Wat is nou die verskil tussen Spangenberg en Vorster ?

Sien my vorige bloginskrywing ter agtergrond.

Hier is dr. Nico Vorster van die teologiese skool van die GKSA se antwoord op Spangenberg se artikel:

Spangenberg se weergawe van kerklike standpunte is simplisties

As Vorster skryf:

“Jesus se siening van homself hang byvoorbeeld saam met die vraag of ’n mens die
evangelies as betroubare selfgetuienis van Jesus beskou of as onbetroubare
versinsels.”

En dan weer:

“Die Skrif dra teologiese waarhede oor en stel nie belang in die oordra van
natuurwetenskaplike waarhede nie. ”

En:

“Dit is onjuis om te beweer dat alle kerke mense gevange hou in ’n antieke wêreldbeeld. In die reformatoriese tradisie word redelik algemeen aanvaar dat God met antieke mense in terme van die wêreldbeeld van die tyd spreek, maar dat die teologiese boodskap van die Skrif nie afhanklik is van ’n antieke wêreldbeeld nie.”

… dan lyk dit vir my dat hy en Spangenberg, wat die gesag van die Skrif betref, net verskil van graad, nie soort nie.  Vir Vorster is Gen.1-3 deel van ‘n antieke wêreldbeeld wat bloot ‘teologiese waarhede’ bevat, maar nie historiese waarhede nie.  Spangenberg deel Vorster (en König) se dualistiese Skrifbeskouing wat die skeppingsgeskiedenis betref, maar gaan dan ‘n stap verder en glo die Evangelies is ook vasgevang in ‘n antieke wêreldbeeld waar sekere ‘sosio-ekonomiese lewenswaarhede’ (‘bevryding’, ‘geregtigheid’ ‘versoening, ens.) gevind kan word in die lewe van Jesus van Nasaret, maar nie die ‘teologiese waarhede’ soos ons dit saamvat in (bv) die Apostoliese Geloofsbelydenis nie: Jesus is God, gebore uit ‘n maagd, Verlosser van ons sondes, opgevaar na die hemel, ens.

Dus, die een is krities teen die begin van die Bybel, en die ander een is krities teen die begin én einde van die Bybel.

Dit blyk dat nie een werklik NGB art.2 onderskryf nie, nl. “Ons vat die Heilige Skrif in twee dele saam: die Ou en die Nuwe Testament. Dit is die kanonieke boeke waarteen niks ingebring kan word nie.”

Vir ‘n bespreking van dr. Nico Vorster se siening oor sondeval en erfsonde:

Genesis en teologie: ‘n Antwoord op Nico Vorster se siening van Genesis 1-3 as polemiese teologie, dr. HG Stoker

“Skepping en Erfsonde” – ‘n Paar opmerkings in antwoord op dr. Nico Vorster se artikel, Die teologies-polemiese gerigtheid van Genesis 1-3: implikasies vir die gereformeerde leer oor die erfsonde

Sien ook die volgende boekbespreking wat relevant is aan die onderwerp aangaande Skrifbeskouing, lewensbeskouing en die antieke wêreldbeeld:

Boekresensie: Beale, dr. G.K. The Erosion of Inerrancy in Evangelicalism

3 thoughts on “Wat is nou die verskil tussen Spangenberg en Vorster ?

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: