Dabney, d’Assonville en Tripp oor prediking, en 2 preke

1. The Gospel Idea of Preaching

“The preacher is most explicitly called a herald; that is, the deliverer of a message. Now, the herald does not make his message, he merely transmits it. He has nothing to do with judging its wisdom or fitness; let him simply proclaim it as it is given to him. This was God’s command to an ancient preacher: “Arise, go unto Nineveh, that great city, and preach unto it the preaching that I bid thee.” (Jonah iii. 2.) …

There have been two stages in the defection of the church from the simplicity of the gospel in past days. The first has been when the ministry have held to the truths of the gospel system, but have insisted on arranging and presenting them according to the methods of the fashionable human philosophy of the day. The second—and it is close to the first—has been when they have gone to human philosophy, both for their arrangement and their doctrines. The eras of efficiency and spiritual might have always been prior to both stages, when the ministry was content to set forth Bible truths in Bible aspects.”

Lees meer hier.

2. Die dwaasheid om te preek, prof. Victor d’Assonville

As die “rede” en die “prediking” dan nie in “oorredende woorde van menslike wysheid” mag bestaan nie, wat is dan die regte metode?

Dit is “in die betoning van Gees en krag”.

Let goed daarop dat ons “Gees” hier met ‘n hoofletter skryf. Uit die grammatika van die teks self (sien F.W. Grosheide se kommentaar, Kampen 1957; bl. 76) en uit die konteks van hierdie hele Skrifgedeelte (sien ook F. J. Pop se kommentaar, Nijkerk; 1971, bl. 55) is dit duidelik dat ons hier te doen het met die Gees en krag van God. Dat die Evangelie in Korinthe deurgang gevind het, was nie te danke aan Paulus se vermoëns en sy slim tegnieke nie, maar aan iets wat hyself nie in die hand gehad het nie. Dit is God Self wat die prediking van die Evangelie gepaard laat gaan met die kragtige werking van Sy Heilige Gees. Hier vind ons nou weer dieselfde “krag” waarvan daar sprake is in I Korinthiërs 1:18, 24. Die “krag van God” (vers 18) en “Christus, die krag van God” (vers 24) is hier die krag van die Heilige Gees.

Dit is die enigste manier waarop die Heilige Gees werk: deur die prediking van die Evangelie! (Vgl. ook Ef. 1:17, 19 en 1 Thess. 1:5).

En nou beskryf Paulus sy prediking as die “betoning” van Gees en krag. In die oorspronklike taal staan daar “apodeiksis”. In die Griekse wysbegeerte was hierdie term ‘n kenmerkende begrip vir hulle logika. Dit is die term vir die absolute bewys van die waarheid. Dit is waar ons woord “apodikties” vandaan kom. Hiervan sê die Groot Woordeboek van die Afrikaanse Taal: “Bewysend, oortuigend, onweerspreeklik, onweerlegbaar; waaraan die bewysbare noodsaaklikheid eie is”.

En die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (H.A.T.) verklaar apodikties as “met groot stelligheid, beslistheid”.

Liddel en Scott se standaard Griekse woordeboek verklaar “apodeiksis” as die vasstaande bewys en sê o.a.: “In the logic of Aristoteles, demonstration, i.e. absolute proof by syllogistic deduction of a conclusion from known premises”. Bauer (Wörterbuch zum Neuen Testament) stel dit kort en duidelik dat dit die bewys, die proef, beteken (“Beweis, Erweis, Probe”)

In die Griekse denkwêreld is dit dan ook juis Aristoteles wat die onderskeid gemaak het tussen die twee redeneermetodes, nl. die dialektiese en die apodiktiese metode (vgl. Kneale, a.w., bl. 1).

Baie eenvoudig, kan ons die onderskeid tussen hierdie twee (preek)metodes soos volg stel:

Die dialektiese metode moet deur redenasie, deur argumentasie, deur die debat, deur dialoog, nog kom tot die waarheid — die “waarheid” is soos ‘n skim daar êrens vorentoe op die pad aan die einde.

