Word twee mossies nie vir ‘n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie. – Matt.10:29
Onder die opskrif, Nie sonder Sy omgee nie, skryf Andre van Niekerk in sy ” ‘n Woord onderweg” rubiek in die Beeld van 2 Julie 2011 soos volg oor hierdie vers:
“… Mattheus troos dat selfs nie twee mossies “op die grond val sonder julle Vader nie”. Vir Bybelvertalers maak dit egter nie genoeg sin nie en daarom verander hulle dit na “sonder die wil van julle Vader nie”. Dié byvoeging laat ons nou aflei dat al die lyding in die wêreld deur God “gewil” is. Soos ’n poppemeester beheer Hy al die toutjies waaraan die wêreld hang. In plaas daarvan dat Hy saam met ons in ons lyding is, word Hy verander na die een wat diere en mense se swaarkry meebring of toelaat. Uit die hele konteks weet ons dié woorde wil net bemoedig: As nie eens twee mossies op die grond val sonder die Vader se sorg, sy wete en nabyheid nie, hoeveel te meer gee Hy nie vir ons om nie?”
Eerstens, van Niekerk se vertaal kritiek is gemik teen die Nuwe Vertaling (1983) wat Matt.10:29 vertaal as “sonder die wil van julle Vader nie”, die kursiewe woorde is bygevoeg. Die Ou Afrikaanse vertaling (1933/53) vertaal die vers sonder die kursiewe woorde (“sonder julle Vader nie”). Tog is van Niekerk se afleiding korrek, ongeag watter vertaling gevolg word, ongeag of daar ‘die wil van’ bygevoeg is of nie (nl. dat God bepaal of lyding toelaat, in my eie woorde: God beskik oor alles, die goeie én die kwade), maar is sy negatiewe verdraaide karikatuuragtige beoordeling van daardie waarheid (God beskik ook oor die kwade) is nie in lyn met die konteks van die Matteus evangelie en die res van die Heilige Skrif nie.
Tweedens, kontra van Niekerk se bewering dat die ‘hele konteks’ net wil wys dat ‘God bemoedig’ en ‘saam in ons lyding is’, wys die konteks op dit en soveel meer. Die onmiddelike konteks fokus daarop dat God kan bemoedig en met ons is in ons lyding, juis omdat Hy almagtig en soewerein is en alles beskik, in die besonder die mens se redding, asook oor die kleiner ‘onbenullige’ dinge in die lewe (sien vers 28 en 30/31 wat die onmiddelike konteks is van Matt.10:29, die vers wat van Niekerk bespreek) :
28 En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.29 Word twee mossies nie vir ‘n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie. 30 En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel. 31 Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.
a) Vers 28 leer dat die ewige lewe en die ewige dood, die regverdige veroordeling van mense (en by implikasie dus ook die genadige redding van mense) deur God beskik word (albei), as die Vader van ons Here Jesus Christus, v.28:
“En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel”
b) Vers 30,31 leer dat God selfs die kleinste ‘detail’ van hierdie lewe ken en bepaal in sy voorsienigheid en almag (en die implikasie is: as Hy die klein dingetjies in die lewe bepaal, hoeveel te meer die groter en belangriker dinge, veral die mens se lot, lyding, redding, lewe, ens):
“En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel. 31 Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.”
Wat die res van die ‘hele konteks’ betref, sien ons ook die Here se almag as troos vir ons lyding in die volgende verse in Matteus 10:
Vers 1: “En Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.”
Christus, en dus ook ons Vader, ‘ly’ nie maar net saam ons onder die ‘onreine geeste … elke siekte en elke kwaal’ nie, nee, Hy het ‘mag’ (die vermoë om iets te laat geskied) oor die onreine geeste, elke siekte en elke kwaal om dit te gebruik soos dit Hom behaag, volgens die goeie raad van sy goeie wil (Ef.1:10).
Vers 15: “Voorwaar Ek sê vir julle, dit sal vir die land van Sodom en Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad.”
In aansluiting by vers 28, verwys Jesus na die oordeelsdag, waarin God in Christus elkeen gaan oordeel of hul goed of kwaad gedoen het (sien ook die konteks van Matt.16:26,27). Dit bevestig dat God almagtig is, en elke mense verantwoordelik is vir al sy dade, nie net die een waarheid of die ander nie, maar albei (sien ook Matt.26:24 vir dieselfde waarheid). As God bloot net ‘n ‘god van lyding’ was, self ‘n slagoffer van die sonde en onvolmaaktheid waaraan Hy niks kan doen nie, netso impotent was as die mens, hoe kan Hy dan mense regverdig oordeel ? (nota: alle valse teologieë skep ‘n valse dualisme tussen Goddelike soewereiniteit en menslike verantwoordelikheid; en, tweedens, probeer hul die Skepper –skepsel onderskeid – nie skeiding nie – afbreek. In hierdie geval: God word ‘n blote slagoffer saam met die lyding van die mens en wêreld, net soos die mens self, dit is om God na die mens se beeld te skep).
Vers 16: “Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe. 17 Maar pas op vir die mense; want hulle sal jul oorlewer aan regbanke, en in hulle sinagoges sal hulle julle gésel. 18 En ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word om My ontwil tot ‘n getuienis vir hulle en vir die heidene. 19 Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek; 20 want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek.”
Juis omdat God almagtig is, juis omdat Christus oor alles beskik, kan Hy sy kinders soos skape onder die wolwe in stuur, want Hy sal sorg en voorsien, in lewe én dood, in voorspoed en teëspoed, in veiligheid en gevaar. Hy sal in sy voorsienigheid sorg dat hul sal weet wat om te spreek, deur die Gees van God. Juis omdat die Vader almagtig en soewerein is, alles in sy Hand hou (Matt.10:28; Joh.10:28), daarom kan die Here se kinders onder die wrede wolwe (gister en vandag) gaan werk, dit is die ware troos en bemoediging vir die kerk van Christus. Die god van die evolusionêre teologie en filosofie is ‘n afgod, wat maar saam met mens en dier in ‘n ‘struggle of the survival of the fittest’ is, impotent, nutteloos, sonder redding, lewe of toekoms (sien Ps.115, teenoor die gode wat niks ‘kan’ doen nie, in die verlede en vandag, v.4-8, is die God wat in die hemel is, ‘n plek en posisie van almag, krag en soewereiniteit: “Hy doen alles wat Hom behaag.”, v.3, sien ook Ps.136:5).
Wat die res van die ‘hele konteks’ van die Matteus evangelie betref, sien die talle wondergenesings en tekens wat Christus gedoen het om sy Vader se almag oor alle lyding en swaarkry te toon, bv. Matt.14:14-36.
Wat die res van die Heilige Skrif betref (wat ook deel is van die ‘hele konteks’ van Matteus 10), verwys ek u na ‘n vorige skrywe van my, in antwoord op dieselfde dwaling deur prof. Adrio König, wat dit ook betwyfel of God oor alles beskik, oor die goeie én die kwade:
Beteken dit nou dat God nie met ons lyding medelye kan hê nie ?
Nee, in Christus se volkome Mensheid het Hy ook saam ons gely, maar nog belangriker (en dit is wat ek vermoed van Niekerk ook dalk ontken, in navolging van sy horisontale ‘gemeente-teologie’), Christus het ‘vir ons’, vir verlore sondaars plaasvervangend kom ly, sodat ons lyding (as ‘n gevolg van die sondeval en eie sonde) nie die laaste sê sou hê nie (sien Rom.8:28-39; 1 Kor.15:55-58).
In dieselfde Matteus evangelie (16:21) verkondig Christus dat Hy gekom het om te ly (in vervulling van die OT geskrifte, o.a. Jes.53) :
21 Van toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word.
En, as Petrus hierdie lyding wil verhoed, dan antwoord Jesus hom dat hy nie die dinge van God bedink nie (nl. dat God die Vader bepaal het sy Seun moes ly ter wille van die redding van sondaars, Hand.2:23ev), maar die dinge van mense bedink (so asof alle lyding verkeerd en boos is en nie ten goede kan meewerk nie, kontra Rom.8:28). Christus het gely onder kwaadwillige mense wat Hom onregverdig behandel het (Matt.17:12; Matt.26-28), en waarvoor hul eendag sal moet rekenskap gee (2 Kor.5:10). Ons deel ook in die lyding van Christus, soos Paulus dit verduidelik in Rom.8:17,18 (sien ook Kol.1:24):
“… en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word. 18 Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.”
Maar, ons lyding is deel van die gevolge van die sondeval, as gevolg van eie sonde, as gevolg van die gebrokenheid van die lewe na die sondeval (Rom.8:19), maar die lyding van Christus was nie omdat hy soos ons, soos alle mense ‘n sondaar was nie (Hebr.4:15), maar omdat Hy ‘vir ons’ gely het, plaasvervangend in ons plek die ewige straf op Hom geneem het, sodat (soos die Nagmaalsformulier dit so treffend stel), ons nooit weer deur Hom verlaat sou word nie (Hebr.9:24-28), sodat ons wat in Hom glo, nooit vir altyd en ewig sal ly in die hel nie:
24 Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak, ‘n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn; 25 ook nie om Homself dikwels te offer, soos die hoëpriester elke jaar in die heiligdom ingaan met bloed wat nie sy eie is nie, 26 want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af. Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer weg te doen. 27 En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel, 28 so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.
Ja, Christus het saam met ons gely en as sy liggaam, die kerk van Christus ly, dan ly Hy saam met ons in medelye (Matt.25:31-46; Hand.9:5), maar juis omdat Hy almagtig is en alles bepaal, weet ons dat al ons lyding ten goede meewerk, vir die wat Hom liefhet (Rom.8:28-39).
Laat ons daarom die ‘gemeenteteologie’ se ‘god van lyding’ verwerp, want Hy is nie die Almagtige God, Skepper van hemel en aarde volgens die Heilige Skrifte nie. Hy is nie die God van Abraham, Isak en Jakob nie, hy is nie die Vader van ons Here Jesus Christus wat oor alles, die goeie én die kwade beskik nie. Daarenteen hou die ware God, die Skepper van hemel en aarde, alles in sy goeie Vaderhand vas en kan waarlik medelye hê met ons en ons daarin waarlik help, troos, bemoedig en naby wees, “… omdat Hy dit as ‘n almagtige God kan en ook as ‘n getroue Vader wil doen”, in en deur die volkome plaasvervangende verlossende werk van sy Seun, Jesus Christus:
14 Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. 15 Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. 16 Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word. (Hebr.4:14-16)
En, die rede waarom Jesus Christus met ons swakhede en lyding medelye kan hê, en ons kan vertroos, bemoedig en red, is:
“Aan My is gegee alle mag in hemel en op aarde … En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen. ” (Matt.28:18, 20 – die bemoedigende konklusie en konteks van Matt.10, vir die kerk deur al die eeue)
“Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste 18 en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.” (Op.1:17,18; sien die ooreenkoms met Matt.10:28, die konteks van Matt.10:29)
Kom ons bly by ons belydenis van die God van die Skepping én Voorsienigheid, wat in sy liefde en bemoediging vir ons, alles in sy goeie Vaderhand hou:
Sondag 10
Vraag 27: Wat verstaan jy onder die voorsienigheid van God?
Antwoord: Die almagtige en oralteenwoordige krag van God (a) waardeur Hy hemel en aarde en al die skepsels asof met sy hand nog onderhou en so regeer (b) dat lower en gras, reën en droogte (c), vrugbare en onvrugbare jare, voedsel en drank, gesondheid en siekte (d), rykdom en armoede (e) en alles, ons nie per toeval nie, maar uit sy Vaderhand toekom (f).
