Baie mense, insluitende gelowiges, is verbaas waarom dit so sleg gaan in ons kerke en land.
So deur die jare het ek hier al verskeie godsdienstige, kerklike, morele en ander redes vir die verval van ons tye gegee.
Vandag wil ek vir u so net oor die 1 miljoen redes gee:
“Every year we lose more pre-born babies to abortion than the combined death toll of crime and car accidents. Since 1 February 1997, over one million, one hundred thousand babies have been killed in South Africa – by abortion – with tax payers’ money. Legalised abortion is a national disgrace. The 1st of February 2013 will mark the 16th anniversary of the legalisation of abortion on demand in South Africa. “
Sien meer artikels en besonderhede oor die aborsie slagting en skande van ons land, asook die antwoord daarop, hier (engelse aanhalings kom ook vanuit hierdie bronne): Pro Life sources
Sien ook die volgende artikels oor aborsie hier op my blog: Aborsie
Dit is ook hierdie jaar, 40 jaar gelede dat die bekende ‘Roe vs Wade’ aborsie saak in Amerika plaasgevind het:
“22 January marks the 40th Anniversary of Roe v. Wade, the Supreme Court decision that legalised abortion in the USA. Along with its companion case, Doe v. Bolton, access to abortion was extended throughout pregnancy – all nine months, for any reason. This makes the United States one of the four most radical nations in the world on abortion policy, along with China, North Korea, and Canada. In fact, most of the 195 nations limit abortion after about 20 weeks, because of the health risks to women and their child. Not only have over 50 million[i] babies lost their lives from abortion since 1973, but women are being put in harm’s way every day.”
Sien gerus dr. Albert Mohler se skrywes daaroor op sy blog:
Forty Years After Roe, Human Dignity Hangs in the Balance
“Nevertheless, Roe v. Wade remains the law of the land and abortion on demand remains a constant. Since Roe more than 55 million unborn Americans have been aborted, and the nation is more concerned about economics than the sanctity of human life. We have much ground to recover, but the only foundation for a recovery of human dignity is an affirmation of the fact that every single human being is made in God’s image and is of sacred worth from the moment of fertilization until natural death. Until that truth is affirmed, we will see abortion remain the law of the land and human dignity will hang in the balance.”
So What if Abortion Ends a Life? Rare Candor from the Culture of Death
“In premeditated candor Mary Elizabeth Williams declares that the unborn child is a human life, but not a human life worthy of respect or protection. As Williams insists, “I would put the life of a mother over the life of a fetus every single time — even if I still need to acknowledge my conviction that the fetus is indeed a life.” She candidly calls the unborn child a human life, and then ends her argument with this — ”a life worth sacrificing.” The Culture of Death is rarely so candid, but this is the undisguised logic behind the case for abortion rights. The unborn human baby is just “a life worth sacrificing.” Read it and weep.”
Oud president Ronald Reagan se woorde oor die saak is treffend: Elkeen wat pro-aborsie is, is reeds gebore.
In die lig van hierdie bloeddorstige barbaarse paganistiese moord- en doodslagting wat in ons land en die res van die wêreld aangaan – wat die terroriste aanval van 11 Sept 2001 en die Marikana slagting laasjaar by Rustenburg en misdaadstatistiek na ‘n Sondagskool piekniek laat lyk – moet ons nie vra waarom dit so sleg gaan nie, maar waarom dit nog so goed gaan met ons, terwyl ons as land God se gebod en sy wil vir ons lewens verag, bespot en vertrap.
Die Here leer in sy Woord dat geen bloed wat onregverdiglik vergiet is ongestraf sal bly nie (Gen.4:10), veral nie wat die ewigheid betref nie (HK v/a 11). Ons enigste uitkoms van sy oordeel vir enige sonde, ook as ons moord gepleeg het, is Christus se bloed. Maar as mensdom, as land in sy geheel en veral die leierskap, word God se Wet vertrap en verag.
Wat dit nog erger maak, is die sogenaamde ‘Christelike leiers’ in die wêreld en ons land, die Tutu’s maar ook die Konig’s wat aborsie regverdig en goedpraat en daarom medeskuldig is aan hierdie bloedbad. Maar ook elke kerkmens en gelowige wat stilbly oor hierdie slagting, wat die oor wegdraai van die Here se gebod om ook ons te ontferm oor die naaste wat met geweld vermoor word (Spr.31:8).
Ek lees onlangs die volgende verklarings by Jesaja 56:9-11, wat my laat sidder oor my eie roeping, maar ook die roeping en verantwoordelikheid wat elke predikant, ouderling en eintlik alle gelowiges het:
“The watchman and the shepherds in Israel had given way to selfishness and debauchery. They had abandoned their responsibilities towards God’s people and, instead of giving warning, they were blind to impending danger. They were ‘dumb dogs’, unable to bark. Instead of watching they were ‘dreaming, lying down, loving slumber.’ Accordingly the Lord gives an invatation to the beasts of the field and the forest, metaphorically representing Gentile powers, to come and devour (v.9-12)
All whom the Lord make responsible to act as shepherds over His flock to guard themselves against gradual decline from their duty and against either lording it over the charge allotted to them, or becoming possessed of sordid aims to acquire filthy lucre (1 Pet.5:2,3)” (Isaiah, WE Vine, 1971, 183)
E.J Young (The Book of Isaiah, 1972, p.396,397) skryf soos volg by hierdie skrifgedeelte:
“What is clearly taught here is the necessity for those whom God has appointed to watch over His people to declare unto them the approach of danger. Translated into modern terms this means that the minister of the Gospel has a duty solemnly to warn his people of the nature of the heresies and false theories that are ever about them. He who keeps silent on these matters, under the guise of not wishing to disturb the peace of the Church, is a faithless shepherd.
It is true that those who have warned Zion throughout the ages have been accused of causing trouble, of upsetting the progress of the Church, of destroying her program, etc.; but nevertheless God has built His Church upon men who have warned that Church of the nature of error, such as Athanasius, Augustine, Luther, Calvin, and in recent times Machen. When the minister does not warn the flock of false doctrine, he ceases to be a faithful undershepherd of the sheep, and instead becomes a dumb dog that cannot bark.”
Hoekom is daar so min wat profeteer teen die doodskultuur (Spr.8:36) ?
Dalk omdat ons self so lief geraak het vir die dood, en die lewe (toekoms) verwerp het ?
RJ Rushdoony wys iewers in een van sy skrywes treffend daarop dat ons beskerm met wetgewing dit wat vir ons kosbaar is in die lewe. Dus, omdat ons nie babas beskerm nie, is hulle, is die toekoms nie vir ons kosbaar nie, ons lewe bloot vir die ‘hier en die nou’, kom ons eet, speel en wees vrolik, want môre …. sterf ons ( 1Kor.15:32,33) !
Wat ons land betref, beteken dit die volgende:
– die enigste ware God, sy Naam en sy rusdag, is nie meer vir ons kosbaar nie.
– ons medemens is nie vir ons kosbaar nie: daarom moor ons hul uit met wetgewing (aborsie) en deur die weiering om doodstraf toe te pas (moordenaars, verkragters, egbrekers wat vrypas het).
So is dit ook in die kerk: dit wat vir ons kosbaar is, beskerm ons en koester ons met die ‘sleutels van die koninkryk’, nl. die ‘verkondiging van die heilige evangelie en die Christelike tug’ (sien HK Sondag 31)
Die gebrek aan tugtoepassing en die gebrek aan die verkondiging van die ware onvervalste Evangelie, wys die huidige afvallige kerk se liefdeloosheid teenoor God en ons naaste.
Dit wys dat die ware leer wat tot die ware lewe lei (1 Tim.4:16; Tit.1:1,2), nie meer kosbaar is vir die kerk nie.
