Posted by: proregno | February 5, 2011

Dans en Kleredrag

christen en kleredrag

1. Liturgiese dans

Ek kry deesdae allerlei advertensies vir ‘liturgiese dans en drama’ programme/klasse wat verskillende kerke, selfs tuisskoolgroepe, aanbied.  Dit het my laat soek na bronne oor die onderwerp, veral uit ‘n christelik-bybelse perspektief.

Die bronne is baie skaars, inteendeel, ek weet van geen bronne wat die onderwerp krities uit ‘n bybelse perspektief aanspreek nie, behalwe die volgende boek:

Shall We Dance? – Dance and drama in worship, deur Brian H. Edwards

Die boek is ongelukkig nie meer in die handel beskikbaar nie, maar hier en hier is resensies wat ‘n goeie oorsig van die boek gee.

‘n Paar aanhalings uit die resensies:

“In summary, there is no support for dancing in worship anywhere in the Scriptures! If God had wanted us to dance in worship He would have made it clear in His Word. God went to great lengths in the Old Testament to teach His people how to approach and worship Him. Dancing was not a component of that teaching. This also is true of New Testament teaching on worship. Edwards’ conclusions about the Scriptural evidence for dance are mirrored when it comes to drama. The New Testament says absolutely nothing about drama. Neither does the Old Testament.”

“I agree with Edwards that dance and drama are not essential to worship, and will go even further by stating that they ought not be used in worship. I pull my argument from Edwards’ book itself in the seventh chapter. The first century world was much worse than what it is now. Brutal, vile plays abounded throughout the Roman Empire. Paganism was rampant throughout the empire. A small band of men came preaching the Gospel of Jesus Christ and turned the world upside down. The Biblical record does not indicate any plays or dancing used to get the people’s attention or interest. The message of the cross in the power of the Holy Spirit changed lives. Contrary to the thought that plays and dancing really reach people for God, I agree with Edwards’ that preaching is the pinnacle of revealing God’s message to man. From Chrysostom to Martyn Lloyd-Jones, God has used men proclaiming His word to change lives. I agree with Edwards’ conclusion on page 143, ‘Two things only are needed in our churches today: a praying congregation and a preacher. Everything else will flow from this: pastoral care, living worship, meaningful fellowship, evangelistic zeal, earnest witness and conversions.’ “

2. Sosiale paardans

Dalk is dit hier waar die probleme begin het, omdat die wêreld die lyfies begin wikkel het, moet die kerk dit nou ook begin doen (1 Sam.8:5) ?

Prof. PW Buys van die GKSA het in 1980 ‘n deeglike studie oor die onderwerp gepubliseer, waar hy duidelike onderskeid maak tussen verskillende soorte danse wat hy as legitiem beskou, maar dat die Skrif die ‘sosiale paardans’ ten sterkste afkeur.

Hier is die opsomming van sy argumente teen laasgenoemde, uit sy boekie, Dans – ‘n gereformeerd etiese studie:

“Op die vraag of die Christen mag dans, het uit die voorgaande studie die volgende geblyk:

6.1 Dans as ritmiese beweging van die liggaam op die maat van die musiek is nie noodwendig oneties nie. Die godsdienstige koordanse in die Bybel, byvoorbeeld, was tot eer van God.

6.2 Sosiale paardans as spontane uiting van die menslike natuur (‘n natuur wat deur die sondeval geheel en al verdorwe is en sonder die wedergeboorte onbekwaam is tot enige goed en geneig tot alle kwaad) is ‘n opwekker, uitdrukking en kommunikasiemiddel van seksualiteit, veral promiskue seksualiteit, dikwels geïntensifieer deur opswepende musiek, spesiale beligting, alkohol en suggestiewe kleredrag.

6.3 Die eietydse sosiale paardans het ‘n revolusionêre inslag en is op die maat van psigedeliese musiek, soms met ‘n sterk antichristelike strekking en uiterste seksuele perversiteit, soos dit in slaafse navolging van beroemde danssterre uitgevoer word, nie net ‘n bedreiging vir die Christelike sede nie maar selfs vir die voortbestaan van kerk, staat en maatskappy.

6.4 Die roeping van die Christen, volgens Skrif en Belydenis, tot heiligmaking, vernuwing na die beeld van Christus, bekering, wêreldversaking, vervulling met die Heilige Gees in ‘n lewenswandel volgens die eise van die sewende gebod saam met die gebed: Lei ons nie in versoeking nie maar verlos ons van die Bose, laat geen plek in die lewe van die gelowige vir so ‘n uitgieting van losbandigheid as wat al in die Griekse komoi voorgekom het, en wat vandag nog voorkom in die sosiale paardans, en wat in die eietydse revolusionêre dansvorme ‘n demoniese uiterste bereik het.

6.5 Dit sal stellig nie moontlik wees om sosiale paardans, waarby die opwekking en kommunikasie van seksualiteit as’t ware ‘n onlosmaaklike gegewe is, met behoud van wat die moderne mens en veral die eietydse jeug in dans soek, tot ‘n “Gereformeerde dans” te stileer waaraan die Christen met ‘n goeie gewete tot eer van God kan meedoen nie. Danspartye onder toesig is ewe-eens ‘n onrealistiese, onpraktiese stuk selfmisleiding.

6.6 Die slotsom waartoe eerbiedwaardige Christene soos Calvyn en Totius (en dit sal nie moeilik wees om die lysie met baie name uit te brei nie) geraak het, is dat dans ‘n sondige praktyk is waardeur die deure vir die duiwel oopgemaak word om sy verwoestingswerk te verrig.

6.7 Die besluite van talle kerklike vergaderinge deur die eeue keur dans af. In die geval van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika staan daar ‘n sinodebesluit wat inhou dat lidmate wat volhard om te dans, voorwerpe van dissiplinêre bearbeiding en tugoefening is. Daar is op grond van Skrif en Belydenis geen rede om hierdie sinodebesluit te verander nie. Inteendeel, die eer van God en die behoud van lidmate eis dat hierdie besluit gehandhaaf en toegepas sal word.”

In 2007 het ek met verwysing na bogenoemde boekie, ‘n paar woorde oor die kwessie van dans geskryf, wat ek nou weer hier plaas:

Ek het nog altyd gewonder waar die spitsvondige kwaadwillige opmerking vandaan kom wat sê dat doppers wat dans gaan hel toe (wat geen dopper nog ooit beweer het nie).

In gister (27/09/2007) se “Aardklop-Beeld” op die (sopnat) voorblad, het ek
uiteindelik die antwoord gekry:

” ‘Dit was hier waar ons besluit het alle Doppers mag dans sonder dat hulle hel
toe sal gaan!’ het oudpres. F.W. de Klerk gister onder groot gelag onthul. Hy
het in die Gereformeerde kerk (sic) se sinodesaal (dit gesê) … De Klerk, dr.
Frederik van Zyl Slabbert, voormalige opposisieleier, prof. Theuns Eloff,
visekanselier van die NWU, en Henry Jeffreys …. was saam met gespreksleier,
Freek Robinson, tot vreugde van die gehoor dikwels spitsvondig terwyl hulle
gewigtige politieke sake aangeroer het.”

Dit het my laat dink aan die woorde van JW von Goethe: “Die mens openbaar sy
karakter nêrens duideliker nie as in die dinge waarvoor hy lag.”

Vir die wat meer wil lees oor die gereformeerde standpunt aangaande “dans”, sien die werkie van prof. PW Buys “Dans: ‘n gereformeerd-etiese studie” (CJBF,
Potchefstroom, 1980). Sien die inleiding en inhoudsopgawe hieronder van hierdie werk.

Insiggewend in prof. Buys se werkie, is dat hy daarop wys dat brassery (Grieks: komos) van Gal.5:21 en 1 Petr.4:3 dui op “oordadige eet- en drinkpartye. Dit was danspartye … Liddell en Scott (dui) dit in hulle woordeboek aan: Komos, a
revel, carousal, merrymaking. Lat. comessatio, with music and dancing. .. Die
komoi was dus buite alle twyfel danspartye, ‘n Griekse instelling soos die
eietydse ‘dine and dance’ ” (p.25,26)

Die (im)morele slagveld oftewel slagting van ons tye (buite maar ook
binne die kerk) het onteensegtlik bewys dat die “doppers kan maar dans”
spottende spitsvondige etiek klaaglik misluk het, en dat ons ‘eng’ voorvaders soos Calvyn, Totius en PW Buys reg was: Doppers behoort (nogsteeds) nie te dans nie.

Inleiding van PW Buys se boekie

“Die mensdom van die twintigste eeu word meegesleur deur ‘n haas onbedwingpare drif om te dans. By sowat alle denkbare sosiale ge­leenthede word daar gedans: huispartytjies, verjaardae, matriek­afskeide, gesellighede na sportbyeenkomste, die insameling van geld vir liefdadigheid. Die Christen word voortdurend, in talle van die sosiale verbande waaraan hy behoort, voor die keuse gestel: om saam te dans of te weier.

Daar is nog baie Christene wat weier om te dans. Maar daar is ook ‘n groot
aantal wat daar geen kwaad in sien nie en daarom saamdans. Hieruit ontstaan ‘n
onhoudbare situasie. Minstens twee van die Afrikaanse kerke, t. w. die
Gereformeerde Kerk en die NG kerk, het Sinodebesluite geneem waarin dans
veroordeel word (vgl. punt 5). Ondertussen is daar’n aansienlike persentasie
lidmate van hierdie twee Kerke wat dans, klaarblyklik dikwels met medewete van hulle Kerke. Onlangs nog is in die Stadsraad van Potchefstroom “een van die
sterkste pleidooie vir die voorsiening van dansgeriewe vir Potchefstroom se
jongmense (gelewer). Mnr. Oosthuizen, self ‘n ouderling in die kerk, sê die dorp
is besig om ons jongmense juis na sonde te dryf deur nie aan hulle geriewe waar
hulle onder toesig kan dans te verskaf nie. Hy het gesê geen predikant sal hom
van die teendeel oortuig nie. . .” (Anon., 1979, p.1).

Waar moet dit heen as die Sinode in ‘n duidelike uitspraak dans veroordeel, maar die ouderlinge van die kerk moedig die lid­mate aan om te dans ! Hierdie
situasie roep om ernstige besinning. Uitsluitsel oor die danskwessie word nog
noodsaakliker in die lig van die feit dat daar tekens van ‘n kentering by
Gereformeerde teoloë oor die vraag of dans sonde is, te bespeur is.

Calvyn (s.j., IV, p. 150), die vader van die Gereformeerde lewens- en
wereldbeskou­ing, sê in ‘n preek wat oor die sewende gebod handel: “Zoo zeggen
zij, die graag dansen en losbandigheid begeeren: 0, als er maar geen hoererij
bij is, is dat dan zoo slecht? Het is alsof zij voluit met God willen spotten en
Hem blinddoeken om Hem te slaan en dat Hij dan mag raden of er eenig kwaad in schuilt. Nu weet men wel, dat de dansen slechts inleiding kunnen zijn tot
hoe­rerij, dat zij dienen om elkaar klaarblijkelijk de deur voor Satan open te
doen en te roepen dat hij kome, en dat hij stoutmoedig binnentrede. Dat zullen
de dansen altijd meebrengen. Als men zegt: ik heb geen boozen hartstocht gehad, zoo maakt gij God tot een leugenaar.”

Lê hiernaas die uitsprake van twee Gereformeerde etici. Die eerste is Schippers
(1955, p. 225), wat ‘n stilering van die erotiese as ‘n gawe van God bepleit,
sodat daar ook deur Christene gedans kan word op ‘n wyse waardeur hulle lewe
veredel word. Die tweede, Van Wyk (1975, p. 9), is hoopvol dat daar iets soos ‘n
“Gereformeerde dans” ontwikkel kan word, ‘n ritmiese spel “wat ontdaan is vanuit (sic) die omklemming van sonde en perversiteit waaraan die moderne dans mank gaan, en waaraan die Christelike jongmense met ‘n goeie gewete kan deelneem”. ‘n Logiese ver­lengstuk van hierdie standpunt in die praktyk is dans onder “toesig” soos dit by sommige inrigtings vir hoer onderwys gedoen word.

Hierdie klaarblyklike tweespalt tussen Gereformeerdes maak dit noodsaaklik dat opnuut vanuit die Skrif en die Gereformeerde belydenis oor die dansvraagstuk besin sal word.

Die doel van hierdie studie is om ‘n Gereformeerd-etiese ant­woord te gee op die
vraag of ‘n Christen mag dans.

Die woord dans dek egter so ‘n wye verskeidenheid verskynsels dat begrensing van die ondersoek nodig is. Dans sluit onder meer in: godsdienstige koordanse uit die Bybelse tyd, dans as kunsvorm soos ballet, tradisionele volksdansies, of
volkspele soos dit in Suid­Afrika bekend staan, en dan die sosiale dans of
paardans van man en vrou met sy wye verskeidenheid wat wissel van die statige minuet en wals tot die wildste eietydse rock ‘n ‘roll, twist, rumba, samba
ensovoorts.

Hierdie ondersoek word tot die sosiale paardans in die alge­meen en veral die
eietydse sosiale dans beperk. Dit is immers hier­die dansvorme waaraan die
Christene langsamerhand al meer begin meedoen en waaroor die konflik tussen
kerklike besluite en die lewenspraktyk van lidmate bestaan. Agtereenvolgens sal aan die orde gestel word: Sosiale paardans in die algemeen; ‘n beskrywing van die eietydse sosiale dans; ‘n beoordeling vanuit die Skrif en Belydenisskrifte; die standpunt van die Gereformeerde Kerke; ‘n slotsom.

Inhoud:
1. Inleiding

2. Sosiale paardans in die algemeen
2.1 Definisie 9
2.2 ‘n Algemeen menslike verskynsel 9
2.3 Eie aan die menslike natuur 9
2.4 ‘n Opwekker van emosie 9
2.5 ‘n Uitdrukking van emosie 10
2.6 ‘n Vorm van kommunikasie 10
2.7 Die rol van musiekbegeleiding 11
2.8 Die rol van beligting, dwelmmiddels en kleredrag .. 12
2.9 ‘n Vorm van ontspanning en ontvlugting . 12
2.10 Dans en seksualiteit . 12

3. Die eietydse sosiale paardans . 13
3.1 Bronne … 13
3.2 Kentering in vorm en styl . 13
3.3 Rol van vroue-emansipasie 14
3.4 Anti- “establishment” . 14
3.5 Eietydse musiek 15
3.6 Dwelmverslawing 16
3.7 ‘n Onderdeel van die Revolusie van die twintigste eeu . 16
3.8 Seksuele inslag . 16
3.9 Wet van die mode: navolging. 18
3.10 Samevatting 18

4. Dans by die lig van Skrif en Belydenis . 18
4.1 Uitgangspunt 18
4.2 Roeping tot heiligmaking-en dans. 19
4.3 Vernuwing na die beeld van Christus – en dans. 20
4.4 Wedergeboorte en bekering – en dans . 22
4.5 In die wereld maar nie van die wereld nie – en dans . 22
4.6 Die tempel van die Heilige Gees – en dans . . . .. .. .. .. 23
4.7 Die sewende gebod – en dans. 24
4.8 Gebed – en dans 27
4.9 Wat jy saai, sal jy maai. 28

5. Kerklike uitsprake oor dans. 28
6. Slotsom. 29

3. Kleredrag en ‘n laaste paar praktiese vrae:

1. Vaders, as jy nie daarvan sal hou as ‘n ander man jou vrou om haar lyfie vashou en liggame teen mekaar gedruk op die ritmiese maat van ‘n ‘love song’ heen en weer beweeg nie, of nie daarvan sal hou dat jou vrou allerlei suggestiewe dansende swaaibewegings doen voor ander mans nie … waarom laat jy dit toe dat jou tienerdogter/seun dit met iemand anders se toekomstige man/vrou doen ? (Matt.14:6)

2. Moeders en dogters, as jy nie daarvan sal hou dat ‘n vrou met haar ‘eina-bra’ in die openbaar rondloop nie, hoekom doen jy dit dan met daardie ‘eina-bikini’ in die openbaar by openbare swemplekke ? (sien Spr.5:16,17)

3. Vaders en moeders, besef opnuut dat kleredrag en dans, d.w.s. wat ons met ons liggame doen, is geen onbelangrike saak nie. Moet ook nie nou probeer skuil agter die ‘ons wil nie wetties wees nie’ verskoning.  Nee, dit is ‘n saak van heiligmaking, van dankbaarheid, waarsonder ons die Here nie sal sien nie (Hebr.12:14).  Ons word nie gered deur wat ons doen met ons liggaam nie, maar wat ons met ons liggame doen openbaar/wys (letterlik en/of figuurlik!) of ons gered is, en ongelukkig is daar baie Christene wat meen ons is net ‘geestelik’ gered, en nie ook ‘liggaamlik’ nie.  Maar, laasgenoemde is ‘n gnostiese dwaling (‘gees is belangrik, nie die liggaam nie’) en nie die ware Evangelie van Christus nie, wat beide gees én liggaam red:

19 Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? 20 Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort. – 1 Kor.6

Daarom bely ons ook in Sondag 1 van die Heidelbergste Kategismus:

Vraag 1: Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe? Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus behoort.

Eties-morele implikasie van ons redding in Christus alleen: sien HK Sondag 41

Oor kleredrag, sien prof. Paul de Bruyn se boek: Die Christen en Kleredragen begin weer kleredra tot eer van God (1 Kor.10:31).

Inhoudsopgawe

Hoofstuk 1: Die Huidige Situasie: Die rewolusie van die mode

1.1 Rewolusie

1.2 Seksuele rewolusie

1.3 Mode rewolusie

1.4 Ontbindingsproses

1.5 Naaktheid – teken van ons tyd

1.6 Ekshibisionisme

1.7 Naaklopery

Hoofstuk 2: Die doel en funksie van klere

Hoofstuk 3: Na die Bybel

Hoofstuk 4: Klere as bedekking

Hoofstuk 5: Die vorm van kleredrag

Hoofstuk 6: Klere as teken van sonde en genade

Hoofstuk 7: Kleredrag en skaamte

7.1 Wat is skaamte?

7.2 Die oorsprong van skaamte

7.3 Die betekenis van skaamte

7.4 Naaktheid en skaamte

7.5 Die bevordering van die regte skaamte

Hoofstuk 8: Klere as openbaring van gesindheid en karakter

Hoofstuk 9: Die liggaam – ‘n tempel van God

Hoofstuk 10: Hoeveel moet bedek wees?

Hoofstuk 11: Verskyning in die publiek (onsedelike aanrandings)

Hoofstuk 12: Gevaar tydens hofmakery

Hoofstuk 13: Swemklere

Hoofstuk 14: Ontkleedanse

Hoofstuk 15: Unisex

Hoofstuk 16: Die innerlike versiering van die vrou

Hoofstuk 17: Konklusies

Geraadpleegde werke

“DIE gees van die tyd en die lewensbeskouing wat mense huldig word gewoonlik duidelik in hulle kleredrag geopenbaar. Anatole France het by ‘n geleentheid gesê: As dit my toegelaat sou word om honderd jaar na my dood net een boek uit te kies uit al die boeke wat dan gepubliseer sal word, sal ek ‘n modetydskrif kies om te sien wat se klere die vrouens dan aantrek. Hulle tooisels sal my meer van die gemeenskap van daardie tyd kan sê as al die filosowe en predikers.   Die waarheid van hierdie uitspraak word ook in ons tyd duidelik geopenbaar. Op die terrein van die kleredrag en die modes het ons vandag te doen met ‘n rewolusie, ‘n totale omwenteling. Hierdie moderewolusie is egter niks anders nie as een van die openbaringsvorme van die huidige seksuele rewolusie.”


Responses

  1. Dankie Slabbert – dis nodig.

  2. Excellent article as far as I could understand it.
    A subject nobody seems to want to tackle .
    Titus 2 verse 3
    I think this is something that is sorely neglected among us .
    I see this as primarily a task for our sisters in the congregation .
    Greetings ,Albert

  3. […] Dans en kleredrag […]


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: