FW, Max en weer: VAN APARTHEID SA NA ABORSIE OP AANVRAAG SA?
Ek het hierdie aanhaling uit ‘n artikel op Facebook gelees, ek plaas dit hier, en maak ‘n paar opmerkings daarop:
OUDPRES. FW DE KLERK EN APARTHEID
Max du Preez (Uittreksel uit Times Select 20/02/17)
The debate on whether apartheid was a crime against humanity is decades old, at least among white South Africans. Those arguing against it make the point that apartheid cannot be compared to the genocide in Rwanda or the Balkans. They argue that the number of people killed in the name of apartheid was actually quite small.
De Klerk himself has said repeatedly that apartheid was well intentioned at first, an effort to let the different peoples develop at their own pace and in their own environment, but that it eventually went wrong and caused great harm to black South Africans.
In my view, the crime of apartheid was not in the first place that many were murdered in its name, but that it had declared the majority of citizens aliens in their own country; that it humiliated and thwarted the natural development of millions of people over many generations; that it declared that black lives were of less value than white lives. Think forced removals, residential segregation, pass laws, Bantu Education, Bantustans and restrictions to full economic participation.
Was that not an offence grave enough to be called a crime against humanity?”
MY OPMERKINGS
My gewaarwording en opmerking oor hierdie skrywe (oor apartheid, FW de Klerk en Max) is bietjie op ‘n ander vlak, en ek verduidelik dit as volg:
Hoe ernstig kan ‘n konfessionele gelowige hierdie uitspraak van Max vat?
Dit gaan nie vir my noodwendig oor die reg of verkeerde van apartheid nie, die arme perd is al doodgeskop, mishandel en vertrap, en hoe meer hy wil verdwyn (en selfs Afrikaners wil aangaan….), hoe meer word hy weer en weer, dood en al, weer op begrawe, opgetel en aangehou skop tot vervelens toe.
Hier is wat ekself oor apartheid geskryf het of verwys het om te lees daaroor, vir belangstellendes, wat goed en sleg was van daardie verbygaande bedeling, wat VERBY is:
Maar ja, dit is lekker gemakliker om die verlede aan te vat, en daarom is my vraag:
Op watter hoër morele grond staan die nuwe SA geslag, wat so maklik die verlede veroordeel, maar bv. – volgens my kennis – tjoepstil is oor ‘n baie groter ‘crime against humanity’ (and most of all, a crime and sin before God, the Creator, Lawgiver, and King of all creation), en dit is:
Die aborsie-moord op aanvraag slagting wat al vir soveel dekades woed in die ‘nuwe SA’?
Van toepassing op die nuwe SA Aborsie op aanvraag slagting bedeling, kom ons vat Max se woorde en pas dit so bietjie aan vir die HUIDIGE oorlog wat woed in ons land, stede en dorpe, en waaroor meeste (alle?) liberale ‘social warriors’ nie ‘n woord teen sê nie:
“Abortion declares many citizens aliens in their own country; that it humiliated and thwarted the natural development of millions of babies over many generations; that it declared that being a baby in the womb were of less value than citizens who has already been born. Think forced removals out of a mothers wombs by deadly murderous painful force, restrictions to full participation of life (in the new SA).
Is THIS not an (much bigger?) offence grave enough to be called a crime against humanity?” … and most of all a hate crime against our fellow human beings, a God rejecting sin and crime against God?
One can add the irony: the death penalty is illegal for murderers and rapist, but applied to innocent (before the law) babies in the womb.”
“Wie sal vir my optree teen die kwaaddoeners? Wie sal my bystaan teen die werkers van ongeregtigheid?” – Ps. 94:16
“Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug!” – Spr. 24:11
So, ja, laat ons as gelowiges, as gelowige Afrikaners rustig, verootmoedigend, biddend luister na medegelowiges wat wys waar aspekte van ‘apartheid’ nie goed was nie, dalk selfs teen God se Woord, en dan moet ons dit bely, bekeer en aangaan. Maar laat ons ook soos oom Paul gesê het, uit die verlede die goeie saamneem, ons moet nie die baba (Christelike geloof, ons Afrikaanse taal, kultuur, geskiedenis, ens.) saam die vuil badwater (rassisme, haat, ens.) uitgooi nie, die beginsel van:
“En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus en vind dit nie. Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier. Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. Só sal dit ook wees met hierdie bose geslag.” (Matt. 12:43-45)
Maar hulle, wat in die naam van skuldmanipulasie, wat in die naam van hul goddelose, liberale haatspraak teen die Christelike geloof en die Woord, teen die Christelike beskawingsidee, teen babas in die moederskoot, ja, moord op aanvraag goedkeur en regverdig, moet maar eerder stilbly, hulle hande (die wat God haat, en hul medemens haat, ja, die wat aborsie-moord self uitvoer, én hulle wat dit goedkeur), se hande is baie meer vol bloed as die sogenaamde ‘apartheidsargiteke’.
Die Skrif leer van ons nuwe SA wat God haat en die dood liefhê:
“Want hy wat my vind, het die lewe gevind en verkry ‘n welbehae van die HERE. Maar hy wat my mis, benadeel sy eie lewe; almal wat my haat, HET DIE DOOD (ook aborsie-moord-slc) lief.” – Spr. 8:35, 36.
Nie net die moordenaar is skuldig nie, maar ook hulle wat dit goedkeur:
“En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: … haters van God, geweldenaars … sonder natuurlike liefde, … mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.” – Romeine 1:28-32
Mag die Here vir ons almal, en alle volke in ons land, swart en wit, klein en groot, bekering skenk van enige sondes, van rassehaat-sonde tot gronddiefstal-sonde, van bitterheid en haat, tot bose regverdiging van aborsie moord, dat ons van dit alles sal bekeer, van harte ons eie sondes bely, en Jesus Christus soek, en sy redding, waarsonder geen redding na gees en liggaam kan plaas vind vir mense in Suid-Afrika nie (Ps. 127:1; Joh. 15:5).
“Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.” – Joh. 3:35, 36
Die toorn van God bly op ons en ons land as ons Hom aanhou verwerp, in ons eie lewens, maar ook as ons nie wil hê Hy moet oor ons almal regeer volgens sy goeie wette nie, wees daarom gewaarsku, beide president, owerhede, en onderdane:
“Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde! Dien die HERE met vrees, en juig met bewing. 12 Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!” – Psalm 2
“Ag HERE, wees my, wees my en my gesin, wees my en my gemeente, wees my en my volk, wees ons en ons land genadig, in Jesus Christus, terwille van U eer.”
Ons roep uit:
“Bekeer ons tot U, HERE, dan sal ons ons bekeer; vernuwe ons dae soos in die voortyd. Of het U ons heeltemal verwerp, is u toorn teen ons alte groot?” – Klaagl. 5:21, 22.
Like this:
Like Loading...
Related