Dr. Pipa het veilig ge-arriveer in Pretoria laas Saterdag, saam met sy vrou Carolyn (Sissie).
Sondag-oggend het hy gepreek by die Engelse diens by GK Rietvallei en in die aand na die erediens by GK Bet-el, het hy ‘n lesing gehou oor ‘The Southerners and Slavery’.
Vanoggend het hy by die APK Akademie twee lesings gehou:
Lecture one: Our theological calling today – a southern (USA) perspective
Lecture two: A Christian life – our theological responsibility
Al die lesings tot dusver was baie leersaam.
Vanaand is hy die spreker by die Juventus groep in (Pretoria):
Datum: Maandag 18 Maart 2013
Plek: Ark-lokaal; Aros-kampus (Dickensonlaan 1174, Waverley, Pretoria)
Spreker: Dr. Joseph Pipa
Tema: Reformatoriese onderrig in die 21e Eeu.
Tyd: 18h30 Almal welkom!
DINSDAG, 19 MAART
Almal in Potchefstroom en omgewing word ook uitgenooi na dr. Pipa se twee lesings daar more (Dinsdag):
Lecture one: The New Covenant Sabbath – Sunday (13h00-14h00, by die teologiese skool in Potchefstroom)
Lecture two: The importance of Infant Baptism (18h00, Kontakpersoon vir meer inligting, ds Ronald Bain: 082 339 0933)
ns. onthou, dr. John Lennox gaan more ook tussen 09h00 – 10h30 ‘n lesing hou oor ‘New Atheism’
Is John Lennox in Potchefstroom?
Andre, hier is sy program: http://dialoog.co.za/index.php/dialoog-gesprekke/john-lennox