Skepping vs Evolusie in die Kerkblad

In die Julie 2010 uitgawe van die Kerkblad, in ‘n artikel met die titel, “Om in die skepping te glo … en evolusie te aanvaar” (bl.20), betwyfel Harm Moraal en Jakkals Reynecke die bybelse feit dat “die mens nie uit die dier (voortkom) nie”. 

Hul skryf hierdie artikel in antwoord op prof. Paul Kruger (OT professor van die TSP) se artikel in die Januarie uitgawe (“Die Belydenisskrifte oor God se skeppingswerk”), en dan spesifiek prof Kruger se stelling 9, waarin hy op grond van NGB art.12 gewys het “God het alles volgens hulle eie soorte en aard gemaak.”

Moraal en Reynecke verval in die oue dwaling dat God net gesê het ‘dat’ Hy geskape het en ‘waarom’ Hy geskep het, maar nie iets sê van ‘hoe’ Hy geskape het nie. Die Bybel leer die ‘wie’, ‘dat’ en die ‘waarom’, die wetenskap leer die ‘hoe’.  Daarom moet die Bybel buig voor die natuurwetenskap, spesifiek evolusie-wetenskap wat ‘onbevange aanvaar’ kan word as dit oor ‘hoe’ sake gaan.

Prof. Callie Coetzee, dogmatiek professor van die TSP, antwoord daarop, onder die titel, “Evolusie (wetenskap), Skrif en Belydenis” (bl.22), en wys daarop dat die Skrif bv. in Gen.1:11,12,25 ook iets openbaar oor ‘hoe’ God geskape het, naamlik ‘deur sy Woord (Christus)’, en NGB art.12 volg die Skrif getrou na in sy belydenis.

Hy wys ook dat die mens uniek geskape is, as ‘hoogste skepsels’ en dus nie uit diere voortkom nie. Na die sondeval het die mens juis verval en agteruit gegaan, contra wat evolusie leer. Moraal en Reynecke ‘verdiskonteer’ geensins die sondeval in hul skrywe nie, aldus prof. Coetzee.

Prof. Coetzee verwerp ook Moraal en Reynecke se bedekte aanval op die relevantheid van die belydenis vir (die verhouding van) geloof en wetenskap, deur te vermeld dat ons die belydenis aanvaar juis omdat dit ooreenstem met die Skrif, nie omdat dit ‘n ‘bepaalde wêreldbeeld of wetenskaplike teorie vertolk nie.’

Laastens, herinner die dogmatiek professor die skrywers daaraan dat ‘ware wetenskaplikes’ (my woorde – slc) al lankal afskeid geneem het van die idee van ‘neutrale wetenskap’, herinner hul daaraan “dat alle wetenskapsbeoefening vanuit bepaalde voorveronderstellings (denkraamwerk, lewensbeskouing) geskied”, en dus dat die gereformeerde wetenskaplike se ‘voorveronderstellings’ bepaal moet word deur en vanuit die Heilige Skrif.

En, wil ek byvoeg: In U lig sien ons die lig (Ps.36:10). 

Of die NWU die PU vir CHO in ‘ware Christelike wetenskapsbeoefening’ gaan volg, is hoogs te betwyfel, aangesien evolusie ‘wetenskap’  ‘in’ is, en die skeppingsleer ‘uit’ in universiteite regoor die wêreld, en ek vermoed die NWU as staatsinstelling soek meer vriendskap met die wêreld as vriendskap met God (2 Tim.2:15), as dit oor sogenaamde ‘wetenskap’ (wêreldwye erkenning, Tempeltonpryse, aansien, akkreditasie, beurse, studentegetalle, ens) gaan (Jak.4:4).

Dieselfde stryd speel hom sekerlik af in die kerke, soos prof. HG Stoker al reeds in 1935 vermeld het (Die Evolusieleer, in: Koers in die Krisis I, Stellenbosch: Pro Ecclesia: 1935, bll.353-364):   

“Maar wel baar dit verwondering dat soveel kerkleiers, soveel Christelike teoloë, die evolusieleer aanvaar en op allerlei kunsmatige maniere met die Bybelleer probeer versoen.  Hierdie feit moet egter verstaan word in die lig van die volgende oorwegings: (a) Die Bybelkritiek is in die ondermyning van die Bybelgeloof ’n bondgenoot van die evolusieleer; (b) Hierdie teoloë glo dat die wetenskap en sy evolusieleer nie betwyfel mag word nie, omdat die wetenskap en sy evolusieleer op feite en op onbevooroordeelde eksperimentele feite-ondersoek alleen rus. (c) Hulle weet dat as hulle die evolusieleer beslis verwerp, hulle dan ontelbare geleerde manne uit die kerk sal verloor, terwyl hulle hierdie manne in die kerk wil behou.”

Hier is prof. Kruger se artikel oor “Die Belydenisskrifte oor God se Skeppingswerk” (ek is egter nie seker of dit ook die uitgawe is wat presies so in die Kerkblad van Januarie 2010 verskyn het nie):

https://proregno.files.wordpress.com/2010/07/belydenisskrifte-oor-die-skepping-2009.pdf

Die twee bogenoemde artikels van Moraal/Reynecke en Coetzee, is beskikbaar op die GKSA webblad, www.gksa.co.za (Klik op die prentjie van die Julie uitgawe van die Kerkblad).

Sien ook die volgende artikels van prof HG Stoker oor die mitologie van evolusionisme, wat wys dat Moraal en Reinecke se aanval op (alle) wetenskap ‘In U Lig’, niks nuuts is onder die son nie:

https://proregno.files.wordpress.com/2010/07/hg-stoker-oor-evolusionisme1.pdf

Om aan te sluit by prof. Coetzee, net enkele opmerkings:

 1. dit is duidelik dat Moraal en Reynecke die ‘dogmatiese voorveronderstellings’ van ons belydenisskrifte, vervang het met die ‘dogmatiese voorveronderstellings’ van die evolusionistiese lewens- en wêreldbeskouing, wat dan hul evolusionistiese ‘wetenskap’ tot gevolge het.  

Sien die volgende webblad wat wys op die belangrikheid dat bybelse (en nié evolusionistiese ) voorveronderstellings, al ons wetenskapsbeoefening en ons lewens-en wêreldbeskouing sal bepaal, soos verduidelik deur ‘n gelowige natuurwetenskaplike : http://bylogos.blogspot.com/

Ter opsomming: die probleem is nie die data/inligting (fossiele, aardlae, oorblyfsels, ens.) nie, maar die verklaring/interpretasie/verduideliking van daardie inligting volgens jou bepaalde voorveronderstellings, hetsy bybelse of evolusionistiese voorveronderstellings.

“To hold that a frog can be turned into a prince is to believe a fairy tale. To hold that a frog (or some other amphibious creature) in 300 million years becomes a prince is called science.” Dr Duane T. Gish 

2. Psalm 33, veral vers 6, sê ook meer oor die ‘hoe’ God geskep het ? 

Deur die Woord (Hebr.: bi-davar) van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.”

Die voorsetsel ‘deur’ (be) is, wat genoem word ‘n “bet instrumenti”, d.w.s. hierdie voorsetsel “realiseer ‘n handeling”, d.w.s. dit wys op dit waardeur ‘n handeling gerealiseer word, nl. die Woord … die Gees van sy mond. 

 In Ps.33 realiseer die Woord die skepping van spesifiek die hemele (v.6), in vers 7 wys dit op die aarde, vers 8 op die mens (alles woorde wat die geheel aandui, d.w.s. hemel en aarde en alles wat daarin is) en dan sê vers 8 en 9:

8 Laat die hele aarde vir die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees; 9 want Hy het gespreek, en dit was; Hy het gebied, en dit staan. (die beklemtonings is bygevoeg, omdat in die Hebreeus die persoonlke voornaamwoorde ‘beklemtoon’ word. Dit word pragtig verreken deur die OAV deur strepies op die ‘y’ te plaas: Hý het gespreek .. Hý het gebied.- slc)

Daar is dit dus: ‘hoe’ het God dus geskape ?

 Deur sy Woord en Gees, v.6.

