DIE NUWE TESTAMENT SABBAT – SATERDAG OF SONDAG ?

DIE NUWE TESTAMENT SABBAT – SATERDAG OF SONDAG ?

Die Sabbatsbeginsel

Die Sabbatsbeginsel word in Genesis 2:1-3 gegee,

“SO is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag. En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.”

Die woord gerus kom van die Hebreeuse woord shabat.  God het ‘n dag afgesonder met ‘n bepaalde doel.  In Ex.16:22-30 blyk dit die onderhouding van die Sabbat reeds voor die gee van die Tien Gebooie bekend was. Die sabbatsbeginsel ontstaan nie by Sinai nie, maar kry ‘n bepaalde vorm en doel met die volk Israel wat later in vervulling gaan met Christus se koms.

Om ‘n ‘uitdruklike gebod’ te soek in die Nuwe Testament vir die onderhouding van die Sabbat soos dit vervul en bevestig is in die Sondag, is om ‘n ‘uitdruklike gebod’  te soek vir die doop van kinders, waar die word ‘kind’ voorkom.  Die gebod om kinders te doop is egter reeds by implikasie gegee deur die bevel om seuntjies besny in die Ou Testament (sien NGB art.34 se bewoording: “soos die Here in die wet beveel het”), en word afgelei (Westminster Konfessie, I.6) uit NT skrifgedeeltes soos Matt.28:19; Mark.10:14; Hand.2:39; 16:15, 33).

Die onderhouding van die Sabbat in sy Nuwe Testamentiese vervullling en bevesting, die ‘dag van die Here’: die Sondag (Op.1:10), is reeds gefundeer in die Ou Testament (Gen.2:1-3; Ex.20:11). Die beginsel van die Sabbat, d.w.s. die vierde gebod, is bindend en geldig vir gelowiges in sy Nuwe Testament vervulling en inhoud.

Ursinus 

Ursinus, in sy verklaring van die Heidelbergse Kategismus, Sondag 38 oor die vierde gebod, wys ook daarop dat die Sabbat, in verhouding tot die Saterdag, saam met die seremonies en tipes vervul en afgeskaf is met die koms van die Messias. Die oproep tot rus is egter ewigdurend en verpligtend nie net vir Israel nie maar vir alle mense.  Vir die kerk is daar die morele verpligting om op ‘n sekere dag bymekaar te kom om die Woord, sakramente en die tug te bedien.

 De sabbat van de zevende dag is van het begin der wereld af (Gen. 2 : 2v.)  door God verordend, om te kennen te geven, dat de mensen naar Zijn voorbeeld behoren te rusten van hun werken, vooral van de zonden. Daarna is het gebod in de Wet van Mozes (Ex.31 : 13) vermeld, en is de ceremonie  om op de zevende dag te rusten, een sacrament der heiligmaking geworden,  waardoor God te kennen gaf, dat Hij de Heiligmaker der Gemeente is; d.w.z.  dat Hij  haar de zonden vergeeft en weer in genade aanneemt omwille van  de Messias, Die aan de voorvaderen beloofd was, en op Zijn tijd komen zou.

Dat is dus de reden, waarom wij, Christenen, heden ten dage niet  (meer) aan de ceremoniële sabbat van die zevende dag gebonden zijn, omdat zij een voorbeeld was van de weldaden van de komende Messias. En daarom  is zij, mét alle andere ceremoniën, offers en voorbeeldige sacramenten, die voor en na de wetgeving in de Gemeente in gebruik waren, door de komst van de Messias afgeschaft; zoals de Apostel leert, Kol. 2 : 16v.: „Dat u dan  niemand oordele in spijze of in drank, of in het stuk des feestdags of der nieuwe maan of der sabbatten, welke zijn een schaduw der toekomende dingen, maar het lichaam is van Christus”; vgl. ook  Rom. 14 : 5 en Gal. 4 : 9v. Maar aan ons behoort nog de innerlijke en geestelijke sabbat, welke in de  Zedenwet bevolen is, en ook hetgeen de ceremoniële sabbat in het algemeen betekent, namelijk dat men een bepaalde tijd aan de dienst van Gods  Woord  besteden moet.

Want het is nu in de Christelijke gemeente evengoed nodig, als dat vroeger in de Joodse kerk het geval was, dat er  een bepaalde dag verordend is, waarop Gods heilig Woord onderwezen wordt en de sacramenten publiek bediend worden. Daarom namelijk, opdat de Apostolische kerk zich van de Joodse kerk zou onderscheiden, heeft zij volgens de haar door Christus gegeven vrijheid, om een goede reden, in plaats  van die zevende dag de eerste dag gekozen (Hand. 20 : 7, 1 Kor. 16 : 2),  waarop de opstanding van Christus geschied is, en waardoor de geestelijke en  eeuwige sabbat in ons een aanvang neemt (en zij hebben die daarom dan ook „de dag des Heeren” genoemd, Openb. 1 : 10).

 Calvyn

Calvyn maak die volgende belangrike opmerkings by sy kommentaar op Gen.2:3, wat spesifiek handel oor die instelling van die Sabbat:

“First, therefore, God rested; then he blessed this rest, that in all ages it might be held sacred among men: or he dedicated every seventh day to rest, that his own example might be a perpetual rule. … Besides, we must know, that this is to be the common employment not of one age or people only, but of the whole human race. Afterwards, in the Law, a new precept concerning the Sabbath was given, which should be peculiar to the Jews, and but for a season; because it was a legal ceremony shadowing forth a spiritual rest, the truth of which was manifested in Christ.  Therefore the Lord the more frequently testifies that he had given, in the Sabbath, a symbol of sanctification to his ancient people. Therefore when we hear that the Sabbath was abrogated by the coming of Christy we must distinguish between what belongs to the perpetual government of human life, and what properly belongs to ancient figures, the use of which was abolished when the truth was fulfilled. Spiritual rest is the mortification of the flesh; so that the sons of God should no longer live unto themselves, or indulge their own inclination. So far as the Sabbath was a figure of this rest, I say, it was but for a season; but inasmuch as it was commanded to men from the beginning that they might employ themselves in the worship of God, it is right that it should continue to the end of the world.”

Calvyn stel dit duidelik dat:

a. Die Sabbat se oorsprong en binding in die skeppingsweek te vinde is, Gen.2:1-3 (en het nié begin met Israel en hul bevryding uit Egipte nie. Sabbat beteken ‘rus’, nie ‘saterdag’ nie, so die woord Sabbat kan ook betrekking hê op ‘n ander dag, na Christus se koms – elke dag eintlik van ons lewens, maar ek meen nog steeds een dag in sewe, in die NT die eerste dag van die week, die Sondag, Op.1:10).

b. Dat die Sabbat ‘n bevel is wat ‘n ewigdurende reël is vir alle mense  en alle tye (met verskillende dae en bepalings in die OT en NT).

c. Dat met die Wet (Sinai) daar spesifieke seremoniële heenwysings bygevoeg is by die Sabbat, nl. die heenwysing na Christus (die verlossingmotief), Deut.5:15.

d. Na die koms van Christus is hierdie spesifieke seremoniële aspekte, en nie die Sabbat opsigself nie, afgeskaf en hoef nie meer onderhou te word nie.  Die beginsel van 6 dae werk en die sewende dag rus en God aanbid (Gen.2:1-3) is egter ewigdurend van aard tot en met die voleindig, kragtens die skeppingsweek.

Ou Testament

In Jesaja 56 word daar geprofeteer van die uitlanders wat by die HERE sal aansluit, wat spesifiek verwys na die Nuwe Testament tyd.  Dan staan daar onder andere:

“En die uitlanders wat hulle by die Here aangesluit het, om Hom te dien en om die Naam van die Here lief te hê deur sy knegte te wees—elkeen wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en hulle wat vashou aan my verbond” (v.6).

Let wel: sabbat = rus, nie ‘saterdag’ nie, so dit kon ook heenwys na die sabbatsrus soos vervul en ingebring deur die NT sabbat, die opstandingsdag, die Sondag.

In Jes.66:23 se profesie aangaande die Nuwe Testament tydperk staan daar: “En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê die Here.”

Dus, in die Nuwe Testament sal die Sabbat ook onderhou word, die Nuwe Testament Sabbat soos vervul en bevestig in die Sondag, die ‘dag van die Here’.

Christus en die Sabbat

Wat belangrik is om op te merk, in lyn met wat Calvyn hierbo gesê het, is dat die Sabbat ingestel is primêr vir die mense van alle tye, nie vir Israel alleen nie.  Vir Israel was daar tydelik in die geskiedenis ‘n bepaalde vorm en doel vir die onderhouding van die Sabbat, wat in Christus vervul is, en nie meer bindend is nie.  Dit was hierdie bepaalde aspekte waarteen Christus en Paulus te velde getrek het, nl. waar die seremoniële onderhouding se doel nie erken is nie: nl. Christus, en waar die onderhouding daarvan neergekom het op redding deur werke.  Hulle was nie teen die onderhouding van ‘n bindende rusdag en feesdag soos begrond in Gen.2 en Ex. 20 vir alle tye nie.

Christus bevestig dit ook as Hy vir ons in Mark.2:27,28, “Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie. Daarom is die Seun van die mens Here ook van die sabbat.”

EP Groenewald in die ‘Swart Kommentaar reeks’ (1973) se kommentaar op hierdie versgedeelte is as volg:

Nou volg ’n kort uitspraak oor die betekenis van die sabbat soos God dit by die skepping bedoel het. Dit is ingestel om te dien tot verheerliking van God, maar ook om van nut te wees vir die mens. Ten gevolge van die sonde het die wet aan die mens sekere voorskrifte opgelê, en dié is so vermeerder deur die vertolkings van die godsdienstige leiers van die volk, dat die sabbat soos ’n tiran oor die mens geheers het. Die mens was daar ter wille van die sabbat—sodat die sabbat oor hom die heerskappy kon voer. So het die Skepper dit nie bedoel nie, maar dat die mens van dié dag die vrye gebruiksreg sou hê om die Here te verheerlik en om self te rus; maar dan die mens soos hy voor God behoort te wees, die wedergebore mens wat deur die Heilige Gees gelei word in al sy besluite. Vir hierdie mens is die sabbat ’n gawe van God om gebruik te word in ooreenstemming met sy heilige wil. Aangesien die Seun van die mens by uitstek die Heilige is, is Hy meester van die sabbat, en aangesien die dissipels hulle onder sy heerskappy gestel het, verleen Hy aan hulle ’n sekere vryheid in verband met die heiliging van dié dag. Dit beteken geensins ’n vrystelling van die Vierde Gebod nie, maar juis ’n onderhouding daarvan in gehoorsaamheid aan die geopenbaarde wil van God.”

Christus handhaaf en bevestig sy Vader se wet en wil aangaande die Sabbat.  Hy bring verandering betreffende die bediening en vorm van die beoefening van die Sabbat, maar Hy handhaaf die Sabbatsbeginsel (‘rus’ soos begrond in Genesis 2, aangesien Hy saam met die Vader by die Skepping werksaam was) asook die ‘ses dae werk en een dag rus’ week beginsel, Ex.20 (let wel: die siklus is duidelik in die Teks, nie die dae se name nie).

In die Nuwe Testament het die bepaalde vorm en bediening van die Sabbat verander, na die inhoud en vorm soos dit vervul en bevestig is in die ‘dag van die Here’ (Op.1:10).

In die Ou Testament is die Sabbat onderhou op die Saterdag, laaste dag van die week, ter herdenking van die ou skepping (Ex.20:11) en die bevryding uit Egipte (Deut.5:15).  Na Christus gekom het word die sabbat op die Sondag onderhou ter herdenking van die nuwe skepping (wat ingelei is op die Sondag) en oor die bevryding van die slawerny van die sonde (deur die opstanding op die Sondag).

Die Sabbatsbeginsel van 6 dae werk 1 dag rus is in die OT vervul in die Saterdag-Sabbat; in die NT is dit vervul in die Sondag-Sabbat.

Van die OT Sabbat na die NT Sabbat

Is daar enige aanduiding in Ou Testament dat die Sabbat heengewys het na die Sondag.  JM Gleason is van mening dat daar wel ‘n saak voor uit te maak is op grond van Psalm 118:22-24,

“Die steen wat die bouers verwerp het, het ’n hoeksteen geword. Dit het van die Here gekom; dit is wonderbaar in ons oë. Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.”

Sy kommentaar op hierdie Skrifgedeelte is as volg:

“Psalm 118:22-23 is vervul op ‘n Sondag.  Die volgende vers sê “Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.”  Was dit duidelik vir die OT volk? Natuurlik nie.  Hulle het nie geweet op watter dag die Psalm 118:22,23 vervul sou word nie.  Maar ons weet.  En ons word vertel om te juig en bly te wees oor DAARDIE dag … Sondag.  En dit word bevestig deur die gebruik van die vroeë kerk, soos verwoord in Hand:20:7″

Die feit dat Christus:

1. op die eerste dag opgestaan het (wat ons ‘Sondag’ noem), Matt.28:1

2. aan die dissipels verskyn het op die eerste dag, Joh.20:19 (so terloops, hierdie vers impliseer dat toe dit ‘aand was’, dit nog steeds ‘die eerste dag van die week’ was)

3. die apostels en die vroeë kerk op die eerste dag van die week bymekaar gekom het om ‘kerk te hou’, Hand.20:7, en,

4. hierdie eerste dag die “Dag van die Here” genoem is (Op.1:10, in vervulling van Ps.118:24)

bevestig waarom die kerk van Christus deur die eeue die eerste dag van die week, die Sondag, as NT Sabbat, as rusdag onderhou het, in nagvolging van Gen.2:1-3, ter herinnering van God se groot verlossing in Christus (Hebr.4), en nog steeds moet onderhou, tot dié Dag dat die ‘Here van die Sabbat’ (Mark.2:28) weer kom, om die finale volkome rus en ewige geluksaligheid in te bring (Tit.2:11-14).

Konklusie

Hierdie is maar net ‘n paar gedagtes oor die die “Saterdag of Sondag as Sabbat” debat. Sien die bronne hier onder wat in baie meer detail ingaan om die NT Sabbat te begrond.  Groot fout wat baie maak is om die OT sabbat alleen te verstaan en in te vul kragtens sy Sinai-bedeling van verskillende seremonies, skaduwees en strawwe, en nie die Joodse sabbat te sien in die skeppingsordelike konteks van Gen.2:1-3 nie, wat deur Sinai (Ex.20:11; Deut.5:15) alles heenwys en gryp na die ewige Sabbat wat Christus kom vervul en inbring (Matt.5:17-19).  Daarom dat hul so streng pleitdooi maak van die afskaffing van die sabbat in sy geheel, in plaas van net in sy joods-seremoniele aspekte wat slegs bedoel was tot en met die tyd van Christus.

Al die sektes en groepe wat ‘wetties’ wil vashou aan die spesifieke dag en datum (“dit moet die saterdag, die eerste dag van die week wees”) maak presies dieselfde fout, net na die ander kant van die saak, nl. te veel kontinuiteit met die Joodse Sabbat. Hul moet besef dat die wese van die sabbat in die ‘rus’ van Gen.2:1-3 lê, wat heenwys na die ewige rus van Christus (Hebr.4), en waarvan die ‘sewende dag’ of die ‘Saterdag’ ‘n skadubeeld was, wat nou vervul is en gevier word in die NT Sabbat, die opstandingsdag, die rusdag tot en met die wederkoms.

“De sabbat, die niet door God Zelf ingesteld is, maar die God door middel van Zijn gemeente heeft ingesteld onder het Nieuwe Testament ,  is de eerste dag der week, of de dag des Heeren, veelal „Zondag” genoemd; welke dag de Christelijke gemeente trouwens van de tijd der Apostelen af onderhoudt, in plaats van de zevende dag , vanwege de opstanding van de Heere, Openb. 1 : 10: „En ik was in den Geest op den dag des Heeren”, enz.” – Ursinus

Bronne om verder te studeer:

1. Die Doppers en hul Sabbat, ds. Gustav Opperman

https://proregno.files.wordpress.com/2010/11/doppers-en-hul-sabbat.pdf

2. The Christian Sabbath Explained, Proved, Applied, rev. Brian Schwertley

http://reformedonline.com/view/reformedonline/sabbath2.htm

3. The Covenantal Sabbath, dr FN Lee

http://www.the-highway.com/Covsab_TOC.html

9 thoughts on “DIE NUWE TESTAMENT SABBAT – SATERDAG OF SONDAG ?

Add yours

  1. In die nuwe verbond kan daar geen sprake wees betreffende die onderhouding van die Sabbatdag nie. Die onderhouding van die Sabbatdag in die ou verbond het twee verskillende aspekte gedek, nl. die dag wat gewei is aan God om Hom te eerbiedig en aan Hom erkenning te gee vir die werk wat Hy verrig het en dus ook die rus van die vleeslike liggaam daar te stel. Die geestelike waarde wat in wese die mees belangrikste is van alles is dat die onderhouding van die Sabbat sal dien as ‘n teken dat dit die Here is wat hulle heilig. Eseg 20: 12. Daarby het Ek ook My sabatte aan hulle gegee om ‘n teken te wees tussen My en hulle, dat hulle kan weet dat dit Ek, die Here, is wat hulle heilig. Dus die uitsprake van die Here dat Hy die Here van die sabbatdag is. Luk 6: 5. Toe se Hy vir hulle: Die Seun van die mens is ook Here van die sabbat. Hy wat die vervulling van die wet en die profete is, het ook deur Sy volmaakte offer die totale vervulling gebring aan die sabbat wat gedien het as die teken dat dit Hy, die Here is wat die mens heilig. Dat daar dus ‘n dag moet wees wat gewei is, of word aan die Here van die sabbat bly egter staan en dat daar ‘n dag moet wees waar die liggaam ‘n verposing moet kry om te rus van sy werk ook. Watter dag is dus meer van pas as juis die dag waarop die Here van die sabbat uit die dode opgestaan het om die nuwe lewe daar te stel, sowel as die vervolmaakliking van die heiligmaking van die kinders van God. Dit in kort die mening van ‘n oningeligte.

  2. So het almal n mening hier is myne die mens lees sondag in Open 1:10 want as u die Bybel ken sal u lees Jesus is gister, vandag en more dieselfde en Jes verklaar dan ook die dag van die Here wat die Saterdag is. As die moes verander het sou Jesus sy testament so verander het. Hy het voor sy dood gepraat van Jerusalem wat vernietig sou word en gewaarsku dat dit nie op die Sabbat of winter moet plaasvind nie. Die mens is vermetel en vertel self vir God watter dag hulle verkies. Interessant hoe jy versies sal kry om jou mening te pas. Moet asb nie vergeet die Bybel is geskryf waar sononder tot sononder n dag was die nuwe tye is ook deur die mens ingestel en verkies om die Bybel as riglyn te gebruik en as ek soos die persoon hierbo moet glo dat die Wet wat die Sabbatgebod insluit en die ernigste een is wat se GEDENK as seremonieel moet beskou as afgehandel dan moet erk ook besef dat ejk mag steel, vloek, en want hoekom sal 9 nog geld maar die belangrikste word uitgegooi. Daar was ander sabbatte ook wat gereeld gehou is hulle het verval dit is van huule wat gese word dat niemand. Julle moet oordeel nie lees asb die hele gedeelte om alles in konteks te verstaan. Kontak my indien iemand n Bybelse verduideliking soek en nie wat een of ander slim man dink dit kan wees nie. Ek sal sorg dat die poersoon dit gratis ontvang. So sterk voel ek hieroor. Moet asseblief niemand veroordeel wat anders dink nie en net so terloops Adam en Eva was nie Jode nie en tog was die Tien Gebooie in hulle harte geSkryf.

    1. Wel, Ek is nou nie die mees ingeligste persoon nie. Dit is my beskeie mening, dat God die sabbat ingestel het met ‘n doel. As ek dan nou gaan kyk na wat die bedoeling van God was met die sabbat, dan kry ek ‘n ander prentjie van dit. Goed en wel dat die onderhouding van die sabbat deel is van die 10 gebooie, is so. Met verwysing na die 10 gebooie moet ons onthou dat dit in 2 hoof dele verdeel word nl. Jy moet die Here jou God lief he met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dan verder, jy moet jou naaste liefhe soos jouself. aan hierdie 2 gebooie hang die hele wet en die profete. Tot waar in die 10 gebooie gaan die eerste hoof deel en waar begin die tweede deel. Ek is van mening dat die eerste 4 gebooie die eerste en groot gebod behandel. Die onderhouding van die sabbat no. 5 wat nie direk verband hou met die eerste nie en tog ook nie deel is van die tweede nie. Die tweede wat oor die naaste liefde handel. Kom ons kyk na die doel van die 10 gebooie. 1 Tim 1: 5. Maar die doel van die gebod is liefde uit ‘n rein hart en ‘n goeie gewete en ‘n ongeveinsde geloof. Kom ons meet dit nou aan die 10 gebooie. Die eerste en groot gebod.. Die vervulling van dit begin by ‘n ongeveinsde geloof. Hebr 11: 6. En sonder die geloof is dit onmoontlik om God te behaag, want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.Deur hierdie geloof word ons geregverdig van die sonde en ontvang ons geregtigheid van God, dit is die belofte. Die herstel van die verhouding en aaneming tot kinders. Die geloof kan nie daar wees as die Gees van God nie hierdie bevestiging in ons doen nie. Joh 16: 8-11. En as Hy kom sal Hy die wereld oortuig van sonde, van geregtigheid en van oordeel; van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; en van geregtigheid, omdat Ek na My Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wereld geoordeel is. Wel van toepassing op die Seun, maar tog was dit ook van toepassing op God in die ou testament. Joh 1: 12,13. Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in Sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is. Weer van toepassing op die Seun, maar tog ook deel van die ou testament. Die wedergeboorte moes van die begin van die sondeval af al gebeur het, om in die regte verhouding met God te kom, sodat die mens weer aanvaarbaar en aanneemlik vir God kan wees. Dit bewerk die goeie gewete waarin die geloof in die belofte van die vergifnis van sonde gegee is. Die liefde wat weer so gestimuleer word vir die Bewerker van dit alles deur dat Hy die beloning toevoeg, of gee aan die wat nou tot gehoorsaamheid in Hom lewe, met ander woorde die res van Sy gebooie onderhou. Jy moet jou naaste liefhe soos jou self. Met die eerste deel van die 10 gebooie wat in dit vervul word, gaan ons nou oor die 5 de gebod na 6 tot 10, wat die naaste liefde hanteer in geslote eer jou vader en moeder, wat ook jou naaste is, maar ‘n spesiale plek in jou lewe vervul. Nou kom ons by die 5 de gebod: Die onderhouding van die sabbat. Wat is die doel van die sabbat?Eseg 20: 12. Daarby het Ek ook My sabbatte aan hulle gegee om ‘n TEKEN TE WEES TUSSEN MY EN HULLE, dat hulle kan weet dat dit EK, DIE HERE, IS WAT HULLE HEILIG. Verder in vers 19,20. Ek is die Here julle God; wandel in My insettinge en onderhou My verordeninge en doen dit. En heilig My sabbatte; en hulle sal ‘n TEKEN wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat Ek die Here julle God is. Die herinnering dat die Here jou God jou heilig, wat die Heilig makingsproses vervolmaak. Ek gaan nou net in baie kort die res behandel. Hebr 9: 9-12. Dit was ‘n beeld met die oog op die teenwoordige tyd waarin daar gawes en offers gebring word, wat hom wat die diens verrig, na die GEWETE nie volkome kan maak nie, omdat dit net bestaan het in spys en drank en verskillende wassinge en vleeslike verordening wat opgele is tot op die tyd van herstelling. Maar Christus, wat opgtree het as Hoe Priester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil se, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met Sy eie bloed, een maal ingegaan in die Heilgdom en ‘n ewige verlossing teweeggebring. Hy wat die volmaakte offer gebring het sodat die volmaakte vervulling van die 10 gebooie in Hom vervul kon word, EEN KEER. Ek is die Here van die sabbat, met ander woorde: Ek is die EEN wat jou heilig en daar is nie meer nog ‘n offer oor nie. Dit is een keer in vervulling gebring, Oordeel self of die 5 de gebod nog steeds onderhou moet word, aangesien dat Hy die teken van die sabbat in ons vervul het en die Heilige Gees in ons hierdie getuienis gee en ons gedurig daar aan herinner. Is die eerste dag van die week, die dag waarop die Here van die sabbat weer opgewek is nie dalk die dag om te gedenk nie, sodat dit ‘n TEKEN vir ons kan wees dat Hy die Here is wat ons heilig en meer nog dat ons daaraan herinner word dat Hy opgewek is en lewe om alles invervulling te bring vir ons.

