Die ewige sabbatsrus in Christus, lei tot die eerste dag van die week sabbatsrus elke week: twee leerpreke oor HK Sondag 38 – die vierde gebod, ook vir vandag!

Die ewige sabbatsrus in Christus, lei tot die eerste dag van die week sabbatsrus elke week: twee leerpreke oor HK Sondag 38 – die vierde gebod, ook vir vandag!

 

PREEK 1:  Markus 2:23-28 

“En Hy sê vir hulle: Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie.  Daarom is die Seun van die mens Here ook van die sabbat.” (Markus 2:27–28)

HK Sondag 38, “Vraag 103: Wat gebied God in die vierde gebod ? Antwoord: God wil ten eerste dat die Woordbediening en die skole in stand gehou word. Ook moet ek veral op die rusdag ywerig met die gemeente van God saamkom om die Woord van God te hoor, die sakramente te gebruik, die Here openlik aan te roep en die Christelike liefdegawes te gee. Ten tweede moet ek elke dag van my lewe van my bose werke rus en die Here deur sy Gees in my laat werk. So begin ek die ewige sabbat reeds in hierdie lewe.

TEMA: Die ware ewige rus deur die geloof in Christus, die HERE van die Sabbat, bepaal ons dankbaarheidslewe volgens die vierde gebod, anders gestel: as ons die rus in Christus vind, dan is die 4de gebod ‘n dankbaarheidsvreugde my lewe lank!

Aflaai (GK Carletonville, 16 Maart 2025): Markus 2:27,28

PREEK 2: Hebreërs 4:1-11

8Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ’n ander dag daarná spreek nie. 9Daar bly dus ’n sabbatsrus oor vir die volk van God; 10want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne. 11Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.” (Hebreërs 4:8–11)

HK Sondag 38, “Vraag 103: Wat gebied God in die vierde gebod ? Antwoord: God wil ten eerste dat die Woordbediening en die skole in stand gehou word. Ook moet ek veral op die rusdag ywerig met die gemeente van God saamkom om die Woord van God te hoor, die sakramente te gebruik, die Here openlik aan te roep en die Christelike liefdegawes te gee. Ten tweede moet ek elke dag van my lewe van my bose werke rus en die Here deur sy Gees in my laat werk. So begin ek die ewige sabbat reeds in hierdie lewe.”

TEMA: Ons leer uit die Hebreërboek vandag – wat Christus handhaaf in Mark. 2:27,28; dat die ewige rus in Christus as ‘Verlosser en Here’ deur die geloof, lei tot die dankbare onderhouding van die weeklikse rus dag

Aflaai (GK Carletonville, 23 Maart 2025): Hebreërs 4:8-11

OORSIG

Om die sabbat (rus), in sy OT en NT vorm en inhoud, reg te verstaan (in sy volle Skriftuurlike openbaringshistoriese konteks vervul én gehandhaaf in en deur Christus), is:

1) om die evangelie van Christus reg te verstaan, wat ware ewige en tydelike rus is, en

2) daarom, die verhouding tussen OT – NT reg te verstaan, en ten einde,

3) die verhouding wet – evangelie reg te verstaan,

4) alles tot verheerliking van God en die heil van ons naaste.

Dwaal hier, ook by die vierde gebod, dan gaan ons dwaal wat al hierdie aspekte betref, ook wat die ander gebooie van God betref in verhouding tot die evangelie van Christus, ons gaan dwaal hetsy deur nomianisme/legalisme (redding deur wet), of losbandigheid/antinomianisme (ons is nou los[bandig] van alle wet van God).

In die GKSA is daar al baie dekades baie ‘onrus’ in ons kerke, en daar is baie redes daarvoor, wat gesonde selfondersoek vereis, vir almal vir ons: sake soos Skrifbeskouing, Skrifgesag, sake soos ‘wine, women and song’, gebrek aan huisgodsdiens, verbrokkeling van huwelik en gesin,  afwyking van wat die Skrif leer oor ons roeping en take as kerke, die verwerping van die kinderseën, wêreldgelykvormigheid of wêreldmyding, liefdeloosheid teenoor mekaar en die naaste daarbuite, liberale teologie, feminisme, humanisme, sinkretisme, ens, ens., sien 2 Tim. 4:3,4

Maar, toe die GKSA sinode in 2003, ‘n nuwe Sondag of Sabbatsbeskouing aanvaar het, het daar lyk my nog baie meer ‘onrus’ ook daardeur gekom, wat ons kerke beinvloed oor die rykdom en erns van die rusdag in ons tye?  Was dit bloot ‘n onskuldige (onkundige?) besluit of ‘n openbaring dalk van kerke en kerkverband wat nie meer werklik die ‘ware ewige sabbatsrus’ reg verstaan nie, dalk ‘n verkeerde of verdraaide siening van ‘wet en evangelie’, verhouding OT-NT, ens nie?

Ds. Gustav Opperman skryf in sy destydse artikel, Die Doppers en hul Sabbat, o.a. as volg daaroor:

“Met die sinodebesluit van 2003 van die GKSA aangaande die verhouding Sondag en Sabbat word daar ‘n verhouding met die Sabbat-beginsel verbreek. Hierdie Sabbat-beginsel het onder gereformeerdes in Suid-Afrika gegeld vanaf die kerkstigting in Suid-Afrika in 1652. Volgens die 2003 sinodebesluit is die Sabbat-beginsel nie meer ‘n skeppingsordening nie. Gelowiges en ander staatsburgers staan ook onder geen verpligting meer om een uit sewe dae van hulle arbeid te rus nie. Alhoewel rus van werk goed en nodig is vir die mens, is daar, volgens Sinode 2003 nie ‘n bepaalde Skriftelike opdrag om een dag daarvoor af te sonder nie

Verpligte eredienste vir die geloofsgemeenskap op Sondae word ook afgeskaf. Dit is slegs in “navolging van die gebruik van die vroeg-Christelike kerk” dat ons nog eredienste op ‘n bepaalde dag in die week hou. Hiervoor word die Sondag “primêr” benut. Enige ander dag in die week sou egter ook goedskiks vir die doel aangewend kon word. Die Sondag kan wel as ‘n feesdag gesien word, maar die motivering daarvoor is nie heeltemal duidelik nie. Met verwysing na die samekomste op die opstandingsdag het dit waarskynlik geskied omdat die destydse geloofsgemeenskap so daardeur beïndruk was dat hulle daarmee voorgegaan het. Dit wil ook nie sê dat die Sondag noodwendig daardeur die dag vir die erediens geword het nie. Dit het net tipies op die Sondag uitdrukking gevind.

Met hierdie besluit word twee woorde in die Afrikaanse taal nou voortaan tot die geskiedenisboeke beperk: Sabbatsheiliging en Sabbatsontheiliging. Dit staan die gelowige, die ongelowige en hulle owerhede nou vry om met die Sondag/Sabbat te maak wat hulle wil.

Probleme wat daar voorheen met Sondagsport en Sondaghandel was, is dus nou ook iets van die verlede. In die sinodes wat kom sal die kerkregtelike implikasies van hierdie besluit seker verder uitgewerk moet word. Soos Prof Bouke Spoelstra tereg aandui, het artikel 67 van die Dordtse Kerkorde van 1618/19 byvoorbeeld nog altyd die Sondagviering as uitgangspunt gehad. Tot op hede word hierdie KO nog deur die GKSA gebruik.”

Luister gerus na my twee preke hierbo, waarin ek die breë lyne van die Skrif aandui oor hierdie belangrike saak, waaroor ons ons opnuut moet verootmoedig, bekeer en na die Here se wil vra, in ons dankbaarheidslewe, ook volgens die vierde gebod, in Christus, deur sy Gees en Woord.

Sien ook hier onder meer artikels wat die onderwerp aanspreek.

‘n Paar aanhalings uit die preke (aanhalings en audio stem nie in alles ooreen nie):

“Die tragiese, is dat albei hierdie uiterstes (die vasklou aan OT sabbat vorm sonder om die koms van Christus te verreken, asook die losbandige verwerping van die sabbat as skeppingsorde as rede vir ‘n weeklikse NT sabbat)  juis die hele doel en betekenis van die vierde gebod, die rusdag mis, en bo alles, juis die einde, die doel van die wet mis, nl. ware volkome rus, tydelik en ewig in Jesus Christus… die ‘Koning van die rusdag’, en dan daaruit sal dan vloei:
– dat ons moet én kan stop… met ons daaglikse arbeid van ses dae, en eendag rus, en…
– die week kan ingaan om waarlik vanuit die ewige rus in Christus te arbei.

Die ondersoek vraag vir ons almal: baie mense, ja ook in die kerk, het nog nie die ware hartgrondige rus deur die geloof in Christus gevind nie, en daarom nie net wil hul nie, maar kan hul nie stop… om te rus en te aanbid 1 dag in 7 nie, en die verdere hartseer, dan kan hul ook nie waarlik die Here van harte dien nie net op die 1 dag nie, maar ook in die res van die week nie, onrustige harte kan nie …. rus nie!”

“….. So, geliefdes, volgens die hele Skrif, moet duidelik onderskei word oor a) wat is altyd geldig vir alle tye, ook vir die kerk tot die laaste dag toe, die skeppingsorde, die morele wet aspek van die 4de gebod…. en dan die sermoniële tydelike aspekte van die 4de gebod wat vir Israel gegeld het, vervul in Christus, wat verby is, dus nie vir alle tye nie (sien Bavinck aanhaling hier onder).

En, as mens dit nie mooi leer en onderskei nie, dan verval mens in daardie twee uiterstes: die wettisisme van die fariseërs wat alle vreugde en rus van die rusdag en die res van die lewe wegvat, of die antinomianiste, die losbandiges wat alles, die hele 4de gebod verag en nie meer ‘veral’ op die rusdag wil bymekaarkom nie… contra wat Jesus ons juis hier leer in Markus 2…”

“…. Vir die Fariseërs het die wet ‘n doel opsigself geword, om daardeur gered te word… Hulle het gedink hulle het nie gesondig nie, terwyl die hele wet geroep het na Christus se offer, ook en veral die sabbatswette van die OT! Hy wat juis die ‘einde van die wet’ is, die ‘doel’ van die wet, sien Rom. 10:4.

EN NOU BELANGRIK, omdat hul nie die ‘rus’ wat Jesus alleen bring, Homself raakgesien het nie…. wat het hul dade gewys en geopenbaar van hul  sabbatsbeskouing’?

Tragies ja, hulle kon nie Hom as die ware God aanbid ‘in gees en waarheid’ nie… Jesus nie eer nie, kon nie die Vader eer nie, Joh. 5:23…. so hulle het heeltemal die eerste motief van die rusdag gemis, aanbidding van die enigste ware God. En, omdat hulself nie rus gevind het in Christus nie, het hul almal, hul naaste belas met eiewillige wette en regulasies en redding deur werke…. wat vandag nog plaasvind, die wat wil terugkeer na die ou bedeling, en ou (verdraaide)  sabbatsbeskouing, en allerlei verdraaide vorms ook nog daarvan vandag ook!

As, Jesus dan vir hul daar sê in Mark. 2… die sabbat is vir die mens… dan is dit juis om te sê dat die skeppingsorde van 6/1 en nou 1/6 is vir die ‘mens (let wel: ‘antropos’ in die Grieks, dus nié net vir die Jode nie, nie net vir NT gelowiges en kerkgangers nie, maar vir alle mense, volke stamme en tale is dit ‘goed’, die band tussen ‘goed’ in Gen. 1:31 en Gen. 2:1-3… is alles voor die sondeval, voor die ‘Joodse staat’, voor ‘Moses’!)

En sien Jesus se liefde vir die naaste, op die sabbat… Mark. 2:4 … lees!

Ja, dit is goed vir alle mense om die enigste ware God te aanbid, die ‘sabbat’ wat deur die sonde ‘onrus’ verlore laat gaan het, is weer teruggebring deur die enigste ware Rusbringer, Jesus Christus. … sodat ons goed kan doen teenoor die Here in aanbidding, maar ook die liefde en liefdegawes vir die naaste, om die erediens in stand te hou, om die teologiese skole in stand te hou, om mekaar te dien, ens”

“… In Mark. 2:27-28 openbaar Jesus Hom as beide, die Verlosser vanuit die sonde wat onrus bring…  (waarvan Deut. 5:15 rusdag motief getuig), sodat ons die ware rus kan vind, vir die ewigheid bo alles, maar ook ons daaglikse lewe, ‘elke’ dag van ons lewe, ons ganse lewe, totdat ons eendag die finale volkome rus in gaan, met die voleinding en wederkoms, sien Hebr. 12:22-29.

Jesus het die einde gebring aan die seremonies en heenwysings, die OT vorm van die sabbat, maar nié die sabbat wat tot in ewigheid bly nie, sien ook NGB artikel 25!

Deur sy lewe, sterwe, opstanding en hemelvaart… bring Jesus weer die ware rus en herstel en handhaaf die skeppingsorde, dus Gen. 2:1-3, met die doel dat nie net ‘veral’ op die eerste dag nie, maar die hele week, en my ganse lewe nou bepaal sal word deur die ‘rus’ wat Jesus vir my gebring het…. die sleutel geliefdes van al die ‘doen dinge’ wat Koning Jesus beveel vir die vierde dag, saamgevat in  HK Sondag 38…. is daarom die laaste twee sinne van antw. 103, nl. ‘Ten tweede moet ek elke dag van my lewe van my bose werke rus en die Here deur sy Gees in my laat werk. So begin ek die ewige sabbat reeds in hierdie lewe’ …. …  wat ons volgende keer verder oor gaan leer (Hebr. 4:8-11- preek) en dan sien hoe dit nie anders kan as om te vloei dat ek gewillig en met vreugde, kan ‘stop’, ophou met my 6 dae werk…. en 1 dag rus en aanbid ….

Die geweldige implikasie van as ek dit nie van harte wil of kan doen nie wat saamgevat word in antw. 103 van die HK nie, om 6dae te werk en 1 dag te rus… dat ek, ek en my gesin, ek en my gemeente, ek en my gemeenskap, ek en my volk, land, ens. …. dan weet ek nog nie, of verstaan ons nog nie die ware evangelie van ware rus in Christus alleen nie!”

“… Die doel van die skepping en herskepping is die aanbidding van die enigste ware God, en daardie ‘stop’ om dit te doen en te kan doen, kom alleen deur die geloof in Christus, en om dan vanuit die rus in Christus, weer te gaan … werk tot sy eer en die heil van my naaste, alles in dankbaarheid.

Ek moet dus vir Jesus ken as die Verlosser wat die 4de gebod volkome kom vervul het, al die eise, al die aanklagtes… en dan juis ook as die Here, die Koning van al my rus, elke dag van my lewe, maar veral op die eerste dag van die week, soos geskrywe staan van die Verlosser en ‘Here van die Sabbat’:

“Hy (Jesus) is die beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte — alle dinge (dus ook Gen. 1:1-2:3) is deur Hom en tot Hom geskape.” (Kol. 1:15–16)”

“Die Hebreërskrywer haal Ps. 95:7 aan… en, dit geld vir alle tye geliefdes, ook vir ons, dat ons nie mag terugkeer na die OT bedeling, seremonies en heenwysings nie, ook nie na die Joodse vorm van die sabbat nie!

Verharding beteken om nie Christus raak te sien as die vervulling van die Ou sabbat (en hele OT) wat heengewys het nie… die 7de dag as teken het heeltyd heengewys na Christus se opstandingsdag, die eerste dag van die week (Ps. 118:24; Op. 1:10), ja, selfs toe die OT volk fisies bevry is uit Egipte se slawehuis, selfs Kanaan was nie die finale rus en doel nie, die tempel ens die finale plek van aanbidding nie (Joh. 4:22-28)… dit alles was nie die finale doel nie.

Dit het heeltyd heengegryp en geprofeteer en gewys na die NT vervulling, na Jesus wat moes kom om die ware ewige rus te bring… soos ons bely in v/a 19….wat ook die sleutel is om die vierde gebod reg te verstaan:

Vraag 19: Waaruit weet jy dit, o.a. van die ware rus wat Jesus bring, die ‘ewige sabbat’?  Antwoord: Uit die heilige evangelie, wat God self aanvanklik in die paradys bekend gemaak het. Daarna het Hy dit deur die heilige aartsvaders en die profete laat verkondig en deur die offers en ander seremonies van die wet laat uitbeeld. Eindelik het Hy dit deur sy eniggebore Seun vervul.

“Vers 8, Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ’n ander dag daarná spreek nie.”

As die beloofde land die redding self was, die tempel, besnydenis is die redding self… dan sou hy nie van ‘n ander dag, die eerste dag vertel en geprofeteer het nie, van die Ps. 118:24; Op. 1:10 dag gespreek het nie… dan was Jesus nie nodig nie…!

VANDAG: as dit jou afstammeling, as dit jou volkskap, jou gesin, doop, kerkgewoontes, ens., opsigself is wat jou red… dat jy eintlik sê jy het nie die eerste en tweede koms se ewige rus in Christus nodig nie… dan het jy nie ware ewige rus in Christus nie, of verstaan nog nie die evangelie reg nie, dan geld die ontfermende maar sterk liefdevolle vermaninge van Hebr. 4:1-6, luister daarna, en bekeer jou!

“Vers 9, Daar bly dus ’n sabbatsrus oor vir die volk van God; 10want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.”

