Sola Scriptura seminaar 2014 lesings: Hoe lees mens die Bybel reg ?

HOE LEES MENS DIE BYBEL REG ?

Ek gaan die lesings van gister se Sola Scriptura seminaar (sien die program hier onder) hier begin plaas, soos ek die lesings van die verskillende sprekers ontvang (die video en audio lesings sal later ook volg, hier en by GK Bet-el se youtube blog).  Baie dankie vir die GK Bet-el, al die broers en susters wat die pragtige dag vir ons moontlik gemaak het, onder die genadige hand van ons hemelse Vader.  Dankie ook vir almal wat die dag bygewoon het.

Die seminaar gaan nou ‘n jaarlikse instelling wees, ons hoop om u volgende jaar, DV, daar te sien. Daar was meer as 100 mense teenwoordig by gister se eerste seminaar.

MP3 Audio van al die lesings: Sola Scriptura lesings

Hier is die 2de lesing van die dag, aangebied deur prof. Koos Adendorff van die APK se Akademie:

HOE LEES MENS DIE BYBEL REG ?

Hier is sy inleiding:

Die Bybel is vandag in die spervuur. Die voorbladopskrif van die tydskrif Time (18 Desember 1995) is verteenwoordigend van die hedendaagse twyfel oor die Bybel: Is the Bible fact or fiction? Briewe in koerante se briewekolomme en die kommentaar wat mense op die internet lewer toon ‘n groeiende tendens tot bevraagtekening van die Bybel en Bybelse waarhede. In die lig hiervan is dit noodsaaklik dat ons as gereformeerde gelowiges vir onsself duidelikheid oor ons Skrifbeskouing kry.

Die Bybel is egter nie net t.o.v. sy aard in die spervuur nie, maar ook t.o.v. sy interpretasie. Op die vraag: “Hoe moet ons die Bybel sien?” volg die vraag: “Hoe moet ons die Bybel verstaan?” Rondom die twee sake van Skrifbeskouing en Skrifverstaan loop die paaie hier te lande toenemend  uiteen.

Die tweede vraag is die onderwerp van hierdie referaat. Dit is ‘n kort vraag met ‘n lang antwoord. Dit is ‘n eie wetenskap wat een of selfs meer jare aan ‘n teologiese fakulteit bestudeer word. Ek sou dus akademiese sonde pleeg om dit in ‘n bestek van 45 minute te probeer behandel. Ek kan slegs met ‘n baie breë kwas die buitelyne van die saak soos dit op hierdie spesifieke seminaartema van toepassing is, skilder.

In die hantering van my onderwerp gaan ek van die aanname uit dat my onderwerp deel van ‘n seminaarpakket is. Waar dr. Bogaards die saak van Skrifbeskouing hanteer het en ek die saak van Skrifverklaring aan die orde gaan stel, aanvaar ek dat volgende sprekers daarop sal voortbou deur die implikasies daarvan vir die seminaartema uit te spel.

Hier is die volledige lesing: HOE LEES MENS DIE BYBEL REG ?

TEMA

God sê – Ouderlinge slegs mans

Is God se Woord genoeg ?

Datum: 24 September 2014

Plek: Gereformeerde Kerk Rietvallei (Umgenistraat 359 , Pretoria)

Tyd: 8:30 vir 9:00

Kontaknommer: 072 342 8528 (Francois van Deventer)

Vrywillige donasie: R65-00 (sluit in Boereworsrolle & Filterkoffie)

PROGRAM

09:00 Opening Christiaan Jooste

09:15 Hoe weet ons die Bybel is God se Woord? Attie Bogaards

10:00 Hoe lees mens die Bybel reg? Koos Adendorf

10:45 Teetyd: Boeretroos

11:15 Hoe bepaal ons wat tydlose kernsake in die Bybel is? Faan Smit

12:00 Is manlike ouderlingskap ʼn kernsaak? Slabbert Le Cornu

12:45 Middagete: Boereworsrolle

13:45 Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra? (Rom.14) Cobus Rossouw

14:30 Vraag & Antwoord sessie

15:15 Afsluiting

Gereël deur Gereformeerde Kerk Bet-El

http://www.gereformeerd.org

Sien die volledige aangehegte inligting

Sola Scriptura Seminaar

5 thoughts on “Sola Scriptura seminaar 2014 lesings: Hoe lees mens die Bybel reg ?

Add yours

  1. Ek het ‘n vraag oor hierdie “ding” van “eerste hoorders”.

    Ek het al baie oor dit gedink veral omdat een van die proffies by die TSP baie lief was (en nog is) om dit te gebruik.

    My vraag is of dit ooit werklik vir ons moontlik sal wees om te bepaal “wat die teks vir die eerste hoorders beteken het”, om Koos Adendorf se woorde aan te haal. Persoonlik dink ek nie dis moontlik nie. Ons kan hoogstens een of ander bree historiese konteks uit die Skrif en ander geskiedkundige bronne bepaal en daarvolgens miskien(!) vir ons ‘n betekenis daarvan vir die eerste hoorders bepaal maar ek weet nie of meer as dit enigsins moontlik is nie. Dit wat ons bepaal is dalk nie eers dit wat dit werklik(!) vir daardie eerste hoorders was nie – ons sal dit nooit weet nie. Die voorbeeld wat ek vir myself oor hierdie saak het is as mens op ‘n Sondag na ‘n preek vir die hoorders gaan vra wat die betekenis van die preek vir hulle was sal mens gewoon ‘n wye verskeidenheid van antwoorde kry.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: