Ek bedien more, tydens ons katkisasie-afsluiting, die Woord vanuit Prediker 12, spesifiek vers 1:
“En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie”
In my bestudering van hierdie teks, het ek op die volgende artikel afgekom wat ek met u deel:
“A Word to the Young“, deur Paul Washer
Stuur dit gerus aan u kinders en kleinkinders (Ps.92:14-16).
Die woorde wat hy skryf is gefokus op veral die jongmense, maar dit geld netso ook vir alle gelowiges, ook vir ons mans wat ouer word …. saam met ons speelgoed:
Hier is ‘n uittreksel:
“I see young Christian men in the university who squander away their time playing video games and frequenting malls and movie houses. They should be giving themselves to more noble purposes ! You were not bought by the blood of the Lamb in order to give yourself to such things. You have been adopted into a royal family and royal deeds are expected of you. Shun the mindless entertainment of the age and give yourself to the will of God. The Scriptures declare in 2 Timothy 2:20-21:
“Now in a large house there are not only gold and silver vessels, but also vessels of wood and of earthenware, and some to honor and some to dishonor. Therefore, if anyone cleanses himself from these things, he will be a vessel for honor, sanctified, useful to the Master, prepared for every good work.”
Do you desire to be a vessel of honor and used for noble purposes? Do you desire to be an instrument in the Master’s hand? Then cleanse yourself of the foolish games of little boys and vain girls, and become the man or woman you were called to be. I believe it was A.W. Tozer who said that on the tombstone of America would be written the words, “They entertained themselves to death.” This is a pathetic epitaph when compared to what was said about King David:
“[He] served the purpose of God in his own generation, fell asleep, and was laid among his fathers….”
What legacy will you leave? What will be carved into your stone? Most importantly, what will God declare about your life during the great Day of Judgment that awaits you?
May God have mercy on you and grant you grace to far surpass the character and deeds of the one who is writing to you this letter.
Your brother, Paul David Washer
“Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit ‘n rein hart aanroep.” – 2 Tim.2:22
Dit alles maak my nogal negetief.
My verhouding met die Here maak my nie so negetief nie, dankie tog!
Ek hoop jy het hierdie verse ook vir jou katkisante aangehaal:
“Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees ’n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid.”
1. Tim. 4:12
“Ek skryf aan julle, jongmanne, omdat julle die Bose oorwin het.”
1. Joh. 2:13
“Ek het aan julle geskrywe, jongmanne, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het.”
1. Joh. 2:14
Andre, om misverstand te voorkom: ek glo die gelowige kan enige ‘speelgoed’ gebruik en geniet in diens van God, solank dit binne die raamwerk van God se Woord gebruik word, iets daarvan lees ons in Pred.11:9. Die wonderlike tegnologiese voortuitgang kan ons as gelowiges ook gebruik en geniet, maar moet dit nie misbruik nie.
Ja, ek het die verse wat jy noem nie direk genoem nie, maar in die preek indirek dit genoem, nl. om te ‘Dink aan jou Skepper’ is om jou Bybel te lees, tydig en ontydig (Ps.1:2), nou reeds as jongmens.
En dit gaan nie oor ‘positief’ of ‘negatief’ wees nie, ons moet volgens die Skrif beide wees (alhoewel hierdie terme nie eintlik uit die Skrif kom nie), soos die Here verlang in elke posisie, sien bv. die volgende verse:
“En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet (‘positief’), 17 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie (‘negatief); want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.” – Gen.2:16,17
“…. Hy is in hierdie huis nie groter as ek nie en het my niks onthou nie behalwe u, omdat u sy vrou is; hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen en sondig teen God (‘positief’)? Toe gryp sy hom (Josef) aan sy kleed en sê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het sy kleed in haar hand laat agterbly en gevlug en na buite geloop (‘negatief’). – Gen.39:9,12,13
“Kyk, Ek stel jou vandag aan oor die nasies en oor die koninkryke om uit te ruk en om te gooi en te vernietig en te verwoes (‘negatief’), om te bou en te plant (‘positief’).” – Jer.1:10
“Maar beklee julle met die Here Jesus Christus (‘positief’), en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie (‘negatief’).” – Rom.13:14
“Maar vlug (‘negatief’) vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag (‘positief’) ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit ‘n rein hart aanroep.” – 2 Tim.2:22
Dus, as ek jou terme gebruik, om waarlik ‘positief’ te wees in die geloof, moet ons baiemaal ‘negatief’ gehoorsaam wees tot eer van God en die heil van ons naaste, die liefdesgebod van ons Here Jesus (Matt.22:37-40).
Met negetief bedoel ek niks teologies nie, ek bedoel maar net dat ouer predekante die jeug en die jong mense soms so sleg laat voel oor hulle jonkheid, asof jonkheid nooit deel van God se plan was nie (ek oordryf). Maar Johannes skryf dat die jong manne die Bose oorwin het!
Ek hoop daar is baie jong manne in julle gemeente.
Stem saam Andre, jammer vir die misverstand.
Ons moet sleg voel oor sonde en ongeregtigheid (die eerste deel van die HK, Sondag 2 tot 4), nie oor ons jonkheid of oudheid opsigself nie. Die jonkheid mag nie verag word nie, soos jy hierbo verwys het met 1 Tim.4:12, en so ook nie die oudheid nie (2 Kon.2:22,23; 1 Tim.5:1).
‘n Pragtige gedeelte wat wys dat genade vir ‘alle mense’ is, jong en oud, man en vrou, ens., is Tit.2:1-15, veral vers 11.