Doppers (eintlik die GKSA leierskap) wat so graag met die NG Kerk wil verenig (sien die laaste GKSA sinode, Jan 2012, waar dit op die tafel geplaas is en in 2015 verder hanteer gaan word), neem asb deeglik kennis van die NG leierskap se uitsprake in die volgende saak:
“Prof Nelus Niemandt het na aanleiding van die dwaalleerklag teen Dr du Toit en sy onskuldig bevinding in die openbare media verklaar dat Dr du Toit se hermeneutiek en teologie aanvaarbaar is in die NG Kerk.
Na aanleiding van Dr du Toit se uitsprake tydens die ondersoek, beteken dit dat die volgende volgens Prof Niemandt binne die raamwerk van die NG Kerk val ….”
Lees die volledige artikel hier:
Die uitkoms van die dwaalleer tug ondersoek teen Dr Ben du Toit
Sien ook hierdie artikels:
JJ Kotze, TF Burgers, JJ du Plessis, Ben du Toit en Raamwerkverskuiwings
“Dit is ook ‘n duidelike wegbeweeg van die Gereformeerde identiteit van die NG Kerk, wat primêr bestaan in die aanvaarding dat God se Woord sentraal is en die Belydenisse daarmee ooreenstem. Al hierdie sake toon ‘n duidelike herinterpretasie van die Gereformeerde identieit van die NG Kerk. In die verhore van Kotze en Burgers het die Sinode hulle Gereformeerde Belydenis hoog geag. By die verhoor van Du Plessis kan ons al krake sien, maar in die geval van Du Toit is daar duidelik wegbeweeg van die Gerformeerde Belydenis en raamwerk ter wille van liberalistiese dwalinge wat die idenititeit van die kerk duidelik bevraagteken.
Tyd sal leer wat die effek hiervan op die toekoms van die NG Kerk in Suid Afrika gaan wees, maar vir die onmiddelike is dit ‘n ongelukkigheid dat dwaling op so ‘n growwe wyse toegelaat word as binne die kerk se huidige raamwerk.”
Te Min Bly oor van die Evangelie? Dr Ben du Toit se Jesus
“Du Toit verwerp Bybelse perspektiewe op die bonatuurlike (byvoorbeeld die wonders, die duiwel en die maagdelike geboorte) … Dit kom al sedert die begin van die debat oor die historiese Jesus twee eeue gelede voor … Verder toon Du Toit nie dat hy die koste bereken het nie.”
BAIE dankie vir die plaas hiervan – ja die aanslag van liberale strominge is inderdaad van uiterste belang vir elke denominasie .