Ons lewe in ‘n doodskultuur, ons geslag is lief vir die dood, daarom die aborsie op aanvraag en moord op aanvraag kultuur, daarom die beheptheid met haat en bitterheid teenoor mekaar, waar ons nie kan wag dat die volgende een te nagekom kan word of doodgaan nie, al is dit deur speletjies of sport.
Maar voordat ons as gelowiges en ‘kerkmense’ ons verontskuldig, dit leef onder ons ook, onder andere met ons voorbehoedingskultuur, ons weiering om kinders te kry, ons geslag wat meer liefhebbers van genot geword het, as liefhebbers van God (2 Tim.3:1-5).
Ons kerkgeslag het kinders verwerp, die toekoms verwerp, die dood liefgekry.
Ja, ter wille van my eie gemak, my aftrede, my ‘professionele beroep’, my sport en ontspanning, my pensioen, ens ens sal ek geestelik moord pleeg daarvoor, al is dit om bloot te weier om ‘n nageslag vir die Here daar te stel, om bloot te leef vir my eie hoekie en my begeertes en behoeftes, laat die res van die ‘wêreld hel toe gaan’.
Die feit is, of dit nou in die kerk of wêreld is, ons gaan ons nooit kan bekeer, as ons nie eers weet hoe groot ons eie sonde en ellende is nie, hoe vervalle beide kerk en staat is nie.
En hoe meer valse profete in die kerke mense mislei dat God se Wet/Woord nie meer geld vir vandag nie, en hoe meer gelowiges die valse profete subsidieer, hoe verder dwaal ons af van die hoop en verlossing wat in Christus alleen te vinde is. Hy wat sê:
Ek is die weg, die waarheid en die lewe (d.w.s die toekoms!) – Joh.14:6
Ons moet onsself elkeen ondersoek, bely ek bloot die ‘lewe’, of glo ek werklik ook aan die ‘Lewe’ en wys my lewe, my dade dit ? Dra ek vrugte van die ware lewe, ‘n lewe in oorvloed (Ps.127, 128) ?
Daarom, ter ‘herdenking’ van die aborsie-moord slagting in ons land, plaas ek die volgende preek, waar een van die Here se getroue ‘honde’ nog blaf en byt tot eer van God en liefde vir sy naaste, vir sy Kerk.
Hierdie preek laat ‘n mens opnuut sidder vir die verlorenheid en verdorwenheid van ons sondige harte, vir die dood en sy gevolge, hoe laag die mens in sy boosheid kan daal, hoe verskriklik die sonde is, veral as dit in die naam van ‘godsdiens en kerk’ bedryf word, want wat die wilde honde van Rigters 19 gedoen het, en wat die Leviet (die kerkmens) nie gedoen het nie, is juis die sondes en skandes wat in die kerk en samelewing vandag lewe, in ons eie sondige harte.
Mag die Here ons genadig wees, en ware bekering en geloof skenk.
Christus, ons enigste Hoop en lewe in antwoord op sonde en dood, niks anders nie.
Wees ons genadig Here, ons verdien u oordeel dubbel en dwars, wees ons genadig in Christus.
GEE TOG RAAD VIR ‘N SIEK SAMELEWING
deur ds. Gustav Opperman (GK Matlabas)
Lees: Rigters 19
Teks: Rig 19:30 En elkeen wat dit sien, het gesê: So iets het nie gebeur en is nie gesien van die dag af dat die kinders van Israel uit Egipteland opgetrek het tot vandag toe nie; neem dit tog ter harte, gee raad en spreek!
Tema: Gee tog raad in hierdie siek samelewing!
Psalms: 150:1,2; 150:3; 25:1,2; 25:3,4; 25:5,6
Broeders en Susters,
Daar is ‘n hele aantal van u
wat al langer in hierdie land woon as ek …
Daar is ‘n hele aantal jonger as ek …
en u het ook nou al ‘n paar dinge gesien
en ‘n paar dinge beleef …
dat u, oud en jonk, met my sal saamstem:
daar is ‘n groot skroef los in hierdie land …
of, anders gestel:
die nate is besig om los te kom.
Ons leef in ‘n samelewing
wat besig is om uit te rafel.
Die media kan nie anders nie;
hulle moet daaroor berig:
geweldadige stakings, wingerde wat afgebrand word,
supermarkte en winkels en drankwinkels wat geplunder word …
‘n orgie van wetteloosheid.
En die woord wat al hoe meer by ons opkom,
is nie meer polities korrekte terme soos hervorming of transformasie nie …
Nee, die woord wat nou by ons opkom is anargie!
Anargie beteken totale bandeloosheid,
waar elkeen gryp en vat,
moor en verkrag,
net soos hy wil …
Anargie … beteken benderegering …
nie grondwetregering nie …
nie polisieregering nie …
selfs nie eens ‘n weermagdiktatuur nie …
maar benderegering.
En elkeen wat hierdie dinge sien kom
en elkeen wat hierdie dinge reeds sien gebeur,
roep saam met die kinders van Israel uit
en sê:
Gee tog raad!
Ons gelowiges moet raad gee, Geliefdes.
Ons predikers moet ‘n lig opsteek in hierdie pikstikdonker …
Ons gemeentes moet daardie lig laat skyn te midde van ‘n krom en verdraaide geslag …
Dis ons taak.
En hierdie Woord, hierdie wet, hierdie boek, hierdie Evangelie, is die lig vir ons pad en die lamp vir ons voete …
en hierdie Woord leer ons en wys vir ons:
daar is niks nuuts onder son nie
en dit wat was,
sal tot op die dag van Jesus Christus weer wees …
Wil u iets leer rondom anargie?
Kom lees saam met my die boek Rigters.
Daar sal ons alles leer van anargie:
sy oorsaak en sy oorsprong …
en anargie se verskriklike uitwerking …
en ook … ook wat God se antwoord daarop is …
Rigters negentien en die res van die boek stel dit duidelik, reg aan die begin:
En in die dae was daar geen koning in Israel nie …
Daar is ‘n ander refrein,
wat daarmee gepaard gaan:
elkeen het gedoen wat reg was in sy oë … (Rig 21:25).
Ons kry nog ‘n leidraad aan die begin van die eerste boek van Samuel,
wat ook tydens die Rigtertyd geleef het.
Daar lees ons:
die woord van die HERE was skaars in die dae … (1 Sam 3:1).
En daar het u die resep vir anargie:
Koningloosheid, Woordskaarste
en elkeen wat maak net wat hy wil …
As ons nou weer na Rigters 19 kyk,
dan sien ons die uitwerking van hierdie toestand …
Dit word in verskriklike besonderhede vir ons beskryf:
Dis onveilig om saans op straat te wees …
Daar is bendes op vrye voet ..
Ons vertaling noem hulle: slegte manne …
Die oorspronklike Hebreeuse teks lees letterlik:
seuns van Belial …
kinders van Satan …
Hulle is die Satan se seuns.
Hulle gryp en vat en verkrag soos hulle wil …
Soos die kinders van Sodom sal hulle ‘n manlike prooi verkrag,
maar by gebrek daaraan sal hulle ook ‘n vrou vat
en haar verniel … en mishandel … en plunder …
dan die een, dan daardie een, dan weer die een …
weer en weer en weer …
tot sy uiteindelik by die voordeur inmekaarsak
en daar omkom …
Daar is geen polisiestasie
om hierdie misdaad by aan te meld nie.
Geen staatsaanklaer in Gibea,
wat namens die reg sal optree nie
en daarom sny haar Levitiese man haar op …
Sny hy haar stukkend in twaalf dele,
een stuk vir elke stamgebied van Israel …
en stuur die stukke van die verminkte lyk deur die hele land …
as klag teen die kinders van Benjamin …
Kyk mense … kyk en sien wat het van ons geword!
Neem dit tog ter harte,
gee raad …
As ons die volgende hoofstukke lees,
dan sien ons
dat hierdie gebeure toe aanleiding gee
dat die allerverskriklikste burgeroorlog in Israel uitbreek …
Op wraak volg weerwraak …
Volksgenoot teen volkgenoot …
Die een besnedene teen sy mede-besnedende …
Broer in die geloof teen mede broer in die geloof …
een bloedige gemors …
Neem dit tog ter harte,
gee raad …
Hierdie afgesnyde arms en bene en vrouekop word die hoofopskrifte van die destydse nuus:
“Gru verkragting in Gibea!”
“Man kap vrou op na bendeverkragting!”
“Rapists on rampage in Israel!”
Dis die hoofopskrifte, Geliefdes,
maar ons moenie die Bybel lees soos ons die koerant lees nie …
Ons lees nie net die hoofopskrifte in die Bybel nie …
Ons lees al die woorde …
Al die HERE se woorde is vir ons fyn …
fyner duisendvoud … meer gelouter as die allerfynste goud …
Ons lees in die begin van die hooftuk van ‘n Leviet wat dit nodig ag
om ‘n byvrou in sy huis te neem …
In die destydse Israel was ‘n Leviet amper iets
soos ‘n dominee vandag is …
Ons lees van die byvrou wat so verwaarloos word,
dat sy daar by haar nuwe man begin hoereer …
dat sy uiteindelik na haar haar pa toe wegloop …
Ons lees dat
dit die Leviet-dominee vier maande neem
om haar te gaan soek …
om haar met mooi woordjies terug te lok …
Ons lees hoe die Leviet en sy skoonpa op-pêl
en vier dae saam eet en drink
voor hy weer huistoe gaan …
Die vyfde dag kuier hulle weer,
maar die Leviet en sy byvrou kom tog uiteindelik weg …
Ons lees dat hierdie reisgeselskap liewers nie in Jebus wil oornag nie,
want destyds was dit ‘n stad vol heidene …
“Kom ons hou verby”,
sê die Leviet-dominee vir sy dienaar,
“hierdie mense ken nie HERE nie …
Jy kan hulle nie vertrou nie …
Hierdie is nie ons mense nie” …
En wanneer hulle in Gibea kom,
wanneer hulle uiteindelik tussen “ons mense” kom,
dan ervaar hulle geen gasvryheid nie …
Niemand nooi hulle binne nie …
Al het hulle hulle eie kos,
is daar vir hierdie Leviet-dominee geen blyplek nie …
Geen huis vir die man van die HERE op pad na die huis van die HERE nie …
“Ons mense” sien hulle op die dorpsplein,
maar hou verby …
In Gibea was dit inderdaad elke hond vir homself
en die duiwel agterhaal die res …
Die Leviet en sy geselskap kom naderhand reg by ‘n vreemdeling …
‘n ou man van die gebergte in Efraim … dié neem hulle in sy huis op …
Dis toe die huis,
wat later daardie nag deur ‘n trop wilde honde omsingel word …
(Elke hond vir homself het nou maal een maal die manier
om tog êrens by ‘n trop te gaan aansluit …)
“Gee ons die man in hierdie huis”,
so roep hulle uit,
“dat ons seks met hom kan hê” …
“We demand!”
Die vreemdeling, die ou man is nie bereid,
dat daar so ‘n skanddaad met sy gas gepleeg word nie …
maar sy eie dogter en die byvrou …
hulle kan maar as seksobjekte gebruik word!
Daarmee is nie nie fout nie …
Maak met hulle wat goed is in julle oë,
sê hy vir die hondebende …
Hier is twee vroue, plunder hulle …
Uiteindelik is dit net die byvrou,
wat op die altaar voor die seuns van Belial neergelê word …
Uiteindelik is dit die Leviet-dominee
wat sy vrou …
(die vrou wat hy met mooi woordjies teruggewen het) …
wat sy vrou aan die god van wellus afstaan …
Watse soort mense is dit hierdie?
Neem dit tog ter harte,
en gee raad …
Dis die volk, Broeders en Susters,
wat net ‘n paar geslagte vantevore by die berg Sinai voor die HERE gestaan het …
Dis die volk,
wat toe uit Egipteland opgeroep was …
om vir die HERE ‘n koninkryk van priesters te wees …
om vir die HERE ‘n heilige nasie te wees (Eks 19:6) …
Dis hulle wat so optree …
nie die Sodomiete en die Jebusiete nie,
maar die kinders van Israel!
En soos u kan sien, Geliefdes,
hierdie dinge het nie begin
die nag toe die hondebende daar opgedaag het nie …
Die verrotting in hierdie volk lê veel dieper as dit …
Dit lê net soveel by die drinkebroer Leviet en sy hoerende byvrou …
Dit lê net soveel by die ou man,
wat sy dogter aan die seksgod afstaan …
Dit lê net soveel by die inwoners van Gibea,
waar dit elke hond vir homself is …
Net soos die verrotting in hierdie nasie onder wie ons woon,
nie net by die plunderbendes van Sasolburg lê nie …
Net soos die anargie van hierdie nasie nie net lê by die Modimole Monster nie …
(die man wat verlede jaar sy vrou in Nylstroom laat verkrag het
en dié se seun doodgeskiet het. )
Net soos die anargie van hierdie nasie nie net by die Sondagverkragter lê nie …
of watter ander monster die media aan ons voorhou nie …
Ons is lief om te sê hierdie mense is siek …
siek in hulle kop …
Hulle is die siek mense van ‘n siek samelewing …
want die verrotting lê teenaan die wortel van hierdie mensdom …
Die verrotting lê net soveel by elke lid van elke volk en nasie,
by wie die woord van die HERE skaars geraak het …
Anargisme is deel van die menslike DNA …
Hier vroeg in die Bybel, in Genesis ses lees ons
hoe die HERE gesien het,
dat die boosheid van die mens op die aarde groot was
en al die versinsels wat die mens in sy hart bedink,
altyddeur net sleg was …
Anargisme is deel van die menslike DNA …
daar op elke plek in die wêreld
waar die mens homself tot god verklaar het …
Daar waar elkeen doen,
wat goed is in sy eie oë …
daar waar Jesus Christus nie Koning is nie …
Elke plek in die wêreld, Broeders en Susters, is besoedel met anargisme …
Ons het dit redelik onlangs in London gesien,
ook in Griekeland, die oudste westerse beskawing …
Ook die lande waarheen ons mense na toe uitwyk: Kanada, Australië en Nieu-Seeland,
hulle sal dit ook nie ontsnap nie …
Wat sal ons sê, Broeders en Susters?
Wat sal ons raad wees …
Watse lig sal ons laat skyn onder hierdie krom en verdraaide geslag …
(soos Paulus van die Filippense verwag)?
Ons kan seker nie nalaat
om te getuig van die seksbeheptheid van hierdie hele samelewing nie …
en die gevolge daarvan:
die gebroke huwelike en gesinne …
duisende der duisende kinders wat in die baarmoeders vermoor word …
Suid-Afrika is die land met seker die hoogste verkragtingsyfer ter wêreld.
Watter lig sal ons laat skyn onder hierdie krom en verdraaide geslag?
Ons kan seker ook nie nalaat
om te getuig van die naakte gierigheid
van hierdie samelewing nie …
Almal is besig
om in te palm …
soveel as hulle kan …
van die president tot die vragmotorbestuurders …
van mynbaas tot mynwerker …
van die wat hulle woekerwins op die aandelebeurs soek,
tot die plunderaars van Sasolburg …
Almal is op soek na ‘n gelukkie of ‘n onverdiende prys …
en daarvoor is daar Casinos, en perdewedrenne en Lotto’s en … en … en …
Hy wat geld liefhet,
kry nie genoeg van geld nie,
en hy wat rykdom liefhet,
kry nie genoeg van inkomste nie,
skryf die Prediker …
en ook dit is alles tevergeefs.
En ons … ons wat die Jesus Christus as ons Here bely …
(ons doen dit elke Sondag),
Ons wat nie Koningloos is nie …
Ons wat elke Sondag na sy wet luister …
Hoe sal dit lyk as as ons die lig van God se Woord eers op onsself laat skyn?
Hoeveel van ons vroue en dogters se kleredrag getuig nie van ‘n gedienstigheid aan die seksgod nie?
Hoeveel van ons mense leef nie buite die huwelik saam nie?
Hoeveel gierigheid en haat is daar nie onder eie geledere nie?
Wanneer ek die Sondagverkragter in die media sien,
of ek sien die beelde van die bendeplunderaars daar in Sasolburg
en ek begin drome droom en visioene sien
hoe ek met my haelgeweer al hierdie elemente in hierdie samelewing gaan “uitsort”,
het ek nie maar uiteindelik soos hulle geword nie:
‘n kind van Belial …
een wat my aan ‘n ander mens se lewe wil vergryp nie?
Is ons nie ook maar Koningloos nie, Geliefdes?
Maak ons nie ook maar soos ons goeddink nie?
En het die Here se Woord nie ook by ons skaars geword nie?
Miskien is dit die beste raad
wat daar is …
dat ek en u maar net voortgaan
om Hom te verkondig …
die Owerste oor die Konings van die aarde:
elke knie sal tog eendag voor Hom buig!
Sy heilige wet is rein en onbesmet
(so leer ons)
en sal die harte bekeer.
Laat ons maar voortgaan
om Hom te verkondig:
Jesus Christus, Hy wat deur ons geplunder was …
anargiste wat ons is.
Hy wat die smaad van die haatlike skares verdra het …
Volgens Psalm 22 het ‘n bende skenders Hom omring
soos honde wat Hom wil bespring …
Hy het die smaad van die haatlike skares verdra …
sodat u kan lewe …
en ek …
Amen.
Uitstekende preek met baie insiggewende kommentaar van jou, ds. Slabbert. Ek was nogal geskok om uit te vind Konig veg saam met Tutu en kie vir hierdie massamoord op babas.
Dankie Adi, hier is Konig se eie woorde oor aborsie:
“Mense het reg op menswaardige behandeling en ‘n menswaardige lewe. Dit het implikasies vir die pro-lewe standpunt. Pro-lewe lê waarskynlik te eensydige klem op die reg van die fetus (die ‘ongebore baba’), op lewe as sodanig. Moet ‘n mens nie eerder sê die potensiële mens het reg op ‘n menswaardige lewe nie ? En as daar alle aanduidings bestaan dat die baba geen kans op só ‘n lewe het nie, verander die saak tog ingrypend. … Besef ons watter verskriklike ding die samelewing toelaat as ons babas gebore laat word – waarskynlike duisende per jaar – wat geen kans het op ‘n menswaardige lewe nie … In die lig van al die kante van die saak waarna ons nou gekyk het, lyk dit vir my dat ‘n mens ‘n saak daarvoor kan uitmaak dat ‘n samelewing – en daarom ‘n regering – die allergrootste verantwoordelikheid het om toe te sien dat daar so min moontlik kinders in die wêreld kom vir wie daar geen kans op ‘n menswaardige lewe is nie, en wat die kans van die ander mense nog verder gaan bedreig. Is dít nie ten diepste ‘n volwaardige ‘pro lewe-standpunt’ nie – wanneer nie net blote lewe nie, maar menswaardige lewe beskerm word ? Moet ons nie in die lig hiervan eerder dankbaar wees dat ons wet op aborsie vir vroue die geleentheid bied om ongewenste swangerskappe te beëindig nie?” [77,80,82]
Ek het Konig se liefde vir die dood (aborsie) en ander teologiese dwalinge hier bespreek:
Click to access pr-2009-06-04-nr-4-konig.pdf