Stry die goeie stryd: glo en bekeer !

Die verlore seun (be)keer terug na sy Vader se huis (Luk.15:11-32)

Kom na My toe (keer terug), almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;  want my juk is sag en my las is lig. Jesus Christus (Matt.11:28-30)

En laat ek dadelik sê: ek preek heel eerstens vir/teen myself, en dan vir almal daarna.

As mense my vra, ‘hoe gaan dit in die gemeente?’, dan antwoord ek partymaal: ‘goed, behalwe een lidmaat wat my baie moelikheid gee …’, en daardie lidmaat se naam is ‘Ek Self!’ In die HK v/a 127 bely ons dan ook, ‘ons is in onsself so swak’, en dat ‘ons eie sondige natuur’ een van die 3 doodsvyande is wat ons wil vernietig.  Daarom dat ek ook so kan identifiseer met Paulus se woorde in 1 Tim.1:15, veral die laaste 6 woorde, en nog meer die sleutelwoord ‘is’.

Baie mense ken my bloot deur hierdie blog van my, en dit kan so maklik klink asof alles net goed gaan met die Le Cornu’s en veral myself.  Nee, ook ons as gesin en ek as predikant is baiemaal op en af, worstelend, stoeiend, ons is definitief geen ‘superchristene’ nie, inteendeel ek sal my toetse ‘solid’ dop by Joel Olsteen se ‘Jou beste lewe nou’.  Nee, saam met elke gelowige is ons in die geestelike stryd om lewe en dood, is ons op ‘n pelgrimstog, baiemaal in die woestyn, en daarom is ons gebed ook vir ons en ons kinders en vir alle medegelowiges in die daaglikse stryd, innerlik en uiterlik:

“Wil U ons tog deur die krag van u Heilige Gees staande hou en versterk, sodat ons teen hulle (die drie doodsvyande: eie sondige hart, wêreld en die Satan) sterk teenstand kan bied en in hierdie geestelik stryd nie beswyk nie, totdat ons eindelik die oorwinning volkome behaal.”

Ook beleef ons baiemaal dit waarvan Paulus getuig in Rom.7,

19 Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.  20 Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.  21 Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig.  22 Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens;  23 maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is.  24 Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?  25 Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here! (7:26) So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde.

Afgelope Sondag het ons nagmaal gevier, en daar het ons weer gelees in die formulier, wat die Skrif en ons lewenservaring naspreek:

“Maar, geliefde broeders en susters in die Here, die bedoeling is nie om die verslae harte van die gelowiges kleinmoedig te maak nie, asof slegs die wat sonder enige sonde is, na die nagmaal van die Here mag kom. Ons kom tog nie na die nagmaal om daarmee te kenne te gee dat ons in onsself volmaak en regverdig is nie; inteendeel, ons kom juis omdat ons ons lewe buite onsself in Christus soek, en daarmee bely ons dat ons deur ons misdade dood is. Dit is wel so dat ons nog baie ellende en gebreke in onsself vind, byvoorbeeld dat ons nie ‘n volmaakte geloof het nie; dat ons God ook nie met so ‘n ywer dien as wat ons verskuldig is nie; dat ons daagliks moet stry teen die swakheid van ons geloof en ons sondige drifte. Waar ons egter deur die genade van die Heilige Gees oor sulke gebreke van harte berou het en opreg begeer om volgens al die gebooie van God te lewe, mag ons daarvan heeltemal seker wees dat geen sonde of swakheid wat teen ons wil in ons oorgebly het, kan verhinder dat God ons in genade aanneem en hierdie hemelse voedsel en drank waardig en deelagtig maak nie.”

Wat ons as gelowiges, hoe worstelend en struikelend ookal, egter nooit mag doen nie, is om die Standaard (Ps.1:2; Rom.7:12) te verander of aan te pas by ons sondige lewe nie. Baiemaal raak ons moeg en moedeloos om teen die sonde te stry, en wil dan die Standaard aanpas by ons sondige denke en praktyke. Nee, ons moet eerder die innerlike stryd, ons inkonsekwenthede, ons swakhede, ons worstelinge, dat ons dikwels struikel en val, erken as sonde.  Ons moet dan uitroep in Paulus se woorde:

Ek, ellendige dubbelhartige mens !

Ek ellendige hipokriet !

Ek ellendige swakke sondaar !

Maar in sy genade hou ons aan die goeie stryd stry, tot die einde toe, met 2 Tim.4:7 die doelwit tot sy eer.  My troos en hoop midde die stryd en worstelinge is en bly, weer Paulus se woorde:

Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?

Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here!

Ons hou daarom ook vas aan die trooswoorde van Ps.34:19,20, op grond van Christus se volmaakte werke, soos geprofeteer in v.20ev !

18 Kof. Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.  19 Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom.  20 Sjin. Hy bewaar al sy bene: nie een daarvan word gebreek nie.  21 Tau. Die onheil maak die goddelose dood; en die wat die regverdige haat, moet daarvoor boet.  22 Die HERE verlos die siel van sy knegte; en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie.

En dan, vanuit sy volmaakte werk in en deur Christus vir ons (v.20 wat lei tot v.22), dan is ons belydenis en voorneme in verootmoediging dit waarvan ons bely in HK v/a 114:

Vraag 114: Maar kan die wat tot God bekeer is, hierdie gebooie volmaak gehoorsaam?

 Antwoord: Nee, want selfs die allerheiligstes het, solank hulle in hierdie lewe is, nog maar ‘n geringe begin van hierdie gehoorsaamheid, maar tog so dat hulle met ‘n ernstige voorneme begin om nie alleen volgens sommige nie, maar volgens al die gebooie van God te lewe.

Mag die Here ons daarmee help, en juis daarom plaas ek die volgende twee skakels om ons in die goeie stryd te help.  Baiemaal praat ons nie oor die dinge wat daarin genoem word nie, want ons baie kere (tereg) skaam en skuldig daaraan. Maar, die Gees skryf ook deur Paulus dat hierdie bose dinge in die lig gebring moet word, bestraf moet word (Ef.5:10-13).  Die Lig verdryf die duisternis (Joh.1:5; 8:12).

Dit geld vir elke gelowige, maar veral vir ons as gelowige mans en ons jong seuns wat grootword in ‘n wêreld waar dit nou so maklik geword het om te sondig en God se gebooie te verbreek deur die sosiale media van ons tyd.  Laat ons mekaar help in hierdie goeie stryd, want “wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie” (1 Kor.10:12). Laat ons bo-alles ons oë rig op Christus, die Oorwinnaar in ons plek, vir ons, wat reeds oorwin het, en ons laat deel in sy oorwinning, hoe langer hoe meer (Hebr.12).

1. Busyness as Moral Laziness

“The Desert Fathers (a protest movement in the early church) spoke of busyness as “moral laziness.” Busyness can also be an addictive drug, which is why its victims are increasingly referred to as “workaholics.” Busyness acts to repress our inner fears and perpetual anxieties, as we scramble to achieve an enviable image to display to others. We become “outward” people, obsessed with how we appear, rather than “inward” people, reflecting on the meaning of our lives.

Busyness also seems to be a determination not to “miss out on life.” Behind much of the rat-race of modern life is the unexamined assumption that what I do determines who I am. In this way, we define ourselves by what we do, rather than by any quality of what we are inside. It is typical in a party for one stranger to approach another with the question, “What do you do?” Perhaps we wouldn’t have a clue how to reply to the deeper question, “Who are you?”

2. The Porn Gateways

“The term gateway sin was adopted from a popular word that I once heard in health class called “gateway drug.” A gateway drug is defined as “a habit-forming drug, that is not addictive, but its use may lead to the use of other addictive drugs.” Alcohol and Marijuana are both labeled as gateway drugs because usage of those drugs lead its users into the abuse of other heavier addictive drugs such as cocaine, heroin, and etc. Therefore a gateway sin can be defined as “an unhealthy habit that at first seems innocent, but its continuation may lead to the indulgence of other sins.”

In aansluiting by hierdie artikel, lees HK Sondag 41, veral antwoord 109: ‘… en alles wat ‘n mens daartoe kan verlei’

Om te help om Spr.4:26,27; 5:8; Rom.13:14; Ef.5:3 te gehoorsaam in veral die sosiale media slaggate, sien die volgende vorige inskrywing wat goeie bybelse en praktiese advies gee:

God se tegnologie

“Years ago, I asked Jim Downing, one of the patriarchs of the Navigator work, “Why is it that so few men finish well?” His response was profound. He said, “They learn the possibility of being fruitful without being pure. . . they begin to believe that purity doesn’t matter. Eventually, they become like trees rotting inside that are eventually toppled by a storm.” (The Danger of “Fruitfulness” Without Purity

Gebed: O Here, vergewe ons waar ons nie in heiligheid wandel, soos U heilig is nie (1 Petrus 1:15,16). Help ons genadiglik, in ons Here Jesus Christus, om hoe langer hoe meer na U beeld gevorm te word, ‘in ware geregtigheid en heiligheid’ (Ef.4:17-24), ter wille van U eer en die heil van ons naaste.

Amen.

2 thoughts on “Stry die goeie stryd: glo en bekeer !

Add yours

  1. Baie dankie Slabbert vir ‘n uiters bemoedigende boodskap. As ons ons heil in onsself soek, is ons verlore. Christus is ons regverdigmaking en heligmaking. Erens in Spreuke staan dit: Die regverdige val sewe maal en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.
    Groete

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: