Gesinfoto’s: 12 Maart 2012 – Muggie en ander foto’s

Petrol raak bietjie duur, toe ry ons maar met die ossewa !
 
Voortrekkermonument besoek: Desember 2011
Voortrekkermonument besoek: Desember 2011
 
Hilke speel Mozart se 45ste simfonie …
 
My eie pienk bulletjie !
 
Muggie, ons huishondjie is verlede Maandag doodgery, hier onder skryf my tweede oudste dogter, Hannelie (11), oor die verwerking van die gebeure:
 

Muggie is gebore op 28 April 2009. Toe ons haar gekry het was sy klaar deel van die familie, nog ’n meisie en nog een wat ons kon liefkry. Mienie sou haar naam wees maar ons was daarteen, veral Joanette. Muggie was haar naam toe, dit was haar naam omdat sy so klein en swart en vinnig soos ’n muggie was.

Daardie dag toe ons haar sou kry, het ons ’n boksie met ou wit lappe uitgevoer, maar toe ons ouma Nannie die klein swart bondeltjie uit ons kar haal met ’n ligpienk en wit babakombersie, het ons geweet hierdie klein diertjie gaan nie in ’n boksie met ou lappe kan slaap nie.

Muggie was ’n liewe hondjie, stout en plesierig soos een van ons. Ons het haar liefgekry. Sy was Pappa se papegaai en ons klein liewe sussie.

Al het sy pappa se ou boeke gevreet en haar dinge gedoen waar sy nie moes nie was almal steeds lief vir haar.

Maar vandag 5 Maart 2012 het ons klein swart sussie voor ’n motor in gehardloop.

“Toe ek Mamma hoor skree was dit asof daar iets in my hart los geruk het,” vertel Joanette later in trane.

Toe Mamma klein Muggie uit die pad gaan haal het Joanette en Doret weggehardloop, hulle kon dit nie vat nie. Vir my was dit anders ek wou haar sien en afskeid neem, ek wou vir die laaste keer oor haar sagte swart hare vryf.

Ek het gehuil en afskeid geneem, die hand wat my hart opklem het effens losser vasgehou nadat ek gebid het en my trane het opgehou.

“Ek kan vergeet en ek kan ophou huil as ek wil, maar ek wil huil tot ek nie meer kan nie,” vir Joanette was dit die ergste van ons almal.

Maar as jy verstaan dit het gebeur,

as jy verstaan dat God dit so beskik het,

as jy verstaan dat om te huil nie Muggie terug bring nie,

as jy verstaan dat sy nie lank gely het nie,

as jy verstaan dat sy nie voel daar onder in die grond nie,

dan droog die trane op, dan weet jy dit kon nie anders nie,

dan weet jy dat God besluit het om Muggie weg te neem.

“Hoekom nog een, hoekom nog ’n geliefde troeteldier?” sing die tuinslang terwyl ek die harde grond van die stukkie waar Muggie se graffie moet kom (nota: sien hier oor Buks, ons vorige hond – slc). “Hoekom Muggie, hoekom Muggie?” kap die pik. “Waarom, waarom?” grawe die graaf. Maar die grond is te hard, ek kom nie daardeur nie.

Ek gaan sit by Muggie, sy is nie meer lewendig en vol geluk nie maar styf en koud.

“Aanvaar dit net,” sê ek aan ’n histeriese Joanette.

“Ek aanvaar dit, maar ek wil huil! Dis laat mens beter voel! Dis ’n uitlaatklep aan mens se emosies!”

Ek kon nie meer huil nie en miskien was dit goed omdat ek toe vir Doret kon troos.

“Ek sal haar nagte baie mis,” snik Doret. Muggie het omtrent altyd by Doret in die bed geslaap, maar elke aand het sy by my bed opgespring en by Joanette ook, net vir so ’n minuut of twee dat het sy by Doret gaan slaap, asof sy wil sê: Ek is lief vir jou ook.

“O God, dankie dat dit nie een van my susters of my broertjie was nie. Dankie dat ons mag weet dat ons nooit vir ewig sal sterwe nie!”

As daar maar net ’n plek was waar honde ook heen kon gaan, as daar maar net ’n plek was waar hulle in vrede op groenweivelde hase kan jaag . . .

Maar ons onthou Muggie as die klein bondeltjie liefde. Ons onthou haar as die stoute een en die een wat van soentjies en aandag gehou het en dat sy opgewonde was oor mooi klere.

Hannelie

nota: dankie vir almal wat aanbied, ons waardeer dit maar wil nie nou weer ‘n klein hondjie aanhou nie, hulle ontsnap te maklik na die strate. Dankie – Slabbert.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: