Sondag sal dit 493 jaar gelede wees wat Maarten Luther sy 95 stellings teen die deur van Wittenberg kerk gespyker het en so die Protestantse Reformasie van die 16de en 17de eeu ingelei het, soos dit later sou bekend staan. Die wêreld sou daarna nie meer dieselfde wees nie.
Maar, hoeveel van ons het al die 95 stellings self gelees, of hoeveel het al van die oorspronklike dokumente gelees van die Reformatore ?
Luther se ‘Bondage of the Will’, asook Calvyn se ‘Institusies van die Christelike Godsdiens’ is noodsaaklike leeswerk om die wese van die Reformasie reg te verstaan.
‘n Goeie begin is om die 95 stellings te bestudeer, asook Calvyn se artikel ‘Die noodsaaklikheid om die kerk te reformeer’.
1. Die 95 stellings kan hier gelees word:
http://www.iclnet.org/pub/resources/text/wittenberg/luther/web/ninetyfive.html
Sien ook hierdie oorsig en verduideliking van die 95 stellings:
http://www.educationalwriting.net/resource_center/Thesis/Topics/Summary_of_95_Thesis_Topic.htm
Sien hier meer oor Luther:
2. Calvyn se ‘Die noodsaaklikheid om die kerk te reformeer’ het die eerste maal verskyn in 1543, as begronding van die Protestantse Reformasie teenoor die dwalinge van Rome. Wanneer die geskrif gelees word, is dit opmerklik hoe daardie dwalinge vandag weer lewendig is, selfs in kerke van gereformeerde belydenis.
Daarom sal dit goed wees om dit weer te bestudeer, en te vra hoe ver het ons dalk reeds van ons reformatoriese wortels begin afdwaal, en hoe gaan ons terug reformeer ?
Die vertaalde artikel het in 2003 in die Esra Verslag (nr.54) verskyn, en dit word weer hier beskikbaar gestel:
Die noodsaaklikheid om die kerk te reformeer, J Calvyn
https://proregno.files.wordpress.com/2010/10/die-noodsaaklikheid-om-die-kerk-te-reformeer.docx
“Ek weet hoe moeilik dit is om die wêreld te oortuig dat God enige vorm van aanbidding verwerp wat Hy nie uitdruklik beveel het nie. Die teenoorgestelde opvatting wat hulle aankleef , wat in hul murg en been sit, is dat wat hulle ookal doen, word deur hulself bekragtig, op die voorwaarde dat dit die een of ander voorkoms het dat dit tot eer van God is. Maar aangesien God enigiets wat ons ookal in ons “ywer” in aanbidding onderneem nie net as vrugteloos nie maar selfs as verfoeilik beskou wat nie deur Hom beveel is nie, wat bereik ons met hierdie eiesinnige optrede? Die woorde van God is duidelik en verstaanbaar: ‘het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE?’ (1 Samuel 15:22 en verder). Jesus self aan die woord: ‘maar tevergeefs vereer hulle my deur leringe te leer wat die gebooie van mense is.’ Loutere eiewilligheid is waardeloos.” – Calvyn
3. Lees ook: Calvin’s reply to Sadoleto
http://www.grbcfamily.org/books/A%20Reformation%20Debate.pdf
http://www.historiasalutis.com/2010/01/07/calvins-reply-to-sadoleto/
http://people.virginia.edu/~jph8r/texts/CalvinReplyTr.html
4. Sien ook Pro Regno nr. 9 wat gehandel het oor Calvyn:
Inhoud
– Enkele aspekte uit die lewe van Calvyn
– Die Reformatoriese leer oor die regverdiging deur die geloof alleen
– Die Calvyn boekrak: bronne om te lees oor Calvyn se lewe en werke
https://proregno.files.wordpress.com/2010/10/pr-2009-11-14-nr-9.doc
5. Vir onlangse beoordelings van die situasie in die Rooms Katolieke Kerk, sien:
Papacy set to recapture England
http://www.trinityfoundation.org/latest.php
Roman Catholicism Today (October 2010)
Boek weer beskikbaar: Come out from Among them – Anti Nicodemite Writings of John Calvin
http://www.trinitylectures.org/product_info.php?cPath=21&products_id=179
Ons kan seker Kalvyn ‘Necessity of Reforming the Church’ insluit
By: Mark on October 28, 2010
at 12:41
Mark, nr.2 hierbo ‘‘Die noodsaaklikheid om die kerk te reformeer’ is ‘n vertaling/verwerking ‘n gedeelte van ‘Necessity’.
Hier is die boek aanlyn beskikbaar:
http://www.cprf.co.uk/bookstore/necessityofreform.htm
By: proregno on October 28, 2010
at 12:46
[…] Lees ook goeie Christelike boeke (Augustine Bookroom), begin met Calvyn se Institusies, die een volume uitgawe wat weer by Admin Buro (018 297 3986) beskikbaar […]
By: Maar JULLE, wie se JULLE is Ek ? – Jesus Christus « Pro Regno on June 9, 2011
at 10:23