Die apodiktiese metode gaan uit van die waarheid wat reeds besit word. Die waarheidskennis self is die uitgangspunt, die vertrekpunt; dit word eenvoudig gekonstateer. Kneale stel dit soos volg: “The dialectical premiss … is one adopted in debate for the sake of argument. From the logical point of view, however, the important distinction is that the demonstrative premise (dit is die “apodeiksis” — V. E. d’A) is true and necessary, while the dialectical premise need not be so”. (bl. 2, a.w.)

Gaan ons nou terug na Paulus se prediking in Korinthe, dan kom ons tot die besef hoe groot die betekenis van hierdie kwalifisering van die inhoud en metode van die Evangelie was — en ook vir ons vandag! Ons moet onthou dat Paulus in ‘n Griekse stad gepreek het. Sy hoorders was mense wat gereeld die “predikers” van die Griekse wysbegeerte op hulle pleine gehoor het. Die metode en sisteem om “met oorredende woorde van menslike wysheid”, met die dialektiese redeneerkuns die hoorders te oortuig, was by die Korinthiërs goed bekend.

Maar as Paulus daar opdaag, dan kom hy met die onpopulêre metode wat nie in die smaak val nie, die “apodeiksis”. Sy preke is nou geen “soektog” na die waarheid vanuit die situasie hier op aarde nie, maar dit kom eenvoudig “kerugmaties” op die hoorders as ‘t ware van bo-af op hulle neer. M.a.w. hy kom as ‘n herout, ‘n boodskapper van sy Koning wat die reeds bestaande, die ewige waarheid, aankondig, uitroep, proklameer!

Die enigste “apodeiksis”, “Jesus Christus en Hom as gekruisigde” staan byvoorbaat vas en daaroor val daar nie meer te redeneer nie. Dit is geen oop vraag meer nie; geen dialogiese buiksprekery om die klank weer dubieus van die ander kant af te laat kom nie.

Die apostel Paulus se prediking in die stad Korinthe was op ‘n datum na die Pinksterdag en vandag nog staan alle predikers nog steeds in die Pinksterbedeling — en tot by Christus se wederkoms sal dit steeds preektyd van die Heilige Gees bly.

Lees meer hier.

3. Don’t settle for Mediocre Preaching

We cannot blame our job descriptions or busyness. We cannot point the finger at the unexpected things that show up on the schedule of every pastor. We cannot blame the demands of family. We have to humbly confess our preaching is mediocre, not rising to the standard to which we have been called. The problem is us. The problem is that we have lost our awe, and in losing our awe we are all too comfortable with representing God’s excellence in a way that is anything but excellent. Ministry mediocrity in any form is always an issue of the heart. If this describes you, then run in humble confession to your Savior and embrace the grace that has the power to rescue you from you, and in so doing, give you back your awe.

Lees meer hier.

4. Twee goeie preke

4.1 Wenners met gebalde vuiste of wenners vasgeketting ? ds Gustav Opperman (GK Matlabas)

Lees 2 Tim 4 (Teks 4:7,8):

Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.

… In die laaste gedeelte van die tweede Timoteus-brief sien ons ‘n ander soort held:

‘n Wenner wat nie sy vuis kan oplig nie, want hy is vasgeketting;

‘n held wat nie die sjampanje oor die skare gaan spuit nie,

maar wie se eie bloed op die grond uitgespuit gaan word;

‘n ou man in ‘n tronk, ‘n verlate eensame ou man, en die tyd van sy heengaan is naby.

Een flits van die soldaat se swaard en sy bloed word soos ‘n drankoffer uitgegiet.

Een behendige swaai van die swaard en sy kop en lyf is nie meer bymekaar nie.

Watter soort wenner is dit?

Lees die volledige preek hier.

4.2 Boetvaardigheid is die hart van ons gereformeerde godsdiens, ds. Dirk Dykstra (GK Nigel)

“Keer terug, HERE, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil.” – Psalm 6:5

Geliefdes, die Here se verbondstrou het tot ons gekom in sy uiterste en in sy vervulling in Sy Seun.  Die Here se verbondstrou is aan ons bewys deur Sy geliefde Seun Jesus Christus, wat die verbond vervul het, dat ons vandag kan roep:  verlos my om die bloed van U Seun ontwil.  Sodat daar in hierdie psalm vir ons troos is, wonderlike troos.

Lees die volledige preek hier.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: