Die artikel hier onder deur Bouwe van der Eems word met erkenning oorgeneem vanaf die Vereniging vir Tuisonderwys webblad.
Sien ook die Esra Verslag, nr.48 (Aug – Okt 2001), wat ook destyds oor die saak geskrywe het:
Inhoud
– Skrifoordenking: Gen.34:1-35:7, Die pad van Sigem tot Bet-el, ds. Gustav Opperman
– lntergeloof in die Onderwys, Sarel van der Merwe
– Die rol van die Skeppingsleer teenoor die Evolusieleer in Verantwoordelike Opvoeding, prof. PH Stoker
– Multireligieuse Onderrig in die Klaskamer, dr. I. Horn
– Boekresensie: The Creators of ADHD (Attention Deficit Hyperactivity Disorder) on Trial, Susan du Plessis & dr. Jan Strydom, deur Dorothea Le Cornu
– Die sielkundige vlieg in die opvoedkundige salf, Susan du Plessis
– Potter en Pokemon: vriend of vyand?, drs. Rob Matzken
– Die effek van die moderne media op die samelewing, Bouwe van der Eems
– Boekresensie: The Sensate Culture, Harold OJ. Brown, deur Herman van Antwerpen
– Bespreking van die Nuwe Kurrikulum: Ekonomiese Bestuurswetenskappe Leerarea, Bouwe van der Eems
– Onderwys: Staatsdiens of Godsdiens?, Slabbert Le Cornu
– Is die Klooster nou nodig?, ds. JR Visser
– Onse Kader op die aarde, ds. ALA Buys
– Pyle in ‘n Krygsman se Hand: Holwerda oor die Antitese in die Opvoeding, ds.C. Stam
– Christelike Onderwys instellings: VCHO, Tuisonderwys, ARSO, ACVHO, Esra Instituut
Enkele eksemplare in harde kopie beskikbaar: R40-00 elk (posgeld uitgesluit)
_____________________________
Intergeloof in die Onderwys weer bevestig
deur Bouwe van der Eeems
In die 2012 begrotingstoespraak het die minister van Basiese onderwys weereens haar verbintenis tot die Intergeloof godsdiens bevestig toe sy sê : “A vital component of our strategy is working with partners in the private sector, higher education, NGOs, traditional leadership, interfaith organizations and broader society.”
In die begrotingsrede van 2011 het die minister alreeds die band bevestig tussen die Departement van Basiese Onderwys en die Intergeloof beweging toe sy gesê het : “It is behind this background that we launched the Bill of Responsibilities in partnership with Lead South Africa and the South African Inter-Faith Council. This will help in raising awareness around the Bill of Responsibilities so as to promote the Bill of Rights, constitutional values and civic responsibilities.”
Hierdie aankondiging bevestig weereens die band tussen die Departement van Onderwys en die Intergeloof beweging, soos dit uitgewys is tydens die veldtog teen die invoering van die Nasionale Kurrikulum in 2001.
In 2001 is die Hersiene Nasionale Kurrikulum vrygestel vir publieke kommentaar. As dit nie was vir die Pestalozzi Trust nie, sou hierdie kurrikulum stilweg aanvaar word sonder veel publieke kommentaar. Die Pestalozzi Trust het egter ‘n veldtog van stapel gestuur om die publiek bewus te maak van hierdie kurrikulum en hulle opgeroep om kommentaar te lewer. Kliek hier om ’n boodskap van die Pestalozzi Trust te lees waarin die essensiële besware teen die kurrikulum uiteengesit word.
Een van die grootste besware was dat die kurrikulum, veral in die leerarea van “Lewensorientering”, die Intergeloof godsdiens bevorder. Volgens hierdie godsdiens is alle godsdienste in die wêreld menslike versinsels en is daar nie ’n ding soos ’n ware godsdiens en ’n valse godsdiens nie. Alle godsdienste is gelyk.
Sarel van der Merwe het ‘n video gemaak oor hierdie strategie van die destydse minister van onderwys, prof. Kader Asmal, en sy anonieme raadgewers, om die Intergeloof godsdiens te bevorder deur middel van ’n nasionale kurrikulum. Die titel van die video is : “Intergeloof in die Onderwys“. Kliek hier om ’n uittreksel uit hierdie video op Youtube te sien. In hierdie video word die bande tussen die minister van onderwys, sy raadgewers en die Intergeloof beweging aangetoon. Indien u belangstel om die video te koop kan u Sarel van der Merwe kontak by
sarelwtl@telkomsa.net
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Toe die veldtog van die Pestalozzi Trust daartoe gelei het dat die strategie van die minister duidelik geraak het vir die publiek, het die minister heftig gereageer. Kliek hier om ’n media vrystelling te lees van die Pestalozzi Trust oor die heftige reaksie van die minister.
Die duisende besware van ouers het egter nie die minister gekeer om voort te gaan om die kurrikulum op ’n onderduimse en ondeursigtige wyse aanvaar te kry deur die parlement nie. Kliek hier om ’n media vrystelling te lees van die Pestalozzi Trust waarin beskryf word op watter wyse die kurrikulum uiteindelik aanvaar is.
Staatskole volg die nasionale kurrikulum. Ook privaatskole volg die nasionale kurrikulum omdat hulle bang is dat hulle hul registrasie gaan verloor indien hulle dit nie doen nie (ondanks ’n hofuitspraak wat die nasionale kurrikulum nie-bindend verklaar). As kinders vir minstens 25 uur per week blootgestel word aan ’n kurrikulum wat die Intergeloof godsdiens bevorder, moet kerke nie verbaas wees dat hierdie kinders die kerk verlaat as hulle volwasse is nie.