Geagte Pro Regno lesers,
Ek het amper vergeet: my Pro Regno blog is hierdie jaar 4 jaar oud (ons het begin in Januarie 2010). Ons is baie dankbaar vir die Here se seëning in hierdie tyd:
– daar was 88 artikels/skrywes gepubliseer in 2013 (415 in totaal vanaf 2010).
– daar was daar 23 000 ‘views’ oftewel besoeke deur lesers (95 500 in totaal vanaf 2010).
– die besigste dag was 31 Maart 2013, met 411 besoeke (My klerekas openbaar waarvoor ek my skaam)
Die skrywes/artikels wat die meeste besoeke ontvang het in 2013, is:
– Dans en kleredrag
– Begrafnispreek: Tannie Anna Malan
– Oscar, geweld teen vrouens en kindermishandeling
– Was Nelson Mandela a champion of human rights?
– Dr. Joseph Pipa Sprekerstoer 2013
Besoekers kom van 78 lande, die meeste natuurlik van SA, gevolg deur die VSA en Nederland.
Die doel van die blog word saamgevat in die naam, ‘Pro Regno’ (die Latynse woorde wat: ‘vir die Koninkryk’, beteken), en poog om artikels beskikbaar te stel oor verskillende onderwerpe ter bevordering van ons dienswerk in die Koninkryk van God in Christus. Alle artikels word deur die uwe geskryf, tensy anders vermeld.
Tydens Pro Regno se verjaarsdag jaarliks in Januarie, vra ek vir enige donasies vir die opbou en bevordering van hierdie blog. Dit is ‘n gratis blog wat deur die eienaar in stand gehou word, en ek sal dit graag so wil hou. Daar is egter wel jaarlikse kostes om die blog in stand te hou en verder uit te bou, en daar gaan ook heelwat tyd en kragte in om die artikels beskikbaar te stel.
Enige donasies sal met dank baie verwelkom word en kan hier in betaal word:
Rekening naam: S. Le Cornu
Absa tjekrekening: 010 951 90673
Takkode: 632005
Merk u donasie-inbetaling met: pro regno
Baie dankie vir u ondersteuning. Dit is ‘n groot genade voorreg om te kan skryf in diens van sy Koninkryk, ook dat daar gelowiges is wat nog belangstel om saam te lees en te leer (Ps.119:18).
(ns. die uitnodiging staan nog steeds: enige skrywers wat graag hier artikels wil publiseer kan my kontak vir verdere inligting by ondergenoemde kontakbesonderhede.)
Pro Regno – groete
Slabbert Le Cornu
Posbus 5 Carletonville 2500 RSA Tel & faks: 018 787 5444 Sel: 082 770 2669
Van harte geluk, en vele meer jare toegebid! Jou blog is op my eie blog, en ook aan my e-pos gekoppel, sodat ek kan byhou met nuwe plasings. Baie dankie ook, ek het deur die jare veel geleer en het hoë waardering vir die gereformeerde grondslag waarop plasings gebaseer is, al stem ons nie oor alles saam soos bv. oor VIDA nie :))
Hallo Henrietta, dankie vir die mooi woorde, waardeer dit. Dit is baie jammer oor die VIDA kwessie, dit is netso ernstige saak soos die skepping vs ewolusie saak, want onderliggend is dieselfde vorm van skrifkritiek, het God werklik gesê …. dat God in 6 dae geskep het ? … dat God die besondere ampte tot mans beperk het, ens.? Albei tas die fondamente aan, die evolusie tas die skeppingleer aan, VIDA tas God se skeppingsordening aan. Hoop regtig jy sal tot bekering kom oor daardie saak, en ywerig teen daardie deformasie ook staan soos teenoor die dwaling van evolusie. Goed gaan.
Beste Slabbert,
Dankie vir die blog. Die here het jou geseen met die gawe om adwalings te kan raaksien en uit die Skrif daaroor te profeteer (die afdwaling te verduidelik gebaseer die Skrif).
Seenwense
Gert Kruger
Dankie Gert, waardeer die woorde. Mooi dag daar. Mag die Here ons help om tot sy eer te skrywe, dit is nie altyd maklik nie.