Die nuwe Pous aanbid Maria
In ‘n vorige blog het ek u verwys na die tragiese feit dat die NG Kerk leierskap besig is om pens en pootjies dwalinge te omhels in stryd met wat die Skrif leer soos bely in die gereformeerde belydenis:
Dwaalleer tugsaak in die NG Kerk teen dr. Ben du Toit
Hierdie omhelsing van die dwaling word verder ge-openbaar in die NG leierskap se uitsprake en sienings oor Rome, met die onlangse aanstelling van die nuutste Pous (beklemtoning bygevoeg):
GELUKWENSING AAN KATOLIEKE GEMEENSKAP MET DIE VERKIESING VAN NUWE POUS
Graag wens ons die wêreldwye Katolieke gemeenskap geluk met die verkiesing van die eerste Suid-Amerikaanse pous , Jorge Mario Bergoglio, of te wel Franciscus I.
Dit is inderdaad `n historiese geleentheid en betekenisvol nie net vir die Katolieke Kerk nie, maar ook vir die hele Christen-gemeenskap wêreldwyd. Dit bevestig nie net voortdurende bewegings wat in die wêreld-kerk aan die gang is nie, maar herbevestig ook `n beweging na eenvoud, die helder verkondiging van die Evangelie van Christus en die uitreik na armes.
Ons is saam met die hele Katolieke gemeenskap dankbaar oor en trots op die verkiesing van die nuwe pous en bid hom Gods rykste seën, gesondheid en wysheid toe.
Dr Braam Hanekom
Moderator NG Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland
2013-03-14
Rome besig met die ‘helder verkondiging van die Evangelie’ ?
Sien die volgende bronne wat ek reeds op my blog geplaas het wat daarop wys dat Rome, soos hul leerstukke aandui, nie die suiwer Evangelie verkondig nie, maar ‘n redding deur geloof plus werke (spesifiek die instrumentele gebruik van die sakramente):
https://proregno.com/category/rooms-katoliek/
Die Pousdom het agtergekom vervolging ‘werk’ nie meer so goed nie, maar wat hul leerstellinge betref, is hul nog steeds so afvallig en dalk nog meer. Volgens my kennis het hul nog niks in essensie teruggetrek of verander in leer nie, definitief nie oor die verlossingsleer nie, maar volhard in hul dwalinge, wat in die 16de eeu daartoe gelei het dat die Reformasie moes plaasvind onder die genadige hand van God:
– sola Scriptura
– sola fide
– sola gratia
– solus Christus
– soli Deo gloria .
So dit is nie Rome wat nader beweeg na die Reformasie/Protestantisme nie, maar (die afvallige) liberal protestantisme wat terug deformeer terug na Rome.
Sien hierdie eenvoudige uiteensetting wat uit Rome se eie belydenis en besluite kom (Kategismus van die Katolieke Kerk, 1994), wat hul wesentlike dwalinge uitwys, en weereens volgens my kennis het hul nog nie een van hierdie leringe verander nie:
https://proregno.files.wordpress.com/2010/02/u-woord-is-die-waarheid-kaart-a-b.pdf
Somerset Morkel spreek sy besorgdheid oor die NG Kerk se bemoeienis met Rome soos volg uit:
“Die NG-Kerk se fassinering met die Katolieke en hul Pous – in plaas daarvan om hul te ontmasker vir wat hul werklik is, nl. n kultus met soveel onChristelike teologie dat hul nie n kerk is nie, maar eerder ‘n misleier van mense – is ‘n aanduiding dat die NGK ook besig is om ‘n valse kerk te word. Dr Gustav Claassen verleen met hierdie skrywe geloofwaardigheid aan die Pous en sy instituut van Rome. Die NGK is eukumenies onherroeplik op pad na die arms vd ‘moederkerk’ van Rome. Daarvan getuig ook die feit dat die NGK ‘retraite’ hou saam met Roomse misleiers, en dan nogal heel beindruk is met die resultaat.
Een enkele feit is al genoeg om Rome te vermy as n misleier, is die feit dat een vd titels vd Pous ‘Heilige Vader’(!) is. Dit is godslastering, want daar is net een Heilige Vader, en Hy is God, en Hy is in die Hemel. En dan buig hierdie einste sogenaamde ‘heilige vader’ hom elke dag neer voor die beeld van Maria. Daar is verdere sake ook, soos dat die Roomse Instituut al sy priesters die titel van ‘vader’ gee – direk teen die opdrag van Jesus in om dit NIE te doen nie.. Maar die NGK-leierskap se liberale teologie deesdae beskou in elk geval nie meer die Skrif as gesaghebbend nie, so ‘who cares about such minor issues?’ “
Sien die volgende boeke oor die Roomse Kerk:
“Sproul’s book is most certainly the best short book from the Protestant perspective that I have read. Sproul’s trademark getting-to-the-gist of things quickly and memorably is on magnificent display in this volume. I am fairly confident (and have already received indications from Roman Catholics) that Roman Catholicism is not caricatured in this book. This makes it especially valuable as a book to give to Protestants and Roman Catholics who are curious about the differences. I have yet to see a Roman Catholic book that gets Protestantism correct without caricature. And I have seen plenty of Protestant caricatures of Roman Catholicism, too. But here is a real gem.”
“There is no other head of the church but the Lord Jesus Christ. Nor can the pope of Rome, in any sense, be head thereof, but is that Antichrist, that man of sin, and son of perdition, that exalts himself, in the Church, against Christ and all that is called God.” – Westminster Confession of Faith, 25:6
RC Sproul skryf ook hier:
“The Reformation is not over. It cannot be over and must not be over until all who call themselves Christians have one Lord, one faith, and one baptism. The cause of sola Scriptura, sola fide, sola gratia, solus Christus, and soli Deo Gloria remains the cause of and for biblical truth.”
Sien ook hierdie twee artikels:
Why Does Rome Teach What It Does About Justification and Salvation?
Roman Catholicism’s Recent Claim That It Is the True Church
“All the ordinary religions of the world say, “Do and you shall live.” Biblical Christianity alone says, “Live and then you shall do.”
All the ordinary religions of the world say, “Do and you shall be saved.” Biblical Christianity alone says, “Be saved and then you shall do.”
All the ordinary religions of the world, including many major denominations within professing Christendom, including the Vatican State, say, “Something in my hands I bring.” Biblical Christianity alone says: “Nothing in my hands I bring; simply to thy cross I cling.”
I would urge all of you reading this brief article once again to examine yourselves with respect to whether you are trusting solely in the preceptive and penal obedience of the only righteous One, Jesus Christ, for your forgiveness and your needed righteousness before God.
You must trust him if you would be justified, for it is by faith alone in Christ’s obedient doing and dying that sinners are justified freely before the high tribunal of Heaven.
Jesus is enough; the sinner needs no one else to save him.” – Robert L. Reymond
Oor die wêreldkerk gedagte, sien hierdie artikel:
Die oproep tot ‘n wêreldkerk, deur dr. S. C. W. Duvenage
“Uit die voorafgaande is dit duidelik dat ons tans t.o.v. die ekumeniese beweging in die wêreld ‘n valse en ‘n suiwere doel kan onderskei.
By die Wêreldraad van kerke vind ons ‘n valse doelstelling nl, die totstandkoming of vorming van een enkele kerk, waarin al die kerke van die wêreld, Protestants, Rooms-Katoliek en Grieks-Katoliek hulle sou kan verenig. So ‘n verenigde kerk kan genoem word ‘n superkerk. Daartoe stuur die Wêreldraad van Kerke.
Dit wil nie maar ‘n plek van samespreking van interkerklike probleme vorm nie — maar ‘n wêreldkerk, ‘n superkerk.
Daarby kom dit dan nie soseer aan wat die belydenisgrondslag is nie; Eenheid bo Geloofsverdeeldheid dus.
Verder moet vermeld word dat die leiers afstuur op totalitarisme. So ‘n verenigde kerk wat die hele wêreld omvat, sal beklee wees met totalitêre mag oor alles op Christelike gebied. Daar sal geestelike oorheersing en godsdienstige monopolie kom, erger as wat die V.V.O. op die terrein van die volkere uitoefen.”
Het die RKK haar weë verander deur die jare? Is die pous en wat hy voor staan, vandag anders as destyds met die Reformasie in Martin Luther se tyd? Ek vra, want hier is wat Luther oor die pous te sê gehad het:
“I believe the pope is the masked and incarnate devil because he is the Antichrist. As Christ is God incarnate, so the Antichrist is the devil incarnate. The words are really spoken of the pope when it’s said that he’s a mixed god, an earthly god, that is , a god of the earth. Here god is understood as god of this world. Why does he call himself an earthly god, as if the one, almighty God weren’t also on the earth? The kingdom of the pope really signifies the terrible wrath of God, namely, the abomination of desolation standing in the holy place.” (Luther’s Works, vol.54, Table Talks, No.4487, p.346)
Lees meer hier: http://www.cwrc-rz.org/historicalperspectives-martinluther.html
Dankie dit is baie insiggewend. Veral in ons dag(2019)!