(a) Act 17:25-28; Jer 23:23-24; Isa 29:15-16; Eze 8:12.
(b) Heb 1:3.
(d) Joh 9:3.
(e) Pro 22:2.
Vraag 28: Wat baat dit ons dat ons weet dat God alles geskep het en dit nog deur sy voorsienigheid onderhou?
Antwoord: Dat ons in alle teëspoed geduldig (a) en in voorspoed dankbaar (b) kan wees. Verder dat ons ook vir die toekoms ‘n vaste vertroue in ons getroue God en Vader (c) kan stel dat geen skepsel ons van sy liefde sal skei nie (d), aangesien alle skepsels so in sy hand is dat hulle sonder sy wil nie kan roer of beweeg nie (e).
(a) Rom 5:3; Jam 1:3; Psa 39:9 (Ou Vert. Vers 10); Job 1:21-22.
(c) Psa 55:22 (Ou Vert. Vers 23); Rom 5:4.
(d) Rom 8:38-39.
Dankie Slabbert. Onthou 1Tim 4:6! Groete en sterkte
So dankbaar jy raak hierdie aan, want ek wil graag ook ‘n behoorlike verklaring van Jes 45:7 hê. Om te skep hou vir my ‘n besonderse betekenis anders as te “wil” in.
Huisvrou, hier is Matthew Henry se verklaring by Jes.45:7,
God here asserts his sole and sovereign dominion, as that which he designed to prove and manifest to the world in all the great things he did for Cyrus and by him. Observe,
I. How this doctrine is here laid down concerning the sovereignty of the great Jehovah, in two things:
-1. That he is God alone, and there is no God besides him. This is here inculcated as a fundamental truth, which, if it were firmly believed, would abolish idolatry out of the world. With what an awful, commanding, air of majesty and authority, bidding defiance, as it were, to all pretenders, does the great God here proclaim it to the world: I am the Lord, I the Lord, Jehovah, and there is none else, there is no God besides me, no other self-existent, self-sufficient, being, none infinite and eternal.
And again (v. 6), There is none besides me; all that are set up in competition with me are counterfeits; they are all vanity and a lie, for I am the Lord, and there is none else. This is here said to Cyrus, not only to cure him of the sin of his ancestors, which was the worshipping of idols, but to prevent his falling into the sin of some of his predecessors in victory and universal monarchy, which was the setting up of themselves for gods and being idolized, to which some attribute much of the origin of idolatry. Let Cyrus, when he becomes thus rich and great, remember that still he is but a man, and there is no God but one.
2. That he is Lord of all, and there is nothing done without him (v. 7): I form the light, which is grateful and pleasing, and I create darkness, which is grievous and unpleasing. I make peace (put here for all good) and I create evil, not the evil of sin (God is not the author of that), but the evil of punishment. I the Lord order, and direct, and do all these things.
Observe, (1.) The very different events that befal the children of men. Light and darkness are opposite to each other, and yet, in the course of providence, they are sometimes intermixed, like the morning and evening twilights, neither day nor night, Zec. 14:6. There is a mixture of joys and sorrows in the same cup, allays to each other. Sometimes they are counterchanged, as noonday light and midnight darkness. In the revolution of every day each takes its turn, and there are short transitions from the one to the other, witness Job’s case.
(2.) The self-same cause of both, and that is he that is the first Cause of all: I the Lord, the fountain of all being, am the fountain of all power. He who formed the natural light (Gen. 1:3) still forms the providential light. He who at first made peace among the jarring seeds and principles of nature makes peace in the affairs of men. He who allowed the natural darkness, which was a mere privation, creates the providential darkness; for concerning troubles and afflictions he gives positive orders. Note, The wise God has the ordering and disposing of all our comforts, and all our crosses, in this world.