Geliefdes, hierdie ware ewige rus is waarvan die 7de dag in die OT en die 1ste dag getuig en oproep, VANDAG as jy sy stem hoor, verhard julle harte nie, kom na Hom wat die ware ewige sabbatsrus bring, naamlik om die Vader te ken, en sy Seun (Joh. 17:3), en as jy dit doen, kan jy en sal jy waarlik kan begin rus, reeds in hierdie lewe, en volkome en volmaak in die ewige lewe, waarvan die laaste twee sinne in Sondag 38 getuig in navolging van die Skrif!

Dan is dit ook nie meer ‘n las om al die ‘doen’ dinge in dankbaarheid te doen waarvan HK So. 38 ons herinner nie, soos die Hebreërprediker ons ook almal aanhou oproep:

“19TERWYL ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus 20op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, 21en ons ’n groot Priester oor die huis van God het, 22laat ons toetree met ’n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ’n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water. 23Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou; 24en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; 25en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.” (Hebr. 10:19–25)

En as u vandag as sy stem hoor, en erken u worstel daarmee, om op die rusdag werklik te rus, om die ‘veral’ dinge ook ‘ywerig’ te doen, en dat u weet u moet bekeer en opnuut reg glo en doen in dankbaarheid volgens die vierde gebod…. lees die genadige troosvolle uitnodiging in Hebr. 4:14-16, en dan veral die ‘Here van die Sabbat’ se eie woorde, vir jou en vir ons almal, glo dit van harte:

“TERWYL ons dan ’n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. Want ons het nie ’n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word” (Hebr. 4:14–16)

En:

“Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.” (Matthew 11:28–30) ….

Ja, ook die dankbare ‘las’ van die vierdie gebod, is sag en lig, vir hulle wat waarlik die ewige sabbatsrus, deur die geloof in Christus ingegaan het…

Amen.

________________________________

Post-Acta van die Sinode van Dordt oor die rusdag:

1. The Fourth Commandment contains a ceremonial element and a moral
element.
2. The ceremonial element consisted in resting on the seventh day after
creation and strict observance of the same day imposed specifically
upon the Jewish people.
3. The moral element consisted in setting aside a specific, fixed day for
worship, a devout contemplation of which is needed both for rest
and for worship.
4. The Sabbath of the Jews having been abrogated, Christians must
sanctify the Lord’s Day solemnly.

5. This day has always been kept since the time of the apostles.
6. This day must also be designated for worship so that, except for what is
required by love and immediate necessity, people on that same day rest
from all servile labor, and also from all such diversions as hinder the
practice of worship

Bron: H. Bavinck, Reformed Ethics, Baker Academic, 2021, vol. 2, p. 267-268

Wie het die Sabbat tot Sondag verander: Keiser Konstantyn of die Roomse Pous?, deur DM Canright (in Afrikaans vertaal deur ds. HCJ Flemming)

“De sabbat, die niet door God Zelf ingesteld is, maar die God door middel van Zijn gemeente heeft ingesteld onder het Nieuwe Testament, is de eerste dag der week, of de dag des Heeren, veelal „Zondag” genoemd; welke dag de Christelijke gemeente trouwens van de tijd der Apostelen af onderhoudt, in plaats van de zevende dag, vanwege de opstanding van de Heere, Openb. 1:10: „En ik was in den Geest op den dag des Heeren”, enz.” – Ursinus (opsteller en verklaarder van die Heidelbergse Kategismus)

Bronne om verder te studeer:  Sabbat na Sondag

DIE NUWE TESTAMENT SABBAT – SATERDAG OF SONDAG ?

Waarom vier die Kerk van die Nuwe Testament die Sabbat op die eerste dag van die week ?

“DAT EK MET DIE GEMEENTE VAN GOD YWERIG MOET OPKOM … DIE EWIGE SABBAT IN HIERDIE LEWE BEGIN” — HK, vraag 103.

Die Doppers en hul Sabbat, ds. Gustav Opperman

https://proregno.com/wp-content/uploads/2010/11/doppers-en-hul-sabbat.pdf

Why Do Christians Worship on Sunday and Not Saturday?

Lord’s Day Observance:  Man’s Proper Response to the Fourth Commandment

The Christian Sabbath Explained, Proved, Applied, rev. Brian Schwertley

The Covenantal Sabbath, dr FN Lee

http://www.the-highway.com/Covsab_TOC.html

Sien by hierdie lesing en skakel meer inligting en bronne oor ‘Konstantyn en konstantianisme – vir en teen’:

TSV LESING: GEREFORMEERDES, ANABAPTISTE EN HUL STIEFKINDERS – WIE IS DIE NASATE VAN DIE REFORMASIE?

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