Seminaar: Afval en herstel van Reformatoriese Kerke

bet el des 2012 1

AFVAL EN HERSTEL VAN REFORMATORIESE KERKE

Onlangs het die GKSA Sinode besluit dat met die NG Kerk saamgewerk word en dat die NG Kerk as ware kerk(e) erken word. Daar is egter NG Kerk lidmate en predikante wat van mening is dat daar “nie vir hulle ruimte is om Bybelgetrou en belydenisgebonde te leef en te werk en sodoende die gelofte van belydenisaflegging gestand te doen” binne die NG Kerk nie.

Die GK Bet-El het ‘n oggend seminaar/gesprek gereël met twee predikante wat uit die NG Kerk getree, ‘n teologiese student wat uit die NH Kerk weg is en ‘n predikant van die GKSA wat voorheen ‘n NG Kerk lidmaat was. Hierdie geleentheid word gereel met die oog daarop om gelowiges beter toe te rus om die afval en die pad na herstel binne Kerke van die Reformasie (GKSA, NH Kerk, NG Kerk, AP Kerke) te ondersoek en te bespreek.

WAAR: GK Bet-El, 31ste Laan 415 Villieria, Pretoria

RSVP by gkBetEl@gmail.com of Tel: 072-342-8528

DATUM: Saterdag 28 Maart 2015

PROGRAM 

09:00 Opening
09:15 Hoekom Geref Protestantse Kerk Brakpan uit die NG Kerk getree het – Ds Barend Hefer
09:45 Hoekom ek uit die NG Kerk getree het – Ds Fried Ferreira
10:15 Tee
10:45 Hoekom ek die NH Kerk verlaat het – Joseph Oosthuizen
11:15 Die pad van herstel  – Ds Cobus Rossouw
11:45 Bespreking
12:30 Afsluiting

DEELNEMERS

DS BAREND HEFER is die predikant van die Gereformeerde Protestantse Kerk Brakpan (GPKB). Die GPKB het tot stand gekom nadat Barend se vader en lidmate van die NG Kerk Brakpan-Suid hulle afgeskei het in 2005. Barend is gelukkig getroud met Estelle en het sy vader opgevolg as predikant nadat hy in 2013 gesterf het na ‘n kort siekbed.

DS FRIED FERREIRA is die predikant van die Morester Afrikaanse Reformatoriese Kerk. Ds Fried was 25 jaar predikant binne die NG Kerk voordat hy in 1999 as leraar van die NG Kerk Waverley bedank het. Hy is gelukkig getroud met Alta en hulle het drie kinders.

JOSEPH OOSTHUIZEN is ‘n finalejaar teologiese student aan die Afrikaanse Protestantse Akademie. Hy is ook ouderling by die Gereformeerde Kerk Bet-el. Hy het grootgeword in die Hervormde Kerk, maar na sy bekering tot die gevolgtrekking gekom dat hy nie teologie kan studeer aan ‘n liberale teologiese instelling nie. Hy is gelukkig getroud met Noelle en die vader van vier kinders.

DS COBUS ROSSOUW is predikant van die Gereformeerde Kerk Daspoort. Hy het grootgeword in die NG Kerk en is opgelei as ingenieur maar het eers ‘n Dopper geword voordat hy geroep is as predikant. Hy is gelukkig getroud met Marietjie en is die vader van agt kinders.

Besoek gerus GK Bet-El se webwerf by www.gereformeerd.org

One thought on “Seminaar: Afval en herstel van Reformatoriese Kerke

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: