Kritiek op Dooyeweerd

Dr. John Byl gee op sy blog die volgende kritiek op die Nederlandse reformatoriese filosoof, Herman Dooyeweerd (1894-1977), wat bekend was vir sy Wysbegeerte van die Wetsidee:

“Many of my concerns echoed those found in an old 1972 critique by John Frame. My prime difficulty had to do with Biblical authority. More recently, Glenn Friesen has raised similar concerns in a useful paper “95 Theses on Herman Dooyeweerd“, published in Philosophia Reformata, the journal founded by Dooyeweerd himself. Friesen notes that Dooyeweerd’s philosophy was not based on any biblical texts. Indeed, Dooyeweerd criticized Cornelius van Til for using Scripture as a source for philosophy, for finding revealed concepts in Scripture and for urging that all human thought be subjected to divine thought. 

According to Dooyeweerd, the Bible speaks in the faith modality–to our supratemporal heart–but not in a propositional way. Dooyeweerd distinguished between the Scriptures and God’s Word; he rejected the notion that the Bible was divinely inspired, word for word. For Dooyeweerd the Bible does not offer reliable knowledge in non-religious fields of learning. The laws for each modality are to be determined by examining reality, not Scripture.”

Dr. Byl se verdere argument is dan dat Dooyeweerd se Skrifbeskouing gelei het daartoe dat hy oop was vir teïstiese evolusie, of dit ten minste ge-akkomodeer het, en dat Dooyeweerd se volgelinge, of sommige van hulle, vandag teïstiese evolusie omhels.  Daar blyk egter ook stemme op te gaan in die Dooyeweerd tradisie wat oproep na ‘n terugkeer na die gesag van die Skrif oor alle terreine van lewe en denke, en nie net die sogenaamde ‘pistiese terrein’ (‘faith law sphere’) nie:

“In science, biologist Arthur Jones (Response to Reformational Thinking on Evolution) urges Reformational biologists committed to evolution to reconsider their stance.  Thus far, such voices are a small minority within the Reformational movement. Hopefully, more will come to see that a genuinely Christian worldview can be maintained only on the solid basis of the full authority of God’s written Word.” 

Sien die volledige artikel hier: http://bylogos.blogspot.com/2010/09/dooyeweerds-legacy.html

Ons eie Afrikaner calvinistiese filosoof, HG Stoker (1899-1993), het behalwe vir sy waardering vir verskeie aspekte van Dooyeweerd se werke, soortgelyke kritiek gegee, nl. dat die Skriftuurlike openbaring nie genoegsaam tot sy reg kom in Dooyeweerd se sisteem nie. 

Stoker en mede-filosowe stel hul saak in moeilike ‘filosofiese taal’ wat nie altyd te maklik verstaanbaar is nie vir ons gewone mense nie (g’n wonder die filosowe word so oud en ons teoloë sterf so jonk nie, want hul dink meestal net oor die lewensvrae en probleme …  ons moet in spring en die probleme probeer oplos ook!)

In wese kom dit daarop neer, as ek Stoker se taal reg verstaan, dat hy meen dat Dooyeweerd met sy metode alleen tot ware kennis kan kom deur Skriftuurlike openbaring, ook wat die filosofie én natuurwetenskappe behels.  Skrifterlike openbaring bepaal ons ‘kenteorie’ van die hele lewe, d.w.s. elke ‘wet sfeer’, nie net die pistiese/geloofsterrein nie.  Stoker skryf: 

“Deur openbaring weet jy Wie God, wie die mens en wat die wêreld is (die fanerokritiese metode het betrekking op die Skrifopenbaring asook op die ‘natuur’- of skeppingsopenbaring); eers daarna kom menslike kennis ter sprake as ‘n gegewe binne Gods skepping wat God, mens en wêreld veronderstel, en eers nadat hierdie verband van kennis van God, mens en wêreld ingesien is, kan die transendentale metode aanvullende diens doen.”

Stoker se ‘fanerokritiese’ metode, teenoor Dooyeweerd se ‘transendentaal-kritiese’ metode, verduidelik hy as volg:

“Dooyeweerd volg die transendentaal-kritiese metode (verduideliking by Dooyeweerd vind u op bl. 25, reëls 10-25 en in my weergawe van Dooyeweerd in hierdie aantekeninge op bl. 1 reëls 1-5 van onder).  Ek volg die fanerokritiese metode (verwant aan die openbaringsmetode van Bavinck en Hepp).  My aantekeninge ‘Inleiding tot enkele kenteoretiese probleme’ (vanaf die begin met sy drie skemas tot die end van ‘Geloof as grondslag van kennis’) gebruik die fanerokritiese metode.  Hierdie metode begin met die geopenbaarde en die verhouding van die mens as kenner tot die geopenbaarde.  

Verkortings: tr.kr.m. = transendentaal-kritiese metode.  fan.kr.m. = fanerokritiese metode.

Die verskil tussen beide metode kan as volg gestel word: Kennis het twee pole: die ek wat dink (en ken) EN die kenbare (dit waaroor gedink word).  Die transsendentaal-kritiese metode begin met die eerste pool, nie soseer met die ek wat dink nie, maar met die denke (en sy struktuur).  Die fanerokritiese metode begin met die tweede pool, die kenbare, die geopenbaarde, die openbaring.  Die transendentaal-kritiese metode wil van ‘n ondersoek van die struktuur van die denke tot die voorwaardes daarvan kom.  Die fanerokritiese metode wil vanuit die openbaring verstaan wat kennis is en hoe die mens tot kennis kom.”

Stoker erken dat beide metodes die bankrotskap van menslike outonomiese denke uitwys:

“MET BEIDE METODES KAN AANGETOON WORD DAT MENSLIKE KENNIS (en/of WETENSKAP) ONSELFGENOEGSAAM IS, DAT DIE BEGINSEL VAN OUTONOMIE VAN DIE REDE VERWERPLIK IS EN DAT KENNIS (en/of WETENSKAP) RELIGIEUS GEFUNDEERD IS EN DAAR GEEN RELIGIEUS-NEUTRALE KENNIS (en/of WETENSKAP) BESTAAN NIE EN DAT DIE RELIGIEUSE UITGANGSPUNT NIE WETENSKAPLIK BEWYS KAN WORD NIE ASOOK DAT ALLE “-ISMES” (verabsolutering of selfgenoegsaamstelling van die onselfgenoegsame; vergoddeliking van die kreatuurlike) VERWERPLIK IS, ENSOVOORTS, ENSOVOORTS.  Vgl. Dooyeweerd se boek en my aantekeninge oor Kenteorie.”

 Maar, hy is van mening dat sy metode (saam met Bavinck en Hepp) fundamenteel is, en Dooyeweerd s’n aanvullend, inteendeel, Dooyeweerd se metode kan nie sonder Stoker s’n nie, en maak juis gebruik daarvan (beklemtonings bygevoeg):

“Watter van die twee metodes is die fundamentele en watter die aanvullende? Dooyeweerd: “The Transcendental critique of philosophic thought is, to be sure, the ultimate theoretical foundation of philosophy.  (An New Critique of Philosophical Thought, I., bv. 544).  Dooyeweerd sê nêrens dat hy ons die openbaringsmetode gebruik nie, al spreek hy wel van skriftuurlike openbaring.

M.i. is die fanerokritiese metode die fundamentele metode vir die wysbegeerte en ook vir die kenteorie.  Deur openbaring weet jy Wie God, wie die mens en wat die wêreld is (die fanerokritiese metode het betrekking op die Skrifopenbaring asook op die ‘natuur’- of skeppingsopenbaring); eers daarna kom menslike kennis ter sprake as ‘n gegewe binne Gods skepping wat God, mens en wêreld veronderstel, en eers nadat hierdie verband van kennis van God, mens en wêreld ingesien is, kan die transendentale metode aanvullende diens doen.

Stoker meen dat ons Skriftuurlike voorveronderstellings ons kennis van God, mens en wêreld bepaal.  Sien ook sy belangrike skrywes oor lewens- en wêreldbeskouing, asook ‘Calvinistiese lewens- en wêreldbeskouing’ (Oorsprong en Rigting, Band I, Kaapstad: Tafelberg Uitgewers, bl.13ev. Beskikbaar hier).  

Stoker skryf verder: 

“Dooyeweerd kan self nie sonder die fanerokritiese metode klaarkom nie; hy gebruik dit implisiet, al glo hy net die transendentaal-kritiese metode gebruik.  Want: 

(a)  hy begin met die naiewe ervaring as ‘n gegewe (in ons terme: as ‘n geopenbaarde).  Van hierdie gegewe (resp. geopenbaarde) onderskei die mens die aspekte, en van hierdie gegewe (resp. geopenbaarde) abstraheer die wetenskaplike sy veld van ondersoek en vorm hy Gegenstände.

(b)  Nadat hy aangetoon het dat die SINTESE van die logiese en die nie-logiese nie in een van die twee pole (bv. die logiese en die psigiese of biotiese) gegrond kan wees nie, maar voltrek moet word deur ‘a hidden performer’ wat beide pole transendeer, stel hy dat die hart hierdie ‘hidden performer’ is.  Hy weet dat dit die hart is omdat hy dit met die fanerokritiese metode uit die Heilige Skrif kry.  (Vgl. Wijsbegeerte der Wetsidee, I, bl. VI boaan).  Dat die ‘hart’ die sintese bewerkstellig het Dooyeweerd nie met die transendentaal-kritiese metode gekry nie.”

 (c) Dat die hart religieus bepaald is, op God of van God af gerig is, bied die fanerokritiese metode hom en nie die transendentaal-kritiese metode nie.

 (d)  Hy noem die Heilige Skrif die absolute norm.  Dié insig is ook nie deur die transendentaal-kritiese metode verkry nie, maar deur die fanerokritiese metode (of beter: deur geloof).

 (e)  Hy beroep hom op die Skriftuurlik gegewe religieuse grondmotief van skepping, sondeval en verlossing.  Ook hierdie beroep is nie met die transendentaal-kritiese metode moontlik nie, maar slegs met die fanerokritiese metode (beter: geloof).

Dus: Skriftelike Openbaring bepaal ook ons filosofiese-epistemologiese denke, ook die inhoud daarvan.

 En, dan is Stoker se konklusie:

“Uit dit alles blyk dat die transendentaal-kritiese metode nie die fundamentele metode vir die wysbegeerte kan wees nie, in elk geval nie vir Dooyeweerd se wysbegeerte nie.”

Sien Stoker se uiteensetting van Dooyeweerd se transendentale metode hier, asook die daaropvolgende kritiek (soos hierbo aangehaal):

https://proregno.files.wordpress.com/2010/09/hg-stoker-se-uiteensetting-van-dooyeweerd-se-transendentale-metode-en-sy-kritiek-daarop1.pdf

Vir Stoker se standpunt teen Evolusie en Teïstiese Evolusie, sien hier:

https://proregno.files.wordpress.com/2010/07/hg-stoker-oor-evolusionisme1.pdf

Hy skryf onder meer:

Wat leer die Bybel ons aangaande die Evolusie-Vraagstuk?
(1)    God het op verskillende dae en met  verskillende  skeppingsdade in ses dae in aansyn
geroep: hemel en aarde, waarby grasspruitjies, plante en bome; visse en voëls; vee, kruipende
diere en wilde diere; die mens.

(2)    T.o.v. elke skeppingsdaad insake die lewende wesens staan daar (en wel tot tien maal
herhaal) dat hulle volgens hul soorte geskape is.

(3)    Die mens is op ’n besondere wyse geskape: na Gods beeld.  Aan hom is ’n besondere
roeping toegeken: hy sal heers oor die voëls, oor die vee, oor die kruipende diere, oor die hele
aarde.

(4)    Die lewende wesens sal vrugbaar wees, vermeerder en die aarde vul.

(5)    Na elke skeppingsdag staan: Toe sien God dat dit goed was.  Na die hele skepping staan:
“Toe sien God al wat Hy gemaak het en — dit was baie goed.”

(6)    God het op die sewende dag gerus.  Sy skeppingswerk is voltooi en vind nou nie meer
plaas nie.  
 
(7)    Die sondeval het die mens van God vervreem.  Om die mens se ontwil is die aarde
vervloek; maar God gee aan die mens die heilsbelofte van die Messias.

Hieruit blyk:
(a)     Dat die lewende wesens geskape is en nie vanself uit die anorganiese (lewelose) stof
ontstaan het nie (1);
(b)    Dat die lewende wesens moet ontwikkel (4); daar is dus ontwikkeling;
(c)     Dat hierdie ontwikkeling sal geskied binne perke, volgens die soorte (1 en 2);
(d)    Dat hierdie ontwikkeling organies is, nie meganies nie (a; 1 en 2);
(e)     Dat die mens nie uit die dier ontwikkel het nie, maar dat hy op ’n besondere wyse en met
’n besondere roeping geskape is (3);
(f)     Dat die aarde, soos ons hom nou ken — met sy pyn en sy smart, met sy siekte en sy
dood, met sy verwildering en verwording — nie is soos dit geskape was nie — goed en baie
goed; maar dat dit nou abnormaal is en dat dit eenmaal — in die herskepping — weer goed
en normaal sal wees (5 en 7);
(g)    Dat God die aarde in ses dae geskape het en dat dit nie honderde duisende jare geneem
het om uit die laagste lewende wesens die mens te ontwikkel, soos die evolusieleer dit eis nie (1).  Dat die dag met sy aand en sy môre geen periode is nie, maar wesenlik ’n dag, staan vir
die Gereformeerde eksegese vas.  Daaraan twyfel die Calvinis nie.  Die “dag” sou opgevat
kan word as (i) ’n dag van ons aarde (24 uur) en God is magtig genoeg om die skepping in
ses sulke dae te voltooi.  Die “dag” sou ook opgevat kan word (ii) as ’n dag van God, ’n
besondere soort skeppingsdag met ’n eiesoortige skeppingstyd, kwalitatief verskillend van
die soort tyd, wat ons ken.  Dit moontlik dat die tyd waarin God besig is met die skepping
van die aarde en daarmee met die skepping van ons aardse tyd, andersoortig is as die aardse
tyd, nes die tyd van die herskepping, die ewigheid, ook ’n ander soort tyd is as die tyd waarin
die aarde sig ontplooi, die tyd waarin ons nou leef.  As die tweede opvatting van “dag” korrek
sou wees, dan is alle tydsberekeninge van die natuurwetenskappe wat op die verre verlede
gerig is, nie letterlik nie, maar figuurlik of analogies te verstaan: hierdie tydsberekeninge is
hipoteties en het dan nooit absolute waarde nie, omdat hulle dan rus op die foutiewe
veronderstelling dat die skeppingstyd aan ons tyd gelyksoortig was;
(h)    Dat God die sewende dag klaar was met Sy skeppingsarbeid en gerus het (6).  Hy skep
nou nie meer soos die kreatiewe evolusieleer, die versoeningsleer van Skrif en wetenskap
beweer nie. ”

Uit hierdie geskrif blyk dit duidelik dat Stoker beide darwinistiese evolusie én teïstiese evolusie verwerp het op grond van die Heilige Skrif, die Heilige Skrif wat ware en vaste kennis gee (HK, v/a 21) aangaande God, mens en wêreld, van religie en wetenskap, ook die natuurwetenskappe. 

Ons bely immers: “Ons vat die Heilige Skrif in twee dele saam: die Ou en die Nuwe Testament. Dit is die kanonieke boeke waarteen niks ingebring kan word nie.” 

Die Heilige Skrif is gesaghebbend, volkome betroubaar, onfeilbaar en foutloos tot alles wat dit spreek.  Dr. Byl is daarom reg: sonder ‘n korrekte Bybelse Skrifbeskouing kan geen Christelike lewens-en wêreldbeskouing gehandhaaf word vandag nie, ook nie teen die aanslag van die evolusionistiese dwalinge op kerklike en wetenskaplike terreine nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: