In die nuus: 2011-02-12

1. GENESIS ‘N MITE – TT CLOETE

Die bekende Afrikaanse digter en skrywer, TT Cloete (wat ook verantwoordelik was vir die Nuwe Psalmomdigting vir Afrikaanse kerke, waaronder hy beweer het dat Ps.110 nie Messiaans is nie), beweer dat die skeppingsgeskiedenis van Genesis 1 ‘n mite is.  Hy glo in teïstiese evolusie en dat die skeppingsproses voortduur.

In ‘n onderhoud wat met hom gevoer is en in die By-Beeld van 2011-02-12 geplaas is, lees ons die volgende:

“Laaste, dalk moedswillige vraag voordat ons behoorlik aansit: Wat maak dié gelowige man van die debat oor evolusie?

“Daar ís evolusie. Evolusie is nie vir my onversoenbaar met die Goddelike nie, want evolusie is só ’n ingewikkelde ding – daar is soveel miljarde faktore betrokke – dat dit nie toevallig kán wees nie.
“Dan moet jy ‘toevallig’ met ’n hoofletter spel, dan moet jy van ‘toevallig’ ’n God maak.”
Hy verwys na ’n ingeboude wysheid van die natuur, waar dinge en diere weet wát en hóé hulle moet wees.
“Ons het vandag die koolstof-toetse en fossiele wat vir ons wys wat die oorgang tussen die vierpotiges en die voëls is. Jy moet mal wees as jy dit vandag ontken.”
En hoe gemaak met die Bybelse skepping? Die boek van Genesis?

“Ons moenie Genesis letterlik opneem nie, die antieke mense het dikwels mites ingespan.”

En dan, met verwysing na die woorde van Augustinus, sê prof. Cloete ’n mens moet onthou dat die sewende dag – volgens die skrif  (sic)  – geen nag het nie.
   
“Ja, dit sê God het gerus, maar die proses – die skepping – duur voort.”

En ek sien hom saans daar sit, voor die Hubble-argief op sy rekenaar: onversadigbaar nuuskierig voor die voortdurend uitdyende skepping.

Op soek na sy Anna, wie se naam gepas beteken “die moeder van die kosmos….”

Opmerkings:

1. Cloete se opmerking dat jy ‘mal’ moet wees om nie vandag evolusie te aanvaar nie, herinner opnuut aan 1 Kor.1:18-25 (lees dit in die lig van Joh.3:12 en 5:46,47):

“18 Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;  19 want daar is geskrywe: Ek sal die wysheid van die wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense tot niet maak.  20 Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie?  21 Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red;  22 want die Jode vra ‘n teken en die Grieke soek wysheid,  23 maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, ‘n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke;  24 maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van God.  25 Want wat dwaas is by God, is wyser as die mense; en wat swak is by God, is sterker as die mense.”

2. Oor die sewende dag wat voortduur, sien die volgende verklaring:

http://creation.com/is-the-seventh-day-an-eternal-day 

3. Oor Augustinus wat misbruik word vir evolusie propaganda, sien die artikel van dr. Benno Zuiddam se artikel “Augustinus oor die skeppingsdae: geen teistiese evolusionis”, in Pro Regno nr.8.  Die oorspronklike artikel kan hier gelees word.

4. Tien probleme met teïstiese evolusie:

2. Siener van Rensburg en die Nag van die Langmesse

 “Toe Madiba onlangs in die hospitaal was, wou ekstremiste weer hul Venter-waentjies pak en koers kies na die noorde. Want die Nag van die Lang Messe, glo hulle, lê voor. Maar die visioene van Siener van Rensburg waarop dié voorspelling gegrond word, word verkeerd geïnterpreteer, het Andries Raath aan LETI KLEYN vertel. Die profeet het dié gebeure nie voorspel nie. … Raath doen al die afgelope 30 jaar navorsing oor Siener van Rensburg en sê diegene wat die idee van die Nag van die Lang Messe op die boereprofeet se visioene grond, interpreteer die visioene verkeerd.  Daar is wêreldwyd ’n vorm van eksistensiële angs wat periodiek opvlam, onder meer weens klimaatsverskynsels en ekonomiese terugslae. In die Suid- Afrikaanse gemeenskap – soos in die geïsoleerde pioniersbestaan van vroeër – veroorsaak Afrikaanssprekendes se godsdienstige ontnugtering, marginalisering in onder meer die werkplek en ekonomiese onsekerheid veral dat daar hernude belangstelling in die mistiek, toekomsvoorspelling en in die visioene van die siener ontstaan, sê Raath.”

Sien die volledige artikel hier:

http://www.beeld.com/By/Nuus/Heilbron-se-Spar-Nooit-20110211

2 thoughts on “In die nuus: 2011-02-12

Add yours

  1. Hier is wat Cloete geskryf het oor Ps.110, in die Kerkbode van 11-13 April 2002:

    “Vyfdens: Ps.110, wat soos Pretorius [dit is ‘n beswaarde briefskrywer wat Cloete antwoord -slc] dit verstaan ‘n Messiaanse Psalm is, is onder meer volgens my teologiese adviseurs [in sy brief noem hy dan twee van sy adviseurs, naamlik proff. Riemies Prinsloo en Herrie van Rooy -slc], volgens die Nuwe Vertaling van die Bybel, volgens die ‘nieuwe berijming’ en volgens Bonaventura Hinwood se omdigting in Afrikaans vir die Katolieke Kerk [sic!], nie ‘n Messiaanse Psalm nie.”

  2. En trots sing ons voort!! Van wanneer af het Prof Cloete so geglo? het dit gister of eergister gebeur … Of was dit al die geval voor 2000?

    Ek weet net een ding: mense en hulle gelowe – veral die ding waarin Prof Cloete glo en in aggenome dat hy ‘n deur dagte deur winterde akademikus is, kom nie nie oornag nie.

    Dit daar gelaat. Selfs voor ons van Prof Cloete se nuutste geloofsdtandpunt geweet het, het hy die aller aakligste gedigte gedig in die naam van iets soos kuns.

    Ek is van mening dat dit vandag die kerk in die algemeen en die GKSA in besonder se krisis is dat ons vas gevang sit in ‘n proses waarin ons stadig maar seker totaal wêreldgelykvormig word. Ons het die antitese prys gegee … en daarom kan Prof Cloete vir ons Psalms omdig al skryf hy fieslike gedigte.

    So anders was dit in die dae van die sinode van 1618/19. Toe was van die vereistes vir die vertalers van die Statevertaling dat hulle Godsvrugtige teoloë moes wees – mense wat moes erken het dat die Bybel die Drie-enige God openbaar en dat Christus Jahwe in die vlees is (Mark 1:3; Jes 40:3) (vgl The Futre of the Bible Van Bruggen).

    Groete
    Cobus

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: