Neem en lees: 8 Maart 2013

Inhoud:

1. ‘n Brief-getuienis aan die Media deur ‘n ouderling

2. Bronne om te lees oor die gelowige en besigheid

3. Om die siekes te besoek

4. Verskonings om nie die Evangelie te verkondig nie

___________________

1. ‘n Brief getuienis aan die Media, oudl. Neels Malan

Ek plaas graag hierdie brief wat oudl. Neels Malan aan Die Burger koerant geskryf het. Toe ek die brief lees, dink ek opnuut aan Ps.119:136, en wonder of dit ook waar is in ons harte vandag, van die kerk van Christus in ons land:

“My oë loop af in strome van water, omdat hulle u wet nie onderhou nie.”

Huil ons nog oor ons sondes … of maar bloot omdat die land se ekonomie agteruit gaan en my besittings dalk verlore kan gaan ?

Huil ek nog oor my sondes … of bloot omdat my toekoms en plesiere bedreig word ?

Huil ek nog oor God se eer en sy Naam wat so vertrap, verag en bespot word …. of bloot omdat my menseregte en my eer vertrap word ?

Dalk is daar nie ‘n oplossing vir die toekoms van ons land nie, dalk wil die Here ons op ‘n punt bring waar ons niks meer slim menseplanne het om op die tafel te sit nie, en dan sal ons ore en oë oopgaan om die wonders in sy wet en evangelie raak te sien (Ps.119:18, 166, 174; Op.12:17).

Dat ons werklik stil raak, sal tyd maak om net te huil oor ons sondes en ellende, oor die verval van ons kerke, die verval van ons land en ons mense, my familie, vriende, gemeenskap.

En wie weet, dalk dan kom die redding en genade …. in Christus alleen ….

Here, red ons, van ons grootste vyand: onsself, asb.

Hier is die profetiese brief getuienis:

Die Redakteur

Die Burger

Per epos red@dieburger.com

7 Maart 2013

Geagte Meneer,

Besef u wat Die Burger doen? (Laat staan maar vir Zuma)

Ek gee nie om of u hierdie brief publiseer of nie.

Ek hoop wel dat u dit sal lees.

U sal immers nie voor my staan eendag nie, maar voor Koning Jesus Christus. (Hou nou maar op met lees).

Meneer, ek verwys u na bladsy dertien van vandag se Burger van 7 Maart 2013.

My vrou het die koerant gekoop hier op Bredasdorp, waar ons met vakansie is vanaf Kriel, Oos-Transvaal, waar ek woon en werk. (Skryf my af as ‘n regse radikale omdat ek van Oos-Tvl praat).

Ek is kwaad. Ek is ontsteld. Maar ek weet: Die Bybel is die waarheid.

Kom ons neem nou u vier berigte op bladsy dertien.

1. De Jager kry nie borgtog

Dis m.i. ‘n goeie berig wat meld hoedat die landdros steekhoudende redes verskaf waarom Johan de Jager nie borgtog mag kry nie. Hy staan op aanklag van ‘n gruwelike seksmoord, en die staat het ‘n prima facie saak. (Terloops: Ek ken Julius Maré, ‘n motor-sekuriteitswag in Kriel, persoonlik, en sal hom, stukkend soos hy vandag is van binne, al lankal as ‘n vriend van my beskryf. Hy vertel my die oggend toe hy wakker word, het die Here vir hom in ‘n wonderlike gesig gesê sy kind is dood. Sodra ek kan, gaan ek nog by Julie, soos ons hom ken, aan, om vir hom ‘n gebed te gaan doen). Ek wonder of jy kinders het, meneer die Redakteur.

2. Ster van seksflieks gee raad by Sexpo

Hier berig Die Burger ‘neutraal’ (die koerant is mos bloot ‘n spieël wat maar net sy spieëlwerk doen vir die samelewing en verder sy hande in reine onskuld was) dat die betrokke vrou dit haar uitgeknip gevoel het om ‘n porno-werker te word, en dit ook as ‘n eerbare beroep beskou … daar is volgens haar ook nie enige oorsaaklike verband tussen pornografie en seksmisdade nie.

Meneer die Redakteur, ek wonder of Johan de Jager van flussies dalk ook so dink, of liewer, so gedink het toe hy (wie weet) dalk ook in pornografie begin belangstel het? Of is ek nou heeltemal die kluts kwyt?

Gestel ‘n veertienjarige (soos Bibi Jones was) het vandag hierdie berig van u koerant gelees, en besluit ja nee, Bibi het ‘n punt peet. Sou u gerus gevoel het as daardie veertienjarige dalk u eie dogter (seun) was?

Vertel my net een ding: Neem seksmisdade toe onder ons mense van Suid-Afrika? Neem pornografie toe? Ek vra maar, want u dis Bibi se siening op aan almal wat dit wil lees sonder enige kommentaar hoegenaamd … miskien glo u self mens kan straffeloos jou vervuil in pornografie …

3. Man (54) in hof ná baba glo verkrag is 

Meneer die Redakteur, u sien blykbaar geen verband tussen berig 1 (Johan de Jager word aangekla as gruwelike, arms- en bene-afsnydende seksmoordenaar) en berig 2 (Bibi sê porno-werk kan ‘n eerbare beroep wees) en berig 3 nie: Nog eens ‘n gruwelike seksmisdaad.

Watter soort mens (54 jaar oud) verkrag ‘n baba? In die Ou Suid-Afrika sou dit as ‘n halsmisdaad gegeld het. Watter soort mens doen so iets? Nie dalk iemand wat homself in pornografie verdiep en verlekker (het) nie? Of praat ek snert?

  • Weet u, Meneer die Redakteur, die Bybel (die Ou Vertaling  …  skiet my maar af) sê in die laaste dae sal die mense bandeloos en wreed wees, sonder natuurlike liefde (dws vol onnatuurlike drange). Lees maar 2 Timotheus 3:1-5) in u Bybel (?).

Ek sê weer: U sal nie voor my staan nie. Gooi my brief maar gerus diep in u snippermandjie. Koerante maak mos geld. Give the public what the public wants. Wees gemaklik met die beleid van Media 24. Maar u sal voor Koning Jesus Christus staan met u koerant, en met die mate van verantwoordelikheid wat u met u koerant gedra het.

4. Babaseun gevind in vullisdrom in Delft

Verstaan my goed — seksmisdade is so oud soos Sodom en Gomorra (lees gerus Genesis 18 en 19). Dit het nie met die elektroniese media begin nie … of met Die Burger of Media 24 nie. Dit sal ook nie ophou nie, al sou Die Burger ophou, en ook alle vorme van pornografie …

Watter ma, Meneer die Redakteur, sal haar kindjie in ‘n vullisdrom los? Ek aanvaar u sien geen verband tussen seksuele losbandigheid (vgl die pornografie van Bibi op bladsy dertien) en die los van ‘n kindjie in ‘n vullisdrom nie. Tussen ‘n jongmeisie (dalk u dogter?) wat wil rondslaap, maar nie die gevolge daarvan wil dra nie. Of die verband tussen ‘n arme verkragte meisie wat nie herwaarts of derwaarts weet nie … (dalk u dogter?)

  • U vind waarskynlik ook nie fout met aborsie op aanvraag nie. As die mamma haar kindjie op 8 maande geaborteer het, sou dit wettig wees in hierdie land, maar as sy hom/haar skaars twee maande later in ‘n vullisdrom los, is dit skielik onwettig, of is dit ook maar ok daar op bladsy dertien?

Ek sien u kry ‘n paar houe in teen president Zuma en die ANC in u hoofberig op bl 16 (So ondermyn regering stryd teen korrupsie).

Maar hoe ondermyn u, geagte Meneer die Redakteur, ons, die mense van Suid-Afrika, se verloorstryd teen sedeloosheid op bladsy dertien van u koerant … ?

Neels Malan

Ouderling, Kriel.

082 815 1809

2. Bronne om te lees oor die gelowige en besigheid

“I would simply tell any Christian entrepreneur to go for all providence will afford with two major texts bolstering your front and rear: Mark 4:19 (“. . . and the cares of this world, the deceitfulness of riches, and the desires for other things entering in choke the word, and it becomes unfruitful”) and Proverbs 23:4-5 (“Do not overwork to be rich; because of your own understanding, cease! Will you set your eyes on that which is not? For riches certainly make themselves wings; they fly away like an eagle toward heaven”).

Hier is die boeklys: Books and business

3. Om die siekes te besoek: Calvyn

“The greatest need which a man ever has of the spiritual doctrine of our Lord is when His hand visits him with afflictions, whether of disease or other evils, and especially at the hour of death, for then he feels more strongly than ever in his life before pressed in conscience, both by the judgment of God, to which he sees himself born to be called, and the assaults of the devil, who then uses all his efforts to beat down the poor person, and overwhelm him in confusion.”

Lees hier verder: What Should We Do When We Visit the Sick?

4. Verskonings om nie die Evangelie te verkondig nie

If “he who wins souls is wise” (Prov. 11:30), why are we so good at thinking up excuses for not evangelizing?

  • The Calvinism Excuse: ”If God’s going to convert the heathen, he doesn’t need us to do it.”
  • The Pragmatism Excuse: ”It hasn’t worked in the past so why should it work this time.”
  • The Ecclesiology Excuse: ”Our church is such a mess, there’s no point in asking people to come.”
  • The Revivalism Excuse: ”We must wait for the Holy Spirit to bless.”
  • The Pluralism Excuse: ”Surely not everyone without Christ is without hope.”
  • The Pietism Excuse: ”I’ll pray. Evangelism is for the activists.”
  • The Humility Excuse: ”Who am I to tell others what they should or shouldn’t do or believe.”

Lees oor die rede vir die verskonings: Excuses Excuses

2 thoughts on “Neem en lees: 8 Maart 2013

Add yours

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