WAT WIL DIE (GEREFORMEERDE) APOLOGETIEK?, Prof. PW Buys

WAT WIL DIE (GEREFORMEERDE) APOLOGETIEK?*

deur prof. dr. PW Buys


“soos dit vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra, aangesien julle almal in my boeie sowel as in die verdediging (Grieks: apologia) en bevestiging van die evangelie my deelgenote in die genade is.” (Filp. 1:7)

“Die feit dat dit nog nodig is om te skryf oor die taak en terrein van
die Gereformeerde Apologetiek en enigsins ‘n apologie vir die apologetiek te gee, moet vreemd aandoen. Het Bavinck nie al geskryf dat ‘Apologie is niets nieuws, maar is zoo oud als de openbaring zelve‘?. Van Christus skryf hierdie dogmaticus ‘zijn leer en leven was één doorlopend getuigenis en tegelijk ééne machtige apologie“. Dit skyn byna asof Bavinck hom op die standpunt stel van A. B. Bruce wat Apologetiek definieer as ‘Christianity defensively stated‘.” – prof. SP van der Walt

‘n Paar aanhalings uit prof. Buys se artikel, Wat wil die Apologetiek?:

Gereformeerde teenoor nie-gereformeerde apologetiek
Om hierdie vraag sinvol te beantwoord moet tussen nie-Gereformeerde en Gereformeerde Apologetiek onderskei word. Die doel van hierdie artikel is om krities te kyk na wat die nie-Gereformeerde Apologetiek as sy doel beskou en daarna teties te stel wat die Gereformeerde Apologetiek as sy taak aanvaar.

In hierdie ondersoek word dankbaar voortgebou op die inougurele redes van:

– V. Hepp (‘Gereformeerde Apologetiek), en

– S.P. van der Walt (‘Gereformeerde Apologetiek: sy taak en terrein‘), wat albei oor hierdie onderwerp handel…

 

Grondfout van die nie-Gereformeerde Apologetiek

Die grondfout van die nie-Gereformeerde Apologetiek is dat dit die volle lig van die besondere openbaring van God deur middel van die skemerlig van die algemene openbaring wil kontroleer en bestudeer. Dis so goed asof ’n mens ’n kers opsteek om te kyk of die son skyn. In die tyd van die Aufklarung het die Teologie so in voorafgaande apologieë opgegaan dat “die Christelike religie allengs teen sy apologete beskerm moes word! Die apologie wat aan die natuurteologie ontleen is, het steeds die Teologie voorafgegaan — en dit verduister! …

Na die afwysing van die nie-Gereformeerde Apologetiek kan die vraag met reg gestel word: Wat wil die Gereformeerde Apologetiek? Is dit moontlik om vir hierdie teologiese dissipline uit die Skrif ’n taak af te lei? Dit lyk my die enigste verantwoorde weg. Hier volg ’n paar padwysers in hierdie verband. …

Ook alle gelowiges, ook alle ampsdraers moet apologetiek beoefen, saam met die wetenskaplike beoefening daarvan
Die kerk het dus by monde van alle gelowiges en insonderheid die ampsdraers die roeping om die dwaling te weerlê. So word dit in die Bevestigingsformulier van predikante vervat: “Met die Heilige Skrif moet alle dwalinge en ketterye wat met die suiwere leer in stryd is, weerlê word”. …

Die weerlegging van die dwaalleer kan op naïewe, spontane wyse in die getuienis van gelowiges plaasvind. Maar dit moet ook op wetenskaplike wyse in die Teologie gedoen word, veral om dat die dwaalleer dikwels wetenskaplik geformuleer is.  Die wetenskaplike weerlegging van die dwaalleer — dis die taak van die Apologetiek of, anders gestel: die handhawing van die Gereformeerde dogma teenoor die dwaalleer. …

Vanuit Skrif en belydenis apologetiese beoefening
Dis (die Gereformeerde Apologetiek se) taak om uit Skrif en Belydenis (alle dwalinge se) grondfoute aan te toon en vanuit Skrif en Belydenis te weerlê. Om dit te kan doen moet die Apologetiek natuurlik deur ’n gespierde Gereformeerde Dogmatiek gerugsteun word. Die Dogmatiek moet die uiteensetting van die Skrifwaarheid gee. Die Apologetiek moet die waarheid teenoor die dwaalleer handhaaf.

Die Skrifwaarheid bepaal die ervaring, nie die ervaring die Skrifwaarheid nie

Slotsom: Die taak van die Apologetiek is nie om die aanvaarbaarheid van die Skrifwaarhede vanuit die ervaring te bewys soos talle nie-Gereformeerde teoloë dit wil nie. Die taak van die Gereformeerde Apologetiek is om die waarheid van Skrif en Belydenis teenoor die dwaalleer te handhaaf en te verdedig.

In hierdie laaste kwart van die twintigste eeu met sy dwalings wat tot sisteme uitgegroei het, het die Gereformeerde Apologetiek ’n ontsaglike taak.”
____________________________

* Oorspronklike opskrif: Wat wil die Apologetiek?, subopskrifte en beklemtonings bygevoeg. 

Prof. Buys se werk oor Dans en ander artikels.

Waarheid en Dwaling

Twee ander werke: Revival of Reformasie? ‘n Studie oor Metodisme; en, Onderskeiding van die geeste – hedendaagse pinksterstrominge.

Sien ook hierdie SA apologetiese bronne:

Bybelse Apologetiek: hoe verdedig ek my geloof?, Arne Verster

Apologetics Central, Arne Verster

Bybelse apologetiek, Pieter van Deventer

Die akademiese nalatenskap van prof. H.G. Stoker, prof. AWG Raath

HG Stoker publikasies: VCHO

Pro Regno artikels: Apologetiek

Pro Regno uitgawe oor Apologetiek

Apologetiek volgens W.D. Jonker, prof. Alwyn Swanepoel

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