Wie is die Antichris ?

Hier is ‘n brief wat ek aan die Beeld geskryf het (wat ek vermoed nie geplaas gaan word nie omdat dit te vol ‘bybelversies’ is. Ek bly egter by Mark.8:38 en 2 Tim.2:15).

Geagte redakteur,

Sal u asb goedgunstelik oorweeg om my brief in u briewekolom te plaas.

Wie is die Antichris ? 

Mense worstel deur die eeue oor wie of wat die Antichris nou werklik is. Baie probeer dit koppel aan een of ander bose politieke leier, hetsy Stalin, Hitler of deesdae Malema ! Die Heilige Skrif gebruik egter die term net 4 keer, en almal in die Briewe van die Apostel Johannes (1 Joh.2:19, 22; 4:3; 2 Joh.7). En, volgens Johannes is die Antichris en die gees van die Antichris almal wat ontken dat Jesus die Seun van God, dus God self is, wat volkome Mens geword het om vir ons sondes te sterwe. Hierdie en ander basiese geloofswaarhede word saamgevat in die Apostoliese Geloofsbelydenis in navolging van die Skrif. Johannes wys ook daarop dat die antichriste het “van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hul gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie” (1 Joh.2:19).

En so het dit aan die lig gekom, in die Beeld van 2011-06-02, dat prof. Sakkie Spangenberg met sy nuwe ‘Nuwe Hervorming’ geloofsbelydenis, “Ses redes waarom ek nie deel van die kerk wil bly“, eintlik nog nooit werklik deel was van die heilige algemene Christelike kerk nie, en volgens Johannes ‘n ‘valse profeet’ is (1 Joh.4:1). Wat ‘n mens hom en die Nuwe Hervorming wel moet gelyk gee, is hul eerlikheid en opregtheid, al is dit eerlike opregte kettery volgens die Heilige Skrif.

Ek vermoed daar is nog heelwat teoloë en predikante in die tradisionele susterskerke wat soos hy nie meer die Heilige Skrif waarlik glo nie en ook nie hul kerke se gereformeerde belydeniskrifte nie, maar nie eerlik, opreg of mans genoeg is om uit hul kerke te bedank nie, omdat hul bloot daar is vir mediese-, pensioens- en ander wêreldse voordele (1 Joh.2:15-17; 4:5). Hierdie mense wil nog lekker handel dryf (geld maak) met die Woord van God (2 Kor.2:17), en dierbare gelowiges se bydraes opgebruik. Ware gelowiges orals moet hul leraars en teologiese skole tot verantwoording roep of hul nog werklik glo en kragtig stry “vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is” (1 Joh.4:1; Judas 3).

8 thoughts on “Wie is die Antichris ?

Add yours

  1. Jaco, sien my antwoord by my blog inskrywing getiteld: “Is Sakkie Spangenberg ‘n antichris?”

    Sien ook die opvolg inskrywing: “Die Nuwe Hervorming: wetenskaplike- of evangelisasie terrein?”

  2. Hallo “proregno”,

    Die groot verskil tussen jou denke en dié van Nuwe Hervormers, is jou beklemtoning van “geloof” in sekere geloofsbeginsels soos o.a. dat Jesus as Seun van God, “deel” is van God Drie-Enig; asook die “sonde-verlossing-wederkoms” dogma van die tradisionele Christendom. Jy glo dat die Bybel op ‘n sekere manier geïnterpreteer en verstaan behoort te word, wat op “geloof” gebaseer is in plaas daarvan dat “wetenskaplike” metodes gebruik word om die geldigheid van die historiese stellings daarin te ondersoek – “Ons moenie die Heilige Skrif deur ongeloof bestudeer nie, veral nie deur die valslik sogenaamde wetenskap van die verligtingsdenke nie.” Nuwe Hervormers is egter bereid om die Bybel te ondersoek deur gebruikmaking van nie-partydige en meer objektiewe wetenskaplike metodes.

  3. Jaco, jou stelling laat my dink aan die ‘plat aarde wetenskapsvereniging’ wat natuurlik ook in hul eie oë oop en vry is om objektiewe en nie-partydige wetenskap te beoefen … en dan is die eerste reël van die vereniging “jy moet aan ‘n plat aarde glo”.

    So ook blyk dit met die NH, jy is welkom om ‘teologie en wetenskap’ saam hulle te beoefen, maar reël een is jy kan alleen wetenskap beoefen as jy nie in wonderwerke glo nie … reël twee is jy aanvaar nie wat die objek van jou ondersoek (die Bybel) soos hy daar staan vir jou sê nie, maar soek ‘n ‘politieke agenda’ daaragter, reël drie is ons menslike rede kan oor die Bybel ‘objektief’ gesag uitoefen, reël vier is as die Bybel en evolusie wetenskap bots … dan moet die Bybel natuurlik verkeerd wees en ge-herinterpreteer word, ens., want moderne wetenskap is mos ‘onfeilbaar’.

    Iets van ‘n ons betwyfel niks nie, behalwe die Bybel.

    Ek verstaan dit, dit word soms ‘scientisme’ genoem, niks nuuts nie, maar net nog ‘n poging van die mens wat dink hy kan ‘neutraal’ (lees: ‘objektief en onpartydig’ in die NH se eie oë) staan oor God se Woord en met sy rede as standaard besluit wat is nou vandag ‘geldige’ historiese stellings en wat nie. Die probleem is natuurlik dat die nuwe ‘onfeilbaarheid’ van sogenaamde “nie partydige en meer objektiewe wetenskaplike metodes’ opnuut weer ‘n nuwe geloofsvertrekpunt en voorveronderstelling is, ‘n a-priori wat byvoorbaat in jul kringe aanvaar moet word.
    Onfeilbaarheid en gesag kan nie verdwyn nie, dit is ‘n Godgegewenheid, dit berus of in God se Woord, of in die mens of iets wat die mens skep. Die mens se rede is daar om agter God aan te dink, of om God te probeer ontken en God self te probeer wees deur self te bepaal wat is reg en verkeerd.
    Nie een van ons is vry daarvan om deur ons basiese vertrekpunte en lewensbeskouings beinvloed te word nie, nie ‘n Totius nie en nog minder die Nuwe Hervorming wat met Schweiser en Bultmann se kallers (vertrekpunte) ploeg. Ja, ek erken openlik ek is ‘n kind van die Reformasie, soos Spangenberg ‘n kind is van die Verligtingsdenke.

    “Human knowledge has a perspectival aspect. All our experiences are filtered through a worldview grid, which reflects our most basic beliefs about such things as ontology, epistemology, and God. Our worldview presuppositions determine what we consider to be real and what we take as only apparent; they determine what we accept to be genuine knowledge. Consequently, our choice of models is strongly influenced by our worldview presuppositions: we prefer models that best reflect our fundamental beliefs about how the universe functions. Models thus bridge the gap between our worldview beliefs and our experiences of reality. Establishing such theoretical connections serves to increase the plausibility of our worldview. These factors are discussed in more detail by G.Y. Nieuweland (2000).” – dr. John Byl, Models and presuppositions in science and theology:

    http://bylogos.blogspot.com/2009/07/selected-books-by-dr.html#links

  4. Jaco, ek het my verduideliking gegee van wat ‘antichris’ beteken volgens eerste brief van Johannes.

    Wat is jou en/of die Nuwe Hervorming se verduideliking van daardie verse, wat beteken dit ? Dankie vir jou antwoord.

  5. “What strikes one immediately upon reading such a statement is the low estimate of the Bible which it entails. Whenever ‘science’ and the Bible are in conflict, it is always the Bible that, in one manner or another, must give way. We are not told that ‘science’ should correct its answers in light of Scripture. Always it is the other way around. Yet this is really surprising, for the answers which scientists have provided have frequently changed with the passing of time. The ‘authoritative’ answers of pre-Copernican scientists are no longer acceptable; nor, for that matter, are many of the views of twenty-five years ago.”
    -.Young, E.J., Days of Genesis, Westminster Theological Journal 25(1):1–34, 1963

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: