Die Kelkiewyn Junie 2011 – Katkisasie

Vorige uitgawe: Die Kelkiewyn Jaargang 4 – nr.1

Tema: Hedendaagse verwarring oor waardes vir vroue

Die Kelkiewyn Jaargang 4 – nr.2

Huidige tema: Verbondsonderrig – Katkisasie – Sondagskool (Junie 2011)

Hier is die inleiding en redaksioneel geskryf deur ds. Niel Prinsloo:

Sommige van ons noem dit Sondagskool ander katkisasie, en nog ander verbondsonderrig. Wat jy dit ookal noem, dit is duidelik, gemeentes behoort ʼn poging aan te wend om hulle dooplidmate te onderrig om op alle gebiede in hulle lewens die Here te dien. In hierdie uitgawe staan ons spesifiek stil by die amptelike onderrig wat kerke aan hulle dooplidmate gee, om hulle so op te voed dat hulle uiteindelik volwasse in die geloof raak en dan in die openbaar belydenis van hulle geloof aflê.

Kyk uit vir verskeie artikels oor die onderwerp en lees jou gunsteling rubrieke wat verskeie relevante sake bespreek.

Dit is ons bede dat die Kelkiewyn jou in jou geloofslewe sal toerus. Geniet elke eier hierin gelê en mag die roep van die Kelkiewyn in jou hart broeiplek kry en in jou lewe opvlieg!

Gedrukte Kelkiewyne sal oor twee weke GRATIS beskikbaar wees op verskeie openbare plekke in Namibië.

Lekker Lees

Neil Prinsloo

Redakteur

Inisiatief van ses Gereformeerde gemeentes in Namibië

Redaksioneel

Ons leef in ʼn tyd waar kinders se onderrig in Bybelse lering ongelukkig baie gefragmenteerd is en nie sistematies aangebied word nie. Dit bring ʼn situasie waar hulle “soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering …” (Ef. 4:14). God wil hê dat Sy kinders die Bybel “van kleins af” moet ken, want hierdie kennis sal hulle  “wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.” Verder is “Die hele Skrif .. deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.” ( 2 Tim. 3:15-17).

Ons Here het die kerke ook gelei om sistematiese Bybelse en leerstellige materiaal te ontwikkel om sodoende die waarheid te behou en oor te dra aan die volgende generasie. Ongelukkig word die praktyk nie meer wyd toegepas deur gemeentes nie. Dooplidmate behoort egter van kleins af van ons Here geleer te word. Kategetiese onderrig deur die gemeente kan begin as die kind begin lees, totdat hy/sy ʼn volwasse jeugdige is. Dan behoort daar voldoende instruksie te wees in die “volle raad van God” (Hand. 20:27). Die gemeente behoort die Christenouer by te staan om die kinders “volgens die eis van sy weg te oefen; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.” (Spr. 22:6).

Sommige van ons noem dit Sondagskool ander katkisasie, en nog ander verbondsonderrig. Wat jy dit ookal noem, dit is duidelik, gemeentes behoort ʼn poging aan te wend om hulle dooplidmate te onderrig om op alle gebiede in hulle lewens die Here te dien. In hierdie uitgawe staan ons spesifiek stil by die amptelike onderrig wat kerke aan hulle dooplidmate gee, om hulle so op te voed dat hulle uiteindelik volwasse in die geloof raak en dan in die openbaar belydenis van hulle geloof aflê.

Twee artikels word in besonder hieraan gewy. Ds. Christiaan Jooste, predikant van die Gereformeerde gemeente Wonderboompoort, raak Relevant en kyk wie se taak dit is om die gelowige kinders te leer. Ds. Ronald Bain predikant van die Gereformeerde gemeente, Cachet skryf met Ywer en gee vir ons riglyne om praktiese handvatsels vir gelowiges en gemeentes te gee oor die inhoud van kategetiese onderrig. Prof. Callie Coetzee, dogmatiek-professor van die Teologiese Skool in Potchefstroom, skryf vir ons oor lykverbranding, ʼn praktyk wat daagliks toeneem.

Henriëtte vertel vir die Kuikens van die gelykenis van die skat in die saailand. Hannes leer ons lewe met ʼn artikel oor die vreugde van Vrou-wees in Christus, ons Leeslus word aangewakker met die bekendstelling van Arso se Lewensoriëntering boekereeks en Maatstok bespreek die boek: Charismate en Gereformeerdes verskil oor die Bybel. Cynthia maak ʼn vroeg uit die vere ontbyt, Dok Erich kyk na die nadele van rook en www.webvlug kyk na ʼn blog om mee rekening te hou. Die jongklomp kan lees wat sê ds. Petrus Jansen van Nieuwenhuisen van die Gereformeerde Kerk Marble Hall oor Katkisasie en hy antwoord ook die vraag of belydenis van geloof ʼn eind of beginpunt is. Ds. Albert Berg van die Gereformeerde Kerk Vaalwater oordink Spreuke 30:24-28 saam met jou . Lees ook weer: Wie is in beheer en geniet ons Bybel blokraai.

Dit is ons bede dat die Kelkiewyn jou in jou geloofslewe sal toerus. Geniet elke eier hierin gelê en mag die roep van die Kelkiewyn in jou hart broeiplek kry en in jou lewe opvlieg!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: