Neem kennis van die volgende nuwe publikasies:
1. Genesis en teologie: ‘n Antwoord op Nico Vorster se siening van Genesis 1-3 as polemiese teologie, dr. HG Stoker
Hierdie artikel verskyn in volume 46 (3&4) 2010 van die TCW (Tydskrif vir Christelike Wetenskap, bl. 213-236), en is by die VCHO beskikbaar. Met die toestemming van die TCW se redaksie word die vollledige artikel hier beskikbaar gestel:
https://proregno.files.wordpress.com/2011/02/genesis-en-teologie-hg-stoker.pdf
Ter inleiding, hier is die inhoudsopgawe, sinopsis en punte 1 (agtergrond)en 8 (ten slotte) van die artikel:
Inhoudsopgawe van die artikel:
1. Agtergrond
2. Vorster se siening van Genesis 1-3
3. Kritiese vrae oor Vorster se standpunt
4. Kritiese reaksie op Vorster se artikel
5. ‘n Beoordeling van Vorster se siening van Genesis 1-3
6. Beoordeling aan die hand van die gereformeerde belydenis
7. ‘Natuurwetenskaplike feite’ versus Genesis 1-3
8. Ten slotte: verkeerde vrae gee verkeerde antwoorde
Synopsis
“From a reformed dogmatic and apologetic viewpoint, this article investigates the
new understanding of Genesis 1-3 as theological material with a polemic and
prophetic purpose. This is what dr Nico Vorster wants to bring into the catechism
classes and other work of the Reformed churches. Critical questions are being
asked about issues such as Voster’s view of science; also the measure that
determines what is historical and what is mythical, as well as his assumptions
about Biblical history and antique creation stories. Voster’s view is being judged
according to the claims of the Scripture and the reformed confession and
hermeneutics. This article comes to the conclusion that the questions that Vorster
poses the text of Genesis 1-3, that do not come directly from the text itself, causes
him to, unlawfully, find answers that changes the context and content from what is
really written in the first chapters of the Bible.”
“1. Agtergrond
In 2009 verskyn ʼn artikel van Nico Vorster in In die Skriflig, waarin hy ʼn nuwe
verstaan van dele van die Skrif in die GKSA wil inlui (Vorster, 2009:115). Reeds
uit die opskrif en opsomming van sy artikel (Vorster, 2009:95) is dit duidelik dat
hy die keuse maak om “Genesis 1-3 as teologiese stof met ʼn polemiese en
profetiese gerigtheid” te lees. Aangesien hy hierdie deel van die Bybel nie as
historiese stof in die gewone sin van die woord wil hanteer nie, verreken hy daarna “die implikasies hiervan vir die Gereformeerde leer oor die erfsonde”. Hy pleit dat
die Skrifgedeeltes wat as geskiedkundige stof in die kategese van die
Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) en ander kerke hanteer word, in lyn
met sy denke, nie meer soos dit daar staan as historiese weergawes aan die kinders gebied moet word nie (Vorster, 2009:115). In hierdie artikel word die sienings van Vorster (2009) vanuit die gereformeerde dogmatiek en apologetiek ondersoek.”
“8. Ten slotte: verkeerde vrae gee verkeerde antwoorde
Die wyse waarop Vorster geloofwaardigheid aan sy siening wil gee, is deur
spesifieke vrae aan die teks te vra. Sy veronderstelling is dat die eerste hoofstukke van Genesis polemies van aard is (vandaar dan ook die eerste deel van die titel van sy artikel: Die teologies-polemiese gerigtheid van Genesis 1-3 – Vorster, 2009:95). Deur die vrae wat hy aan die teks vra – vrae wat nie direk uit die teks self na vore kom nie – maak hy veronderstellings oor dit waarna die teks verwys. Met die vrae wat hy stel vanuit sy siening dat die teks polemies van aard is, kom hy by antwoorde uit waartoe die teks hom nie self sou bring nie. Ankerberg en Weldon (2005:72) wys met reg daarop dat regverdige navorsing oor historiese
gegewens “poog om objektief en redelik te wees, om regverdig te wees en
ongeoorloofde spekulasie tot die minimum te beperk, en om nie toe te laat dat
onregverdige voorveronderstellings gevolgtrekkings besoedel nie”. Hoewel dit tipies van wetenskapsvorming is om vrae te vra op grond van teorieë wat ons daarstel, moet die resultaat van die vrae die teorieë verifieer of falsifieer.
Daar kan nie voorgegee word dat dit wat die teks vir ons gee antwoorde is op vrae waarvoor daar geen bewys is dat dit in die tyd waarin die teks na bewering
saamgestel is, gevra is nie. Dit is eerder inlegkunde wanneer dit wat verhaal word,
op dié manier as antwoorde beskryf word, en so aan die konteks van dit wat daar
staan verander word. So word die getrouheid van die geskiedenis wat in die eerste hoofstukke van die Bybel beskryf word, in diskrediet gebring word.”
Nota: Daar sal, DV, ‘n bespreking wees van hierdie artikel in ‘n volgende Pro Regno bloginskrywing. Sien ook my eie kritiek op dr. Vorster se teologie: Skepping en erfsonde: ‘n paar opmerkings in antwoord op dr. Nico Vorster se artikel, in Pro Regno nr.8 “Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak”
2. Skrifgesag: Manuskripte en Bybelvertaling, dr.Jeanette Erasmus
Deel 2 van hierdie belangrike reeks is nou ook beskikbaar. Sien meer inligting hier.
3. Peace for a Troubled Heart, rev. Herman Hoeksema
“Peace for the Troubled Heart is a genuinely Reformed devotional, breathing the rich experience of the believing child of God. Comprised of 37 meditations written by Herman Hoeksema, this book addresses the theme of struggle and suffering in this life of every believer as a pilgrim of this world. Hoeksema, in his warm, personal, often poetic style, masterfully exercises the spiritual gift of devotional writing.”
Beskikbaar by RFPA.
4. ‘n Nuwe een-volume sistematiese teologie: The Christian Faith – A Systematic Theology for Pilgrims on the Way, dr. Michael Horton
Kry hier meer inligting