 Hy het bloot ‘gespreek’ (amar) en die gevolge: ‘dit was’ (wayye’hî), v.9b 

 Hy het ‘gebied’ en die gevolge: ‘dit staan’, v.9c

 En dit is wat ons telkens lees in die skeppingsweek in Genesis 1: “En God het gesê (‘amar) … en dit was so (wayye’hi) … En dit was aand en dit was môre die ……. dag” (6 maal in Gen.1, in verskillende vorme)  

Terug by Psalm 33,  8 Laat die hele aarde vir die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees; 9 want het gespreek, en dit was; het gebied, en dit staan.

Wat is die rede waarom die hele aarde en al sy aardbewoners (insluitende evolusioniste asook teistiese evolusioniste) moet vrees ?

Omdat die Here bloot spreek en dan is dinge daar, omdat Hy bloot gebied, en dan staan dinge.  

 Calvyn se verklaring op Ps.33:6-8 wys daarop dat die ontsag en vrees vir God gekoppel is aan die wonderbaarlike onmiddelikheid van die ontstaan van alle dinge met die skepping,

 “In saying that the heavens were created by the word of God, he greatly magnifies his power, because by his nod alone, without any other aid or means, and without much time or labor, he created so noble and magnificent a work. But although the Psalmist sets the word of God and the breath of his mouth in opposition both to all external means, and to every idea of painful labor on God’s part, yet we may truly and certainly infer from this passage, that the world was framed by God’s Eternal Word, his only begotten Son. …  but the breath of his mouth is used figuratively for the very utterance of speech; as if it had been said, As soon as God uttered the breath of his mouth, or proclaimed in word what he wished to be done, the heavens were instantly brought into existence, and were furnished, too, with an inconceivable number and variety of stars.”

“To fear Jehovah,  and to stand in awe of him, just means to do honor to, and to reverence his mighty power. It is a mark of great insensibility not to bow at God’s presence, from whom we have our being, and upon whom our condition depends. The prophet alludes to both these things, affirming that the world appeared as soon as God spake, and that it is upheld in being by his commandment; for it would not have been enough for the world to have been created in a moment, if it had not been supported in existence by the power of God. He did not employ a great array of means in creating the world, but to prove the inconceivable power of his word, he ordered that so soon as he should as it were pronounce the word, the thing should be done. The word command, therefore, confirms what I formerly said, that his speech was nothing else than a nod, or wish, and that to speak implies the same thing as to command. It is proper, however, to understand that in this nod, or command, the eternal wisdom of God displayed itself.”

Ja, ons het nie al die antwoorde op ons vrae uit die Bybel oor die skepping in Genesis nie. Maar dan moet ons ook die regte vrae vra. Die Bybel beantwoord wel die ‘dat’ en die ‘hoe’ vraag: God, deur sy Woord en Gees.

Wat dus duidelik uit die Teks is, is dat o.g.v. Genesis 1 se herhalende woorde “En God het gesê … en dit was so”, asook die konteks van hierdie woorde (“Dit was aand en dit was more, die … dag”), asook die res van die Skrif (o.a. Ex.20:11, Ps.33:11; Hebr.11:3; 2 Petrus 3:5, ens), lyk dit asof ons nie anders kan as om te erken:

– dat Genesis 1 openbaar nie net ‘dat’ God geskape het nie, maar ook ‘hoe’ Hy geskape het: deur Sy Woord, en nie deur ‘evolusionistiese prosesse’ nie, en dat

– God in ses letterlike historiese dae geskep het.

En, dit is tragies hoe al meer teoloë oor die wêreld (bv. Tremper Longman, Bruce Walkte), wat eers die letterlike 6 dae begin verlaat het vir sienings van bv 6 lang periodes of onbepaalde tye (kader of raamwerkhipotese), later ook  bepaalde aspekte van die historisiteit van Genesis, onder andere Adam begin bevraagteken, asook evolusie begin aanvaar. 

Sien: http://www.trinityfoundation.org/horror_show.php?id=48

https://proregno.wordpress.com/2010/04/10/evolusionisme-op-teologiese-skole/

Sien ook hoe oud professor J. Douma van die GKN (vrijgemaakt) self nie meer Genesis 1 as letterlik verstaan nie en ook die evolusionistiese ‘big bang’ teorie aanhang:

http://bylogos.blogspot.com/2010/06/doumas-doubts.html

3. Sien ook verwante skrywes onder ‘evolusie’ of ‘skepping’ op my blog, asook:

 http://www.prca.org/pamphlets/pamphlet_84.html#FrameworkHypothesis

http://www.prca.org/pamphlets/pamphlet_83.html

http://www.prca.org/pamphlets/pamphlet_85.html

5 thoughts on “Skepping vs Evolusie in die Kerkblad

Add yours

  1. Baie dankie hiervoor! Die NG kerk waarvan ek lidmaat is, veg teen dieselfde aanslag. Henrietta Klaasing

  2. Slabbert, net om vir jou te sê jy staan hoegenaamd nie alleen nie. Sonder om te herhaal – ek stem 150% saam met alles hierbo. Mag die Here jou verder met wysheid en sterkte seën om hierdie soort werk suksesvol voort te sit.

    Baie, baie dankie vir die beskikbaarstelling van so baie inligting. (Hebr.6:10)

  3. Dankie Gideon, ja, weë ons as ons stilbly (Esg.33; 2 Tim.4:2)

    Ons troos is ook dat die Here altyd sy 7000 bewaar deur die eeue (1 Kon.19:18; Rom.11:4; sien ook NGB artikel 27).

    Sterkte en seën ook vir julle taak en roeping.

  4. Dit is baie belangrik dat gelowiges besef dat evolusie nie maar net nog ‘n bepaalde wetenskapsbeoefening is nie, maar ‘n poging is om ‘n religieus-filosofiese geloofsbeskouing/verklaring aangaande die oorsprong van alles te gee.

    Sodra jy toegee dat evolusionisme werklike operasionele wetenskap is, het jy die argument verloor.

    Wetenskap soos ontstaan in Gen.2 is legitiem en nie in stryd met die geloof/Bybel/kerk ens. nie.

    Hier is ‘n goeie voorbeeld om die onderskeid tussen wetenskap en evolusie raak te sien:

    “… Take a pencil or pen. Hold it in the air. Then drop it to the floor. That’s gravity. Next, make a single-celled organism—like an amoeba—turn into a goat. Go ahead. We’ll wait. . . . No? As you can see, there’s a fundamental difference between operational science, which can be tested through repeatable experimentation, and historical science, which cannot.” Bron: http://www.answersingenesis.org/get-answers/features/arguments-evolutionists

    Sien ook die nuwe boek as antwoord op Dawkins se evolusie godsdiens:

    http://creation.com/the-greatest-hoax-on-earth/main.php

    En, aangesien evolusie nie ‘n wetenskap is nie, maar ‘n gevaarlike Godsonterende filosofie en lewensbeskouing, daarom moet ons dit tydig en ontydig weerlê, bestraf en gelowiges wat dit goedpraat of wil akkomodeer, vermaan:

    2 Kor.10:5, 5 terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,

    Kol.2:8, 8 Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.

    2 Tim.4:1-5, Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: 2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; 3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, 4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. 5 Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening.

    Daarom is prof. Adrio Konig verkeerd as hy skryf in sy artikel, “Bybel sê nie hoe, net wie” (Beeld, 2010-08-03):

    “Kom ons as teoloë maak dit ons erns om die rykdom van die Bybel ten volle te ontgin en los die vrae oor evolusie aan die bekwame natuurwetenskaplikes.”

    Juis omdat ‘n geslag na hierdie advies van Konig geluister het (skeiding van Skrif en wetenskap), daarom is daar nie meer ‘n PU vir CHO nie [In U lig (die Woord) sien ons die lig (wetenskappe)], maar bloot ‘n NWU wat nou wetenskap beoefen in die duisternis van die mens se verdorwe verstand en dan “graad kry met lekker kry klaarkry.”

    Aangesien die stryd fundamenteel lê op die terrein van veronderstellings (wesentlike vertrekpunte, aksiomas, mees basiese oortuigings aangaande God, mens en wêreld, ens.), daarom moet die Bybel spreek tot alle wetenskappe en wetenskaplikes, hetsy die geestelike of natuurwetenskappe.

    Nie net skrifgetroue gelowige bekwame gemeentelede, predikante en teoloë nie, maar ook skrifgetroue gelowige bekwame natuurwetenskaplikes moet die evolusionistiese lewensbeskouing op elke terrein van lewe en denke aanspreek, soos gereformeerde natuurwetenskaplikes ook meer begin doen:

    http://bylogos.blogspot.com/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: