GK CARLETONVILLE (1953 – 2026/7): Laaste nagmaal erediens & bediening- afsluiting, 25 Oktober 2026

INHOUD:

1 Nagmaalpreek: Matt. 26:26-30

2 Laaste Miniskakel van die gemeente

3 Foto’s van die dag se verrigtinge

_____________________________

1 Nagmaalpreek: Matt. 26:26-30

Lees: Matt. 17:1-8 & Matt. 26:26-30

Teks: “Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader. En nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg.” (Matt. 26:29–30)

Sing: Ps. 92:1,6,7; 62:1,4,5; 107:1,3,10; 23:1,3; 116:7-10; 100:1-4

Opname (GK Carletonville, 2026-10-25):

Aflaai: Matteus 26:26-30

__________________________________________________

2 Laaste Miniskakel van die gemeente: 25 Oktober 2026  nr. 993

Die laaste Miniskakel bevat fotos en inligting oor die gemeente, onder andere:

“Dank teenoor ons hemelse Vader vir ons gemeente se bediening hier in Carletonvile vir 73 jaar (1953-2026/7), ons loof en prys Hom, dat Hy ons deur al hierdie jare gedra het, en waardig geag het in Sy Seun, om sy Woord hier onder sy skape te bedien, en mekaar lief te hê.  Ook dank aan ons hemelse Vader vir die gemeenskap van die heiliges wat ons in ware liefde vir 20 jaar hier beleef het.”

VAN DIE KERKRAADSTAFEL AANGAANDE DIE BE-EIENDIGING VAN EREDIENSTE EN BEDIENING IN CARLETONVILLE

Dit is die kerkraad se hoop en bede dat lidmate volgens die Skrif, soos bely in NGB art. 27-35 vir hul ’n nuwe gemeente sal opsoek om die Here ook verder daar in liefde en trou te dien, sien ook die afgelope paar maande se leerpreke volgens hierdie artikels van ons geloof.

Lidmate wat reeds besluit het na watter kerk hul oorgaan, moet asb attestate (GKSA kerke) of bewys van lidmaatskap (nie-GKSA kerke) direk by ds. Slabbert aanvra.

Onthou, die gemeente bestaan voort deur die kerkraad tot en met die amptelike ontbinding van die gemeente, na alle finansies en kerkregtelike sake afgehandel is (iewers eerste helfte volgende jaar, DV), so enige sake waarmee ons kan help moet u onder ons aandag bring  asb.

LE CORNU GESIN VAN CARLETONVILLE (2007-2026) NA PRETORIA

Ons gaan nog in komende week hier in Carletonville wees (behalwe ds. Slabbert wat in die week by Akademie in Pretoria is), en dan Saterdag oggend die sleutels van huurhuis finaal oorhandig en vertrek na Pretoria. Ons wil elkeen nooi om enige tyd as julle in Pretoria is, te kom koffie drink, ons adres in Pretoria is: HELGAARDSTRAAT 14, KILNERPARK

Groete en baie liefde!

Slabbert, Dorothea en kinders

“Terwyl ons so na julle verlang het, was dit ons aangenaam om aan julle nie alleen die evangelie van God mee te deel nie, maar ook ons eie lewe, omdat julle vir ons dierbaar geword het.” (1 Thess. 2:8).

Sien die volledige Miniskakel hier: Miniskakel 25 Oktober 2026

__________________________________________________

3 Foto’s van die dag se verrigtinge

__________________________________________________

Ander S. Le Cornu preke en lesings hier beskikbaar.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