TWEE PREKE VANUIT DIE SKRIF OOR NGB ARTIKEL 36 Die burgerlike owerheid
deur ds. Ronald Bain (Gereformeerde Kerk Oranjerivier)
Inleiding
Luister gerus na ds. Bain se verklaring van NGB art. 36 – Die burgerlike owerheid, volgens die Skrif.
Ds. Bain spreek onder meer die volgende belangrike aspekte aan om oor verder te besin in die lig van die Skrif, hoe ons die burgerlike owerheid behoort te sien volgens die Skrif, en die verdere reformasie wat nodig is in ons siening van ‘kerk en staat’, ook vir ons tye:
- Alle mag in hemel en op aarde behoort aan God, burgerlike owerhede is dienaars van God, gelowig en ongelowig, of hul dit almal erken of nie, hul moet en gaan aan die Here verantwoording moet doen as persone maar ook in hul ampstake.
- NGB artikel 36 verwerp sekulêre neutrale owerheidsgedagtes gebaseer op natuurreg of menseregte idees wat uit die westerse sekulêre wêreld kom.
- Die belangrike onderskeid wat gemaak moet word: owersheidspersone bring nie ‘n christokrasie of teokrasie op die aarde nie (dit het en doen Christus alleen), geen mens of pous of keiser mag namens God regeer nie en die hele lewe probeer bepaal nie, maar hul moet ‘in sy Naam’ regeer, spesifiek op hul lewensterrein God se wet toepas.
- Hy waarsku teen (wat ek noem): staatisme = dat die burgerlike owerheid die hele lewe moet reguleer en bepaal, dus orals inmeng in bv onderwys, universiteite, die kerk se taak, ens. Nee, hul moet die swaardmag gebruik om die ‘losbandigheid van die mense’ in bedwang te hou, dus (my woorde): geen messiaanse staatsidee nie.
- NGB artikel 36 handhaaf die onderskeid tussen die kerk en burgerlike owerheid se verskillende take en terreine. Die kerk moet die evangelie orals verkondig onder beskerming van die burgerlike owerheid, dit is nie die taak van die owerheid om self te ‘evangeliseer’ nie = die ‘christokrasie’ te probeer inbring nie.
- Daar is meer as een owerheid, Rom. 13 leer die meervoud van owerhede.
- Covid politiek was ‘n magsingrype op ‘n terrein wat nie vir die burgerlike owerheid gegee is nie.
- Belangrike onderskeid, vanuit die 5de gebod, tussen ‘onderwerping’ en ‘gehoorsaamheid’. Ons onderwerp ons aan die owerhede orals oor ons aangestel soos Rom. 13 leer, maar dit beteken nie absolute gehoorsaamheid aan hulle nie (wat God alleen toekom), beide burgers en burgerlike owerhede is gebonde aan God en sy wil.
- Geen godsdiensgelykheid nie, ongelowiges word nie vervolg oor hul ongeloof nie, maar hul moet in ‘n Christelike land die publieke orde respekteer, bv. nie God se Naam laster nie, 4de gebod wetgewing, ens. Christelike owerhede moet goeie bybelse wetgewing en strafreg daarstel om die bandeloosheid teen te werk.
- Volk en owerheid gaan saam, dit mag nie geskei word nie.
____________________________________
PREEK 1: Owerhede is dienaars van God, of hulle dit wil weet of nie
PREEK 2: Die gehoorsaming van die owerhede is gehoorsaamheid aan God
__________________________
Verdere inligting oor die burgerlike owerheid, se ampstaak volgens die Skrif.
NGB artikel 36 preke en verklarings hier.
Leave a Reply