HOE OM JOU GEMEENTE TE BESKERM IN EEN EENVOUDIGE STAP
deur Tim Challies
[Met dank aan Jaco de Beer wat dit vertaal het. Die oorspronklike skrywe is hier beskikbaar en word hier geplaas met die toestemming van die skrywer.]
‘n Paar dae gelede het ek probeer aantoon hoe ‘n gemeente hulself vernietig.
Daar is ‘n hartseer agteruitgang wat begin met ‘n groeiende ongeïnteresseerdheid en skaamte vir die waarheid. Nie langer in staat of bereid om gesonde leer te verduur nie, raak mense ontslae van leraars van die waarheid en versamel vir hulself leraars wat hul eie luste pas.
Onvermydelik, het hulle uiteindelik weg gedraai van die waarheid en afgedwaal na mites en fabels. Al hierdie is uitgelê in hoofstuk vier van 2 Timoteus.
In die lig van hierdie soort aanslag op die waarheid, gee Paulus die eenvoudigste oplossing: “verkondig die Woord.”
Dit is die eenvoudige enkele opdrag waaraan ‘n leraar en gemeente hulself moet toe wei. Die gemeente wat getrou aan God bly, is die gemeente wat getrou aan die Woord van God bly. ‘n Gesonde gemeente, is ‘n gemeente wat tydig en ontydig die Woord van God verkondig. Soos ek dit sien in 2 Timoteus 4:2, gee Paulus spesifieke instruksies van die soort prediking wat God verheerlik en die gemeente beskerm.
Verkondig die Woord in uitleggende en verklarende styl.
“Verkondig die woord.”
Dit is nie genoeg om net te preek nie, ons moet die Woord verkondig. Prediking is net so sterk as die getrouheid daarvan aan die Bybel. Daar is geen ingebore krag in prediking nie; die krag in prediking kom uit die bron van die prediking. Ek glo dat die mees getroue manier om die Woord te verkondig, is om dit uitleggend en verklarend te leer (‘expository preaching’).
Dit verseker dat die kern van die teks word die kern van die preek. Buiten enige ander vorm van prediking, beperk die vorm van prediking die leraar onder die gesag van God se Woord. Dit verseker ook die gemeente dat elke tema, idee en woord word getrou uit die Woord van God geneem. Verklarende prediking beteken dat ‘n leraar met ‘n oop Bybel onderrig gee vir ‘n gemeente met ‘n oop Bybel.
Verkondig die Woord volhardend.
“Hou aan tydig en ontydig.”
Daar is ‘n oproep vir volharding in prediking van die Woord. Prediking kom en gaan in die kerk. Daar is tye wanneer lering van die Woord verwelkom word en dan is daar tye wat dit nie verdra kan word nie. Verklarende prediking kom en gaan ook, en die sogenaamde kenners vertel ons dat hierdie vorm van prediking ‘n kerk sal vernietig. “Mense wil nie weet wat Filippense sê nie, hulle wil weet hoe om die lewe se probleme op te los!” Maar getroue, Woord-gebaseerde prediking moet tydig en ontydig, wanneer dit welkom of ongewild is, geleer word.
Ek wil hier vir ‘n kort oomblik stilstaan om met die ‘nuwe Calviniste’ te praat.
Ons is lief vir prediking. Ons sal niks minder as verklarende prediking (expository preaching) op ons kansels of in ons konferensies verdra nie. Die vraag is: Hou ons daarvan omdat ons verstaan God verkies dit, of omdat ander sê dis goed. Wanneer die gety draai en verklarende prediking sy glans verloor, sal dit nog steeds vir ons die voorkeur metode van prediking wees?
Verkondig die Woord prakties.
“Weerlê, Bestraf, Vermaan.”
Prediking moet ‘n praktiese dimensie hê. Alhoewel prediking ons van God leer, is dit ook meer as dit. Dit leer ons ook hoe om God te eer en te leef tot Sy verheerliking. Om van God te weet is goed, maar nie voldoende nie. Prediking is bedoel om siele te red, lewens te verander, en ons aan te spoor tot ’n heilige lewe. Prediking is bedoel om te weerlê, te konfronteer en valse leer te korrigeer. Dit is bedoel om te berispe, sondige patrone in ons lewens aan te spreek, op te lei en verheerliking van God aan te moedig. Prediking is nie om heilige-handgranate in mense se lewens te los nie, maar om vir hulle om te gee en aan te moedig.
Verkondig die Woord geduldig
“…in alle lankmoedigheid.”
Daar is ‘n element van geduld met prediking en ‘n element van geduld in prediking. Die prediker moet geduldig met die vorm van prediking wees en nooit sy vertroue in die effektiwiteit en doeltreffendheid van verklarende prediking ) verloor nie. Hy moet voortdurend geduld met die gemeente behou.
Die beste leermeester is die een wat vriendelikheid en verdraagsaamheid behou, wat sy studente leer ken het, en wat vir ‘n lang tyd met geduld en begrip sal aanhou lering gee. Die beste leraar kom langs sy mede Christene, lei hulle op, moedig hulle aan om te groei, week na week en jaar na jaar. Die beste leraar modelleer die geduld wat God het met ons wat stadig groei in kennis en heiligmaking.
Verkondig Leerstellings
“…hou aan…in alle…lering.”
Ons prediking moet gevul wees met Christelike waarhede en leerstellings. Paulus dring daarop aan dat mense wat weg draai van God af die gesonde leer nie sal verdra nie. Dit is juis die tipe prediking wat Paulus hier bepleit. Die beste prediking is juis in ooreenstemming met die gesonde leer en die onderrig daarvan. Hierdie soort prediking is nie motiverings praatjies vir marionette nie, maar die hele raad van God wat uit die Woord van God onttrek word.
Terwyl Paulus na die toekoms kyk, vertel hy vir Timotheus dat mense die waarheid nie gaan verdra nie, maar dat hy getrou moet bly aan sy sentrale roeping. Hy moet die gemeente lei met en deur die Woord van God.
Dit was Paulus se opdrag aan Timoteus 2000 jaar gelede en vandag dieselfde aan ons.
Terwyl ons in ‘n era leef waar mense geprikkel wil word deur wat hul wil hoor, moet ons met vertroue en in getrouheid, week na week, niks minder as die volle Woord van God verklaar en uitlê nie.
The Heroic Boldness of Martin Luther
Sien die volgende lesing van dr. Steven Lawson waarin hy sy boek bekendstel. Laat ons bid dat die Here weer vir ons sulke getroue predikers skenk vir ons tye, tot sy eer en die heil van sy kerk:
No Compromise: 2013 National Conference
“In this session on The Heroic Boldness of Martin Luther, Dr. Steven J. Lawson shows the convictions and practices that fed Luther’s pulpit boldness, providing an example for all preachers in a day when truth once more is in decline.”
Die boek is hier beskikbaar in verskillende formate: Luther
“Unless I am convinced by Scripture or by clear reasoning that I am in error – for popes and councils have often erred and contradicted themselves – I cannot recant, for I am subject to the Scriptures I have quoted; my conscience is captive to the Word of God. It is unsafe and dangerous to do anything against ones conscience. Here I stand. I cannot do otherwise. So help me God. Amen.” (sien: Here I Stand)
Leave a Reply