  3. Die blote konsep waarin die skrywer glo dat die “Sabbat” kan verander van een testament na n ander wys dat die skrywer n konsep van God het wat verkeerd is. God en sy woord verander nooit. Wakker word ou vriend. Jy praat jouself in n hoek vas

    1. More Edward.
      Ek is nie iemand wat nou regtig geleerdheid het nie, maar het nogal baie Bybel studie gedoen. As ons praat van dinge wat van een Testament na die volgende afgeskaf is, kom die eerste by my op van die Besnydenis na die vlees, wat ook ‘n ewig “teken” sal wees. Dit was ook met die doodstraf verbind indien dit nie uitgevoer was nie en vir God net so belangrik soos die onderhouding van die Sabbatdag.
      Die ” verandering” soos jy daarna verwys is nie ‘n “verandering” nie, MAAR ‘n VERVULLING. Hierdie vervulling is die vervulling van die WET, 10 Gebooie, die eerste 5 Boeke waarna verwys word as die WET ook. Ek het nou nie die hele gedeelte gelees nie, omdat ek van die begin af al gesien het dat die argument ook nie water hou nie. Die antwoord van hierdie vraag le in ‘n baie doodeenvoudige vraag nl:
      WAT WAS DIE DOEL VAN DIE SABBAT, m.a.w. ; wat wou God deur die onderhouding van die Sabbat, ten eerste vir Homself toe – eien en ten tweede vir die mens en die verhouding tussen Hom en die mens?
      Kyk ook na die rol wat die HERE vertolk in die onderhouding en hoekom Hy na Homself verwys as die Here van die Sabbat. Verder is die mens nie vir die Sabbat geskep nie, maar die Sabbat vir die mens daar gestel.
      Wat deur almal misgekyk word is die VERVULLING VAN DIE WET.
      Die vervulling van die WET bestaan uit 2 hoof komponente:
      1. Die eerste 4 gebooie; die verheerliking van God.
      2. Die laaste 6 gebooie wat alles te doen het met die NAASTE LIEFDE.
      Dan is daar hierdie vraag wat jy vir jouself moet beantwoord;
      Waar was die Here van die Sabbat op die Sewendedag [Sabbat], soos deur almal daarna verwys word?
      ANTWOORD: In die dood, diepste duisternis. Dit was die dag waarop die Satan die MOMENTELE OORWINNING OOR DIE SEUN VAN GOD GEHAD HET.
      WAT SAL JOU ANTWOORD WEES?
      Hoekom wil ek hierdie dag dan vier/onderhou asof die dag nog steeds Geheilig is deur God?
      My gevoel is dat die dag beslis die mees tragieste/ duisterste dag in die geskiedenis van die Skepping is ;- teenoor die mees verligste/wonderlikste dag van die eerste dag; Die dag van die Here.
      Ek hoop dat julle almal, die wat die Sabbat onderhou en die wat nie daarin glo nie, na al die punte sal kyk om die antwoord vir julle self uit te maak. As julle dit doen sal julle die antwoord van die WOORD van God kry op die vraag en die antwoord sal die onbetwiste/onweerlegbare WAARHEID VIR JULLE GEE.
      Dankie

      1. Tinka. Wow. ek het nog nooit aan daardie Sabbat as die donkerste diepste duisternis gedink nie. Vir my was dit die vreedsaamste, rustigste dag. Hy het geslaap, gerus. Presies wat hy die sewende dag van skepping gedoen het. vrede.
        En as jy vrae wat God wou he. ??? Jesus se laaste publieke verskeining Matt 24 / Mark13 se Jesus self tussen sy laaste opdragte, “En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie.” Wat dink jy wou hy he??

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: