1. The Christ of the Covenant (P&R, 1981) & The Christ of the Prophets,
O. Palmer Roberton (P&R, 2004)
‘n Mens kan al O. Palmer Robertson se boeke aanbeveel, soos: Understanding the Land of the Bible – a biblical-theological guide (P&R, 1996), The Israel of God – yesterday, today and tomorrow (P&R, 2000), The Genesis of Sex – sexual relationships in the first book of the Bible (P&R, 2002), The Current Justification Controversy (Trinity Foundation, 2003), en sy nuutste, God’s People in the Wilderness – The Church in Hebrews (Mentor, 2009).
Hier word egter spesifiek stilgestaan by die twee boeke wat in die titel vermeld word.
1. The Christ and the Covenant, is ‘n klassieke werk oor die verbond in die Skrif, wat ‘n definitiewe ‘moet’ is vir enigeen wat die verbond in die Skrif wil studeer. Robertson verklaar die verbond as ‘a bond-in-blood sovereignly administered’ (nota: as die genadeverbond in Christus se bloed gemaak is vir al die bondelinge, dan is dit vanselfsprekend dat alleen die uitverkorenes die bondelinge is).
In deel een van sy boek, behandel hy die aard, omvang, eenheid en verskeidenheid van die verbond, in deel twee die skeppingsverbond, deel drie die verlossingsverbond in sy verskillende stadiums (Adam, Noag, Abraham, Moses, Dawid en Christus). Hoofstuk 11 gaan in op die vraag, wat ook vir ons benadering tot die Skrif van groot belang is, nl. “Which structures Scripture – Covenants or Dispensations?
N. Wilson skryf oor Robertson se boek (soos aangehaal deur Peter Golding, wat Robertson se boek ten sterkste aanbeveel, Covenant Theology – the key of theology in reformed thought and tradition (Mentor, 2004, 184), as volg:
“(I)t remains a convincing demonstration that the covenant concept is the organizing principle of Scripture and of human history itself.”
Hier kan die inhoudsopgawe van die boek gesien word, en die rekenaaruitgawe van die boek ook aangekoop word:
http://www.doxapress.com/cotc.htm
Oorsig van die boek:
http://www.apuritansmind.com/Baptism/McMahonOverviewRobertsonsBookChrist.htm
Resensie van die boek:
Meer oor O Palmer Robertson:
http://psalm305.blogspot.com/2007/12/dr-o-palmer-robertson-mp3-sermons.html
So terloops, Golding se boek, asook J. van Genderen se boek, Verbond en Verkiezing (Kampen: Kok, 1983) gee ‘n goeie inleidende oorsig van die historiese gereformeerde besinning oor die genadeverbond (Van Genderen – kontinentale dordste gereformeerde lyn; Golding – presbiteriaanse covenanter/puriteinse lyn), oor vrae soos:
1. wat is die genadeverbond ?
2. wie behoort aan die genadeverbond ?
3. is die genadeverbond voorwaardelik of onvoorwaardelik ?
In The Christ of the Prophets, die opvolgboek (P&R, 2004), gaan Robertson verder om die rykdom van die Skrif te ontgin en behandel die volgende:
– die oorsprong van die profete
– die roeping van ‘n profeet
– ware en valse profete
– verbond en wet in die profete se prediking
– profetiese toepassing van die wet en verbond
Daarna behandel hy oorsigtelik die verskillende profete van die Ou Testament.
Die hoofstuk oor die ‘ware en valse profete’ alleen is die boek se prys werd. Aspekte van die hoofstuk kan in die volgende hoofpunte saamgevat word :
Oorsprong
Ware profeet: God (Deut.18:18)
Valse profeet: Satan (Gen.3:1-5; Joh.8:44)
Motivering
Ware profeet: roepingsbewustheid teenoor die Here (Jer.5:14; 20:9; 1 Kor.9:16; 2 Tim.4:1,2), en liefde vir die skape om hul te vermaan en te waarsku (Jer.26:2-3).
Valse profeet: persoonlike gewin (Miga 3:5; Esg.13:19) en aanvaarding deur mense (Miga 2:11; Spr.29:25; 2 Tim.4:3,4)
Karakter en persoon
Valse profeet: leuenaar en versterk die hand van die goddelose ((Miga 2:11; Jer.23:14,26)
Ware profeet: sterk oortuiging van God se teenwoordigheid en leiding, vertrou op die Here se krag (Jer.1:8, 18,19)
Hoe om te onderskei tussen ware en valse profesie
1. As die profeet in ‘n ander naam, behalwe die Here se Naam spreek, is hy ‘n valse profeet (Deut.13)
2. Wanneer die profeet se profesieë nie uitkom nie, is hy beskou as ‘n valse profeet (Deut.18:22; 1 Konings 22:28)
3. Alles wat die profeet spreek moet in lyn wees met die wet van Moses (Deut.13:4; Jes.8:20)
Resensie: http://www.ligonier.org/blog/christ-prophets/
‘n Verkorte weergawe: http://www.wtsbooks.com/product-exec/product_id/5673/nm/Christ+of+the+Prophets+(Abridged)+(Paperback)
“The unparalleled outpouring of inspired literature through the prophets came at a period of history that invites comparisons to our own. Their proclamation to their contemporaries and predictions regarding Israel’s exile, restoration, and coming Messiah have timeless applications. Students of biblical theology will especially appreciate Robertson’s analysis of these prophecies, as well as his solid alternative to liberal and neo-orthodox interpretations today.”
2. Neem ook kennis van die volgende boeke wat verskyn het:
1. John Calvin, Sermons on Genesis – chapters 1-11 (Banner of Truth, 2009)
2. Martin Bucer, Concerning the True Care of Souls (Banner of Truth, 2009)
3. John Owen, The Doctrine of Justification by Faith (Reformed Heritage Books, 2006)
Om die boeke aan te koop, doen gerus hier navraag:
http://www.augustine.co.za/contact.php
“As ek geld kry, koop ek boeke. As daar geld oorbly koop ek kos en klere …” – D. Erasmus
As student wat pas gelede beide hierdie boeke van Robertson moes deurwerk, kan ek beaam dat altwee baie behulpsaam is.
Ek kan ook ‘n verwante boek noem wat myns insiens ‘n goeie boekrakvriend van hierdie twee boeke is: Biblical Theology, Old and New Testaments. Geerhardus Vos. Banner of Truth (1975)
Groete
Louis
By: Louis Cloete on July 12, 2010
at 14:53
Louis, dankie vir daardie aanbeveling.
Vir belangstellendes, sien die volgende webblad oor Vos se werke:
http://www.biblicaltheology.org/
By: proregno on July 12, 2010
at 15:14
Sien ook Geerhardus Vos se seun, Johannes G Vos se werke hier:
http://bluebanner.org/index.php
JG Vos se ‘religious terms defined’ is baie handig.
By: proregno on July 12, 2010
at 18:45