Onderwys: Staatdiens of Godsdiens ?

ONDERWYS: STAATSDIENS OF GODSDIENS ?

Na aanleiding van die onlangse regsaak oor godsdiens in skole, wat ‘n wesentlike rewolusie is van hoofsaaklik die beweeg van een ware godsdiens na ‘n veelgode-godsdiens in skole, plaas ek weer ‘n artikel wat ek in 2001 geskryf het: Onderwys: Staatsdiens of Godsdiens?

Ek het hierdie artikel geskryf na aanleiding van die destydse rewolusie wat in die onderwys plaasgevind het, en waarvan die vrugte nou duidelik gesien word in die nuutste regspraak oor die gelyke behandeling van godsdienste in skole, asook al die SJW’s se bevordering daarvan.

Die een groot verskil nou – 15 jaar later – is dat ongelukkig al meer Christene probeer inkoop in die nuutste intergeloof onderwys verskynsel, die boot wat sink moet nog gered en geverf word deur die stoele op die dek verder rond te skuif.

Lees gerus die artikel met die wete dat dit reeds meer as 15 jaar gelede geskryf is, maar die wesentlike onderlinge godsdiens- en kultuurbeskouings speel nogsteeds dieselfde rol, soos toe ek dit destyds ontleed het. Wys my gerus uit as ek die sake verkeerde beoordeel het of as dit heeltemal irrelevant is vir vandag se stryd.

Daar is hoofsaaklik x3 standpunte oor godsdiens op skole:

1 absoluut geen godsdiens op skole nie = humanisme as nuwe ‘godsdiens’, want geen god = die nuwe god.

2 godsdiensgelykheid op skole en elkeen kan kies wat hy wil = wat in die praktyk gaan lei tot intergeloofsaksies en bewegings soos daar van alles en almal sogenaamd ‘net geleer’ gaan word.

3 alleen die Christelike godsdiens as geloof en lewensbeskouing waarbinne en waarvolgens alle onderwys en opvoeding geskied op elke terrein van lewe en denke.

Die derde standpunt is in lyn met die Bybel, dat deur die Christelike geloof moet en kan alles beoordeel en bestudeer word, ook nr.2 en 3.

Dit is duidelik dat nr.3 nou juridies verwerp is, al was dit en is dit dalk nou nog baie afgewater deur die eeue. Nou gaan, met die wet as tugmeester, nr.2 die voorkeur kry, tensy die besluit tersyde gestel kan word.

Net tyd gaan leer wat dit in die praktyk alles gaan behels, die Here laat nie met Hom speel nie.

Selfs nr.1 sou (prakties) beter gewees het as nr.2, as ek in die staatskool opset was en kon kies vir my kinders: liewer geen godsdiensbeoefeninge en idees nie, as wat intergeloofs-afgodsdiens op skole beoefen word, afsonderlik of saam op skole, waar elkeen dan tydens “saalopeninge” in sy eie klassie sy spesifieke God/god gaan aanbid en so die Here se oordeel oor daardie kinders, skole, beheerliggame gaan bring, ens.

Onthou die eerste drie gebooie, Ex.20:1-6, asook 2 Kor.6:14-7:1.

Daarom, as gelowiges – soos Totius dit gestel het – het ons nie ‘keuses’ nie, ons kies nie tussen 1 en 2 nie, ons het ‘n roeping !

Ons is onder die verlossende heerskappy van Jesus Christus, en ons hele lewe, veral ons onderwys en opvoeding van ons nageslag moet daarvan getuig, en daarom is en behoort nr.3 ons enigste roeping te wees. En as die ‘strukture’ en ‘onderwysmodelle’ oorgeneem word deur nr.1 en 2, dan begin ons weer nuwe nr.3 christelike tuisskole en privaatskole.

Daarom, die mees wesentlike belangrikste bekering en reformasie wat moet plaasvind in ons land, is nié die van die heidene, die Zumas, die Malemas, die Ogod’s, die Jean Oosthuizen’s en ander gosdienstige en ateïstiese humanisme van ons land nie.

Die belangrikste reformasie en veral bekering wat moet plaasvind, is van Christen ouers, gesinne, families, kerke, gemeenskappe, organisasies, ens., wat moet breek met Mammon, en terugkeer na Christus alleen, deur sy Woord alleen, deur sy Gees alleen, en sal besef dat onderwys en opvoeding is nié die Staat se roeping en taak nie, maar die ouers s’n binne die raamwerk van hul kerke en gemeenskappe. 

Hopelik kan die lees van my artikel ‘n paar ouers opnuut laat dink oor hierdie baie belangrike saak:

Onderwys: Staatsdiens of Godsdiens?

Hier is die inleidende woorde:

“The issue with regard to the state is thus a religious one. Evil is a problem for all society. The corruption of sin effects the person and his institutions. The idea that the state can be the overlord and moral arbiter between men, other governments, and institutions is one of history’s most evil illusions. It is a religious illusion which seeks to circumvent the need for God. It’s ancient classic is Plato’s Republic; its current expression is the modern state. At issue is whether or not the key governing unit on earth is the redeemed man in Christ, or the state as a god walking on earth. – R.J. Rushdoony

‘n Land se diepste religieuse en ideologiese oortuigings sal duidelik na vore kom wanneer ‘n mens ‘n studie doen van sy onderwys- en regsisteem. ‘n Amerikaanse opvoedkundige skryf:

The function of education is thus to school persons in the ultimate values of a culture. This is a inescapably a religious task. Education has always been a religious function of society and closely linked to its religion. When a state takes over the responsibilities for education from the church or from Christian parents, the state has not thereby disowned all religions but simply disestablished Christianity in favor of its own statist religion, usually form of humanism. 

Die minister van onderwys, Kader Asmal, besef dit deeglik. In die voorwoord tot die Nuwe Kurrikulum (afkorting: NK), soos bekendgestel is op 31 Julie 2001, sê hy:

The significance of educaton to our society cannot be underestimated. It is the for social justice, equality, growth, and development. It is, requisite for a democratic society. The curriculum is the place where a society expresses its goals, visions and expectations as to how it will create and develop the kind of citizens who will embody its ideals.

In ons land se kurrikulum sal ons daarom die nuwe godsdiens en kultuur vind wat die staat verwag oorgedra moet word aan die toekoms van ons land, die jeug. Die woord kurrikulum, kom van die latynse woord currere, wat beteken om te hardloop. Meer spesifiek verwys dit na ‘n renbaan wat voltooi moet word om die prys te behaal. Die nuwe kurrikulum is dus die voertuig wat gebruik moet word om ‘n bepaalde doel te bereik deur die onderrig van sekere kennis, vaardighede en waardes. Meeste mense is (tereg) besorg oor die inhoud van die nuwe voertuig, maar vra nie genoegsaam die belangriker vraag van: of die bestuurder agter die stuurwiel, ‘n wettige morel lisensie het om daardie voertuig te bestuur nie ?

In verskillende studies wat alreeds gedoen is, vanuit godsdienstige, filosofiese en opvoedkundige oorwegings, is die nuwe kurrikulum bespreek. In hierdie bydrae, wil ek my bepaal by wat ek glo die achilleshiel-vraagstuk is ten opsigte van onderwys oor die algemeen, en spesifiek die Nuwe Kurrikukum wat voorgestel is, naamlik:

Aan wie behoort die kinders?

En wat daaruit vloei:

Is dit die staat se taak om die onderwys enigsins te hanteer ?

In sy fondamente, het ons met die onderwys stryd, nié te doen met ‘n rassestryd (‘apartheid’), ‘n opvoedkundig-akademiese stryd (‘maar Jannie kan nie meer lees nie’) of ekonomiese stryd (‘ryk vs armes’) nie, maar met ‘n godsdienstig-ideologiese stryd vir die siele van ons kinders (wat natuurlik groot gevolge het vir bogenoemde en ander probleme en lewensterreine), en wat alles gaan uitloop op die volgende botsing tussen die Christendom en die moderne messiaanse staatsideologie wat vandag die onderwys beheer:

Wie is die hoogste Soewerein, d.w.s. wie het die hoogste gesag in die totale lewe, en dus ook in die onderwys: God (deur sy Woord en Gees) of die Mens (deur die Staat) ?

…… Die Nuwe Kurrikulum moet gesien word teen die agtergrond van die rewolusionêre omwentelinge wat in ons land die afgelope dekade plaasgevind het, wat ek in tabelvorm antiteties teenoor die Christendom wil stel:

1 Soewerein: God Drie-enig teenoor die demokraties-humanistiese Mens

2 Norm: Die Bybel teenoor die Menseregte grondwet

3 Wese van die probleem: Sondeval, sonde en die gevolge daarvan teenoor Ongelykheid, omstandighede en strukture

4 Verlosser: Jesus Christus alleen teenoor die Mens deur die messiaanse staatsidee

5 Instrument wat verlossing bedien: Die Kerk van Christus teenoor die sekulêre humanistiese staatskool

Van toepassing op die Nuwe Kurrikulum, sien mens duidelik dat die godsdiens van humanisme, naamlik die mens as maatstaf van alle dinge (ook vir die opvoeding en godsdiens) in die sentrum staan van hierdie wesentlik geestelike stryd, ‘n stryd tussen geloof en ongeloof op elke terrein van lewe en denk.

Sien die volledige artikel hier: Onderwys – Staatsdiens of Godsdiens?

____________________

Sien ook die volgende artikels en lesings:

Lesings oor gereformeerde onderwys: tuis- en instituasionele onderwys

Intergeloof in die Onderwys

4 thoughts on “Onderwys: Staatdiens of Godsdiens ?

Add yours

  1. “Wys my gerus uit as ek die sake verkeerde beoordeel” – ek sal graag hierdie uitnodiging opneem.
    “absoluut geen godsdiens op skole nie = humanisme as nuwe ‘godsdiens’, want geen god = die nuwe god.”
    Nee, geen godsdiens en / of humanisme is nie die “die nuwe god” of “godsdiens” nie. Dit beteken bloot dat ons in skole sekulêr is, want so kan ons ons kinders voorberei vir die wereld van werk wat alreeds sekulêr is, en waar hulle met mense van ander gelowe, sowel as ateiste, moet saamwerk.
    Sekulêre skole hoef nie humanisme vir kinders te leer nie – al wat nodig is, is om hulle te leer om oordentlik op te tree teenoor almal – ook diegene wat ‘n heel ander agtergrond, taal of godsdiens het.
    Oordentlikheid teenoor almal is juis iets waarmee kinders uit Christelike skole dikwels ‘n probleem het – hulle reageer juis dikwels met suspisie, vrees of haat teenoor diegene wat uit ‘n ander agtergrond kom.
    Dis hoekom ons moet vereis dat staatskole sekulêr moet wees, terwyl ons nog steeds die vryheid van godsdiens gebasseerde skole toelaat vir diegene wat hul kinders nie as deel van die groter wereld sien nie.

    1. Om niks te leer nie is om wel iets te leer, so ‘n sekulêre skool is nie ‘n neutrale skool nie. Vir ongelowiges sal dit seker beter wees, maar nie vir die gelowige wat bely dat Christus en sy Woord orals geleer moet word nie.

      1. Ons begin nie ‘n rugby-oefening, ‘n werksvergadering of ‘n kortverhaal met ‘n gebed nie. Om dit te doen sou dwepery wees.
        Om kerk te hou in skole is eweneens dwepery, en om dit af te dwing op diegene wat anders glo, is suiwer dwaasheid omdat dit hulle ‘n ewige grief aan die afdwingers gee.

      2. Om iemand te dwing om nie die eer aan God te gee, in die Naam van Christus te bid by vergadering, sport, klas, skool, orals, ens., is om teen hom te dweep met jou humanisme.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: