“What strikes one immediately upon reading such a statement is the low estimate of the Bible which it entails. Whenever ‘science’ and the Bible are in conflict, it is always the Bible that, in one manner or another, must give way. We are not told that ‘science’ should correct its answers in light of Scripture. Always it is the other way around. Yet this is really surprising, for the answers which scientists have provided have frequently changed with the passing of time. The ‘authoritative’ answers of pre-Copernican scientists are no longer acceptable; nor, for that matter, are many of the views of twenty-five years ago.” – EJ Young 1
Daar word partykeer beweer ons moet aan die ‘onfeilbaarheid’ van die Bybel vashou, maar nie aan die ‘foutloosheid’ van die Bybel nie. Verder word dan gesê die onfeilbaarheid siening is die kontinentale (nederlandse) gereformeerde tradisie wat ‘in stryd is’ met die foutloosheid siening van die ‘amerikaanse evangelical’ tradisie van die 20ste eeu, terwyl laasgenoemde dan ‘n moderne ‘fundamentalistiese’ siening is.
Sien bv. prof. Nico Vorster van die GKSA en NWU Universiteit se skrywe:
Op soek na ‘n weg uit fundamentalisme, rasionalisme en relatiwisme
‘n Paar relevante aanhalings hieruit:
“Christelike fundamentalisme word gewoonlik terugherlei na twintigste-eeuse ontwikkelings in Noord-Amerika waar die term sy oorsprong het (Van Wyk, 2002:602).”
Met verwysing na ‘inerrancy’ voorstaanders:
“Waarom is tegniese verskille in die Skrif noodwendig ’n bedreiging vir die gesag van die Skrif? Die Skrif is immers nie ’n wetenskaplike handboek nie, maar ’n geloofsboek. Die gesag van die Skrif is nie afhanklik van ’n foutlose opskrifstelling nie, maar is juis sodanig dat dit ondanks menslike foute steeds God se gesagvolle woord is (Kruger, 1993:589).”
Let op die valse teenstelling tussen ‘wetenskap’ en ‘geloofsboek’. So terloops, dank ons hemelse Vader die Bybel is definitief nie ‘n wetenskaplike handboek nie … want dan was die Bybel bloot net ‘n menslike boek vol foute, weersprekings, teenstrydighede en teorieë wat elke nou en dan verkeerd bewys word en verander moet word.
Vir Vorster is die Bybel nie die Woord van God alleen nie, maar die produk tussen God en die mens:
“Hoewel die Skrif sy Goddelike oorsprong duidelik stel, getuig die Skrif ook dat God se Woord in ’n menslike gestalte aangebied word (2 Kor. 4:13). Die Skrif is die produk van die verhouding tussen God en die mens. God spreek deur mense tot mense.”
Kyk hoe sy laaste twee sinne mekaar weerspreek, en sê hy genoeg om almal gelukkig te probeer hou. Wat waar is, is dat God spreek deur mense tot mense. Wat nie waar is nie, is dat die Bybel daarom ‘n produk is van God én die mens, iets van ‘n 50 – 50 persent samewerking. Nee, lees maar weer 2 Tim.3:16,17 en 2 Petr.1:19-21, die Skrif is alleen God se Woord, geskryf deur mense aan mense.
Herman Bavinck gee die tradisonele siening van die organiese inspirasie van die Skrif, soos saamgevat deur Feenstra (Leer en Lewe) :
“Die egte gereformeerde opvatting laat vir ons juis sien dat die Heilige Skrif in alles volkome betroubaar is, en dat die skrywers ook in hul woorde en gedagtes geheel en al van die Heilige Gees afhanklik was en gebly het sodat die Bybel die Woord van God is. En dan kan ons sien dat die skrywers wat op hierdie wyse deur die Heilige Gees gedrywe is, hulle persoonlikheid behou het. Daarom vind ons, byvoorbeeld, dat daar dikwels vir Paulus bepaalde aanleiding was wanneer hy sybriewe skrywe; dat Lukas eers ondersoek instel voordat hy skrywe; dat daar verskil is in taal en styl. Maar dit alles staan in diens van die Heilige Gees, wat dié Skrywer is sodat ons altyd weer moet sê: Die Heilige Gees het gesê.
Prof. Dr. H. Bavinck9) het in sy Dogmatiek ‘n juiste definisie van die organiese inspirasie gegee as hy sê: “Onder die organiese inspirasie verstaan ons dat die Heilige Gees, nadat Hy die menslike bewussyn van die skrywers op allerhande maniere voorberei het deur geboorte, opvoeding, natuur-like gawes, nadenking, herinnering, ondersoek en lewensvorming, nou in, onder en by die spreke en op skrifstelling dié gedagtes, woorde, taal en styl laat opkom het, wat die goddelike gedagtes op die beste wyse vir mense van allerlei stand, rang en volk kon vertolk.”
So verstaan ons dat God self die Spreker is in die hele Skrif. Die Bybel is Gods Woord en die Woord van die Here bly tot in ewigheid. Die openbaringsorgane is, sowel wanneer hulle spreek as wanneer hulle skryf, gedrywe deur die Heilige Gees. Daarom maak ons onderskeid tussen die woord-inspirasie (die heilige mense, deur die Heilige Gees gedrywe, het van God gespreek) en die skrif-inspirasie (die hele Skrif is deur God ingegee) (2 Tim. 3 : 16).”
In die volgende paragraaf is Vorster se eerste sin waar, maar nie die tweede een nie:
“Die skrywers van die Bybel dikteer nie God se woorde nie, maar hulle gebruik bronne en orden hulle gegewens op ’n selektiewe wyse, met spesifieke kerugmatiese doelwitte en vir ’n spesifieke gehoor. Hulle werke is nie foutloos nie, bevat tegniese foute, teenstrydighede, oneffenhede en soms verskillende, maar komplementerende teologiese verklarings vir menslike realiteite – byvoorbeeld vir die sin van lyding.”
Wat Vorster dus sê is dat die mense se sondigheid (wat foute en weersprekings tot gevolg het), oorheers Goddelike almag en foutloosheid in die gee van die Bybel. Hierdie dwaling het verreikende implikasies ook vir ons Christologie, want kan mens vra – het Christus se menslikheid sy Goddelikheid nie ook oorheers nie, of selfs verder – soos by die Nuwe Hervorming – sy menslikheid sy Goddelikheid vernietig, sodat net ‘n blote mens oorbly vol foute, weersprekings en teenstrydighede ?
Wat van die verlossingsleer: is ons redding die produk tussen God en mens, of is dit Christus alleen ? Is dit geloof plus ons werke, of is dit deur die geloof alleen ?
Daar is ‘n groot verskil tussen ‘verskille’ en ‘moeilikhede’ en ‘oorskryf-foute’ (in die afskrifte en vertalings deur die eeue) van die Bybel aan die eenkant, teenoor die siening dat ‘foute, teenstrydighede en weersprekings’ in die Bybel opsigself was en is. Die gereformeerde erken eersgenoemde, maar verwerp laasgenoemde dwaling.
Sien dr. Willie Marais se boek vir meer:
In Vorster se kritiek teen Bultmann se ontmitologerings-teologie (waar onder andere Christus se kruisdood en opstanding en hemelvaart ook ge-ontmitologiseer word, nie net die OT nie) in sy artikel, skryf Vorster tereg in ‘n oomblik van ‘inspirasie’ (beklemtoning bygevoeg):
“Die waarheid van die Bybelse boodskap staan en val by die historiese waarheid van Jesus se kruisdood en opstanding.”
Maar dan volg hy met ‘n barthiaanse (?) oomblik van swakheid:
“Baie elemente van mitologiese taalgebruik in die Skrif waarvan Bultmann praat, is inderdaad metafore, simbole en analogieë wat in himnies-getoonsette gedeeltes gebruik word om bepaalde idees in die idioom van die tyd uit te druk (Dunn, 1977: 298; Ef. 4:8, 9; Fil. 2:10, 11 en Op. 5:13). Die wonders van Christus, sy opstanding en hemelvaart is spesifiek gerig op die heilsgebeure en hou verband met ’n Godsbegrip wat die almag van God oor sy skepping beklemtoon en nie met mitiese kosmiese voorstellings nie.
Dit sou foutief wees om ’n antieke wêreldbeeld met die kerugma van die Skrif te identifiseer. ’n Verdere vraag is of die geslote rasionalistiese wêreldbeeld waarmee Bultmann werk, nie ook maar net so kontekstueel bepaald is as ’n geosentriese wêreldbeeld nie.”
Ja, daar is simbole, analogieë en metafore in die Skrif, gereformeerdes (vandag: fundamentaliste?) erken dit nog altyd deur die eeue.
Dit is egter nie die vraag nie, die vraag is watter dele is metafore en watter is geskiedenis, wat is – om Vorster se eie woorde te gebruik – ‘historiese waarheid’ en wat is poësie, figuurlike taal, gelykenisse, en wat nie ? Wat is ‘mitiese voorstellings’ en wat is ‘historiese waarheid’ ?
In die lig van Vorster se bevraagtekening van die historisiteit van Gen.1-3, waar hy dit bloot afmaak as ‘saga’ (‘n sagter woord vir ‘mite’?), en nie as histories-letterlike ‘historiese waarheid’ aanvaar nie , soos die kerk dit nog altyd verstaan het nie – sal dit daarom nie vreemd wees as hy dus Gen.1-3 sien as bloot ‘metafore, simbole en analogieë’ nie. Gen.1-3 is dan bloot deel van ‘n ‘antieke wêreldbeeld’ en ‘n ‘mitiese voorstelling’ wat nie ‘historiese waarheid’ is nie?
Vorster skryf in hierdie ringt op ‘n ander plek:
“Barth (1958:82) stel tereg dat die idee dat die Skrif alleen gesagvol kan wees indien dit histories-letterlik spreek, onhoudbaar is en deur die Christelike kerk laat vaar moet word. Dit is juis op grond van hierdie uitgangspunt dat die liberale teologie sekere dele van die Skrif wou ontmitologiseer. ’n Histories-letterlike verklaring van Genesis 1-3 het absurde implikasies, bring die gesag van die Skrif in gedrang en lei tot onhoudbare dogmatiese redenasies soos dat sonde biologies-geneties van geslag tot geslag oorgedra word. ’n Verstaan van Genesis 1-3 as teologiese stof met ’n polemiese gerigtheid, laat groter reg geskied aan die boodskap van Genesis 1-3.”
So, Vorster vat Bultmann aan omdat hy te ver wil ontmitologiseer, nie net die skeppingsleer nie, maar ook die verlossingsboodskap van Christus. Vorster wil nog vashou aan laasgenoemde. Vorster self wil die ‘antieke wêreldbeeld’ en ‘mitiese voorstellings’ van Gen.1-3 ‘ontmitologiseer’, ongeag die feit dat die ‘historiese waarheid’ en betekenis van die Evangelies en die res van die Skrif, ja, ons ganse geloof, afhanklik is van die ‘historiese waarheid’ van Genesis 1-3. Lees gerus Ps.11:3 voor jy Genesis 1-3 wil ‘ontmitologiseer’.
Onthou die gesegde: skeur die eerste historiese bladsye van ‘n boek uit (Genesis), dan val die laaste bladsye later ook uit (Evangelies en res van die NT).
Dr. Willie Marais skryf, in die voorwoord van sy bogenoemde boek, die volgende treffende woorde, veral vir hulle wat die Bybel wil glo oor ‘verlossingsake’, maar nie oor ‘oorsprong- en historiese sake’, wat glo die Bybel is ‘onfeilbaar’ en ‘betroubaar’ oor verlossing, maar nie oor elke historiese tyd-ruimte-plek uitsprake nie:
“As die Bybel nie betroubaar is in die aardse dinge waarvan ons vertel word nie, hoe sal ons die hemelse dinge vertrou waarvan ons daarin lees? Jesus het gesê: “As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?” (Joh. 3:12). Dit is juis die argument wat die ongelowiges gebruik om mense van die Woord afvallig te maak, want hulle sê: As daar wetenskaplike foute in die Bybel is, hoe weet ons dat die Bybel reg is as ons van die geestelike dinge daarin lees? En hoe kan ons die God vertrou van wie die Bybel ons vertel as die boek wat ons van Hom vertel onbetroubaar is? “
(Sien ook my artikel oor Vorster se siening hier: Skepping en erfsonde)
Om al hierdie en ander valse sienings en teenstellings tussen onfeilbaarheid en foutloosheid (inerrancy) aan te spreek (en tussen ‘kerugma’ en geskiedenis), sien die volgende belangrike boek wat nou weer uitgegee is:
God’s Word in Servant Form: Abraham Kuyper and Herman Bavinck and the Doctrine of Scripture, Richard B. Gaffin Jr.
Van die voorwoord: “This study, written for the 100th anniversay of J. Gresham Machen on 28 July 1981, first appeared as a two-part article, uner the title, “Old Amsterdam and Inerrancy?,” in the Westminster Theological Journal (44 [Fall 1982] 250-89 and 45 [Spring 1983] 219-72). It is reprinted here with minor revisions…I offer it here confident that the views of Abraham Kuyper and Herman Bavinck on Scriptrure it considers have perennial value for the well-being of Reformed and evangelical theology and church life and so make a singularly important contribution to the crucial debate about Scripture that continues unabated today within evangelical circles, further complicated as they currently are by recently ermergent “post-conservative evangelical” impulses.”
Hier is een resent se opsomming van die boek oor hierdie saak:
“Gaffin pays careful attention to the works of Kuyper and Bavinck and demonstrates convincingly that they held that the Bible is both infallible and without error. … Richard Gaffin’s work seriously calls into question important aspects of the Rogers and McKim thesis. By implication he has also shattered the central plank in the argument advanced by A. T. B. McGowan in The Divine Spiration of Scripture, that like him Kuyper and Bavinck rejected biblical inerrancy in favour of a looser category of infallibility. But readers will find much more here than polemics. In setting forth the mature teachings of Kuyper and Bavinck, Gaffin has opened up a rich vein of constructive theological reflection on the nature of Scripture as God’s theanthropic Word in servant-form.”
Die OPC resensie van die boek, skryf onder meer:
“Ever since the serpent in the garden-temple of Eden hissed the words, “Hath God said …” the Word of God has been under attack. The challenge to the authority and inerrancy of Scripture is not new, but it does appear that every generation has to struggle with challenges to these truths. The republication of Richard Gaffin’s journal articles on the doctrine of Scripture in Kuyper and Bavinck is therefore a welcome contribution.”
Daar is ook die volgende artikel oor die onderwerp (die valse teenstelling tussen onfeilbaarheid [Kuyper en Bavinck] en foutloosheid [Hodge en Warfield] van die Heilige Skrif):
Bavinck and the Princetonians on Scripture: A difference in doctrine or defense ?
Hier is die konklusie van die artikel:
“In light of the evidence, we can confidently say that Old Princeton did uphold the traditional orthodox position on Scripture in terms of inspiration and inerrancy. Though differences in emphasis can be detected, their doctrine of Scripture is fully compatible with that held by Herman Bavinck and Abraham Kuyper. The only significant difference was in how they defended that doctrine. What of McGowan’s case for a difference in doctrine? In light of the evidence, it would seem that he wrongly interprets an inconsistent Princetonian apologetic for Scripture as evidence of a faulty doctrine behind it. It was not their doctrine which tended toward rationalism, but their apologetic. After all has been sorted out, there is no middle ground of infallibility between inerrancy and errancy. To find such a ground constitutes a false dichotomy. Properly understood, inerrancy and infallibility, though distinct, are inseparable. Hence, a call back to an infallibist conception in opposition to inerrancy is illusory.”
Nog ‘n resensie in die Scottish Bulletin of Evangelical Theology, deel I en deel II.
Laastens, sien ook my artikel oor die onderwerp van Fundamentalisme, waar ek skryf:
“Ook is ‘n verkeerde onderskeid of valse teenstelling tussen die ‘foutloosheid’ van die Skrif en die ‘onfeilbaarheid’ van die Skrif arbitrêr en nie haalbaar nie. Onfeilbaarheid sluit ‘foutloosheid’ in en nie uit nie, dit veronderstel dit. Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (en die HAT) se verklaring van ‘onfeilbaar’ is as volg:
“onfeilbaar, ..bare. 1. Wat nooit ‘n fout maak nie. 2. Wat altyd suksesvol is. onfeilbaarheid.”
Laat ons aanhou vashou aan dit wat ons bely in NGB artikel 3 (sien ook artikels 2-7):
“Ons bely dat hierdie Woord van God nie deur die wil van ‘n mens gestuur of voortgebring is nie, maar die heilige mense van God het dit, deur die Heilige Gees gedrywe, gespreek, soos die heilige Petrus sê (2Pe 1:21). Daarna het God deur sy besondere sorg vir ons en ons saligheid sy knegte (die profete en apostels) beveel om sy geopenbaarde Woord op skrif te stel, en H self het met sy vinger die twee tafels van die wet geskrywe. Daarom noem ons sulke geskrifte die heilige en Goddelike Skrif. (2Pe 1:21; Psa 102:18(Ou Vert. Vers 19); Exo 17:14 (Deu 3); Exo 34:27; Deu 5:22; Exo 31:18)
Die Bybel is nié die produk van mense nie.
Die Bybel is nié die produk van God én mense nie.
Die Bybel is die produk van God alleen, deur die Heilige Gees wat mense in hulle volle mensheid gelei het deur die eeue om sy Woord aan mense te gee.
Daarom bely die gelowige: die Bybel is die Woord van God.
“Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.” – Jesus Christus (Joh.17:17)
Halleluja !






Leave a Reply