit geld nie net verkiesing of bestendiging van owerhede nie maar moet in die ganse staatsbeweging, ook in die wetgewing, die deurslag gee. … Vir die Calvinisme lyk die toekoms duister. Van ‘n regering by die
grasie van God en wetgewing op grond van die Woord van God word al minder gewag gemaak. Nietemin is dit nóu juis die tyd om te getuig. Ons is hier nie om die wêreld te oorwin nie maar om te getuig tot die einde toe. Mag ons daarin getrou bevind word! (Die Kerkblad, no. 1082, 23 April 1948.)”